Ludorfstraat 50, Brits GPS Co-ordinates:
25°38’01.2”S 27°46’44.2”E Tel: 012 252 4995, 012 252 4996, Faks: 012 252 0349;
E-pos/E-mail:[email protected] www.britspos.co.za
R3-00
VAT INCL Established - Gestig1946
05 AUGUST 2022
Brits Pos
Die 24-jarige Shaun Williams, wat sy rugbyloopbaan by Laerskool Elandskraal in Mooinooi begin het, het geskiedenis gemaak toe hy vir die BlitzBokke se beginspan in die Rugby7’s-finaal in die Statebondspele op die Coventry-stadion in Birmingham, Engeland verlede Sondag uitgedraf het. Shaun het ‘n volle 11 punte tot die BlitzBokke se oorwinning van 31-7 oor Fiji bygedra, maar volgens die nederige Shaun was dit ‘n reusespanpoging. Foto’s: BlitzBokke Facebookblad. (Lees berig op p3).
Grandchild allegedly stabs grandmother to death - p5 Brits Pos-verkopers netjies en duidelik - p3
Shaun – ‘n
man met hart!
inte
ra
ctive P D F page a T
p e ic
BRITS POS
PAGE 2 5 AUGUST 2022
Leer jou kind om nie ‘n slegte verloorder te wees nie
BRITS POS – BRITS - Sportmanskap kom op alle vlakke en in alle sportsoorte voor. Ja, soms in die hitte van die stryd, kan ‘n mens seker jou koelkop effens verloor, maar dit plaas ‘n demper op iets wat eintlik daar is om geniet te word.
‘n Mens kan seker redeneer dat geldsport ‘n groot aandeel daarin het, maar wat dan van op skoolvlak, waar veral ouers hul daaraan skuldig
maak en skeidsregters en ander leerders links en regs aangevat word omdat hulle bloedjie nie vir die span gekies is nie, of te hard geduik is, of tevrede moet wees met tweede of derde plek. Afrikaans.
com het die volgende riglyne saamgestel om gesonde sportmanskap te kweek in spanverband of as ‘n individuele deelnemer.
• Respek. Behandel jou mededinger met die nodige respek en behou jou waardigheid wanneer jy verloor.
• Karakterbou. Sport bou karakter. Daarom is dit belangrik om dit te geniet en nie net ingestel te wees op die wen nie.
• Waardes. Goeie waardes bepaal hoe jy jou mededinger sal behandel.
• Reёls. Hou by die reёls van die spel. Die skeidsregter is daar om die spel te beoordeel en ordelik te laat verloop en daarom moet jy jou aan sy oordeel onderwerp.
• ‘n Tyd en ‘n plek vir alles. Kwessies (ten opsigte van die reёls of beslissings) wat dalk na afloop van die wedstryd bespreek moet word, moet op ‘n geskikte plek, tyd en platform geskied – nie in die openbaar nie.
• Gee die keiser wat hom toekom. Gun ander die sukses wat hulle toekom. Al wen jy of jou span nie, leer sportmanskap jou om regverdig op te tree.
• Teleurstelling. Sportmanskap leer ‘n mens om grootmoedig op te tree en om teleurstellings te verwerk.
• Uitdaging. Nie alles kom maklik nie.
Uitdagings is deel van die lewe en waar beter om daaroor te leer as op die sportveld.
• Onnodige druk. Soms is verwagtinge
onrealisties en word deelnemers onderwerp aan druk van ouers, medespanlede, onderwysers, afrigters en selfs die gemeenskap.
Dit is wanneer om ten alle koste te wen, ongeag die omstandighede, oordryf word en almal betrokke benadeel.
Gee erkenning.
Kinders wat goed en buitengewoon presteer, moet die nodige erkenning kry. Ons almal hou daarvan om op die skouer geklop te word. Dit gaan nie die kind ‘n grootkop gee nie.
Leer jou kind om sy vaardigheid met ander te deel.
Dit is belangrik om jou kind te leer om steeds ander in ag te neem wat dalk nie so goed presteer nie. Dalk kan hulle die minder vaardige leerders bystaan en sommer ekstra “punte” verdien – almal hou daarvan om deur die “sportheld” van die skool raakgesien te word.
Leer jou kind oor nederigheid en dankbaarheid.
Hy het nie alleen gekom waar hy is nie.
Moedig jou kind aan om die wenner geluk te wens.
Al is hy teleurgesteld, leer hy so ‘n belangrike lewensles oor hoe om teleurstelling te verwerk, op te staan, homself af te stof en weer te probeer.
Kweek só sportmanskap by jou kind
“’n Kind kan slegs ’n waardige wenner wees as hy geleer het hoe om ’n waardige verloorder te wees. Vra jouself af: Wil jy hê die kind moet ’n wenner of ’n aanpasbare, kreatiewe kind wees wat weet hoe om met ander
saam te werk?” – Wendy Maartens, skrywer. (In Vlermuis loop hom vas.
Wen is nie alles nie.)
• Stel self die voorbeeld.
Beteuel jou humeur en gedrag langs en op die sportveld.
• Lê klem op spangees en dat sport daar is om geniet te word.
• Leer jou kind dat nie almal altyd kan wen nie, maar dat wanneer jy of jou span verloor, dit as aansporing moet dien om harder te werk en te verbeter. ‘n Mens kan altyd iets by ander leer.
• Moenie ander blameer nie. So leer jou kind om verantwoordelikheid te aanvaar.
• Om te verloor is ‘n belangrike lewensles.
Jou kind moet van kleins af leer dat hy soms gaan verloor. Daarom is dit belangrik dat hy so nou en dan ‘n speletjie verloor (soos bordspel of kaarte) sodat jy hom kan help om dit reg te hanteer.
• Niemand hou van
‘n swak verloorder nie.
“As jou kind kwaad raak wanneer hy verloor, vra hoe hy sou voel as sy maat so teenoor hom sou optree.”
• Kweek ‘n gesonde selfbeeld by jou kind.
Hy hoef nie persoonlik verantwoordelik te voel vir sy span se spel nie. Boonop gee dit hom selfvertroue om deel te neem.
• Leer jou kind om eerstens teen homself mee te ding. Om sy eie talente te slyp en prestasies te verbeter.
• Leer jou kind dat as hy ten spyte van sy bes doen steeds verloor, dit goed genoeg is en hy beslis nie
‘n swakkeling is nie. Om betrokke te wees, is net so belangrik.
• Prys jou kind vir goeie spel, ongeag die uitslag.
Maar, beklemtoon ook dat almal soms foute maak.
• Help jou kind om sy talente te ontwikkel – dit hoef nie noodwendig op die sportveld te wees nie.
Fokus dus op sy sterk punte. Dalk is hy meer van
‘n kultuurkat en kom sy talent op die verhoog of kitaar in die hand, na vore.
(Foto:abc.net.au)
In Memoriam
Philip van den Berg, van Brits is skielik op 24 Julie, in die ouderdom van 50 jaar oorlede.
Hy word deur sy vrou Alta, sy seun Philip junior,
‘n kleindogter, Larochelle en sy tannie, Rika Jansen oorleef.
Die familie bedank almal vir hul ondersteuning en bystand.
‘n Spesiale woord van dank aan Dawie en Christine Rothmann vir hulle betrokkenheid.
Paultjie Hendriks, ‘n voormalige DA-raadslid, is op 21 Julie 2022 oorlede.
Sy kollegas wil hul innige meegevoel en simpatie teenoor Paultjie se familie gedurende die moeilike tyd, betuig.
“Ons gaan jou mis. Jy was ‘n legende. Ons salueer jou,”
sê Ronelle Gous, DA-
raadslid.
:$6.$6 :$66(5<
.RPEHVRHNRQVE\
)HQVNRUJHERX(ODQGVUDQGWXVVHQ .DIHHHQ%RWWHOVWRRU
216.20+$$/(1/(:(5
:((58:$6*2('$)
´2QVZDVHQVWU\NVRRVXVHOIVRXµ
The dynamic group of men at work in Merensky and Magalies Road in Elandsrand, not only cleaned up these streets, but they started repairing the huge potholes on the corner of these two streets. This is a joint initiative between cllr Eugene van der Schyff, Elandsrand Men’s Forum and Elandsrand Community Forum. According to cllr Van der Schyff there is also a notable involvement of residents who render their services voluntarily. “Together we are stronger and the difference more significant. Here are Jacob Mataba, Eugene van der Schyff, Abner Makobe, Gilbert Mokgotho, Gert Steenkamp, Steven Matala en Joël Duke.
ELANDSRAND CLEANING-PROJECT Men hard at work
Brits Pos-verkopers netjies en duidelik
BRITS POS – BRITS – Donderdae, douvoordag is die span koerantverkopers op hul pos om die Brits Pos vroeg op straat te kry en aan motoriste te verkoop.
Sedert verlede week is die manne elkeen “gepanster” met helder geel Brits Pos-beffies en op hul pos met kraakvars nuus.
Brits Pos word steeds vir net R3 verkoop en is ook aanlyn by www.britspos.co.za beskikbaar. Like Brits Pos se Facebookblad en kry die nuus soos dit breek op jou slimfoon of rekenaar.
‘n Paar van die bekende gesigte wat motoriste op straat sal herken is Lawrence, Thabo, Sam, Dan, Ruben, Joe en Hosea.
BRITS POS – BRITS – Die BlitzBokke se harde werk is Sondag, 31 Julie beloon, toe hulle Fiji met 31-7 in die finaal van die Statebond sewestoernooi afgeransel het.
Sean Williams het 11 van die 31 punte aangeteken (een van vyf drieë gedruk en drie doelskoppe tussen die pale deurgejaag).
Williams het sy kans, wat hy gekry het na Ronald Brown beseer is, behoorlik benut en dié vlugvoetige meester het telkens gewys dat afrigter Neil Powell maar op sy knoppie kan druk. ‘n Nederige Williams vertel dat hy nogal emosioneel voor die wedstryd, sy eerste Statebond-spele deelname was. “Ek is bevoorreg om deel van hierdie span te wees wat goud gewen het. Hy vertel verder dat hulle hard
geoefen het. “Ek is trots, nie net op die spelers wat hier kon deelneem nie, maar ook vir die wat nie vir hierdie toernooi gekies was nie. Ons sal ons ondervinding een toernooi op ‘n slag verder neem, maar die bande wat gesmee is, is baie spesiaal. Dankie vir elke ondersteuner wat in ons vermoë bly glo,” sluit Williams af. (Teen druktyd was die span op pad huis toe en gereed om vir die komende kampioenskappe – die HSCB Wêreld- sewesrugbykampioenskap in Los Angeles (VSA) en die Rugby Wêreld- seweskampioenskap in Kaapstad in Desember, voor te berei. Baie geluk aan Neil Powell, die hoofafrigter van die BlitzBokke en sy span.
Ons eie BlitzBok
BlitzBok Shaun Williams (tweede van links) hou die landsvlag vas nadat die BlitzBokke vir Fiji oortuigend met 31-7 in die finaal van die Statebond-
sewesrugbytoernooi geklop het en met goue medaljes beloon is. (Foto:
BlitzBokke Facebookblad)
Thugs murder innocent pedestrian
BRITS POS – BRITS - A security guard at the Department of Public Works in Hendrik Verwoerd Avenue, Brits on Friday, 29 July, saw a pedestrian being approached by three men. In an instant a shot was fired and the victim fell to the ground. The suspects robbed him of all his personal belongings and then fled the scene on foot.
When the Emergency Services arrived, the victim was certified dead as he was shot at point-blank range in the chest. A murder case was registered at Brits police station. “No arrests have been made, says SAPS
Northwest spokesperson, Captain Aafje Botma, “and anyone with information can contact the Investigating Officer at SAPS Brits, Sgt Hosea Sebatjane on
072 224 6805.”
(Image: Fox32)
Four suspects beat man to
death
BRITS POS – LETLHABILE - An anonymous caller contacted the Letlhabile police station on Tuesday, 26 July saying that a man was lying next to a public road and it is uncertain whether he was still alive.
(Image: en.wikipedia.com)
Thieves loot copper cable at mine
When police arrived on the scene, a witness told them that the beating of the man by four people started around 02:35 and he requested them to stop, but they carried on. The victim was found with extensive injuries to his head and back and visible bruises all over his body and was certified dead by the local Emergency
Services. A murder case was registered at Letlhabile police station.
According to SAPS Northwest spokesperson, Captain Aafje Botma, no arrests have yet been made, but anyone with information is requested to contact the Investigating Officer, Sergeant Julius Nkgoeng at 076 129 3139.
BRITS POS – BOKFONTEIN - While performing his plant inspections at Windsor mine, Bokfontein on Tuesday, 26 July around 23:10, five armed suspects pounced on him, held him at gunpoint, took him to the duty room and tied him up with his shoelaces.
The suspects took his cellphones and cut electrical copper cable. Police and the victim’s supervisor arrived on the scene, but the suspects escaped on foot with the copper cable, worth thousands of rand.
A business robbery case was registered
at Brits Police Station. “No arrests have been made,” says Captain Aafje Botma, but any community members with information that could assist in the case are requested to contact the Investigation Officer at Brits Police Station, Sgt Hosea Sebatjane on 072 224 6805.”
(Photo: toughnickel.com)
BRITS POS – LETLHABILE - Police in Letlhabile are investigating cases of murder and an Inquest docket after a man (30) allegedly stabbed his 70-year- old grandmother, Elsie Matlhasedi, to death on Monday, 1 August. The incident happened at Tambo Section, in Maboloka village outside Letlhabile near Brits.
“According to information, Elsie’s son found the lifeless body of his mother lying in a pool of blood at their home and his nephew was standing next to her with a knife,” says Lt Col Amanda Funani, SAPS Northwest spokesperson. “The uncle then called the police and the suspect, who allegedly stabbed his granny multiple times, fled the scene. The suspect allegedly stabbed himself with a knife and eventually fell on the ground in a bushy area while being chased by the uncle and the motive for the killing is still unknown,” Lt Col Funani concludes.
The Provincial Commissioner of North West, Lieutenant General Sello Kwena condemns the incident and conveyed his heartfelt condolences to the family.
BRITS – HEBRON - A female resident of Itereleng Section, Kgbalatsane in the Hebron policing area received a phone call informing her that a suspect was found inside her house and, in what seems to be mob justice, was physically attacked.
The alleged suspect was taken to the Odi Hospital, Mabopane and a case of Assault (GBH) was registered at the Hebron police station. The alleged suspect later passed away in hospital and a case of murder was registered at SAPS Mabopane, and the docket then transferred to Hebron police station.
“Kenneth Sebeelo (41) was arrested on Wednesday, 27 July 2022 and appeared in court,” says SAPS Northwest spokesperson, Capt Aafje Botma, “but is remanded in custody and appeared again yesterday, Wednesday, 3 August 2022.”
BRITS POS – HEBRON - An on-duty Metro police officer (59), stopped in his official vehicle at Matshelapata Section, Hebron on Saturday, 30 July around 01:45 when he was suddenly approached by four men and held at gunpoint and robbed of two cellphones, cash and his service pistol.
The victim was taken to a bushy area in Kgabalatsane where suspects stripped the dashboard to remove the tracking device. They drove the victim to a bushy area in Oskraal, but then returned to Kgabalatsane where he was left.
“No arrest has yet been made,” says Captain Aafje Botma, SAPS Northwest spokesperson “and contact the Investigating Officer, Sgt Mahlule at SAPS Hebron on 082 687 1682 should you have information on the case.”
(Image: depositphotos.com)
Grandchild allegedly stabs
grandmother to death
Metro Police
Officer carjacked and kidnapped
(Photo: enca.com)
Alleged mob
justice leads to
suspect’s death
BRITS POS – BRITS - Pest Control Specialists Brits is deel van The Specialist Franchise Holdings. The Specialist Holdings bestaan al 45 jaar.
Pest Control Specialists Brits, behoort aan Heini Erasmus en diens al die Brits, Hartbeespoort, Skeerpoort en omliggende areas reeds die afgelope 12 jaar.
Pest Control Specialists Brits, het geregistreerde en opgeleide operateurs en is deel van SAPCA (South African Pest Control Association).
Geen oor-die-toonbank chemikalieë word gebruik nie en HACCP (Hazard Analysis Critical Control Point), ‘n voedselveiligheid bestuurstelsel met hoogstaande standaarde, word gevolg.
Kontak hul vandag vir enige plaagbeheerder (rotte, kokkerotte, miere, weerluise, ens.), onkruidbeheer, termietbehandeling en ook sanitasie op 012 252 0255 of e-pos hul by admin@pestcontrolbrits.
co.za
Ondersteun
plaagbeheerspesialis
BRITS POS – HARTBEESPOORT - Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het in Julie randstene rondom Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en padmerkers by vyf kruisings geverf en 10-liter swart padverf en 10-liter wit padverf is gebruik.
“Die padmerkers en randstene in Hartbeespoort het al met die jare begin verweer en AfriForum se Harties-tak het besluit om inisiatief te neem en dit self oor te verf,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.
Die tak het ook met die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit vergader om die verf van die padmerkers te bespreek en AfriForum bedank dié munisipaliteit wat binne ’n week daarna begin het om die oorblywende padmerkers te verf.
Harde werk lê nog in Hartbeespoort voor en dié tak sal aanhou om sulke projekte volhoubaar te dryf. Skakel Dennis Webster van AfriForum se Hartbeespoort-tak indien jy ook betrokke wil raak - 082 435 5636.
AfriForum se Hartbeespoort-tak
verf randstene
AfriForum-lede en helpers hard aan die werk om die
#OnsDorp-projek in Hartbeespoort uit te voer. (Foto verskaf)
#OnsDorp-projek
BRITS POS – BRITS - Hier is ‘n wonderlike geleentheid vir kinders om in hulle aftyd ‘n slag die natuur te ervaar en te leer hoe om uit te reik na ons viervoetvriende by die plaaslike Hearts of Compassion.
Verlig ons viervoetvriende se nood só
Die staatmaker-maats in aksie.
Annelie Groenewald en Christine Oberholtzer is twee gedugte ondersteuners van Hearts of Compassion wat plantjies plant en verkoop teen weggee pryse van R10 tot R20. Dit gaan alles vir Hearts of Compassion se kosprojek vir behoeftiges en hul diere. Annelie bied aan om jou kind op ‘n Saterdagmiddag of gedurende die skoolvakansie te leer oor plante, grond en hoe om met die natuur saam te werk en dit alles vir ‘n goeie doel.
Enige oorbodige plante, potte, plastiese blompotbakkies is baie welkom – ondersteun hulle gerus. Kontak vir Annelie op 072 612 7432 indien jy meer wil weet. Sy is in die De Kroon/
Multiplant-omgewing geleë.
Luré, Linke en Jay-den, die eerste maats wat reeds plantjies geplant en afgegee het. Dankie aan Adel Breytenbach vir die skenking van twee bakke vol plantjies. Die eerste 50kg hondekos is reeds gekoop!
BRITS POS – BRITS – The Happily Hitched competition, where you stand a chance to win R10 000, closes on 31 August 2022 – hurry up and enter today!
If you were married from 1 January 2020 to 30 June 2022, reside, work or got married within the physical distribution area of the newspaper and are still married you can entre for this competition.
You can enter your photo for only one of the Northwest Newspaper Group’s publications.
They are: Rustenburg Herald, Brits Pos, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander and Gemsbok.
A single entry costs R66-00 (VAT incl), but you can enter as many times as you like - each one at R66.
To enter, or for more information go to our website at http://www.
northwestnewspapers.co.za/ or visit Brits Pos in Ludorf street 50, Brits for an entry form.
Vrouedag 2022
wens al ons
vrouelesers ‘n geseënde Vrouedag, Dinsdag,
9 Augustus toe.
Brits Pos
HAPPILY HITCHED COMPETITION
(Photo: brainparking.com)
Hurry up and enter your wedding photo
BRITS POS – BRITS/HARTBEESPOORT - Bedryf jy ‘n eenmansaak in die fisiese verspreidingsgebied van die Brits Pos?
Ons kan help met advertensietariewe wat nét op kleiner ondernemings van toepassing is. Kontak een van ons advertensieverteenwoordigers om meer hieroor uit te vind. Suzelle van Deventer – 083 255 7533, e-pos:
[email protected] of Gerald Bothma – 082 262 3434, gerald@
britspos1.co.za.
* Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings uit.
Adverteer jou eenmansaak nou!
BRITS POS
PAGE 6 20 MAY 2022
Brits Pos offers really low advertising costs to boost the local small businesses and sole proprietors like restaurants, hair, nail and beauty studios, home businesses, sweetie and biltong shops, florists, mechanical repairs and car wash businesses, to name but a few – the sky’s the limit. Many towns are hurting
NOT-TO-BE-MISSED OPPORTUNITY Boost your small business with our special offer
due to the legacy of Covid, but by supporting the heart of our community, Brits Pos attempts to make a difference to advertisers of our local businesses and help them to grow and to ultimately also grow our community to buy local.
BRITS POS – BRITS – Volgens inligting van die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan daar aangename sonskynweer, met temperatuur van tot 27ºC, die naweek verwag word.
Vroeër die week was maar baie koel met die maksimum temperatuur in die omgewing van 18ºC, maar die weerkenners sê dat die Atlantiese Hoogdruk vanuit die suidweste oor die land inskuif met mooiweer. Buiten ‘n paar los reënbuitjies op die KwaZulu-Natal noordkus, kan ons hier in Noordwes (Brits/Hartbeespoort) mooiweer verwag.
Soos wat ons nou in die laaste maand van die winter inbeweeg, sal die son ook vroeër opkom en later sak.
Die departement van waterwese in Hartbeespoort, het terugvoering oor die nuutste statistiek van damstande in die omgewing uitgereik en bevestig dat die meeste damme in die omgewing se watervlak konstant gebly het.
Damstande soos op 1 Augustus gemeet is:
Jou
inskrywing
kan wen
(Beeld:canstockphoto.com)
BRITS POS – BRITS – Dit is weer sulke tyd – skryf nou in vir ons weeklikse Blokraai- en Sudoku-kompetisies en hou volgende week se uitgawe dop, jy kan ‘n wenner wees.
Die vorige week se oplossings word elke week gepubliseer.
Skryf selfs direk aanlyn op ons webwerf in by www.
northwestnewspapers.co.za/britspos/
Die wenner van Blokraai 29-07 is A Prinsloo van Brits en L Du Preez, ook van Brits is die wenner van Sudoku #673.
Geluk! Kom haal jou prysgeld van R100 by ons kantoor in Ludorfstraat 50, Brits af en onthou om jou ID of bestuurderlisensie vir verifikasie saam te bring. Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet die inskryfvorm ook volledig met jou adres en volle ID-nommer ingevul word.
Mooiweer word die naweek verwag
Roodekopjesdam is ‘n betongravitasie-tipe dam, geleë in die Krokodilrivier en is in 1986 gebou. Die dam is nie net ‘n hengelparadys nie, maar ook die tuiste van tientalle voëlsoorte. (Foto: Facebook)
Hartbeespoort 98,7%
Bon Accord 105,7%
Olifantsnek 78,3%
Rietvlei 96,6%
Buffelspoort 100,5%
Bospoort 101,7%
Lindleyspoort 68,4%
Roodeplaat 100,5%
Koster 50,4%
Klipvoor 100,7%
Swartruggens 101,6%
Vaalkop 90%
Roodekopjes 100%
Klein Maricopoort 51,89 Molatedi 44,1%
Sehujwane 89,2%
Madikwe 53,3%
Mokolo 100,6%
20 DIERE ANIMALS
17A VERVOER TRANSPORT
17
VOERTUIE TE KOOP VEHICLES FOR SALE
16 TE KOOP GEVRA
WANTED 15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE
15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE
14A
BESIGHEIDSPERSELE TE HUUR BUSINESS PREMISES TO LET
10 HUISE TE KOOP HOUSES FOR SALE
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET 3
BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED
2
BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT
1 PERSOONLIK
PERSONAL
Hofi egids Heading Key
1. PERSOONLIK PERSONAL 1a. IN MEMORIAM 1b. DOODSBERIGTE
DEATH NOTICES 2. BETREKKINGS
SITUATIONS VACANT 3. BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED 4. GELD EN LENINGS
MONEY & LOANS 5. HUISE TE HUUR
HOUSES TO LET 6. WOONSTELLE TE HUUR
FLATS TO LET 7. PLOTTE EN PLASE TE HUUR
PLOTS AND FARMS FOR HIRE 8. ALGEMEEN TE HUUR
GENERAL FOR HIRE 8a. AKKOMMODASIE ACCOMMODATION 9. TE HUUR GEVRA
WANTED TO HIRE 10. HUISE TE KOOP
HOUSES FOR SALE 11. WOONSTELLE TE KOOP
FLATS FOR SALE 12. ERWE TE KOOP
STANDS FOR SALE 13. PLOTTE EN PLASE TE KOOP
PLOTS AND FARMS FOR SALE 14. BESIGHEDE TE KOOP
BUSINESSES FOR SALE 15. ALGEMEEN TE KOOP
MISC. SALES 15a. ONDER R50/UNDER R50 16. TE KOOP GEVRA/WANTED 17. VOERTUIE TE KOOP
VEHICLES FOR SALE 17a. VERVOER TRANSPORT
18. TREKKERS EN IMPLEMENTE TRACTORS AND IMPLEMENTS 19. WOONWAENS/CARAVANS 20. DIERE/ANIMALS 21. TE RUIL/TO SWOP 22. VERLORE/LOST 23. SPESIALE DIENSTE
SPECIAL SERVICES 24. VAKANSIEOORDE
HOLIDAY RESORTS 25. KENNISGEWINGS/NOTICES 26. TENDERS
27. TE LAAT VIR KLASSIFIKASIE TOO LATE FOR CLASSIFICATION.
WARNING
ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:
• Loans and fi nancing
• Hire purchase problems / Transfer of installments
• Business opportunities
• Investments
• The fi lling of envelopes
• Work at home
• Earn extra money
• Business propositions
• Part-time work PROHIBITED:
Use of the following words in abovementioned
advertisements are prohibited:
*No Credit Checks required
*Blacklisted clients welcome
*Free Credit etc.
MUST contain the following information in
the advertisement:
Telephone number Street address Name of person and/or
business.
These are the requirements and NO exceptions will be made.
All advertisements are placed with the approval
of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.
However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they
are doing business.
Wenke vir Geklassifi seerde
Advertensies
1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Brits Pos kom.
2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonderhede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.
3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1.60 per woord + 4. Bring u advertensies BTW.
vroegtydig.
Sluitingstyd is Dinsdae 17:00.
Te laat vir klassifi kasie tot Woensdae 9:00.
5. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.
** Brits Pos is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Brits Pos verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Brits Pos vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Brits Pos sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.
** Brits Pos is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Brits Pos is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Brits Pos. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.
ACCOUNTING! Let K’s Ac- counting Services HELP you with TAX, Returns, VAT, Ac- counting. Contact us 079 881 3343/www.kaccounting.com ---Website 5/8
GERRIE Hartzenberg Reken- meesters wag aansoeke in vir Junior Rekenmeester Klerke.
Rekeningkunde en Wiskunde as vakke is ‘n vereiste. Stuur asb jou CV na info@ghartzenberg.
com
---170003 5/8-19/8
MAMSI 079 855 1998, 063 662 7649. Domestic work, creché, cashier, baby sitting.
---169819 15/7-5/8 ELIZABETH huiswerk, cleaning, office-cleaning, childming, any job 076 797 6924.
---169869 15/7-5/8 ELISA huiswerk, creché, nanny, offices-cleaning, 071 172 1869.
---169822 15/7-5/8 NANIKA Moche 063 139 9830.
Domestic work, nanny, cleaning, waittress.
---169823 15/7-5/8 KATE Mashigo Cell no 071 674 1568. Domestic, office cleaner, hospital, any job.
--- 169877 22/7-12/8 REBECCA huiswerk, oumense oppas, skoon maak, nanny, mooi werk. 073 675 0556.
--- 169829 22/7-12/8 FRANCINAH huiswerk, inslaap of uitslaap. 10 Jaar ondervind- ing. Ref. 082 940 0644, 071 372 6358.
--- 169828 22/7-12/8 PAUL Lebeloane soek bestuur- werk Kode 14 met PdP. Goeie verwysing. 6 Jaar ondervinding.
072 123 3960.
--- 169876 22/7-12/8 DRIVER: Henry. Code 14 (EC).
Code 02 (A). Cell no 079 628 3880.
--- 169835 29/7-19/8 JULIA Maseko looking for do- mestic work, 5 days a week. 071 155 0824.
---169847 5/8-12/8 ESTER soek huiswerk. Uitslaap, kan mooi werk, kinders oppas.
073 079 8137.
---170014 5/8-26/8 MARGRET 079 462 2290. Hu- iswerk, nanny, creche, child care any job.
---169843 5/8-26/8 FRANCINAH huiswerk, inslaap of uitslaap, Maandag tot Vrydag.
072 303 4401.
---170010 5/8-26/8 MARY huiswerk, was, stryk, skoonmaak. 060 755 6701/ 064 786 4210.
---170009 5/8-26/8 ISAAC Pheko. Construction, garden any job. Painting, ceiling, farmwork any job. 064 047 0910.
---170007 5/8-26/8 MAGARETT domestic, teagirl, office cleaner, care giver, secu- rity. 071 369 6076.
---169841 5/8-18/8
5 HUISE TE HUUR HOUSES TO LET
LOVELY furnished 2 bedroom cottages to rent on a small holding outside Hartbeespoort (2 bedrooms, 1 full bathroom, lounge, fully fitted kitchen, dining area, own patio and communal braai area), Rent: R5 500 p.m.
and water and electricity R1 500 p.m. Antonio 064 844 0041, 076 911 0150.
--- 170006 5/8 3 HUISE en rondawel, huis te huur by Mamogalieskraal. 3 Slaapkamer met kombuis, toilet en badkamer. Skakel 064 517 3769 of 061 514 8246.
---142502 5/8-26/8 PIETER. Huise gesoek vir kop- ers vanaf R1m - R1,5m. Skakel Pieter 083 458 3888.
--- 170011 5/8
1 X SLAAPKAMER woonstel te huur op Bokfontein R3500 per maand. Skakel 082 772 6878.
--- 169845 5/8 1 SLPK bachelor woonstel beskikbaar met eie ingang en onderdak parkering. Prepaid krag, gas geyser en gas stoof.
Beskikbaar 1 September 2022 R5000p.m. Kontak John 073 639 1193.
--- 169846 5/8 MAMOGALIESKRAAL. 1 Slpk, woonstel, veiligheids omhein- ing, onmiddellik beskikbaar R3000 per maand 082 750 6958/ 082 750 6958.
--- 170001 5/8-12/8 1 SLAAPKAMER woonstel beskikbaar. Sentraal Brits. De- posito R3500, Huur R3500, Prepaid krag, water addisioneel.
Kontak 012 252 4315 kan- toorure 08:00-13:00 Maandag- Vrydag.
--- Website 5/8
KAMERS te huur. Gemeubi- leerde enkel- en dubbelkamers.
Veilig en sentraal geleë. Kom- buis, swembad, parkering, baie ekstras. Skakel 079 898 2925.
--- 169741 8/7-5/8
1. GROOT woning Brits sentraal ideaal vir kleuterskool, besig- heid R950 000. 2. Brits Sentraal 3 slpk woning + aparte woon- stel R1,2m. 3. Groot 4 slpk dub badkamers + dub garage R950 000. 4. Prag 2 slpk meenthuis in gewilde kompleks R650 000.
Pieter 083 458 3888.
--- 170012 5/8
GEMENGDE kommersiële ge- boue en store van verskeie groottes asook kantore te huur teen billike pryse. Skakel ons gerus by 082 804 9435 / 082 780 3926 of 076 315 8429.
--- 170008 5/8-2/9 WINKEL/Fabriek - Brits Sen- traal. Netjiese werkswinkel on- geveer 500 m2 sentraal geleë in dorp. Onmiddellik beskikbaar.
Huur: R12 000 p.m. plus btw.
Skakel: Willie Stander: 082 490 3297. Kantoor 012 252 2778.
--- 167546 11/2 AC/TC
SOEK grond ±15ha lande, nie turf nie. Agente welkom. 072 183 5249.
---169722 17/6-12/8
PARK & sell Elandsrand need vehicles, parking for “20” very secure “good spot” get your price. 072 281 3281.
--- 170013 5/8-12/8
BAKKIE with trailer (cattle) for hire. Simon 081 000 4190.
---169833 29/7-28/8
FREE semi tame kittens 4 phone Paul 083 414 5160.
---Website 5/8 ONS verwyder gratis karkasse van beeste of perde wat op u plaas gevrek het waarna die beesvelle binne 24-uur weer by die park deur u gehaal kan word. Skakel Hartbeespoort Slang- en Diere park. Dag 012 253 1162, n.u. 082 781 8499 ---921 25/7-24/12 AC/TC ROTTWEILER hondjies te koop. Pragtige hondjies. Kon- taknr. 065 665 1052.
---142501 29/7-5/8
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
SOJA bale te koop teen R25 per baal. Jaco 069 426 5602.
--- 169871 15/7-2/9 STAALSTOOR. 18m x 30m x 6m. Bokfontein. 082 754 7466 Hennie.
--- 169837 29/7-5/8 SOYA bales for sale. Square
@ 20, Round @ 200. 082 772 9128, 082 903 1976.
--- 170002 5/8-26/8
KLEIN trailer met twee deksels R8,000. (Padwaardig). Tel no 083 748 2495.
--- 169840 5/8-12/8 LUSERN bale te koop. R60.00 per baal. Kontak 082 484 3655.
---Website 5/8 CRAFT beverage for sale, Gin Cinnamon bomb and cream Liqueur, contact Paul 083 414 5160.
---Website 5/8
SPRINGBOK Blinds & Carpets.
Verskaffers/Vervaardigers van
‘‘vertical’’ en venetian blinds. Vir gratis kwotasies René 012 252 2945. Na verkope-diens. Henry 082 878 1883.
--- 72439 AC/TC VULLISVERWYDERING - Weekliks asook bome, takke en rommel. Billike pryse. Tel: 012- 257-6335 k.u. of 083-653-0874 Nols Jacobs
--- 27/9 AC/TC ALLE staalwerk & algemene bouwerk & plaveisel. 084 077 2770.
---169739 1/7-26/8 EGSKEIDINGS: Vir egskeidings kontak Jaco Joubert Prokureurs Telno: 079 526 5736 / 012 252 7564/5, Van Veldenstraat 41, Brits // Divorce: for divorces contact Jaco Joubert Attorneys Telno: 079 526 5736 / 012 252 6959, 41 Van Velden Street, Brits.
---169866 15/7-5/8 WENDY House. 2.4 x 2.4 = R4,900. 2.3 x 2.3 = R4,900. 3 x 3 = R6,500. 3 x4 = R7,200. 3 x 5 = R8,900. 3 x 6 = R9,500. 4 x 6 = R15,500. We do all sizes big or small, more information Whatsapp 079 135 8138, 072- 472-2067.
--- 170015 5/8 FOR all your building work, al- terations and paving. Gys 071 605 6378.
---169864 8/7-26/8 STAALWERK vir alle afdakke en heinings. Kleur fencing. 071 605 6378.
---169864 8/7-26/8 PAVING - Lê van paving en her- stel. Opsit van palissade. 071 605 6378.
---169864 8/7-26/8 BOUWERK paving, plastering, plumbing, groot bouwerk. Abel 081 067 0217, 076 984 6339.
---170005 5/8-26/8 CLOVIS Pheko. Construction, garden, any job, paving, paint- ing. 078 039 8022.
---169842 5/8-26/8 MULRED Electrical. Installa- tions/ maintenance/ DB boards/
generators. Gerhardt 083 265 9053.
---169844 5/8-12/8 SANDBLASTING Big or Small Contact nr 082 484 3655.
---Website 5/8 ELECTRICAL certificate of compliance for house contact Paul Bekker 083 414 5160.
---Website 5/8
NOTICE IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF MADIBENG HELD AT BRITS. CASE NO; 2920/2021. In the matter between: BODY CORPORATE OF MARINE ISLANDS Execution Creditor and M MONAMA Execution Debtor. NOTICE OF SALE IN EXECUTION. Kindly take notice that in pursuance of a judgement of the Magistrate’s Court Madibeng dated 15 March 2022, the under- mentioned goods will be sold by public auction on 23 August 2022 at 11h00 at the Office of the Sheriff, 62 Ludorf Street, Brits to the highest bidder: 1 X Golf Cart, registration: ORATILE M GP. DATED at BRITS on the 28th day of July 2022. (Sgd) Plaintiff’s Attorneys.
Claassen - De Wet Attorneys. c/o Van Rhyn Attorneys. Wetca Build- ing. 41 Van Velden Street, Brits Tel: 082 376 4248 E-Mail: vanrhyn- [email protected] Ref: CLA003
--- K1 5/8
Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Rustenburg
Vacancies Vakatur
es
BRITS POS – BRITS – Lika, ‘n bruin worshondjie, wat haweloos gelaat is nadat haar eienaars in ‘n noodlottige ongeluk was, is deur die personeel van Hearts of Compassion versorg totdat sy deur liefdevolle mense aangeneem is.
Lika nou dolgelukkig
Maar haar reis was angswekkend: “My naam is Lika, ek het ‘n baie lekker huis, met ‘n liefelike mens-pappa, -mamma en –sussie gehad.
“Eendag het hulle in die motor weggery, net mens-pappa het teruggekom en baie gehuil. Vreemde mense in die huis het gepraat van ‘n ongeluk. Later het almal verdwyn. Ek het so baie na my mense
verlang, maar almal het my weggestoot.
“Die hond moet weggevat word, was al wat ek gehoor het. Ek was baie alleen en bang. Na twee maande van angs het tannies my kom haal. Ek was baie verward en ontsteld. Waar sal my mense my kry as ek van die huis af weggaan?
“Hulle het my in ‘n hok gesit in ‘n plek wat baie snaaks ruik. Ek het geslaap en
wakker geword en my magie was baie seer.
Hulle het gesê as niemand my wil hê nie, moet ek na ‘n shelter gaan.”
“Ek het so groot geskrik. Daardie nag in die hok het ek baie hard gehuil sodat my mense my kon hoor en my kom haal.
Ek was so bang. My hele lyfie het geruk en gebewe en ek was so hartseer oor hulle my nie kom haal het nie. Ek het besluit om maar liewers my ogies vir altyd toe te maak, want ek wou nie verder lewe nie.
“Die volgende oggend het sagte oë en sagte hande my uit die hok gehaal en styf teen die bors vasgedruk. Dit het amper soos my mamma geruik. Terwyl ek die trane van haar wang afgelek het, het ek haar hart hoor fluister. Jy is nou veilig, kleinding.
“My hartjie het van opgewondenheid vinniger geklop en ek het opgehou bewe
en my magie was nie meer seer nie. Ek het gehoop dis ‘n mens-mamma wat vir my lief wil wees.
“Ek hoor mense sê ek het met my boude in die botter geval. Al wat ek weet is dat ek net soveel liefde kry as wat ek gee en ek word soos ‘n prinses deur my mens- mamma en –pappa behandel. Sy soen my so baie en dit is so lekker. Daar is ook ‘n mens-boetie wat baie lief is vir my en ek vir hom. Hy wil my net altyd na sy huis toe vat.”
Baie dankie aan Hearts of Compassion wat hulle oor Lika ontferm het. Dankie aan Brits Dierekliniek vir die sterilisasie.
Dankie aan Cassie en Annelie Groenewald en Christine Oberholtzer wat sorg dat sy ‘n oorvloed liefde en aandag tot in die lengte van haar dae sal kry.
Verskrik! Die dag toe Lika deur die personeel van Hearts of Compassion gered is.
Tevrede en gelukkig. In haar nuwe huis word Lika in ‘n snoesige kombers van liefde toegevou.
Laerskool Brits se slimkoppe
BRITS POS – BRITS – Leerders van Laerskool Brits wat gedurende die tweede skoolkwartaal akademies presteer het, is onlangs elkeen met ‘n Top 10-toekenning vereer.
Gr.4: Agter: Daniël Ras, Melanie Zeelie, Renette Kruger, Jozelle Repsold, Zander Claassen, Marco Greyling en Carli Perth. Voor: Mija Bayer, Jeanne Fourie, Kaylin Janse van Rensburg, Migael du Preez en Danica Kruger.
Gr.6: Agter: Xavier Richter, Drikus Fourie, Julandri Zeelie, Danielle Fensham en Ané Krüger. Voor: Lisa Möller, Marine Werner, Hadassah van Zyl, Jana Werner en Monya van der Merwe.
Gr.5: Agter: Johann Terblanche, Ewan Terblanche, Marliné Hills, Lida-né Barnard en Nanette Piater. Voor: Divan Werner, Sias Fourie, Johan Möller, Luca Otto en Rihannica Schutte.
Gr.7: Agter: Anri Piater, Elanri Herholdt, Maderie Maritz, Dhuné du Toit en Janco Jacobs. Voor: Leila Terblanche, Lucian Greyling, Danica Labuschagne, Lian Claassen en Hanje Burger.
Kontaknommers van sportklubs
BRITS POS - BRITS -
Sportgeesdriftiges in die omgewing wat dit oorweeg om vanjaar ‘n nuwe sportsoort aan te durf, sal dié lys van kontaknommers handig kan gebruik.
Indien daar klubs is wat nie gelys is nie, die skakelbeamptes van die klubs hul nuutste kontakbesonderhede aan Brits Pos deurgee. Stuur gerus
‘n epos na [email protected] of stuur ‘n Whatsapp na 072 151 2772.
Academy for Horsemanship:
076 090 7932.
Amanzi Marathonklub:
082 924 7204.
Bosveld Karate Akademie:
082 940 5025.
Brits Gimnastiekklub: 083 663 9636.
Brits Katanas: 082 855 3793.
Brits Krieketklub: 079 753 8637.
Brits Rugbyklub: 083 383 6681.
Brits Posduifklub: 082 564 0918.
Brits Rolbalklub: 082 496 7216 Brits Vliegklub: 071 444 0928.
Finns Swem Akademie:
082 779 1837.
Four Seasons Gholfklub:
087 150 1888.
Hartbeespoort Fietsryklub:
072 726 6380
Harties Reflection Swemklub:
083 556 0429.
Herdenkingsritte: 071 429 1259.
Illusions Gimnastiekklub:
083 235 6140.
Jukskei-klub: 083 273 9784.
Ringbalklub: 083 630 3494.
Wolverines Rugbyklub:
082 497 3849
(Beeld: Facebook)
Duiwe word al hoe fikser
BRITS POS – BRITS – Met die duiweseisoen nou goed op dreef, is die “marathon-atlete” van Brits Posduifklub besig om top fiks te word.
Die duiwe het die naweek vanaf Aliwal-Noord, op die oewer van die Oranje-rivier in die Oos-Kaap gevlieg.
Hulle is Saterdagoggend, 30 Julie losgelaat om die langpad van 573km terug huis toe te vlieg.
Kitty Janse van Rensburg, woordvoerder van die klub sê dat die duiwe in die Ope 2-wedvlug om 07:20 gelos is
en die eerste duif van Hendrik Breytenbach (Silverado A) het om 15:35 geklok. Die duiwe in die Ope 1-wedvlug is
‘n halfuur later, om 07:50 gelos en Jan Breedt se eerste duif het om 15:57 geklok.
Dié wenduiwe het onderskeidelik die Ope 1-wedvlug teen 1136mpm (68.16km/h) en Ope 2-wedvlug teen
1157mpm (69.42km/h) gevlieg.
Uitslae soos van die klub ontvang is:
Ope 1: Silverado A (1), Gerrie Maritz (2, 17, 22, 28, 29, 37 en 38), Frans Alers (3, 11, 19, 20, 31 en 36), JB Lofts B (4 en 16), Louwtjie Fourie A (5, 12, 13, 24, 34 en 40), JB Lofts A (6, 8, 14, 15, 23, 25 en 32), Conradie
& GJT (7, 8, 19, 26, 30, 35 en 39) en Bossie Boshoff (27 en 33).
Ope 2: JB Lofts A (1, 2, 3, 5, 11, 12, 21, 24, 25, 28 en 34), Conradie & GJT (4, 17, 19, 23, 31, 37 en 39), Louwtjie Fourie A (5, 15, 27 en 35), Gerrie Maritz (7, 8, 9, 28, 33, 38 en 40), Frans Alers (10, 13, 14, 16, 18,
22 en 32), Louwtjie Fourie B (20), JB Lofts B (30) en Bossie Boshoff (36).
Vir meer inligting oor Brits Posduifklub, skakel Kitty Janse van Rensburg by 082 564 0918.
Hendrik Breytenbach van Brits Posduifklub met sy wenduif in die Ope 2-wedvlug vanaf
Aliwal-Noord.
Die o.9-skaakspan van Laerskool Brits het tydens die onlangse Skole Skaak-liga puik presteer en algeheel eerste uit 12 skole geëindig.
Die liga het by die Hoërskool Grenville, in Rustenburg plaasgevind.
Agter: Milan Pelser (bordwenner), Ewald Esterhuizen, Bernard Terblanche (bordwenner) en Dylan Gouws. Voor: Jurgens Grobler, Elbeth Bekker en Mieke Jansen.
Skaakmat vir spelers!
Na afloop van verskeie prestasies wat die ruiters van Hoërskool Brits, individueel tydens kompetisies behaal het, is hulle vir die Noordwes- ruiterkunsspan gekies. Rouché Coetzee, Roané Stander, Shani Otto, Leané Meyer, Alwenise Conradie en Duncan Mouton.
Ruiters in provinsiale-span
BRITS POS – BRITS – Hokkiespelers van Hoërskool Brits het die seisoen op ‘n hoë noot, tydens die Noordvaal- uitspele vanaf 28 tot 31 Julie, afgesluit.
Die spelers van die onderskeie spanne het hokkie van hoogstaande gehalte gespeel en na afloop van die finale ronde is Brits se o.14’s as wenners en die 1stes as naaswenners in die Noordvaal-reeks gekroon. Die o.15’s beklee die vierde plek en die o.16’s die vyfde plek in dié reeks.
Een van die spelers wat die ooggevang het, is Caitlyn Smith (o.16) wat as die Top goal scorer van die toernooi, met ‘n toernooi-totaal van 17 doele, aangewys is.
Uitslae:
O.14: Poel-wedstryde – Brits wen Hatfield Christian School 8-0, Brits wen Delmas 8-3, Brits wen Florida 12-0. Kwartfinaal – Brits wen Curro Hazeldean 7-0. Semi-finaal - Brits wen Curro Nelspruit 1-0, Finaal – Brits wen Hoogenhout 2-0.
1ste: Poel-wedstryde – Brits wen Randburg 3-1, Delmas wen Brits 2-1.
Kwartfinaal – Brits wen Nylstroom 3-2.
Semi-finaal – Brits wen Dinamika 3-2.
Finaal – Volksrust wen Brits 1-0
O.15: Poel-wedstryde - Brits 0-0 Erasmus, Brits wen Heidelberg 3-1, Brits wen Randburg
3-1. Kwartfinaal – Brits wen Louis Trichardt 1-0. Semi-finaal – Brandwag wen Brits 5-1. Finaal – Hoogenhout wen Brits 2-0.
O.16: Poel-wedstryde – Brits wen Wonderboom 6-1, Brits wen Driehoek 7-0 en Brits wen Curro Nelspruit 7-0.
Kwartfinaal – Lydenburg wen Brits 5-2.
Hoërskool Brits se o.14-hokkiespelers is as Noordvaal-wenners gekroon. Agter: Elizabeth Hurn, Liah de Wet, Leanzé van Rooyen, Miné Stander, Lizi Mari Jansen van Rensburg, Verné van Straten, Rojuan van der Walt en Kylie Bruwer. Voor: Liane Redelinghuys, Mila Rodenburg, Reinette Swanepoel (afrigter), Wilance Bruwer en Zané Basson.
Hoërskool Brits se 1ste-span is naaswenners in die Noordvaal-reeks. Agter: Kaylee Curror, Monique Strydom, Elizma Smit, Imke Muller, Rochelle Stander, Jandré Botes (afrigter), Lize-Mari Rossouw (afrigter), Eljanie Swanepoel, Anneke de Jager, Landi Pretorius, Thine van Rooyen en Ané Janse van Rensburg. Voor: Carla Ferreira, Kaylin Curror, Isabella Moolman, Kaylee Cloete en Janke Rall.
Die o.15-hokkiespan van Hoërskool Brits het vierde in die Noordvaal-reeks geëindig.
Agter: Melinda Kearns, Dechane de Jager, Zelri Espag, Olé Mokotedi, LP Breedt (afrigter), Herman Kearns (afrigter), Jané Botha, Marieke Ras, Nomzi Fumba en Mia Muller. Voor: Tammy Adlem, Marizel Burger, Roané Stander, Tanya le Roux, Monique du Plessis en Nomana Fumba.
Hoërskool Brits se hokkie is tops
Die algemene jaarvergadering van Brits Krieketklub vind 18:00 Woensdagaand,
10 Augustus in die klubhuis op die sentrale sportterrein in Brits plaas.
Alle junior en senior spelers, sowel as die ouers en ander belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.
Die bestuur van die klub is opgewonde om die nuutste verwikkelinge te deel en sien uit na die nuwe seisoen wat voorlê.
Vir meer inligting, skakel Wynand de Bruyn (079 753 8637), Nico de Bruyn (082 324 3720) of Ian Krӓmer (083 417
5156). (Foto: iStock).
Krietklub hou vergadering
BRITS POS – BRITS – In ‘n onlangse T10-toernooi by Uitsig Hoërskool in Centurion het die o.16-krieketspan van Hoërskool Brits hul teenstaanders gewys waar Dawid die spreekwoordelik wortels begrawe het.
Die Britsies het teen die hoërskole John Vorster, Zwartkop en Sutherland gespeel en het as naaswenners geseëvier.
Uitslae: Brits wen met 7 paaltjies teen Johan Vorster. Teen Zwartkop was Brits 128/5 na 10 beurte en Zwartkop 70/3. Brits wen met 58 lopies.
In die finaal het Brits die knie teen Sutherland gebuig. Sutherland 82/4 en Brits 47/6 . Sutherland wen met 35 lopies.
Britsies wat uitgeblink het, is: Neo Modiselle (aangewys as bouler van die dag met 6 paaltjies), Jano van Rooy (75 lopies in totaal), Jandré Doig (74 lopies in totaal).
Brits se o.16-hokkiespan is 5de in die Noordvaal- reeks. Agter: Riëtte du Plessis, Christelle Booysen, Jana du Plessis, Iwanke Strauss, Esmari van Zyl, Mia de Beer, Johané Oberholzer, Jacqueline du Plessis en Caitlyn Smith. Voor:
Rozanne de Beer, Marli Engelbrecht, Junet du Toit en Kamogelo Segoathle.
Amanzi Marathonklub se vrouespan het 30 Julie aan die Dawn 2 Dusk Race in Pretoria deelgeneem. Atlete het om 06:00 weggespring en die wedloop het om 18:00 geëindig. Amanzi se vroue het 113km in dié tyd afgelê en algeheel 5de geëindig. Die span in aksie is Linky Scholtz, Veronica Harmse, Tracey Ehlers en Deirdre Venter.
Hoërskool Brits se o.16-krieketspan. Agter: Zander Pretorius, Jandré Doig, Kai Trümpelmann, Jano van Rooy en Stiaan Koekemoer. Voor: Juan van der Merwe, Jamie Codison, Niel Grobler en Neo Modiselle. (Afwesig: Dewalt Raaths en Juandro Mostert).
Britsies wen T10-toernooi
Amanzi se vroue
draf van sonop tot sononder
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329
Thomo Tlhabane (15) and her dance partner, Reagile Pine (19), will be leaving for Germany on Saturday to take part in the World Dance Latin Championship of the World Dance Sport Federation. This prestigious international championships will take place in Stuttgart.
Thomo is a gr.10 learner at Lebone Royal College and Reagile is a fashion design student. They will be up against top dancers from all over the world, but there will be no stopping this dynamic dance couple in bringing back the gold!
(Photo: Jeff Tladiyatsana)