• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 2 GENRETEORIE

5.8 GLYSKAAL VIR DIE AANWENDING VAN DIE SKEPPINGSELEMENTE IN VELDSLAG

5.8.3 Prominensie van die skeppingselemente

5.8.3.1 Karakters

5.8.3.1.1 Esther

Graad van prominensie: 9

As sentrale karakter word Esther uiters prominent voorgestel deur middel van die ruimte, tyd, hande- linge, gebeure en die medekarakters wat haar belig met hulle stille ondersteuning aan haar. Sy geniet deurgaans verteltyd. Haar uiterlike hoofhandeling, naamlik Frans se ontvlugting wat sy inisieer vorm die sentrale gebeure waaruit die tema voortvloei, maar wat net 'n geringe ommekeer in Esther bring.

Net soos die uiterlike gebeure, is die innerlike ervaring en gedagteprosesse van Esther deurgaans op die voorgrond soos blyk uit haar terugflitse, ruimtebelewing en die parallelle situasie tussen Pieter en Frans.

Verteltyd: 4, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 1 5.8.3.1.2 Tant Dora

Graad van prominensie: 6

Tant Dora geniet as skoonmoeder redelike verteltyd. In haar dialoog met Esther asook deur haar

handelinge ondersteun sy Esther op daadwerklike manier. As uiterlike handeling verpleeg sy die gewondes op die slag veld. Sy ondergaan egter geen ontwikkeling nie.

Verteltyd: 2, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.3 Mev. Marais

Graad van prominensie: 6

Mev. Marais geniet verteltyd met betrekking tot haar bekommemis oor haar man en seuns asook oor Frans. Haar sorgsaamheid geskied as innerlike handelinge wat sy ook verbaal uitspreek. Geen verandering kom by haar voor nie.

Verteltyd: 2, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.4 Dr. Marais

Graad van prominensie: 2

Met sy deelname aan die oorlog is dr. Marais deurgaans afwesig, behalwe vir 'n kort besoekie saam met sy seuns. Mev. Marais verwys na hom en die seuns.

Verteltyd: 1, Funksie: 1, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.5 Pieter

Graad van prominensie: 8

Hoewel Pieter net 'n geimpliseerde teenwoordigheid is, geniet hy baie verteltyd deur middel van Esther se terugflitse en haar gefokaliseerde en verbale verwysings na hom. Hy staan funksioneel tot Esther deur middel van sy dood. Sy afsterwe dien as motivering vir Esther om Frans weg te stuur sodat sy ook haar oorlogsplig kan nakom deur 'n geliefde aan die dood af te staan. As abstrak teenwoordig is daar natuurlik geen sprake van ontwikkeling nie.

Verteltyd: 4, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.6 Frans

Graad van prominensie: 8

In die parallelstellings, as rede waarom Hettie dorp toe kom en in verhouding tot Esther en die sentrale gebeurtenis geniet Frans baie verteltyd. Sy dood en begrafnis dra grootliks by tot hierdie prominensie. Die feit dat hy nie self besluit nie en horn onderwerp aan Esther se wil, maak horn ten voile aandadig aan sy dood sonder enige karakterontwikkeling.

Verteltyd: 4, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.7 Hettie

Graad van prominensie: 3

Vir Hettie se onvanpaste gedrag en kleredrag is daar heelwat verteltyd. Ten spyte van haar promi- nente uiterlike handelinge, trane met die ontdekking van Frans se lyk en haar floute tydens sy begrafnis, bly Hettie plat en onveranderd. Sy vervul geen funksie ten opsigte van Esther nie en selfs haar koms en teenwoordigheid as Frans se verloofde is blykbaar geen bedreiging vir Esther nie. Frans vertel self vir Esther dat hy gaan veg het om weg te kom van Hettie se geflankeerdery met ander mans. Frans self wil nie die aand voor sy ontsnapping met Esther deel nie. Net Frans se koms bring 'n wending by Esther. Esther is hoogstens geirriteerd deur Hettie se oppervlakkig- heid en sy is so ingestel daarop dat Frans moet vlug dat sy Hettie nie eers inlig oor die ontsnap- ping nie. Van Vuuren (1978:13) noem dat Hettie te karikatuuragtig is om 'n waardige teenhanger vir Esther te wees. Hettie speel dus geen rol met betrekking tot die sentrale gebeure nie.

Verteltyd: 3, Funksie: 0, Karakterontwikkeling: 0

5.8.3.1.8 Mev. Rautenbach

Graad van prominensie: 4

Min verteltyd word aan mev. Rautenbach afgestaan. Maar met haar as middelpunt by die ont- dekking van Hendrik se lyk is sy 'n funksionele deel van 'n vooruitskouing na die tragiese eindge- beure. Hierin le haar enigste funksie. Mev. Rautenbach ontwikkel egter nie en daar is geen direk- te sprake dat sy Esther ondersteun of nie.

Verteltyd: 1, Funksie: 3, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.9 Ds. Rautenbach

Graad van prominensie: 6

Ds. Rautenbach se verpligtinge in die gemeenskap geniet redelike verteltyd. Maar hy is instru- mented in die dood van Frans omdat hy twee perde vir Esther leen. Hy bly deurgaans 'n tipiese plattelandse predikant.

Verteltyd: 2, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.10 Klein-Lewies

Graad van prominensie: 7

As laaste skakel met Frans verkry Klein-Lewies emosionele prominensie vir Esther. Hierdie min- dere karakter ervaar jeugdige trots oor sy vindingrykheid wat miskien as ontwikkehng gesien kan word omdat hy daardeur in sy eie oe die oorfogstatus van 'n jongman verkry. Hy geniet net vertel- tyd ten opigte van Esther en die ontsnapping, maar dit is baie insiggewende verteltyd. Saam met Frans vorm hy deel van die sentrale gebeurtenis.

Verteltyd: 2, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 1

5.8.3.1.11 Lewies en tant Johanna

Graad van prominensie: 5

Verteltyd vir Klein-Lewies se ouers beslaan enkele reels. Eers is hulle gekant daarteen dat Klein- Lewies moet help met die ontsnapping. As hulle later toestem daartoe, word hulle aandadig aan die ontsnapping en Frans se dood. Beide bly deurgaans onvriendelike, onveranderde karakters.

Verteltyd: 1, Funksie: 4, Karakterontwikkeling: 0 5.8.3.1.12 Mev. De Jager

Graad van prominensie: 1

Mev. De Jager word net by twee geleenthede genoem: wanneer sy opdaag en weer vertrek.

Verteltyd: 1, Funksie: 0, Karakterontwikkeling: 0

Bogenoemde motiverings toon dat die medekarakters nie eintlik gei'ndividualiseerd is nie. Van Vuuren (1978:13) noem dat hulle wel hulle wereld "bevolk", maar nie "diepte" of "besondere kommunikatiwiteit" verkry nie. Hulle grootste funksie IS in die wyse waarop hulle die sentrale karakter en dus die sentrale gebeure ondersteun. Hierdie siening verklaar hoekom byna al die medekarakters 'n punt van 4 vir hulle funksie ontvang en 0 vir karakterontwikkeling.

Die graad van prominensie vir die gebeure, tyd en ruimte word bepaal deur die volgende aspek- te: verteltyd wat daaraan afgestaan word, die wisselwerking met die ander skeppingselemente en die funksionaliteit en doeltreffendheid daarvan vir Veldslag. Die aspekte word hierna verkort tot:

• Verteltyd

• Wisselwerking

• Funksionaliteit

'n Punt van 1-4 word toegeken vir elke aspek en saam is hierdie punte die totale punt wat op die glyskaal vir gebeure, tyd en ruimte verskyn.