• Tidak ada hasil yang ditemukan

Boekbespreking

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Boekbespreking"

Copied!
7
0
0

Teks penuh

(1)

BOEKBESPREKING

N ever a Young Man. E xtracts from th e L etters and Journals of the Rev. William Shaw, compiled by Celia Sadler, H.A.U.M.

K aapstad, 1967. 189 pp. Prys R2-10.

Hierdie boek w at saam gestel is uit die briew e en rapporte van Rev. William Shaw is nie alleen ’n besonder interessante uitgaw e nie m aar dit is terselfdertyd ’n bruikbare uitbreiding van die gegew ens oor die beginjare van die M etodiste Kerk in Suid-Afrika. Hierdie w erk is seker, w at daardie kringe betref,

’n baanbrekende stuk w erk en mens kan n et hoop dat uit daar­

die kring m eer publikasies oor die verlede van die Kerk èn am psdraers van die Kerk, die lig sal sien.

Die uittreksels uit die briew e en geskrifte van Shaw w at hier saam gevat word, word in vier onderafdelings verdeel. Die eerste deel w at die titel dra, S ettlers’ M inister, b estaan uit stu k ­ ke u it die jare 1798 to t 1824. H ier gaan dit oor Shaw se jeugjare, sy bekering, sy vorming to t prediker en dan ten slotte sy besluit om sendeling te w ord en hoe dié besluit hom na Suid Afrika gevoer het. Dit is opvallend d at uit die beskikbare gegewens nie afgelei kan w ord of Shaw ooit ’n form ele opleiding as predikant of as sendeling gehad het nie. Skynbaar w as dit nie die geval nie.

In die kringe van die M etodiste Kerk w as d it buitendien nie juis

’n voorvereiste d at iemand ’n deeglike en w etenskaplike oplei­

ding in die teologiese vakke gehad het voordat hy to t die Evan­

geliebediening toegelaat is inie. Tog beteken dit nié d at Shaw

’n ongeletterde of onbeskaafde mens w as nie. Inteendeel, uit sy geskrifte blyk w el deeglik d at hy ’n m an van kaliber was. Shaw se begeerte om sendeling te w ord, w ord gedeeltelik vervul as hy aangew ys w ord om as predikant saam m et die 1820 setlaars uit Engeland na die Oosgrens van die K aapkolonie te emigreer.

Die slotgedeelte van hierdie afdeling b evat dan gegewens oor die eerste drie ja ar van Shaw se verblyf in die oostelike Kaapkolonie.

Die tw eede afdeling dra die titel The M issionary en voer die leser to t in die ja ar 1832. Hierdie gedeelte gee ’n insig in Shaw se sendingw erk, sy aanraking m et die Bantoe en die m anier w aarop hy die evangelie, soos hy dit verstaan het, aan hulle gebring het. Dit bevat van die in teressan tste gegewens in die boek.

Die derde afdeling w ord getitel The G eneral Superintendent.

D it handel oor die periode toe Shaw as „G eneral Superintendent”

(2)

van die W esleyaanse sending in Suid-Afrika gew erk het. Die periode 1837 to t 1856 w ord hierdeur gedek en is interessant in soverre dat dit nie aileen die uitgebreidheid van die W esleyaanse sending aantoon nie m aar ook die sendingbeleid hier en daar toelig. Dié periode w ord afgesluit met die verm elding van Shaw se finale terug keer na Engeland.

Die slotafdeling w at die periode behandel van 1856 to t aan Shaw se dood in 1872, dra die opskrif P resident of th e Con­

ference aangesien Shaw in 1865 gekies is as hoof van die Meto- diste Kerk in Engeland. Die w erk word afgerond m et ’n sew etal appendices terw yl die note by die teks ag ter in die boek aan- gegee w ord. Laasgenoem de ’n reeling w at ’n onnodige heen- en-w eer blaaiery veroorsaak. ’n Noot by die tek s behoort onder­

aan die betrokke bladsy te staan.

Van die appendices is die interessantste seker Shaw se skryw e aan die Earl of A berdeen in 1835 in verband m et die kafferoorlog w at toe n et aan die oosgrens gew oed het. In hier­

die skryw e laat Shaw hom ken as ’n sobere en rustige beoorde­

laar van die situasie in die Kaapkolonie van daardie dae. Anders as sy sendeling-tydgenote soos Van der Kemp, Read en Phillip, verklaar Shaw hier: „I cannot perceive th a t tru e philanthropy requires me to blacken my w hite friends, for the purpose of m aking m y black friends w hite.” (bis. 157). Dit is miskien jam m er d at hierdie verstandige w oord nie m et groot letters in elke pastorie van ’n engelstalige predikant in Suid-Afrika aan- gebring kan w ord nie. Dit kan dan miskien beteken dat baie opgewonde A nglikane heelw at rustiger word.

Shaw s.e oordeel oor die Bantoe aan die oosgrens, w aarm ee die blanke dikwels in botsing was, is ook nogal sober „ . . . they have very indistinct notions of the rights of property, and they are fearfully reckless of th e destruction of hum an life.” (bis.

159). D it is, so wil dit voorkom, ’n vriendelike m anier om dit te stel. Tipies van die M etodistiese opvatting is Shaw se mening d at die bekering van die Bantoe aan die oosgrens sy rooflus sal beteuel (bis. 166 en 171).

U it Shaw se geskrifte kan ook enkele verw ysings na die A frikaner van daardie dae gehaal word. O pvallend is dit d at hy, betreklik gou na sy aankom s aan die Kaap, hom daarop toelê om N ederlands te leer en dat hy ook die evangelie aan die A frikaner w il bedien (bis. 31). Vanweë die feit egter d at Shaw öf in die gem eenskap van die Setlaars of as sendeling onder die Bantoe w erk, kom hy nie veel in aanraking m et die A frikaner nie en is sy verw ysing na hulle m aar baie bondig. D it val hom

(3)

egter op d at hy, as predikant, met ’n besondere respek deur die A frikaners behandel word en van sy k an t is d aar ook respek vir die A frikaner (bis. 62). W aarskynlik om dat Shaw van 1832 to t 1837 in Engeland vertoef het, word d aar in sy geskrifte soos dit hier weergegee word, geen verw ysing na die Groot Trek gevind nie. In 1848 ontm oet Shaw egter die V oortrekkers in die V rystaatse gebied en beskryf hulle dan as „a people, ever dissatisfied with the rule of the British . . (bis. 105) w at seker as ’n billike beskryw ing beskou kan word.

Die sendingwerk, sendingbeleid en Shaw se visie op die Bantoe en sy omgang m et hulle kom ook in sy geskrifte duide- lik na vore. Die hele sendingbeleid, synde m etodisties, is inge- stel op die „winning of souls for C hrist” (bis. 96) en vir daardie doel w ord die bekeerde Bantoe dan ook grotendeels losgemaak uit sy stam verband en in ’n w esterse tipe huis op die sending- stasie opgeneem weg van sy natuurlike w oonplek en stam genote (vgl. bis. 119 en 136). Die sendelinge w as dus destyds nie mense w at uitsluitlik die evangelie verkondig h et nie, m aar w at ook

’n w esterse lewenswyse aan die Bantoe oorgedra h et (vgl. o.a.

bis. 126 en 130). Dat die Bantoe dit destyds ook so verstaan het, word ook duidelik uit die uitspraak van ene Chief Kama, soos w eergegee op bis. 137. Opvallend is ook die w yse w aarop Shaw self m et die Bantoe omgegaan het. By hom is d aar geen neiging om die afstan d te bew aar nie en m et ’n geleentheid h et Shaw sy verblyf, gedurende ’n nag in ’n Bantoestroois, as volg beskry- we : „The inm ates for the night w ere three Englishmen, and our tw o native boys: one Kaffir woman, tw o girls, three children, four K affir men and five goats” (bis. 111). Dit is miskien nie so verw onderlik dat die vaders skeef na die sendeling gekyk h et nie. Shaw se m anier van optrede hang n atu urlik óók saam m et die feit dat Shaw nooit Suid-Afrika as enigste vaderland beskou h et nie w aar nie alleen hy nie m aar ook sy kinders en kindskinders nog moet lewe nie. Suid-Afrika is vir Shaw slegs

’n gebied w a ar hy siele vir C hristus kan wen.

V erder kan by voorbeeld ook nog verw ys w ord na die interessante gegewens oor die m ate van apartheid w at daar destyds ook gehandhaaf is tussen die gelowiges uit die blankes en uit die nie-blankes onder die M etodiste. Die handhaw ing van hierdie apartheid sal w aarskynlik beteken d at menige moderne Metodis hom to t in die afgrond vir hierdie baanbreker-figuur skaam.

S am evattend kan gesê w ord d at hierdie publikasie nie alleen besonder interessant is nie, m aar ook baie w aardevol is.

(4)

’n Magdom van gegewens w ord hier te r beskikking gestel en elkeen w at geïnteresseerd is in die verlede van ons vaderland sal m et plesier en vrug hierdie w erk deurlees. Sowel mev.

Sadler w a t die seleksiew erk gedoen h et as die uitgew er verdien ons dank.

T enslotte kan daarop gewys word d at ek ’n tw eetal d ru k ­ foute kon vind in die origens uitstekend versorgde boek, nl. op bis. 114, laaste reël, en op bis. 123, tw eede laaste reël.

G raag wil ek hierdie boek aanbeveel.

— A. D. Pont.

$ $ *

F. G. E. N ilant, Lagersdrift. Opheffingsdaad van die N ederduitse G ereform eerde Kerk, N.G. Kerk-Boekhandel, Pretoria, 1966.

88 bis. Prys 90c.

Van die hand van prof. N ilant h et hierdie w erkie verskyn w at handel oor Lagersdrift, die nedersetting w a t deur die N.G.

K erk in 1907 in O os-Transvaal begin is om aan die ontredderdes uit die D riejarige-oorlog ’n heenkome te bied. Op besonder sim- patieke w yse en m et piëteit beskryw e prof. N ilant die geskiede­

nis van die nedersetting to td a t dit in die vyftigerjare sy taak volbring het.

H ierdie „klein geskiedenis” w at ook noodsaaklik is birme die breëre verband van die algemene en kerklike geskiedenis het nie alleen sy plek nie m aar is van besondere w aarde om dat hier veel m eer aandag aan besonderhede en indiwiduele persone gegee k an w ord.

G raag wil ek hierdie w erkie aanbeveel nie alleen vir sy intrinsieke w aarde nie, m aar ook as ’n voorbeeld van hoe hierdie soort geskiedskryw ing gedoen m oet word.

— A. D. Pont.

* * *

M. J. van S traten, As die Ja re Klim, N.G. Kerk-Boekhandel, P retoria s.j., 38 bis. Prys 28c.

Dit is die vierde druk van ’n boekie „Boodskappies vir B ejaardes” w a t reeds in 1955 die eerste m aal verskyn h et onder die titel „Aan Oupa en Ouma” . Die tra n t van die boekie word duidelik u it die W oordjie Vooraf w aar die sk ry fster s t e l : „A1 die eer d aarvo or kom Hom toe vir wie ek net die pen vashou sodat Hy aan u die boodskappies van sy liefde en genade kan stu u r.”

(5)

H ierdie stukkies, bedoel vir die oues van dae, h et ’n sterk sentim entele inslag w at soms hinderlik is veral w aar op die oues van dae aangedring w ord om testam en têre bemakings te m aak aan kerklike en ander barm hartigheidsdienste m et die*

m o tiv e rin g : ...ek van my geld kan bem aak om, selfs na die dood, vir U te werk, ja, m iskien enigsinds te vergoed vir die versuim in die lewe” (bis. 2). Hierdie soort van gedagte tesam e m et die loongedagte w at aan „goeie w erke” vasgekoppel word, is tog volkom e in stryd m et die N ederlandse Geloofsbelydenis, Art. XXIV en ook die Heidelbergse Kategism us, vraag en a n t­

w oord 86. Dié stukkies w at oor die naderende dood geskryw e w ord m aak, m erkw aardig genoeg, géén melding nie van Jesus C hristus die Opgestane H eer w at die grond en fondam ent is van ons geloof d at die dood oorwin is. H inderlik is dan juis die be­

klem toning van die gedagte dat die groot ta ak van die oue van dae nie die geloof in C hristus en die verw agting van die op­

standing uit die dode is nie, m aar die noodsaaklikheid om so te lewe d at die naasbestaandes na die dood van die afgestorw ene nog deur sy voorbeeld sedelik versterk sal word!

Volgens die statistiek w at v erstrek w ord, is daar al 12,000 eksem plare van hierdie boekie gedruk (en versprei?). M erk­

waardig.

— A. D. Pont.

* * *

H. Berkhof e.a., P ro testan tse V erkenningen na „V aticanum II”, Boekencentrum N.V., Den Haag, 1967. 234 blz. Prys nie aangedui nie.

Voor, tydens en na die roomse V atikaankonsilie w at nog deur die vorige pous Johannes byeengeroep is, h et ’n hele sto rt­

vloed van geskrifte die teologiese w éreld oorstroom w aar van alles en nog w at oor, in verband m et en ten opsigte van dié Konsilie gestel, betoog en selfs geprofeteer is. Niemand wou agterbly nie en almal het ’n mening oor die saak nie n et daarop nagehou nie, m aar ook ylings in druk laat verskyn. W aarskynlik om dat dit dan sou getuig van „ekum eniese m eelew ing”.

In hierdie geskrif h et ons ’n tiental artikels geskrywe deur p ro testan tse teoloë uit Nederland. Die inisiatief vir hierdie w erk h et uitgegaan van die „Raad voor de Zaken van Kerk en Theolo­

gie” van die N ederlandse H ervorm de Kerk. Die bedoeling van hierdie opstelle is om te besin oor die resultate van hierdie room­

se konsilie sodat die „dialoog” m et die room se kerk kan voort­

gang hé. Aangesien dit hier nie die plek is om u it te wei oor

(6)

die opgeskroefde begrip „dialoog” nie, kan liew er kortliks ver- wys w ord na die inhoud van hierdie werk.

Die opstelle begin m et dié van C. A. de Ridder, Schrift en Traditie w aar hy ’n uiteensetting gee van dié begrippe in die p ro testan tse en roomse teologie en ’n bespreking van die K onsilie-studiestuk De divina revelatione. By sy uiteensetting en kritiese opm erkings is dit m erkw aardig d at De Ridder nie m éér oog gehad h et vir die feit dat daar ’n fundam entele verskil tussen p ro testan ts en rooms is ookal om dat die leerstukke rond­

om die Heilige Gees en die Kerk so verskillend geplaas en ver- diskonteer word.

H ierdie artikel w ord gevolg deur dié van G. Sevenster, Vroeg-katholicisme en de eenheid van het Nieuwe Testament en dan een van A. F. N. Lekkerkerker, Rechtvaardiging. Laas- genoem de ’n uitstekende artikel w at die w aarde van hierdie reeks opstelle verhoog. Lekkerkerker behandel h ier ook in be- sonderhede die interpretasie van die Roose teoloog Küng van die besluite van die Konsilie van Trente in hierdie verband.

Hierdie artikel w at ’n hele aantal interessante punte n a vore haal èn o pklaar m oet as ’n besondere bydrae gereken word.

H ierop volg die artikel van G. E. Meuleman, Natuur en Genade op sy b eu rt gevolg deur die eerste van tw ee artikels van H.

Berkhof getiteJ De Kerk. H ier w ord die room se ekklesiologie behandel en ook dié van die K onsilie-studiestuk De Ecclesia.

Dan volg die artikel van A. J. Bronkhorst, Het Ambt, w at ’n uitvoerige u iteensetting van die roomse am psleer is en kry mens h ie r ’n beeld van die gedagtes w at in die room se kerk op hierdie p u n t uitgespreek word. W. F. Golterm an, Eucharistie en Offer, se artikel w ord gevolg deur dié van H. Jonker, De ere­

dienst w a t die m oontlikhede van ’n gesprek op hierdie punt tussen die room se en protestantse kerke ondersoek en in die proses op die verskille en ooreenkom ste wys. Die tw eede artikel van H. Berkhof, Verzoening en Voltooiing behandel die wyse w aarop die roomse kerk en die W ereldraad van K erke die v raag­

stuk Kerk en Wéreld benader en hanteer. M erkw aardig is die w aardering w at by Berkhof aangetref word vir die W êreldberaad w at in 1966 in Genève gehou is oor Church and Society. Die aan tal opstelle w ord afgesluit deur die van C. J. Dippel, De Kerk in de wéreld.

Oor die algemeen is die artikels die m oeite w erd om te lees en oor na te dink terw yl die artikels ook ’n g ro o t hoeveelheid gegew ens bevat w at interessant en belangrik is.

(7)

Hier en daar val dit anderm aal op hoe gesteld N ederlandse skryw ers daarop is om Franse, D uitse of Engelse woorde öf te ver-nederlands of netso oor te neem om sodoende ’n poging aan te wend om ’n duideliker seggingskrag aan die betoog te gee. So sien Dippel (bis. 230) die grootste eis van ons ty d w at aan die gem eente gestel m oet w o r d : Training en alertheid (lg.

w oordjie is dan „gem aak” van die engelse woordjie alert w at w ak k er/w aak saam /o p die hoede beteken). W aarom kan daar nie gesoek word na ’n eie, nederlandse w oord w at dieselfde saak netsogoed indien nie beter nie kan stel? M aar in nederlands w ord die begrip wa-wyd w akker natuurlik nie geken nie. Tog sê dit, juis in hierdie verband, eindeloos m éér as die engelse alert.

Uiteindelik dink ek d at die boek die moeite werd is. Hoe­

wel die tw eede artikel van Berkhof en dié van Dippel heeltem al geskryw e is in die idioom van die W êreldraad van Kerke. M aar dié artikels is juis so interessant om dat d aar gesien kan word hoe vanuit ’n puur-sosalistiese voorveronderstelling „teologie”

bedryw e word.

— A. D. Pont.

Referensi

Dokumen terkait

Dreyer in Van Wyk 1978 argumenteer ook dat daar nie ’n onderskeid in terme van apart-wees tussen die sigbare kerk en onsigbare kerk is nie, maar dat die teenswoordige werklikheid van

As ek hier ’n persoonlike getuienis mag gee dan is dit dat ek self besonder veel van hierdie uitnemende denkers geleer het, nie alleen van hul intensiewe analises van byna ontelbare

Voorlopig help dit nie om te veel daaroor te teoreti- seer nie, want geen grondwetlike hervorming op die basis van ’n nuwe ideologie het al ooit geslaag nie.. Geleidelike ontwikkeling

Ross wou nie in hierdie boek met ‘n nuwe teoretiese model vir die ontleding van die Suid-Afrikaanse verlede vorendag kom nie, maar die algemene geskiedenis van Suid-Afrika veral vanuit

GEVOLGTREKKINGS • Die kind word m et sy doop lidm aat van die kerk, en nie w anneer hy belydenis van geloof aflê nie; • as lidmaat van die kerk is die kind verantwoordelik om

Dié vraag word soos volg beantwoord: ‘Die beginsel wat deur die kerk hier neergelê word is dat dit by die vraag cm die eenheid van die kerk nie cm ’n kwantitatiewe nie maar om ’n kwa-

Baie punte w at behandel word is ook van belang en hierdie boek kan ’n positiew e bydrae lewer veral w aar die drie A frikaanse Kerke, w at in die verlede so ’n noue verbin­ tenis m et

As mens die werk in breë trekke moet tipeer, sou gesê kon word dat dit nie ’n kritiese kommentaar sonder meer is nie, maar ook nie ’n „teologiese” kommentaar wat in die populêre sin