• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die term novella in Italiaans, nouvelle in Frans en Novelle in Duits

HOOFSTUK 2 GENRETEORIE

3.2 OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE TERM NOVELLE

3.2.4 Die term novella in Italiaans, nouvelle in Frans en Novelle in Duits

Van die sestiende tot die agtiende eeu is die Italiaanse novella en die Spaanse novela in Frans aangepas tot die term nouvelle wat hoofsaaklik in die meervoud gebruik is vir "tales" en "short stories" soos die Decameron van Giovanni Boccaccio en Marguerite van Valois se Heptameron.

Die Franse term nouvelle dek 'n groot verskeidenheid tekste en dra veral in die enkelvoud die betekenis van "a fictitious prose narrative or tale of good length with characters and actions rep- resentative of the real life of past and present times" (Gillespie, 1967:118).

Italiaans, Frans en Duits beskik oor meer terme as Engels en Spaans waarmee die verskillende narratiewe tekste benoem kan word. Hoewel elke term sy eie geskiedenis en omstandighede in 'n bepaalde taal weerspieel, verwys Gillespie (1967:119-120) na aspekte wat die term in Italiaans, Frans en Duits tradisioneel in gemeen het. Een belangrike gemeenskaplikheid is die afgeleide term wat bogenoemde drie tale vir die moderne novel gebruik - naamlik romanzo in

Italiaans; roman in Frans; en Roman in Duits. Die terme is almal afgelei van die oorspronklike ouer term "romance" wat aanvanklik gebruik is om poetiese vorme van epiese karakter aan te dui, maar ook verwante prosa met ridderlikheid as tema, en later ook populere narratiewe soos Amadis de Gaula (1508) wat in Romaans geskryf is en nie in Latyn nie.

In Spaans was die term "romance" volgens Good (1977:199) nie van groot belang nie, maar in Italiaans, Frans en Duits het hierdie begrip die oorgang van die lang narratief oorleef - van vers na prosa en van die ridderlike na die moderne met die huishoudelike en sosiale omgewing as onder- werp. Die term "Roman" dek byvoorbeeld in Duits 'n verskeidenheid prosavorme. Toe die "romances"

van die Renaissance volgens Gillespie (1967:120) vervaag het as genre, is hierdie bestaande term oorgeplaas na die nuwe vorm, die novel - 'n proses wat in die agtiende eeu op die kontinent voltooi is, terwyl die term novel in Engeland na vore getree het. Daarom is latere kontinentale terme vir die novel, behalwe in Iberie, afgelei van Middeleeuse Frans soos romans en romanz met ook afleidings uit Latyn soos romanice in die twaalfde tot vyftiende eeu. Daar was egter ook vae, algemene begrippe soos "history!', "story" en "tale" wat soms gebruik is vir werke met die omvang van 'n novel (vergelyk Gillespie, 1967:120). Hierdie benamings is egter gewoonlik soos volg toegepas op fiksie van 'n kleiner omvang: Italiaans storia en racconto; Frans histoire en conte; Duits Geschichte en Erzahlung; en Spaans historia en cuento (Gillespie, 1967:120,127).

Die novel-term is in al drie tale gebruik vir kort fiksie: Italiaans "novella"; Frans "nouvelle"; en Duits "Novelle" terwyl langer fiksie aangedui is met die romance-term: Italiaans "romanzo";

Frans "roman"; en Duits "Roman". In Duitsland is 'n duidelike onderskeid getref tussen die Duitse Roman en die Novelle op grond van die inhoud en die verskillende lengtes waar die onder- skeid in Engeland slegs berus het op die inhoud van narratiewe tekste met dieselfde lengte.

Verder het die Britse literere teorie dikwels net gekonsentreer op die "romance/novel"-onderskeid tussen vollengte prosanarratiewe en die korter vorme verwaarloos. In Duitsland egter, is daar deur middel van die terminologie op die generiese verskille tussen lang en kort fiksie gefokus wat bygedra het tot die ontwikkeling van 'n korpus teoriee oor die novella - iets wat grootliks ont- breek in Engels (Good, 1977:199).

Soos wat Frans die term roman vir langer fiksie bygedra het tot die literatuur, so het Italiaans ge- sorg vir die term novella wat in Italiaans kort fiksie aandui en wat teruggespoor kan word na die

Decamerone (1353) van Giovanni Boccaccio. In Duits het die term Novelle na analogie van die Italiaanse novella ontstaan. Hoewel die Franse term nouvelle al sedert die Renaissance bekend was, het die term horn weer gevestig onder die invloed van Duits, 'n verskynsel wat toe te skryf is aan die "regeneration" "of the novella, a new interest in the form which was particularly German, and secondarily, under German influence, French" (Gillespie, 1967:120-122; Good, 1977:198-199).

Caporello-Szykman (1990:1) voer die gebruik van die term novelle selfs verder terug tot by die anonieme skrywer van die Novellino (tussen 1281 en 1300) wat sy versameling stories 'n novel- le genoem het.

As term het die Italiaanse novella dus inslag gevind by bogenoemde Europese tale, hoewel hierdie term nie oral dieselfde toepassing het nie (Gillespie, 1967:121).

'n Samevattende tabel met die terme vir die novelle in die tale wat bespreek is, word deur Gillespie aangegee waarna Leibowitz (1974:10) en Good (1977:198) onder andere ook verwys.

Gillespie (1967:122) noem dat die onderstaande terme in die begin van die negentiende eeu beskikbaar was vir die Romantici wat gehoop het op 'n herlewing van die "pre-Enlightenment storytelling".

TABEL MET TERMINOLOGIE VIR NARRATIEWE TEKSTE

Engels (hi)story, tale - novel

Spaans historia, cuento novela (Argaies)

novela

Italiaans storia, racconto novella romanzo

Frans histoire, conte nouvelle roman

Duits Geschichte, Erzahlung Novelle Roman

Tabel no. 1 (Gillespie, 1967:122)

Die tabel toon die gebrek aan 'n term vir die novelle tussen (hi)story, tale en novel in Engels.

Ook die Spaanse gebruik van novela vir beide die novella en novel is merkbaar in die tabel.

Gillespie (1967:126) gee toe dat baie kortverhale ook voldoen aan die kontinentale eienskappe van 'n novelle. Terselfdertyd is die begrip "short story" vir Gillespie net so vaag soos die term novella. Daar moet dus rekening gehou word met die anekdote wat sonder twyfel ten grondslag le van alle moderne kort fiksievorme. Volgens Gillespie (1967:126-127) is dit die grys gebied waar die kortverhaal, conte, ensovoorts met die korter novelles oorvleuel wat 'n definisie bemoei- lik. Tog beveel Gillespie (1967:126) aan dat die term novella in Engels aanvaar moet word: "The simple fact that a noticeable gap exists in English terminology should suggest the possible value of novella, if only as a kind of 'wedge' separating definitively the spheres of the short story and novel" (vergelyk ook Good, 1977:199).

Soos Gillespie verkies Leibowitz (1974:11) en Springer (1975:15) ook die term novella vir die ontbrekende Engelse begrip, en al drie plaas ook die novelle tussen die kortverhaal en roman.

Springer gee die lengte van die novelle aan as tussen 15 000 tot 50 000 woorde, dus 'n middel- matige lengte. Leibowitz (1974:11) grond haar termkeuse daarop dat die term novella wel in die agtiende eeu in Engels bestaan het.

Teenoor bogenoemde aanwending van die term novella vir fiksie van middelmatige lengte voer Good (1977:200) vyf redes aan waarom die term novella vir kort fiksie sowel as fiksie van mid- delmatige lengte gebruik moet word:

1. Tydens die Renaissance is die term novelle vir baie kort stories gebruik soos Boccaccio se Decamerone asook vir die met 'n tussenin lengte soos Novelas Ejemplares van Cervantes.

2. Na 1800 is Duitse tekste van minder as vyf bladsye tot ver meer as honderd bladsye as novel- les getipeer.

3. Die Engelse terme van die negentiende eeu, "tale" en "story", sluit kort werke asook die met 'n middelmatige lengte in.

4. Die term kortverhaal is hoofsaaklik 'n twintigste-eeuse begrip vir 'n spesifieke tipe fiksie wat in tydskrifte gepubliseer word. Maar vir Good het die kortverhaal-term wel 'n plek by die terme wat hy vir die begrip "novella" wil gebruik.

5. Kort fiksie en die met 'n tussenin lengte het genoeg in gemeen wat vorm, inhoud en geskiede- nis betref om hulle heel gegrond saam te groepeer teenoor die lang roman. Good verkies dus 'n tweedeling - novelle/roman - bo die driedeling kortverhaal/novelle/roman.

Clements en Gibaldi (1977:1) beskou die term novelle as "one of those ill-starred literary terms whose misfortune is to be so overused and abused that it comes to signify anything and every- thing its employer of the moment has in mind".

Nog 'n verwarrende faktor is die feit dat die klassieke novelles in baie opsigte verskil van die latere novelles - veral die Duitse Novelle - en net "the most tenuous connections" met mekaar het vol- gens Springer (1975:17). Omdat klassieke werke soos The Novellino en die Decameron grootliks in vorm verskil van die Duitse novelle en moderne werke van 'n tussenin lengte, verwys Clements en Gibaldi (1977:26,27) na twee benaderingswyses waarop die term novelle benader kan word soos uiteengesit in Polheim (1965:101-109), naamlik die historiese en normatiewe benadering.

Volgens die historiese benadering kan net die een term, novella, gebruik word vir die Renais- sance-novelle, die literere Duitse Novelle van die laat agtiende en negentiende eeu asook vir die moderne fiksie van 'n middelmatige lengte. Hiervolgens word die verskille tussen die drie vorme slegs beskou as mutasies binne die genre. Clements en Gibaldi (1977:26) verwerp hierdie siening omdat die term novella dan nie meer betekenis sal he nie.

Die normatiewe benadering impliseer dat 'n oervorm bepaal word waarmee alle potensiele novel- les vergelyk kan word. Omdat beide metodes probleme oplewer, stel Polheim (1965:108) 'n sin- tese van die twee beskouings voor. Clements en Gibaldi (1977:27) steun sodanige kombinasie en gebruik van die novelle-term waarby veral die Engelse literatuur sal baat: "novella" vir die Renaissance-tekste; "Novelle" vir die Romantiese en Postromantiese Duitse tekste; en "novel- ette" of "short novel" vir die moderne fiksie van middelmatige lengte.