• Tidak ada hasil yang ditemukan

EVANGELISASIE GERIG OP GEMEENTEGROEI

HOOFSTUK 4. HOOFSTUK 4

5. DIE INHOUD VAN DIE EVANGELIEVERKONDING IN EVANGELISASIE

6.4 EVANGELISASIE GERIG OP GEMEENTEGROEI

kerk verkondig moet word nie. Onderlinge oorleg­

pleging en goeie onderlinge verhoudings tussen ver­

skillende kerke met dieselfde belydenis, maar wat tog nie tot dieselfde kerkverband behoort nie, is hier van pas. Om die detail daarvan uit te spel, sal ons egter te ver buite die bestek van hierdie studie voer.

Dit is genoeg om hier te beklemtoon dat die kollek­

tiewe gemeenskapskarakter van die verbond vol gens die Nuwe Testament impliseer dat toevoeging tot die gemeente van Christus net so sterk as die verbintenis van Christus van die kerkvervreemde die ooqmerk in praktiese evangelisasie moet weeSe ­

HOOFSTUK 5

SAMEVATTING EN TERREINE VIR VERDERE ONDERSOEK, .

1. SAMEVATTENDE KONKLUSIES

Die aard van die verbond vol gens die Nuwe Testament het bepalende implikasies vir evange1isasie wat poog am voluit Skrifgetrou te wees.

Die tota1e evangeliseringsopdrag het TI duidelike ver­

bondsmatige struktuur. God het vo1gens die getuie­

nis van die hele Skrif ook

n

missionere oogmerk met die verbond. Die verbondsgemeente as uitverkore volk, as koninklike priesterdom, as eiendomsvolk moet die deugde verkondig van Hom wat hu11e uit die dUister­

nis geroep het tot sy wonderbare 1ig. (1 Pt 2:9) Sowel die geweldige opdrag as die motivering om evan­

gelisasie te doen, vloei organies uit die aard van die verbond voort.

Die nadere differensiasie tussen hulle wat afgedwaal­

de verbondskinders is en hulle wat nog nooit tot die verbond behoort het nie, en die implikasies daarvan vir die inhoud van die boodskap en die metodiek van evangelisasie, kan duidelik uit die Nuwe Testament af­

gelei word.

Alhoewel dieselfde evangelie van die een Here en Chris­

tus as Verlosser vir alle sondaars wat met berou en bekering in ware geloof na die gekruisigde en opge­

stane Jesus toe kom, geld, kan daar op grond van die aard van die verbond n sterker appel op afgedwaalde verbondskinders as op heidene wat nog nooit deel van die verbondsgemeenskap was nie, gemaak word.

Omdat die verbond In regskarakter het, is afgedwaalde

verbondskinders regtens die eiendom van God. Die be­

loftes van die verbond het vir hulle groter regskrag.

Die verskriklike en heilige oordeel van God oor hulle is swaarder as oor heidene wanneer hulle ongelowig sou bly.

Hierdie nadere differensiasie op grond van die aard van die -verbond, behoort in die verkondiging van die evanqelie aan sondaars in evangelisasiewerk verdiskon­

teer te "'lord. So word die verantwoordelikheid van kerkvervreemdes baie helder aan hulle voor oe gestel en hulle duidelik gewaarsku, sonder om die soe\oJerei­

niteit van God te nivelleer.

Vir die regte uitvoering van die kerk se evanqelisa­

siQ-npdraq is dit noodsaaklik om tussp.n tJitvp.rkiesinq

en.verbond te onderskei. •

Omdat God in sy uitverkiesende liefde in die totstand­

korning en onderhouding van die verbond vrymagtig op­

tree, is die belydenis van God se soewereiniteit ~ ryk troos in evangelisasiewerk. God laat nooit die werke van sy hande vaar nie. Hy vol hard met sy eien­

dom en bring die afgedwaaldes op sy tyd langs die weg van berou en bekering weer as lewende lede van sy huisgesin terug. Dit is die grootste dryfkrag agter volhardende voorbidding vir, en volgehoue evangeli~

verkondiging aan, afgedwaalde verbondskinders.

Die uitverkiesende vrymag van God relativeer nie in die minste die volle krag van die beloftes en die eise van die verbond aan alle verbondskinders nie.

Dit is in stryd met Deut 29:29 as evangelisasiewer­

kers hulle vertrekpunt in die uitverkiesing neem wan­

neer die beloftes en die eise van die verbond a:an' 50n­

daars verkondig word. Die onwedergebore hart kan die dinqe van God - waaronder veral die leer van die uit­

verkiesing - nie aanvaar nie. In die verkondiging en onderrig aan afgedwaalde bondelinge moet die volgende wees: Eers roeping, dan uitverkiesing, alhoewel die

159,

evangelisasiewerker weet dat die orde by God altyd is: Eers uitverkiesing, dan roeping.

Die kollektiewe gemeenskapskarakter van die verbond het baie belangrike implikasies vir evangelisasie.

Omdat die verbond gesluit word met die gelowige en sy kinders, moet evangelisasie altyd gesinsgerig wees.

Daar moet altyd op die bekering van hele huisgesinne gefokus word. Wanneer TI vader of moeder tot geloof kom, word hulle kinders verder as verbondskinders be­

skou en behandel.

Die aard van die verbond impliseer ook dat evangeli­

sasie in alle opsigte van die plaaslike gemeente as huisgesin van .God moet uitgaan. Evangelisasiewerk wat nie uitgaan en nie onder toesig isnvan TI plaas":' like gemeente nie, is in stryd met die Skrifopenba­

ring aangaande die aard van die verbond en die im­

plikasies daarvan vir evangelisasie.

Die kollektiewe gemeenskapskarakter van die verbond impliseer dat evangelisasie as oogmerk moet he om buitekerklikes na Christus toe te lei, en in sy ge­

meente in te skakel.

Die inskakeling en assimilasie van nuwe bekeerlinge in die gemeente kan die maklikste en op die heel' beste manier gebeur as die gemeente TI werklike gesins­

karakter adem wat vanwee 'sy liefde en missionere ywer dieselfe sorg teenoor nuwe gelowiges openbaar as wat daar in TI huisgesin teenoor pasgebore kinders geopen­

baar word. Dit moet ook liturgies tot uitdrukking kom.

Bybels Gereformeerde evangelisasie beteken om buite­

kerklikes vanuit die qemeente, deur die gemeentelede te konfronteer met die beloftes, die eise en die sank­

sies van die verbond met die oog daarop dat hulle langs die weg van geloof en bekering hulleself tot Christus as eniqste Verlosser en Here wend en verant­

woordelike lede-word van sy gemeente.

Omdat die verbond ook tot persoonlike gemeenskap met God stimuleer en die verbond ook n persoonlike ge­

meenskapskarakter tussen God en sy verbondskind im­

pliseer, Moet evangelisasie altyd tot persoonlike geloofsooraawe aan die Drie-Enig~ God van die ver­

bond oproep.

n Gereformeerde qemeente wat werklik in n intieme verbondsgemeenskap met God leef, gehoorsaam aan die Skrifopenbaring aangaande die aard van die verbond, sal die grootste missionere ywer openbaar en nuwe gelowiges met groot liefde as mede-erfgename in God se huisgesin ver\'1elkom. So n gemeente sal ook op grond van die regskarakter van die verbond, die hei­

lige erns van God se verskriklike oordeel oor vol­

harden de ongelowiges aankondig.