• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 4 FAKTORE WAT DIE SUKSES VAN ONDERRIGLEER VAN TEGNOLOGTE-GEBASEERDE ONDERWERPE BEINVLOED: ONDERHOUDE

4.3 DATA-INSAMELING

Die onderhoude is gevoer met leerders aan die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika se Potchefstroomkampus. Die leerders was ingeskryf vir 'n module in rekenaarvaardigheid, RINL111. Hierdie is 'n verpligte module vir alle leerders, en die module bestaan uit twee afdelings, naamlik rekenaarvaardigheid en inligtingvaardigheid. Dit is elektronies-gebaseerd en is in elektroniese formaat, in Afrikaans en Engels, beskikbaar. Alle leerders het toegang tot beide die Afrikaanse en die Engelse weergawe.

Onderhoude is na afloop van die module in 2005 gevoer met leerders wat die rekenaarvaardigheidafdeling van die module voltooi het. Leerders wat gevra is om hulself vir onderhoude beskikbaar te stel, is lukraak uit die volgende groepe gekies:

• Leerders met Afrikaans as moedertaal; tien uit elkeen van drie moontlike groepe, naamlik leerders wat die rekenaarvaardigheidafdeling se eksamen gedruip het (minder as 50%), geslaag het (tussen 50% en 74%) en met onderskeiding geslaag het (meer as 74%).

• Leerders met 'n Afrika-taal as moedertaal; tien uit elkeen van drie moontlike groepe, naamlik leerders wat die rekenaarvaardigheidafdeling se eksamen gedruip het (minder as 50%), geslaag het (tussen 50% en 74%) en met onderskeiding geslaag het (meer as 74%).

Die leerders is uit hierdie groepe gekies om die menings te toets van leerders wat die module in hul moedertaal kon voltooi, sowel as leerders wat die module in 'n ander taal as hulle moedertaal moes voltooi. Dit is gedoen om voorlopig te probeer bepaal of die moedertaal 'n rol in die leerders se sukses speel. Verder is die groepe gekies ten einde te verseker dat daar met leerders gepraat word wat nie suksesvol met die rekenaarvaardigheidafdeling van die module was nie, sowel as leerders wat wel daarmee suksesvol was.

Nie almal wat genader is, het vir onderhoude aangemeld nie, en vyftien onderhoude is gevoer. Die leerders wat wel aangemeld het, was hoofsaaklik uit die groep met 'n Afrika-taal as moedertaal afkomstig. Die getalle word in tabel 4.1 uiteengesit.

Groep Afrikaans Afrika-taal Sak 1 leerder 3 leerders

Slaag 0 3 leerders

Onderskeiding 2 leerders 6 leerders

Tabel 4.1 Leerde rs waarmee ond erhoude gevoer is

Die feit dat nie almal wat genader is, vir onderhoude aangemeld het nie, is nie problematies nie. Die onderhoude is gevoer met die doel om voorlopige faktore te identifiseer voordat 'n groter, meer volledige ondersoek geloods word met behulp van elektroniese vraelyste. Hierdie vraelys sal verskeie oopvrae bevat om addisionele suksesfaktore te kan identifiseer. Hoofstuk 5 handel oor hierdie vraelys.

Onderhoude was semi-gestruktureerd, met ander woorde vrae wat aan al die leerders gevra is, is vooraf opgestel, maar geleentheid is gegee vir informele gesprek en vir ander aspekte om opgehaal te word.

Nadat die onderhoude getranskribeer is, is 'n koderingsproses gevolg om die onderhoude van die leerders te verwerk. Leerders se antwoorde oor sukses in die module is, waar toepaslik, aan faktore wat in hoofstuk 3 ge'identifiseer is, gekoppel.

Daar is nuwe kodes ontwikkel vir suksesfaktore wat nog nie deur die literatuurstudie van hoofstuk 3 ge'identifiseer was nie.

Tydens die onderhoude is veral gepoog om vas te stel wat die leerders se voorkennis is, wat hulle as positiewe en negatiewe aspekte van die module sien, wat hulle as struikelblokke ervaar het en watter aanbevelings hulle kan maak ter verbetering van die module. Verder is leerders gevra of die taal waarin die module beskikbaar was, vir hulle 'n probleem was. In tabel 4.2 word die vrae wat tydens die onderhoude gevra is, weergegee.

Doel van vraag. Gebruik van resultate. Vraag aan leerder.

Naam en studente- nommer.

Om leerder se antwoorde te koppel met sy / haar punte.

Naam en studentenommer?

Om die agtergrond van die leerder te bepaal.

Om vorige ondervinding met / blootstelling aan tegnologie te bepaal.

Waar het jy skool gegaan?

Het jy 'n selfoon en waarvoor gebruik jy dit?

Hetjulle rekenaars by die skool of die huis gehad?

Om leerder se algemene gevoel tovRINL111 te bepaal.

Om addisionele faktore te identifiseer wat nie tydens die literatuurstudie na vore gekom het nie.

Hoe het jy RINL111 ervaar?

Hoe het dit met jou gegaan met RINL111 ? Hoekom dink jy was dit so?

As hierdie 'n keusemodule was, sou jy dit gedoen het?

Wat het jy geleer in hierdie module?

Om te bepaal of die leerder die voorgestelde skedule gevolg het.

Om te bepaal of leerders hul tyd effektief bestuur en die skedule volg.

Het jy genoeg tyd gehad om aan RINL111 te bestee?

Kon jy by die voorgestelde skedule bly?

Indien nie, hoekom nie?

Om te bepaal of die leerder se moedertaal 'n bepalende faktor is.

Module in ander taal vertaal indien dit nodig blyk.

Wat is jou huistaal?

Watter van die beskikbare tale het jy gebruik vir RINL111?

Het jy die terme verstaan (bv. apparatuur/

programmatuur)?

Watter taal sou jy verkies?

Doel van vraag. Gebruik van resuitate. Vraag aan leerder.

Om leerder die Om addisionele faktore te Is daar enige iets anders waaroor jy wil geleentheid te gee identifiseer wat nie tydens gesels in terme van jou sukses in hierdie om enige ander die literatuurstudie na vore module?

aspekte te noem gekom het nie.

wat volgens horn of haar belangrik is.

Tabel 4.2 Vrae tydens onderhoude.