• Tidak ada hasil yang ditemukan

FAKTORE WAT SUKSES BEINVLOED

HOOFSTUK 7 FAKTORE WAT DIE SUKSES VAN ONDERRIGLEER VAN TEGNOLOGIE-GEBASEERDE ONDERWERPE BEI'NVLOED

8.3 GEVOLGTREKKINGS

8.3.2 FAKTORE WAT SUKSES BEINVLOED

Die faktore wat volgens die meervoudige regressie beduidende bydraes in die model lewer, word vervolgens bespreek. Hierdie is skoolprestasie (§8.3.2.1), voorkennis (§8.3.2.2), geslag (§8.3.2.3), gunstelingskoolvak (§8.3.2.4), rekenaargebruik in werksomstandighede (§8.3.2.5), rekenaar-angs (§8.3.2.6) en selfoonbesit (§8.3.2.7).

Dit word gedoen in die volgorde van mees tot mins beduidend. Die resultate word ook vergelyk met die bevindings van die literatuurstudie wat gedoen in hoofstuk 3 is.

'n Samevatting word in afdeling 8.3.2.8.gegee.

8.3.2.1 SKOOLPRESTASIE

Die verwantskap tussen skoolprestasie en sukses is 21 genommer in figuur 8.4 en 1 in figuur 8.5. Skoolprestasie is gemeet deur die leerder se M-telling te gebruik (dit is 'n waarde wat bereken word met inagneming van die leerder se punt vir elke vak tydens sy of haar finale skooleksamen). Volgens die resultate van meervoudige regressie (tabel 7.9) het dit, uit al die faktore wat gemeet is, die grootste invloed op die leerders se sukses in rekenaarvaardigheid.

Tydens die literatuurstudie (hoofstuk 3) was daar nie bestaande literatuur gevind oor die invloed van die leerder se skoolprestasie op die sukses van onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe nie. Dit blyk dus dat, alhoewel daar min literatuur hieroor beskikbaar is, die leerder se prestasie op skool die mees beduidende faktor is.

8.3.2.2 VOORKENNIS

Die verwantskap tussen voorkennis en sukses is 9a genommer in figuur 8.4 en 2 in figuur 8.5. Na skoolprestasie is voorkennis, spesifiek die volg van ander kursusse in rekenaarvaardigheid, die belangrikste faktor. As die leerders geen ander kursusse in rekenaarvaardigheid voltooi het nie, is hul uitslag in die rekenaarvaardigheideksamen laer as wanneer hulle wel ander kursusse in rekenaarvaardigheid voltooi het.

Hierdie bevindinge kom ooreen met beskikbare literatuur hieroor. In afdeling 3.2.4.3 word aangedui dat, volgens beskikbare literatuur, voorkennis van leerders 'n invloed op die sukses van onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe het, en dat die leerders se voorkennis bepaal kan word deur te kyk na ervaring met die gebruik van tegnologie, vorige rekenaarervaring en rekenaarkursusse deur hulle voltooi.

8.3.2.3 GESLAG

Die verwantskap tussen geslag en sukses is 1 genommer in figuur 8.4 en 3 in figuur 8.5. Dit blyk hieruit dat manlike leerders beter as vroulike leerders in die rekenaarvaardigheideksamen presteer.

In die literatuurstudie wat in hoofstuk 3 (afdeling 3.2.1) gedoen is, is genoem dat daar, volgens beskikbare literatuur, wel verskille ten opsigte van geslag bestaan, en wel in terme van die wyse en die gereeldheid waarmee rekenaars gebruik word, asook dat manlike leerders meer kennis van rekenaars as vroulike leerders het.

Manlike leerders voel ook meer positief oor rekenaaraktiwiteite en het meer vertroue in hul eie vermoe om die rekenaar te gebruik. Hierdie bevinding kom dus ooreen met dit wat in beskikbare literatuur staan.

8.3.2.4 GUNSTELINGSKOOLVAK

Die verwantskap tussen gunstelingvak en sukses is 22 genommer in figuur 8.4, en 4 in figuur 8.5. Daar was nie inligting hieroor beskikbaar in die bestaande literatuur nie.

Leerders wat Wiskunde, Natuurwetenskap, Rekeningkunde of Rekenaarstudie gekies het as hulle gunstelingvak presteer beter in die rekenaarvaardigheideksamen as leerders wat tale of leervakke gekies het as hulle gunstelingvak.

8.3.2.5 REKENAARGEBRUIK IN WERKSOMSTANDIGHEDE

Die verwantskap tussen rekenaargebruik in werksomstandighede en sukses is 17b genommer in figuur 8.4 en 5 in figuur 8.5. Leerders wat meen dat hulle rekenaarvaardigheid eendag in hulle werk gaan gebruik, presteer beter as leerders wat nie dink dat hulle dit gaan gebruik nie. Dit kan daarop dui dat leerders met 'n goeie toekomsvisie ten opsigte van rekenaargebruik, beter as ander in rekenaarvaardigheid presteer.

Soos in afdeling 3.2.9.3 getoon, het die wyse waarop leerders die toekoms sien, 'n direkte verband met hul akademiese prestasie , sowel as met hul potensiaal om te lewe en te groei in 'n wereld wat voortdurend verander.

8.3.2.6 REKENAAR-ANGS

Die verwantskap tussen rekenaar-angs en sukses is 13 genommer in figuur 8.4 en 6 in figuur 8.5. Leerders met hoe rekenaar-angs presteer swakker in die rekenaarvaardigheideksamen as die met min rekenaar-angs.

Soos reeds in afdeling 3.2.7.3 bespreek, is daar sedert die 1980's navorsing wat beweer dat die voorkoms van rekenaar-angs met verioop van tyd 'n mindere faktor sal raak, omdat leerders algaande meer aan rekenaars en ander tegnologie blootgestel word. Hierdie navorsing bevestig egter dat rekenaar-angs wel steeds 'n beduidende probleem by die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe is.

8.3.2.7 SELFOONBESIT

Laastens het selfoonbesit ook 'n beduidende invloed op die uitslag van die rekenaarvaardigheideksamen. Die verwantskap tussen selfoonbesit en sukses is 9b genommer in figuur 8.4 en 7 in figuur 8.5. Leerders wat lankal 'n selfoon besit, presteer beter as ander wat onlangs eers 'n selfoon gekry het. Hierdie het te doen met voorkennis (blootstelling aan tegnologie) en moontlik ook met sosio-ekonomiese status.

In hoofstuk 3 (§3.2.5.3) word genoem dat daar in Suid-Afrika groot verskille in sosio- ekonomiese klas bestaan, en daar dus verwag kan word dat hierdie faktor 'n baie groot rol in die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe sal speel.

8.3.2.8 SAMEVATTING: FAKTORE WAT SUKSES BEINVLOED

Volgens die resultate van meervoudige regressie (tabel 7.9), het die leerder se skoolprestasie, uit al die faktore wat gemeet is, die grootste bydrae in die model gelewer. Dit blyk dus dat, alhoewel daar min literatuur hieroor beskikbaar is, die leerder se prestasie op skool die mees beduidende faktor is.

Na skoolprestasie volg voorkennis, spesifiek die doen van ander kursusse in rekenaarvaardigheid, as die belangrikste faktor. Hierdie bevindinge kom ooreen met beskikbare literatuur.

Die volgende belangrike faktor is geslag, en dit blyk hier dat die manlike leerders beter as vroulike leerders in die rekenaarvaardigheideksamen presteer. Hierdie bevinding kom ooreen met dit wat in beskikbare literatuur gevind word.

Leerders wat Wiskunde, Natuurwetenskap, Rekeningkunde of Rekenaarstudie as hulle gunstelingvak gekies het, presteer beter in die rekenaarvaardigheideksamen as leerders met tale of leervakke as gunstelingvak.

Leerders wat meen dat hulle rekenaarvaardigheid eendag in hulle werk gaan

gebruik, presteer beter as leerders wat nie dink dat hulle dit gaan gebruik nie. Dit kan daarop dui dat leerders met 'n goeie toekomsvisie wat rekenaargebruik betref, beter presteer in rekenaarvaardigheid as ander leerders. Dit het dus 'n invloed op die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe.

Leerders met hog rekenaar-angs presteer swakker in die rekenaarvaardigheideksamen as die met min rekenaar-angs. Hierdie navorsing bevestig dus dat rekenaar-angs steeds 'n beduidende probleem by die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe is, ondanks voorspellings sedert die 1980's dat dit mettertyd nie meer 'n beduidende faktor sal wees nie.

Laastens het selfoonbesit ook 'n beduidende invloed op die prestasie in die rekenaarvaardigheideksamen. Leerders wat al lank 'n selfoon het, presteer beter as ander wat onlangs eers 'n selfoon gekry het. Hierdie het te doen met voorkennis (blootstelling aan tegnologie) en moontlik ook met sosio-ekonomiese status.

8.3.3 ONDERLINGE VERWANTSKAPPE

In hierdie afdeling word die resultate van die verwerking van onderlinge verwantskappe bespreek. Eerstens word die onderlinge verwantskappe wat volgens die resultate van hierdie studie nie beduidend is nie, bespreek, naamlik die verwantskap tussen geslag en voorkennis (§8.3.3.1), die verwantskap tussen ras en toekomsvisie (8.3.3.2), die verwantskap tussen sekondere skool en voorkennis (8.3.3.3) en die verwantskap tussen geslag en selfvertroue (8.3.3.4). Daarna word die onderlinge verwantskappe wat volgens die resultate van hierdie studie beduidend is, bespreek, naamlik die verwantskap tussen geslag en toekomsvisie (§8.3.3.5), die verwantskap tussen geslag en leerstyl (§8.3.3.6), die verwantskap tussen sekondere skool en toekomsvisie (§8.3.3.7) en die verwantskap tussen (selfvertroue, voorkennis, geslag) en rekenaar-angs (§8.3.3.8). Laastens word in afdeling 8.3.3.9 'n samevatting van hierdie afdeling gebied.

8.3.3.1 DIE VERWANTSKAP TUSSEN GESLAG EN VOORKENNIS

Die verwantskappe tussen geslag en voorkennis is 2a en 2b genommer in figuur 8.6.

Volgens beskikbare literatuur het manlike leerders meer kennis van rekenaars in die algemeen as vroulike leerders (§3.2.1.5). Dit kon egter nie in hierdie studie bewys word dat daar 'n verskil tussen die voorkennis van manlike leerders en die van vroulike leerders is nie.