• Tidak ada hasil yang ditemukan

Boekbespreking

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Boekbespreking"

Copied!
5
0
0

Teks penuh

(1)

BOEKBESPREKING

J. C. Hoekendijk, De Kerk binneste Buiten, Amsterdam 1964, 206 blz Carillon-Reeks, Spec, nummer S 11. Prys ongeveer Rl-50.

Hierdie slapband-uitgawe van die Uitgewery W . ten Have te Am ­ sterdam (Nederland) is ’n keuse deur L. A. Hoedemaker en P. Tijmes uit die geskrifte en lesings van die vroeëre Utrechtse professor J. C.

Hoekendijk en verteenwoordig werk uit die jare 1948 tot 1963. Die skrywer Hoekendijk het ’n merkwaardige lewensloop agter die rug in dié sin dat hoewel hy eers kerklike hoogleraar en later gewone hoogle­

raar aan die Utrechtse Universiteit was, hy nooit ’n gewone predi­

kant in ’n gewone gemeente van die Nederlandse Hervormde Kerk was nie. Slegs gedurende die oorlogjare, 1941 tot 1944 was hy stu- dentepredikant in algemene diens. Daarna was hy hoofsaaklik ’n amp- .tenaar-predikant in diens van verskillende sendings- en ekumeniese lig- game totdat hy in 1952 hoogleraar geword het. Veral op die vakge­

bied van die sendingwetenskap het Hoekendijk ’n sekere bekendheid — in sommige kringe word hy selfs as gesaghebbend aanvaar. Gedurende 1965 het Hoekendijk die teologiese fakulteit van Utrecht egter verlaat om ’n professoraat te aanvaar by Union Theological Seminary in New York, V.S.A. Hierdie teologiese opleidingssentrum is met ’n geleentheid deur ’n offisiële rapport van die ,, Joint Legislative Committee to Investigate Seditious Activities in the State of New York” beskrywe as : „a dangerous centre of revolutionary socialist teaching of a uni­

versity type in ecclesiastical institutions.” Die feit dat Hoekendijk ’n professoraat aangebied is deur ’n inrigting waarvan prof. Harry F. W ard,

’n oortuigde lid van die Kommunistiese Party van die V.S.A., in die vyftigerjare die hoof was, laat mens vermoed dat Hoekendijk wel nie

’n behoudende of konserwatiewe teoloog is nie. Hierdie vermoede word ook versterk deur die lees van hierdie bundel geskriffies.

Vanuit sy agtergrond as teoloog wat veral in die sending en apostolaat van die Kerk geïnteresseerd is en ook daaraan die meeste van sy aandag gewy het, kom Hoekendijk se ongeduld met die Kerk in sy huidige vorm tevoorskyn. Die ekklesiologie van die reformatore is vir hom onbruikbaar (blz. 17) en daar moet na nuwe weë gesoek word om die Evangelie uit te dra in die moderne wereld. Dié Evan­

gelieverkondiging, die nuwe apostolaat, is dat die bestaande W esterse Kerke as min of meer waardeloos afgeskryf moet word omdat dit „ge­

sloten kerken” geword het, „klasse-kerken . . . . omdat zij zich te onkritisch vereenzelvigden met een bepaalde maatschappelijke groep”

(blz. 29). Omdat die Kerk slegs ’n funksie van die apostolaat is (blz. 51), moet die Kerk allereers ingerig word na die eis van die apostolaat en dit beteken vir Hoekendijk, so wil dit voorkom, die vol-

(2)

ledige vernietiging van die Kerk soos dit, op grond van die Bybels- reformatoriese ekklesiologie in die Westerse-europese christendom, tot stand gekom het (blz. 62).

In dieselfde gees kry die bestaande ampsdraers van die Kerk nie veel simpatie van Hoekendijk nie (blz. 80-81) en hy verkies dan ook die huisgemeente (waar géén kerklike ampsdraer is nie) bó die be- staande kerklike gemeente en die enkele gelowige, as diegene wat die apostolaat in die wereld moet volvoer, bó die geroepe ampsdraer wat die dienswerk van die W oordverkondiging moet verrig (blz. 98) . In die huisgemeente, meen Hoekendijk, met ’n beroep op E. Schlink, Lord’s Supper or Church’s Supper, kan die Awendmaal sondermeer gevier word sonder ampsdraers en dan vervolg hy : „W e zetten de dingen toch op de kop, wanneer we éérst een avondmaalsconsensus (overeen­

stemming in de avondmaalstheologie) verlangen om daarna pas tot avondmaalsgemeenschap over te kunnen gaan. Het avondmaal wil worden gedaan (doet dit tot mijn gedachtenis) en zo, al doende, ge­

leerd”. Dáárom moet die belydenis en die Awcndmaalsformulier maar liewcr by die viering weggelaat word, sodat die Awendmaal in die huis-- gemeente moontlik kan word !

Hierdie enkele aanhalings net om aan te toon dat Hoekendijk, hoewel ouer en onbekender, tog maar min of meer dieselfde afbraak- rigting aandui as wat deur J. A. T. Robinson en Paul van Buren in die engelstalige wereld gepopulariseer is. Dit is interessant om daar­

op te let dat by Hoekendijk ons juis ’n teoloog aan die woord het wat hoofsaaklik as ekumeniese amptenaar sy vorming gekry het en waar- skynlik weinig verwantskap (indien enige) gehad het met die gewone, gemeentelike lewe soos dit in die Nederlandse Hervormde Kerk geleef word. Terselfdertyd dui dit ook aan dat „die ekumeniese teologie”

(as Hoekendijk as woordvoerder daarvan gesien mag word) allerlei dwase spronge maak in die hoop dat dit daardeur êrens die aandag sal trek. Maar die essensic van hierdie soort „teologie” is tog dat dit nie uitgaan van wat God aan die mens" wil sê nie. om dit dan tc sê, maar dat dit aan „die moderne mens” vra wat hy van God wil hoor en eis; al die dwase kritiek van ’n post-christelike, europese heidendom op die Kerk klakkeloos as algemeen-geldend oorneem en dán trag om die Evangelie aan „die eise van die tyd” tc akkomodeer.

Hier sien ons die omvang van die probleem van die Kerk in N e­

derland (en in Europa) wat in die agtiende en negentiende ecu, in die naam van die rede en verligting en vooruitgang e.d.m., allerlei dwa- linge, on-Bybelse geestelike strominge en selfs heidense gedagtes in die Kerk ópgeneem het met die gevolg dat die Kerk sèlf, soos in groot dele van die noordelike N ederlande,, die grootste enkele oorsaak ge- word het dat duisende lidmate permanent van die Kerk vervreem is !

(3)

Nou word, so wil dit tog vixirkom, getrag om met ’n voortgaande ver­

minking van die sentrale momente van die Byhels-reformatoriese teo- logie, te red wat daar nog te redde is. Dit word wel problematics of die Kerk, as hy eers homself opgehef het, dán werklik die apostolêre geeskrag $al vind om die heidendom van Europa wéér en so terug te bring in die Kerk, die tuiste van die geroepe heiliges wat hulle enige troos in lewe en sterwe vind in die Evangelie van die Gekruisigde en Opgestane Jesus Christus.

Hierdie opstelle is miskien simptoom van die rekening van die vonriifgaande tyd van verwildering, slapheid in die handhawing van die leer van Kerk en geeslose moralisme wat die Kerk maar in sy midde toegelaat (soms selfs verwelkom) het en wat nou aan die Kerk aangebied word. Verdere toegewings aan die gees van die ecu sal sekerlik nié die nederlandse Kerk uit sy huidige impasse help nie.

Hoe onverantwoordelik sommige van Hoekendijk se stellings is en hoe swak sy waarnemingsvermoë van die situasie waarin hy hom bevind is, word veral duidelik in sy opstel : Kerk en ras, toegespitst op Zuid-Afrika. Hier kry ons andermaal die voorbeeld van iemand wat

’n vlugtige besoek aan ons land gebring het en dan met groot gemak

’n artikel of bock oor Suid-Afrika skrywe. Met ’n sekere gelatenheid moet mens dit miskien maar verduur want soos hy self erken : ,,Het is" maar een koud kunstje om vanuit de verte een oordeel uit te spreken cn een .oplossing’ tc geven”. Maar dit wil tog voorkom dat

’n afwysing van die saamlewingspatroon van Suid-Afrika deesdae ’n sine qua non is as mens in die wcrcld buite Suid-Afrika opgang as

„teoloog” wil maak !

Die gcbruiklikc dinge word oor Suid-Afrika gcse, cn mens wonder of dit nodig is om al die afgesaagde libcralistiese kretc wcer op te noern.

Die heerskappc wat hierdie dinge so tot vervelens toe skrywe uit „diepe bcwoënhcid” besef normaalweg nié dat al die oplossings wat aan die hand gedoen word uiteindelik net dáárop ncerkom dat van die blanke in Suid-Afrika verwag word om geestelike en reëele selfmoord te plceg, sodat die nie-blanke aan die bewind kan kom. As dit gebcur het, is dit vir die kommunis of libcralistiese groot-finansier van die W estc die ideale geleentheid om hulle hande te lê op die goud en ander bodem- rykdomme van Suid-Afrika. Dié patroon het mos duidelik geword in die Kongo waar die Beige moes padgce sodat Sweedsc-Amcrikaaanse- Italiaanse cn ander grootfinansiers nou weer '11 kans kon kry om die bodemrykdomme van die Kongo vir hulle voordeel te benut. Die voorwendsel waaronder dit alles gedoen word, is pragtig-filantropies . . . die „vryhcid” van die Kongolese ! ! Die Kongolese volk self is na al die moord, massa-bloedvergietings, anargie, hongersnood en voort­

durende epidemics die W esterse wéreld waarskynlik uitermate dankbaar vir alles wat hullé in die naam van mede-menslikhèid, vryheid, gelyk-

(4)

heid, stemreg en sosiale geregtigheid ontvang het . . . . om maar te swyg van die Beige wat uit die Kongo na Suid'Afrika gevlug het.

As Suid'Afrika botweg weier om aan hierdie deursigtige spel mee te doen, dan word van alle kante, tot hy die W ereldraad van Kerke toe !, breed uitgemeet hoe onchristelik Suid'Afrika is. So word Suid- Afrika se beleid van eiesoortige ontwikkeling deur Hoekendijk as ’n kaste-sisteem gebrandmerk sonder dat hy verklaar wáárom die W ereld' raad van Kerke en die V.V.O. so warm loop oor ons beleid maar oor die euwels van die Indiese kastC'sisteem swyg soos 'n graf. Om sy privaat-teorie oor Suid'Afrika dan verder te illustreer, gec Hoekendijk

’n grafiese voorstelling van Suid-Afrikaanse toestande en stel die kuituur gebou op die christendom teenoor die barbarisme gebou op die heiden' dom teenoor mekaar met die S.A. Polisie as 'n soort grcnsbewakendc mag wat die vrees van die een party cn die verset van die ander party in bedwang hou. (Vgl. blz. 131). By die blanke maatskappy kon- stateer Hoekendijk „diep-ingevreten angst” cn stel dat dit die voe- dingsbodem van die huidige beleid is. Sou dit dan korrek wees, na die uitleg van Hoekendijk, dat die Hollanders in die periode 1940-1945 deur,,diep-ingcvreten angst” bcsiel was toc hulle geweier het om deel te word van Hitler se Groot-Duitsland ? W aarom sou Hoekendijk van die Afrikaner en die blanke in Suid'Afrika vcrwag wat hy self nie bereid was om in die jare 1940'1945 te doen nic en dit terwyl daar vir alle praktiese redes, behalwc miskien die taal, weinig verskil is tussen Nederland en Duitsland ? Sou Hoekendijk saamstem dat die monumente in Nederland wat die optrede van die Nederlandse volk gedurende die periode 1940 - 1945 gedenk, monumente is ter herden' king van die „diep - ingevrcten angst” waaraan die Hollanders gC' durende daardie tyd gely het ? Dan, watter werklike Bybclsc moticwe voer Hoekendijk aan — wat óók vir Nederland cn Europa geld — om te bewys dat dit verkeerd cn onchristelik is om die eic bcsit te handhaaf tot voordeel van ander ? O f is Hoekendijk ook één van die „rather red than dead”'garde van teoloë in Nederland en elders.

Dit bly uiters moeilik om vas te stel presies hoe algemeen Hoekendijk sy stellings wil maak en w atter konsckwensies hy daaraan vasknoop want die betrokke artikel onder bespreking is vol onnoukeurighede en simptome van verwarde denke. Daarom moet byvoorbaat gestel word dat mens nie meer kan doen as om vraagtekens te stel, sonder om veel verder te kom nie.

Interessant is Hoekendijk se visie van die sg. sclfstandige Bantoe' kerke, die 1,400 Bantocsektcs in ons land. Hulle bestaan beskou hy as bclangrik want hy stel dat hullc verset „zet daar in. waar de meest verwondbare plek in het hele systeem te vinden is : in de kerk" (blz.

132). Dit is juis so interessant omdat daar deesdae, volgens persberigte,

(5)

’n poging aangewend word om hierdie sektariese groepc te organi' seer . . . . met die doel om apartheid aan te val op „de meest ver' wondbare plek” ? of gebeur hiér, waarteen Hoekendijk in ’n helder oomblik waarsku, dat as die Kerk meer doen as om in hierdie situasie

„het glas koud water” aan te bied (blz. 139), dat hy dan homself tot politieke party maak ?

Afgesien daarvan dat die Kerk nié die „ meest verwondbare plek ” van die apartheidsbeleid is nie, is dit seker ook nie d ie . taak van die Kerk om in enige situasie glase met koue water rond te dra nie maar om altyd die Evangelie van die Opgestane Heer te ver- kondig ! M aar dit is miskien tóg waar dat sommige instansies in Suid' Afrika soos die Anglikaanse Kerk en die Christian Council of South Africa toegelaat het dat hulle hunkering na die politieke arena hulle opdrag om die Evangelie reg te verkondig oorwoeker het en dat hulle eintlike verkapte politieke partye geword het.

In ieder geval, in die jaar 1966, byna 10 jaar nadat Hoekendijk se onderhawige artikel die eerste maal verskyn het, is dit wel duide- lik dat Hoekendijk se waarneming van die situasie in Suid-Afrika, sy konklusies en voorspellings verkeerd was en is. Die opname van hier- die artikel in hierdie bundel, ’n artikel wat die tekortkomings van die skrywer so tentoonstel, toon ook wel hoe min die buiteland werk- lik in Suid-Afrika geïnteresseerd is, ander sou die versamelaars nic geoordeel het dat hierdie artikel nog aktualiteit besit nie !

Samevattend gestel : hierdie werkie kan miskien vir Nederland van betekenis wees waar die defensiewe posisie van die christendom skynbaar allerlei merkwaardige resultate het. Maar in Suid-Afrika waar die Kerk, in sy Bybcls-reformatoriese gestalte, deur die suiwer verkondiging van die Evangelie sy sentrale posisie in die blanke volk behou en ’n steeds sterker-wordende posisie onder die nie-blanke in­

neem, kan hierdie werkie werklik nie veel bied nie. Dit is ’n moeisame arbeid om die koringkorrels in dié kafhoop te vind. M aar miskien moet die boekie tóg gelees word, nié soseer om iets hieruit te leer nie maar eerder om ’n simptoom van die Christendom in Nederland te leer

ken. A. D. PONT.

Referensi

Dokumen terkait

Rijkens se briewe Die ruim dertig briewe, wat dr Rijkens tydens sy verblyf in ons land van Junie 1899-Julie 1899 aan familie en vriende geskryf het, het bewaar gebly.. 'n Paar briewe

Louis Leipoldt se “Wys my die plek waar ons saam gestaan het” 25 en Breyten Breytenbach se “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” agterblad, is gedigte wat aan die meeste

As ek vir iemand sou sê, terwyl ek aan die manuskrip geskryf het, daar is ’n bobbejaan in die boek, sal hulle sê, “Wat ’n ridiculous idee is dit?. Dit kan nie werk

Ons letterkundige kritiek moet gered word uit die verwarring waarin dit verval het deur gebrek aan standaarde en veral univcr- siteitstudente wat geroepe is om die wetenskap te dien,

ieliswaar was daar' n klein klomple Afrikaners wat met 'n min of meer gevestigde lewe ryk ge- word het, maar die oorgrote meerderheid van ons volk moes hulle inspan om 'n donker

Op die stappe, wat op hierdie poging van die F.A.Ko gevolg het, gaan ons hier nie in nie, maar ons let veral daarop dat dit aan die lig gebring dat dit met die taalhandhawing van die

Geen fout nie Vervanging/ raaiwoorde Skryf en onderstreep die woord wat die leerder lees.. 1 fout per woord Verwarring TC Skryf “TC” by die woord waar die leerder ophou lees

Dit gaan hier nie maar net om mense wat in n jaar of twee die een of ander goeie werk aangepak en afgehandel het nie.. Dit gaan hier nie om mense wat n ingewing gekry het en iets goeds