• Tidak ada hasil yang ditemukan

VOLG VAN SKEDULE (VRAELYS 2_2006)

HOOFSTUK 4 FAKTORE WAT DIE SUKSES VAN ONDERRIGLEER VAN TEGNOLOGTE-GEBASEERDE ONDERWERPE BEINVLOED: ONDERHOUDE

5.3 DATA-INSAMELING

5.4.7 VOLG VAN SKEDULE (VRAELYS 2_2006)

Die vraag handel oor die leerder se vermoe om effektief te beplan en die voorgestelde skedule te volg. Die vraag is:

Het jy by die voorgestelde tydskedule gebly? Vertel ons meer oor jou antwoord.

VOORBEELDE VAN ANTWOORDE: VOLG VAN SKEDULE

Kode 1: Gegewe tyd is te lank.

"Die studiegids dink blykbaar ons moet ons slaapsakke saambring om voor die rekenaar te oornag! Ek het in die begin 'gestress' toe ek die voorgestelde tye sien want ek het min tyd, maar het gelukkig agter gekom dat dit nie werklik so baie tyd verg nie."

Kode 2: Goeie tydsbestuur / wil nie agter raak / NB om by skedule te bly.

"Daar is 'n tydskedule, wat sinvol werk omrede die verloop van leereenhede stadig is. Mens kan dus maklik bybly, sonder omjouself te ooreis en deur te veelte werk."

Kode 3: Wou klaarmaak en meer tyd aan ander modules spandeer.

"Ek wou so vinnig as moontlik RINL 111 klaar maak sodat ek meer tyd het vir my ander vakke maar moet my nie verkeerd verstaan nie dit is nie 'n mors van tyd nie."

Kode 5: Het vooruit gewerk / wou so gou as moontlik klaar / alle af-tyd gebruik vir RINL

"Ek het in af tye dit so gou moontlik afgehandel."

Kode 6: Dit is maklik.

"Dit was maklik so ek het vinniger gewerk."

Kode 7: Rede onduidelik / kan nie kodeer.

"Ek werk gewoonlik vinniger."

Kode 8: Voorafkennis - goed.

"Aangesien ek Rekenaarstudie op skool gehad het, was dit vir my baie maklik gewees. Ek het nie vooraf die teorie deurgelees nie en ek het direk die

formele toetse gedoen."

Kode 9: Voorafkennis - swak.

"Onthou, ek het gese ek is oud en het niks van rekenaars geweet."

Kode 10: Interessant/ lekker.

"Dit was vir my so lekker om so baie te leer dat ek nie kon ophou nie."

Kode 11: Skedule nie verpligtend / nie vaste tye vir RINL.

"Aan die begin het ek heeltyd op skedule gebly maar toe gehoor dat dit nie regtig nodig is nie en toe het ek nie verder daarby gebly nie."

Kode 12: Min tyd beskikbaar/ besig.

"My kursus hou ons baie besig met prakties en as ek 'n tyd af het wat min is rus ek bietjie."

Kode 13: RINL nie prioriteit.

"Ek het dit uitgestel omdat dit nie vir my so 'n groot prioriteit was nie."

Kode 14: Tegnologie.

"Daar was nie altyd 'n rekenaar in die dag oop nie."

Kode 15: Swak beplanning / lui.

"Ek is maar 'n nommer 99 gevalletjie, maar so leer ek maar elke dag my les."

"Ek het bietjie slapgele oor dit so selfdissipline verg."

Kode 16: Aanpassing by universiteit / koshuis.

"Ek't die pas van Universiteit eers nou begin baas raak!"

"Die eerste semester was vir my 'n groot aanpassing ek moes eers gewoond raak aan al die nuwe omstandighede so ek het bietjie agter geraak maar ek glo nou sal dit baie betergaan noudat ek dit gewoond is."

Kode 17: RIML vervelig / tydmors.

"Weereens, het ek belanggestel, sou ek seker harder gewerk het."

Kode 18: Bestee baie tyd om goeie punte te kry.

"Ek wou nie dit vooruit vat nie, ek wou my tyd spandeer en dit oefen."

Kode 19:Siekte.

"Ek was aanvanklik voor maar was vir 'n geruime tyd siek en het toe gesukkel om by te hou."

Kode 20: RINL moeilik.

"Ingewikkeld"

RESULTATE VAN KODERING: VOLG VAN SKEDULE

In tabel 5.15 kan die verskillende kategoriee wat uit die data saamgestel is, gesien word. EIke kategorie word kortliks beskryf en die aantal kere wat daardie kategorie voorkom, word ook verskaf.

Kode Klassifisering Verduideliking Aantal %

0 Geen antwoord. Leerder het nie vraag beantwoord nie

211 9.22

1 Gegewe tyd is te lank. Skedule maak voorsiening vir meer tyd as wat nodig is.

26 1.14

2 Goeie tydsbestuur / wil nie agter raak / NB om by skedule te bly.

Leerder het tyd beplan om voor of by skedule te bly.

177 7.73

3 Wou klaarmaak en meer tyd aan ander modules spandeer.

Wou klaarmaak en meer tyd aan ander modules spandeer.

144 6.29

5 Het vooruit gewerk / wou so gou as moontlik klaar / alle af-tyd gebruik vir RINL.

Het vooruit gewerk / wou so gou as moontlik klaar / alle af-tyd gebruik vir RINL.

399 17.43

6 Dit is maklik. RIML111 is maklik. 34 1.49

7 Rede onduidelik / kan nie kodeer.

Rede onduidelik / kan nie kodeer.

667 29.14

Kode Klassifisering Verduideliking Aantal % 8 Voorafkennis - goed. Leerder se voorkennis was

goed.

32 1.40

9 Voorafkennis - swak. Leerder se voorafkennis was swak.

1 0.04

10 Interessant / lekker. Het die module interessant gevind / het daarvan gehou om aan module te werk.

5 0.22

11 Skedule nie verpligtend / nie vaste tye vir RINL

Het nie by skedule gehou omdat dit nie verpligtend is nie / omdat daar nie vaste tye vir RINL111 gespesifiseer was.

25 1.09

12 Mln tyd beskikbaar/ besig. Min tyd beskikbaar / leerder waste besig.

336 14.68

13 RINL nie prioriteit. RINL was nie prioriteit nie. 49 2.14 14 Tegnologie. Probleme met tegnologie, bv.

beskikbaarheid van rekenaars, stelsel stadig, ens.

14 0.61

15 Swak beplanning / lui. Swak beplanning van leerder se kant.

121 5.29

16 Aanpassing by universiteit / koshuis.

Aanpassing het baie tyd geverg / was moeilik.

16 0.70

17 RINL vervelig / tydmors. RINL was vervelig / tydmors. 23 1.00 18 Bestee baie tyd om goeie

punte te kry.

Het lank gevat om deur werk te gaan; wou goeie punte kry.

4 0.17

19 Siekte. Leerder was siek / moeg. 4 0.17

20 RINL moeilik. RINL is moeilik. 1 0.04

Tabel 5.15 Kodering van volg van skedule.

SENTRALE TEMAS IN KODERING: VOLG VAN SKEDULE

In tabel 5.16 word die verskillende kategoriee gegroepeer om sentrale temas uit te wys.

Groep Kodes Aantal % Maklik. 1 Gegewe tyd is te lank.

6 Dit is maklik.

60 2.62

Goeie tydsbestuur. 2 Goeie tydsbestuur / wil nie agter raak / NB om by skedule te bly.

3 Wou klaarmaak en meer tyd aan ander modules spandeer.

5 Het vooruit gewerk / wou so gou as moontlik klaar/ alle af-tyd gebruik vir RINL.

18 Bestee baie tyd om goeie punte te kry.

724 31.63

Voorkennis - positief. 8 Voorafkennis - goed. 32 1.40 Voorkennis - negatief. 9 Voorafkennis - swak. 1 0.04 Belangstelling. 10 Interessant/ lekker. 5 0.22 Eksterne faktore -

negatief.

11 Skedule nie verpligtend / nie vaste tye virRINL.

12 Min tyd beskikbaar / besig.

13 RINL nie prioriteit.

14 Tegnologie.

16 Aanpassing by universiteit / koshuis.

17 RINL vervelig / tydmors.

19Siekte.

20 RINL moeilik.

468 20.45

Eie faktore - negatief. 15 Swak beplanning / lui. 121 5.29 Tabel 5.16 Sentrale temas in kodering: Volg van skedule.

SAMEVATTING: VOLG VAN SKEDULE

Hier word die belang van effektiewe tydsbestuur weer beklemtoon. Sommige leerders het die voorgestelde tydskedule gevolg, of selfs vinniger gewerk as gevolg van goeie tydsbestuur, en ander het agter geraak omdat hulle gesukkel het om hul tyd effektief te bestuur en selfstandig te werk.

Voorkennis word weer genoem. Sommige leerders kon die afdeling vinnig afhandel as gevolg van goeie voorkennis, en ander het dit moeilik gevind om die skedule te volg weens min of geen voorkennis.

Belangstelling word ook weer genoem as 'n rede waarom dit vir sommige leerders maklik was om die module vinnig af te handel.