tot skade van Suid-Afrika as geheel. Die owerheid staan hierteenoor vrywel magteloos, en moet die hoon verduur van elke kleurling in die buiteland, van Jamaica tot Guatemala. Pogings 0111 sulke agitators aan bande te lê, word bestempel as „ondemokraties.” Hoe lank nog?
Potchefstroom. D. W . KROGER.
BOEKBESPREKING
P. J . Rademeyer: „Die gedwonge H uw elik.” Nasionale Pers, Beperk, Bloemfontein, 1949. 162 bll., 9/- p.v.
D it is ’n eenvoudige verhaal vir ’n ledige uurtjie. D aar is m in span
ning, m in karakteruitbeelding, m aar origens vrywel gesonde lektuur. 'n M^ns hoef dit nie tweemaal te lees nie.
J. C H R . C O ET Z EE .
* * * *
J. H. Breytenbach e.a.: „Gedenkalbum van die Tweede Vryheldsoorlog.”
Nasionale Pers, Beperk, Bloem fon
tein, 1949. 604 bll. 45/- p.v.
Met behulp van ’n hele ry medewer- kers en in die om vang van 31 hoof- stukke, gee dr. Breytenbach ons in hierdie pragwerk ’n skitterende popu- lêre oorsig van alle gebeurtenisse in verband met ons Tweede Vryheidsoor- log. D it is ’n massiewe werk van 604 bll., elke bladsy in dubbelkolom ge- druk. Die werk is ryklik gei'llsutreer en besonder pragtig uitgegee. Die gewone leser hoef glad nie te skrik vir die om vang van die werk en ook nie vir die vorm van aanbieding nie.
Die redakteur het inderdaad uitne- mend daarin geslaag „om ’n boek van blywende waarde te lewer, w at tot ons volk in sy geheel sou spreek en wat, as blyk van hulde, ’n dapper voorge- slag w aardig sou wees.” D it is geen akademiese verhandeling nie, m aar ’n vlotlesende verhaal: deskundige his- toricus en gewone ontwikkelde leser
kan dit m ak lik verstaan en waardeer.
D it is ’n uitgawe wat in die boekrak van elke ware Afrikaner behoort te staan—m aar om gelees te word! D it is die moeite van deurlees werd.
J. C H R . C O ET Z EE .
* * *
H. S. van B lerk: „D it blom tussen Bantom s.” Nasionale Pers, Beperk, Bloemfontein, 1949, 305 bll. 11/9 p.v.
D it is ’n besonder geslaagde roman oor die delwerslewe. Die warreboel van die soort gemeenskap word uit- stekend in styl en inhoud hier uitge- beeld. Beskrywings, dialoog en k a
rakteruitbeelding dw ing die leser om die boek meer as eenmaal te lees. Ook as sosio-opvoedkundige studie het hierdie roman blywende waarde.
J. C H R . C O E T Z E E .
• * *
H. B. Thom : „Die Geloftekerk en Ander Studies oor die Groot Trek.”
Nasionale Pers, Bep., Bloemfontein, 1949, 147 bll., 15/9 p.v.
Die boekie bevat behalwe die ge- roemde studie ook 8 verdere korter studies, o.a. „Die Volksraad,” „Natu- rellebeleid,” „Boerdery," „Dingaans- dag-gelofte,” „Betekenis van die Groot Trek.” Verder is daar ’n 17 tal illus- trasies. Tegnies is die boekie baie smaakvol uitgevoer—en dit strek die uitgewers tot eer. Prof. Thom skryf met gesag en in ’n besonder leesbare trant. Die studies is ook behoorlik gedokumenteer, veral uit primêre bronne. Veral die eerste studie kan
173 as ’n besondere bydrae beskou word.
Met veel vrug het ek ook die studie oor die Naturellebeleid van die Voor- trekkers gelees. ’n W erk wat sterk aanbeveel word.
J. C H R . C O ET ZEE.
• • •
„Soos Geurige Blom m e” :.. Uitgegee deur C.S.V.-Boekhandel, posbus 25, Stellenbosch, 1949, 379 bll. 12/6.
D it is dagstukkies vir dogters, veral vir die wat nog op die middelbare skool is. D aar is ’n stukkie vir elke dag van die jaar. D it is nie die werk van predikante nie m aar wel van ’n aantal vroue (getroudes en ongetrou- des). Jong dogters tussen 14 en 18 jaar het ’n eie siening op en ’n eie behoefte aan godsdiens. V ir ’n sekere groep dogters sal die boek baie wel- kom wees, w ant dit is sonder twyfel met groot innigheid en opregtheid ge- skryf, alhoewel ’n tekort aan suiwer teologiese siening uit meeste dagstuk
kies spreek. Die dagboekie kan egter niks anders as goeds stig en daarom wil ek dit graag aanbeveel aan ouers wat na so’n boek vir hul opgroeiende dogter soek.
J. C H R. CO ET ZEE .
* * *
J. P. J. Coetzee: „Die L am p op die Staander.” Nasionale Pers, Bloem
fontein, 1949r 222 bl., 8/6 p.v.
D it is ’n aantal historiese sketse oor die lewe van Paul Kruger. D aar is voldoende aaneenskakeling om ’n le- wendige beeld te gee. D it is in die besonder geskik vir opgeskote k in ders en ons wil dit graag sterk aanbe
veel.
J. C H R. CO ET ZEE .
* * * •
Dr. G. C. Berkouwer: „Geloof en Vol- liarding.” Uitg. J. H. Kok, Kampen, 210 bl., prys 4.95 guide.
D it is die derde deel van Dogniatis- che Studiën, wat daar van die hand van dr. Berkouwer verskyn het. Die
eerste twee dele het gehandel oor Geloof en Rechtvaardiging en Geloof en H eiliging. Dr. Berkouwer besit ’n verbasende werkkrag dat hy binne so 'n kort tydjie hierdie drie belang- rike dele van sy Dogmatiese Studies kan laat verskyn. Die eerste twee dele is o.i. meer aktueel as hierdie deel wat oor geloof en volharding handel. D it blyk reeds uit hfs. I wat oor die ak tuatite it handel. Hfs. I I handel oor die terreinverkenning. Hier word gewys oor die verskil wat daar tussen die Lutherse en Gereformeer- des reeds in die 16de eeu gewees het.
Hierdie verwarring „hangt wellicht samen met het nauwe verband, dat Augustinus legt tussen de volhar
ding en de praedestinatie.” Van ’n volharding in eie krag is daar geen sprake nie. D it word bewys uit ons Geref. belydenisskrifte. Die volhar
ding staan in voortdurende teenstel- ling m et die valse selfversekerdheid.
D it staan in verband met droefheid, bekering en begeerte na vergewing in die bloed van die Middelaar. In Hfs.
I l l word die drie kontroverse met die Remanstrante, met Rome, en met die Lutherse behandel. Hfs. IV handel oor volharding en vermaan, en is o.i.
die mees aktuele hoofstuk, omdat ’n moeilike probleem hier behandel word.
In die Skrif word die gelowiges ge- durig vermaan en gewaarsku teen afval. D it lyk of die Heilige Skrif kondisioneel spreek. Vele wys dan ook op Rom. 11 en Hebr. 6. Daar- teenoor staan dat die genadegifte van God onberoulik is. E n Paulus getuig, dat die lewe van die gelowiges nie alleen in sy aanvang nie, m aar ook in sy voltooiing as ’n werk van God gesien word. Die opvallende in die S k rif is dat die woorde van duursaam- heid van Gods trou en die vermanings onlosm aaklik m et m ekaar verbind is.
D it gaan in die verm aning tot geloofs- volharding altyd om die rykdom van die heil. Dis God Self wat ons harte en sinne bewaar in Jesus Christus.
174
Aan die ander kant staan dit ook vas:
W ie uit God gebore is, bewaar hom- self. Die volharding is nie 'n meege- deelde feit nie m aar word in die weg van die geloof gerealiseer.
N a hierdie uiters leersame hoofstuk volg hf. V oor volharding en gebed.
Die volharding kan ons alleen ver
staan in die lewende verband tussen God en mens, w aarin die gebed ’n sentrale plek inneem. D aar bestaan dus 'n diep samehang tussen die vol
harding van die heiliges en die vol
harding in die gebed. In verband hiermee word die voorbede van Christus bespreek en die werk van die Heilige Gees, wat betrek word op die hele lewe van die gelowiges. I n hf. V I word behandel volharding en ver- soeking. Ook hierdie hoofstuk is van besondere belang. In die versoekings gaan dit om allerlei m oontlikhede,wat ons nie in ons eie hand het nie. H ier word die paradoks van Jak . 1: 2 be
handel, nl. die vreugde as ons in aller- hande versoekings val. In die twee
laaste hoofstukke word gehandel oor die troos en die werklikheid van die volharding. Die belydenis van die volharding hang baie nou saam met die onverbreekbare korrelasie tussen geloof en volharding. H ier word ook die verseëling deur die Heilige Gees behandel. Die belydenis van die vol
harding wys heen na die bewaring van God. Die realiteit van die volharding kon volgens die S k rif dan alleen sui- wer verstaan word( wanneer hierdie bewaring gesien word as die bewaring in die geloof. Daarom kan die Skrif met soveel nadruk spreek oor volhard en bly in die geloof. Hierby kom die inplanting in Christus. Genoeg om die leser te laat sien, dat ons hier met baie aktuele vraagstukke te doen het.
Ons vertrou dat hierdie reeks van Dogmatiese Studies in die besit van alle teoloë sal kom. H ier is stof tot verryking van ons kennis, tot troos en vermaning.
P. J. S. de K.
RUILWAARDE.
R U IL N O M M E R S . 'n Nuwe, interes- sante blad het sy verskyning gem aak vanaf Januarie 1950. D it word ge- noem „Ons K leintjie” en is ’n maand- blad vir ouers en onderwysers. Die hoofredakteur is m nr. Th. Blok wat bygestaan word deur ’n aantal vak- kundiges u it Kaapland, Vrystaat en Transvaal. Die adres is bus 280, Bloem fontein; dit word uitgegee deur die O.V.S.O.V. en kos 12/6 per jaar.
D it is die eerste Afrikaanse blad w at vir sowel ouers as onderwysers uitge
gee word, en dit verdien ons alm al se ondersteuning. Die eerste nommer m aak ’n besonder goeie indruk: die form aat is groot, die druk mooi en die inhoud baie waardevol. H ier is ’n paar van die artikels: H. B lig nau lt skryf
oor die begaafde kind, S. J. van der W a lt oor segregasie, P. J. van Z.
H attin g h oor dom gebare of dom gemaak ( J. G. M eiring oor die jong- m enswording van ons kinders, V. E.
Viljoen o.m. oor „Mammie, ek is eerste.” „Die Hervormer,” die ampte- like orgaan van die N.H .K . van Afri- ka, verskyn vanaf Oktober in 'n nuwe vorm : dit Iyk nou soos ’n klein formaat-nuusblad. Die rubrisering is ingrypend verander en die blad m aak 'n besonder fris indruk. „Tydskrif vir W etenskap en Kuns,” orgaan van die S. A fr Akademie vir W etenskap en Kuns, verskyn in sy Oktober-uitgawe in 'n lywige omvang. D aar is nie m inder as 14 rubrieke nie en dit be- slaan 224 bll. Meeste van die artikels