• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 2 NAVORSINGSMETODES

2.4 NAVORSINGSPLAN

Die doel van hierdie studie is om 'n model van faktore te ontwikkel van faktore wat sukses in die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe be'invloed. Nadat die literatuurstudie van navorsingsmetodes gedoen is, kan 'n navorsingsplan opgestel word.

Gregor (2006:622) verwys na prosesteorie (Eng. process theory) en variansie-teorie (Enq. variance theory). Prosesteorie is die verduideliking van die volgorde waarin sekere gebeure plaasgevind het, gebaseer op 'n storie of geskiedkundige vertellings.

Variansie-teorie bestaan uit wette van interaksie of verwantskappe. Sommige outeurs voel dat prosesteorie en variansie-teorie apart gehou behoort te word. Daar is egter volgens Gregor 'n alternatiewe siening dat prosesteorie en variansie-teorie verwant aan mekaar is en dat beide nodig is om bevredigende en betroubare teoriee te ontwikkel.

Navorsers kan prosestipe gevallestudies doen van konteks, inhoud en omgewing.

Die resultate hiervan kan dan verder ondersoek word met variansie-tipe studies van byvoorbeeld, die graad van die verwantskappe tussen die ge'fdentifiseerde gebeure, voorvereistes of resultate. Dit kan gedoen word met die gebruik van statistiese tegnieke en groter data-stelle (Gregor, 2006:622). Hierdie gebruik van prosesteorie en variansie-teorie in kombinasie kom ooreen met die navorsingsplan wat vir hierdie navorsing gevolg sal word.

Eerstens word die stappe in die navorsingsplan beskryf (§2.4.1). In afdeling 2.4.2 word verduidelik watter navorsingsparadigmas en navorsingsmetodes in hierdie navorsing gebruik word. Laastens word 'n skematiese voorstelling van die navorsingsplan gegee (§2.4.3).

2.4.1 STAPPE IN NAVORSINGSPLAN

Die eerste stap is die doen van 'n literatuurstudie oor die faktore wat 'n invloed het op sukses in die onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe. Hierdie stap word in afdeling 2.4.1.1. beskryf. Daarna word die data-insameling bespreek (§2.4.1.2) en laastens die data-verwerking (§2.4.1.3).

2.4.1.1 FAKTORE WAT "N INVLOED HET OP SUKSES IN DIE ONDERRIGLEER VAN TEGNOLOGIE-GEBASEERDE ONDERWERPE

'n Literatuurstudie moet gedoen word om moontlike faktore te identifiseer wat 'n invloed het op tegnologie-gebaseerde onderwerpe. Dit sluit 'n literatuurstudie in oor toekomsgerigtheid, individuele voorkeure, etniese groep, geslag en moedertaalonderrig.

Die resultate van hierdie literatuurstudie word gebruik om 'n model te ontwikkel van die faktore wat onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe bemvloed.

2.4.1.2 DATA-INSAMELING

Aangesien hierdie studie van soortgelyke studies verskil in terme van die grootte en die aard van die empiriese ondersoek, word 'n groot aantal data benodig. Yin (2003:97) skryf dat die insameling van verskillende bronne van data een van die drie hoofbeginsels van data-insameling is. As data op verskillende maniere en vanaf verskillende bronne ingesamel word, is bevindings gewoonlik meer akkuraat en oortuigend. In hierdie navorsing word data ingesamel deur middel van onderhoude,

vraelyste met hoofsaaklik oopvrae wat versprei word, asook meer uitgebreide vraelyste.

RINL111 is 'n module wat aangebied word by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie module is verpligtend vir alle leerders. Dit handel oor tegnologie-gebaseerde onderwerpe en word aangebied met die gebruik van tegnologie. Data van die module RINL111 en leerders wat hierdie module volg kan

dus gebruik word om faktore te identifiseer en te toets.

Daar sal, nadat die literatuurstudie gedoen is, semi-gestruktureerde onderhoude gevoer word met 'n kemgroep RINL111-leerders. Die resultate van hierdie onderhoude sal gebruik word om nuwe faktore te identifiseer en om die toepaslikheid van reeds geTdentifiseerde suksesfaktore te toets.

Dit sal opgevolg word deur vraelyste wat onder RINL111-leerders versprei sal word.

Hierdie vraelyste sal hoofsaaklik bestaan uit oopvrae, sodat leerders geleentheid kry om moontlik faktore te noem wat nog nie in die literatuurstudie en onderhoude na vore gekom het nie. Hierdie resultate sal gebruik word om die model weer aan te pas en om verbeterde vraelyste op te stel wat onder RINL111-leerders versprei sal word.

Die resultate van die nuwe vraelyste, RIML111-punte van leerders, asook biografiese inligting van leerders sal gebruik word om die verwantskappe in die model te toets met behulp van statistiese data-ontledingstegnieke.

2.4.1.3 DATA-VERWERKING

As gevolg van die spesifieke aard van die data, sal verwerking daarvan kwalitatief en kwantitatief gedoen word.

Die resultate van die onderhoude sal interpretief, deur middel van kodering, verwerk word. Die resultate hiervan sal gebruik word om die aanvanklike model (wat opgestel is na voltooiing van die literatuurstudie) aan te pas.

Die leerders sal daarna vraelyste beantwoord, en hierdie vraelyste sal hoofsaaklik uit oopvrae bestaan. Die oopvrae sal interpretief, deur middel van kodering, verwerk word. Die resultate van die interpretiewe dataverwerking sal gebruik word om nuwe

faktore te identifiseer en die toepaslikheid van reeds geidentifiseerde suksesfaktore te toets.

Die data wat verkry word vanuit die nuwe vraelyste, RINL111-punte van leerders, asook hul biografiese inligting, sal gebruik word om die model te toets met behulp van statistiese verwerkingstegnieke soos faktorontleding en regressie.

2 . 4 . 2 NAVORSINGSPARADIGMAS EN NAVORSINGSMETODES IN HIERDIE NAVORSING

In hierdie navorsing word meer as een navorsingsparadigma gebruik en dus ook meer as een navorsingsmetode. In tabel 2.4 word hierdie verskillende paradigmas en metodes se plek in hierdie navorsing verduidelik.

Paradigma Interpretief Positivisties Metode Kwalitatief.

Aspekte van begrondingsteorie.

Kwantitatief.

Faktor-ontleding en regressie.

Data Onderhoude.

Vraelyste met oop vrae.

Aanvanklike model.

Vraelyste.

Doel Bepaal faktore wat ondersoek moet word.

Toets aanvanklike model.

Resultaat Aanvanklike model.

Uitgebreide vraelyste.

Finale model.

Tabel 2.4 Navorsingsparadigmas en navorsingsmetodes in hierdie navorsing.

In tabel 2.4 kan gesien word dat die resultate van die onderhoude en die eerste vraelyste interpretief verwerk word. Dit word gedoen om die faktore te bepaal wat ondersoek moet word. Die resultaat hiervan is die aanvanklike model en die meer uitgebreide vraelyste. Die resultate van die tweede stel vraelyste word kwantitatief verwerk. Die doel hiervan is om die aanvanklike model te toets, en die resultaat hiervan is die finale model.

In die interpretiewe paradigma word begrondingsteorie gebruik om die onderhoude en oopvrae te verwerk, aangesien hierdie data kwalitatief is en nie positivisties verwerk kan word nie. In die positivistiese paradigma word die data kwantitatief verwerk, aangesien statistiese tegnieke soos faktor-ontleding en meervoudige regressie gepaste resultate lewer vir die opstel van die finale model.

2.4.3 S K E M A T I E S E VOORSTELLLING VAN NAVORSINGSPLAN

Die navorsingsplan kan skematies voorgestel word soos in figuur 2.1.

'n Model van die faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe be'i'nvloed.

Hoofstuk 2 Doel: Kies navorsingsmetodes en stel 'n navorsingsplan op.

Aksie: Literatuurstudie van navorsingsparadigmas en -metodes.

Resultaat: Navorsingsplan.

Hoofstuk 3

Doel: Identifiseer uit die literatuur faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologie- gebaseerde onderwerpe be'i'nvloed.

Aksie: Literatuurstudie oor faktore wat onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe be'i'nvloed.

Resultaat: Model (uit literatuur).

Hoofstuk 4

Doel: Identifiseer nuwe faktore en toets die toepaslikheid van reeds ge'fdentifiseerde suksesfaktore.

Aksie: Gebruik 'n kerngroep van leerders om faktore wat hulle sukses be'i'nvloed te bespreek.

Die resultate van hierdie onderhoude word interpretief verwerk.

Resultaat: Model (uit literatuur en onderhoude).

Hoofstuk 5

Doel: Identifiseer nuwe faktore en toets die toepaslikheid van reeds ge'fdentifiseerde suksesfaktore.

Aksie: Vraelyste (alle leerders) met hoofsaaklik oopvrae waarvan die resultate interpretief verwerk word.

Resultaat: Model (uit literatuur, onderhoude en vraelyste).

I

Hoofstuk 6 en 7

Doel: Ontwikkel 'n model van faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologie- gebaseerde onderwerpe be'i'nvloed.

Aksie: Insameling van data om verwantskappe in die model te toets (vraelyste en biografiese data). Toets verwantskappe in die model met behulp van faktorontleding en regressie.

Resultaat: 'n Model van faktore wat onderrigleer van tegnologie-gebaseerde onderwerpe be'i'nvloed.

Hoofstuk 8

Samevatting van die navorsingsproses.

Figuur 2.1 Skematiese voorstelling van die navorsingsproses.