HOOFSTUK 2 GENRETEORIE
5.6 VELDSLAG (1965) KAREL SCHOEMAN
5.6.7 Dialoog
Die gebeure toon 'n chronologiese en oorsaaklike patroon binne die epiese plot in Veldslag. Van Vuuren (1978:12) verdeel die plot in vier momente van uiterlike gebeure:
1) Die koms van die gewonde Frans.
2) Hettie en haar suster se koms.
3) Die veldslag tussen die Engelse en die Boere; die ontdekking van Hendrik se lyk en die inname van die dorp.
4) Die vlug en dood van Frans.
Hierdie vier momente kan in Baldick (2004:174) se woorde "a chain of events" wees wat volgens my gerig is op die sentrale gebeurtenis, naamlik Frans se ontsnapping.
Teenoor bogenoemde waarneembare konkrete gebeure in Veldslag asook die in die klassieke no- velles, word betekenisvolle innerlike gebeure in Esther se gemoed voltrek. Omdat die medekarak- ters relatief plat is, vind die innerlike gebeure oorwegend in Esther as sentrale karakter plaas.
Hierdie gemoedsgebeure weerspieel Esther se sielestryd as onaangeraakte buitestander tot 'n betrokke, meelewende karakter wat 'n persoonlike veldslag en oorwinning beleef teenoor die Boere se nederlaag: "Hier word die veldslag uitgeveg, in haar wat gedink het dat sy los staan van dit alles" (p. 78; vergelyk ook Van Vuuren, 1978:12).
nie. Ten slotte sterf alle moontlike "medemenslike kontak saam van Frans" (Van Vuuren, 1978:11).
Esther se kommunikasie toon ook 'n sikliese verloop volgens die verhaalgang wat deur die boge- noemde, funksionele woordmotief gei'llustreer word. Aanvanklik is Esther stil. Dan begin sy en Frans geleidelik te gesels. Esther se gesprekke brei uit na die ander dorpenaars wanneer sy hulp soek vir Frans se ontsnapping. Kort voor die ontvlugting neem Esther en Frans se gesprekke toe hoewel daar ongesegde dinge is. Na die ontnapping vra Esther dringend vir Klein-Lewies uit oor die ontsnapping. Wanneer Frans se lyk gevind word, swyg Esther om weer heeltemal stil te word soos aan die begin: "Sy het geen traan gestort nie..., nog het sy 'n woord uitgespreek" (p. 83).
Teen die agtergrond van die oorlog bestaan die dialoog van die ander inwoners uit oorlogsnuus en tipiese kleindorpse praatjies. Toepaslike dialoog word ook gebruik om Hettie se ligsinnigheid uit te beeld: "Ek wil tog nie teruggaan Bloemfontein toe nie,.. .almal is weg oorlog toe, en dis vreeslik vervelig" (p. 28).
5.6.8 Tyd
Die aanvangsin van Veldslag plaas die leser direk binne 'n historiese, persoonlike en seisoenale tydsraamwerk: "Dit was die vyfde maand van die oorlog en die sewende maand na Pieter se dood.
Dit was somer" (p. 7). "Dit was die vyfde maand van die oorlog" word weer op p. 7 herhaal waardeur die buitengewone spanningsvolle gevegsituasie beklemtoon word. Die verwysing na Pieter se dood dui op 'n persoonlike routyd. Tant Marie van Rensburg se swart rok versterk die gedagte van dood in 'n somerseisoen wat met ligte dinge geassosieer word (p. 7). Die datum van Hettie se brief aan Frans - 1 Februarie 1900 - is 'n belangrike tydsaanduiding wat Veldslag his- tories situeer.
Aristoteles se siening dat intrige 'n begin, middel en einde het, verraai 'n tydsaspek volgens Smuts (1998:16). Dieselfde geld vir gebeure as 'n proses wat verandering veronderstel met die gevolg- like opeenvolging in tyd (Bal, 1980:47). Die genoemde opeenvolging van gebeure in Veldslag deur Van Vuuren (1978:12) in 5.6.6 toon 'n oorsaaklike, chronologiese en logiese opeenvolging van gebeure binne 'n lineere tydsverloop: die gewonde burger lei tot Hettie se koms, maar ook tot Esther se karakterontwikkeling; die veldslag by Zwartbosch en Hendrik se afsterwe as vooruit- skouing; die inname van die dorp wat Esther vir die eerste keer bang laat voel dat die Engelse vir
Frans sal ontdek; Esther se fatale besluit; Frans se ontvlugting en dood; Esther se misplaasde triomf deur middel van haar gedagtegang as innerlike handelinge.
Die chronologiese gebeurepatroon in Veldslag en die lineere aanbieding daarvan word onderbreek deur tydspronge in die vorm van Esther se dikwelse retrospeksies oor en geheueterugflitse van Pieter: "Slegs Pieter se was-masker van sy gesig in die smal doodkis" (p. 11). Wanneer Esther vir Frans help om water te drink, volg 'n terugflits en parallel: "So het sy dikwels vir Pieter water gegee gedurende die lang siekbed...," - gevolg deur net sy naam "Pieter" (p. 20). Terugflitse volg ook wanneer Esther die trommel oopmaak om Pieter se klere vir Frans uit te haal (vergelyk Smuts, 1998:20-21).
Met Hendrik se dood myns insiens as vooruitskouing vir Frans se dood, onderbreek die prospeksie nie die chronologiese tydslyn nie omdat die ontdekking van Hendrik se liggaam deel van die chro- nologiese gebeurepatroon vorm.
Esther se terugflitse oor Pieter verleen 'n dubbele tydservaring aan die leser. Laasgenoemde be- kom inligting oor die gei'mpliseerde karakter van Pieter sonder dat sy lewe en dood deel van die teks is.
Schoeman, gewoond aan die perfectum of voltooid teenswoordige tyd van die Engelse, Neder- landse, Duitse en Franse letterkunde, het Veldslag ook in die perfectum geskryf ter wille van die ritme en tempo. Later het hy besef dat die hele verhaal sou gebaat het by die presens (sien Schoe- man, 1989:11-12). Volgens my sou die teenswoordige tyd die uitgerekte, soms liriese trant in Veldslag kon teenwerk met 'n onmiddellikheid waarby die dramatiese spanning ook sou kon baat.
Die tempo van die verhaal word vertraag deur oormatige atmosfeerskepping deur middel van na- tuur- en gemoedsbeskrywings en veral Esther se bepeinsinge wat myns insiens oorskryf is: "At- mosfeerskepping. . .vorm 'n swak plek in die samehang van 'n verhaal waar dit 'n oormatige hoe- veelheid verteltyd inneem ten koste van handeling of gebeure" (Van Vuuren, 1978:12). Vergelyk p. 13: "Daar waar sy gesit het, het die stilte haar omvou, alleen in die oneindige dag wat wegvloei na die verre lug. Die buitelyne het onder die gloeiende lig van die somerson vervaag, en stadig het die vastigheid weggesmelt, het die golwende gras..." (p. 13).