• Tidak ada hasil yang ditemukan

DIE WESE VAN DIE KERK VOLGENS CALVYN.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "DIE WESE VAN DIE KERK VOLGENS CALVYN."

Copied!
8
0
0

Teks penuh

(1)

alles w at vir ons dierbaar is. Geen tydelike voordeel w at die Kommunis­

tiese organisasie van die lewe mag aanbied, kan opweeg teen die gemis w at ons sal ly as ons lewe ingehok word aan alle kante, ook na Boontoe, d eur die stoflike. „W ant w at b aa t dit

’n m ens as hy die hele wêreld win m aar aan sy siel skade ly ? ”

Die saak is nog nie hopeloos nie. Dis w aar die Komm uniste beheer een derde van die mensdom, m aar die totale bevol- king van R usland is 215 m iljoen terw yl die ledetal van die Komm unistiese p arty slegs 7 m iljoen tel. 97% van die bevol- king word m et geweld bedwing. By

hulle heers vrees, haat, opstand en die begeerte om te vlug. Duisende mense vlug u it die Kommunistiese lande na die vry lande; die omgekeerde gebeur een- voudig nie. Van die gevange Noord- Koreane het 22,000 geweier om na hulle eie land teru g te keer na beëindiging van die oorlog, om dat hulle die stelsel geken het en daarvan wou vlug. Ons verw ag nog d a t ’n stelsel w at op vrees en dwang gegrond is vroeër of la te r sal inm ekaar tuim el en m et ’n erg er bloed- sto rtin g as in 1917 beëindig sal word.

L aa t ons dus alle voorsorg neem, op God v ertro u en moedig voortgaan om reg te doen en die einde sal v ir ons volk gelukkig wees.

CALVYN — JUBILEUM II.

DIE WESE VAN DIE KERK VOLGENS CALVYN.

I. Inleiding.

Die leer van die kerk by Calvyn is een van die gew igtigste en verreikend- ste stukke in die hele Calvinistiese sis- teem. D aar was seker geen enkele saak w aaraan Calvyn m eer aandag gegee het en w at hom nader aan die h a rt gelê het as die herlewing van die idee en die praktyk van die ware kerk nie. Dit is m et reg beweer d at die groot doel van sy lewenswerk was om hierdie idee te realiseer ooreenkom stig die suiwere patroon w at deur die S krif geleer w ord'). Sy w erksaam heid in Genêve en na buite was voor alles gerig op die herstel van die kerk ooreenkom stig die instelling van C hristus. V ir die self- standigheid van die kerk, v ir die onaf- hanklike uitoefening van die tu g deur

die kerk, vir die suiwerhou van die bediening van Woord en Sakram ente het hy jarelan k moeisaam en to t die oor- winning toe gewerk, gely en gestry.

II. Die oorsprong en fundam ent van die kerk.

In die m iddelpunt van die teologiese denke van Calvyn staan God. H y is genoegsaam in Homself m aar tog het dit Hom behaag om Homself te openbaar en om n a die sondeval v ir Homself ’n volk te vergader u it die hele menslike geslag. As ons gaan handel oor die kerkbeskouing van Calvyn is d it van die allergrootste belang om hierdie teosen- triese u itgan gsp unt te benadruk, w ant daarin reeds onderskei hy hom al van die teologiese sisteem van Rome, w at in sy wese antrop osen tries is en van

(2)

L uther, w at hoofsaaklik soteriologies is.

Die diepste oorsprong van die kerk is dus die raadsplan van God. Die kerk ru s op die ewige predestinasie en kom u it die verkiesing op. Die oorsprong van die kerk is alleen te soek in die soewereine welbehae van God. Die kerk is die verw erkliking van die goddelike besluit, m aar ook is dit die middel w aardeur God ons to t die gemeenskap m et C hristus roep en hou.

Aan die ander k an t beklemtoon Calvyn dit dat die kerk gebou is op C hristus. C hristus is fundam ent, uiter- ste hoeksteen, en Hoof daarvan en to t Sy amp behoort die beskerm ing en opbouing van die kerk. Op ’n ander plek sê hy ook: C hristus is Koning van die kerk, h a a r W etgewer, h aa r R egter.

Hy sk ry f die w ette voor, w aaraan sy h a a r m oet onderwerp.

Op grond hiervan beskryf hy dit as dubbele dwaasheid dat die Roomse Kerk die Pous v erhef het to t hoof. D aardeur word die orde w at God gestel het tus- sen die Hoof C hristus en Sy lede omge- keer. Dit is dubbel dwaas om ’n steen w at op die fondam ent behoort te rus, to t fondam ent te m aak. In een van sy briewe sk ry f Calvyn: Die Pousgesindes het m et snode geweld die Hoof van die liggaam afgeskeur en op die wyse die kerk to t ’n romp gemaak. Hoe kan C hristus dan nog Hoof wees as Hy van alle w erksaam heid beroof, van alle heerskappy uitgestoot en van alle eer ontbloot is?

III. Die kerk as Liggaam van C hristus.

In sy In stitu sie bestee Calvyn baie aandag aan die behandeling van die werk van C hristus. Die verdienste van C hristus kom eg ter Sy volk ten goede.

D it geskied d eu rd at ons m et C hristus saam gegroei is deur die geloof. Deur die geloof neem ons C hristus aan en alles w at Syne is, kom ons ook toe.

Deur die geloof skou ons op C hristus, nie van ver nie, m aar ontvang ons Horn in ons2).

Hierdie inwoning kan slegs geskied deur die Heilige Gees. Calvyn wys op die verskillende name waarm ee die Gees in die S krif genoem word. Hy is die Gees van aannem ing to t kinders, die pnnd en seël van ons erfenis, die ware salfolie, vuur, fontein. Alles dui daar- op d at C hristus in sekere sin werkeloos buite ons neerlê to td at ons h arte op Horn gerig word deur die Gees’).

Die geloofsgemeenskap tussen C hristus en diegene w at aan Horn behoort, soos gew erk deur die Heilige Gees, is eg ter nie m aklik te beskrywe nie. Calvyn beskryf dan die gem een­

skap as ’n vereniging, bewerk deur die onm eetlike en bew onderensw aar- dige m ag van C hristus, w aardeu r ons m et Horn saam groei en m et Horn w aar- lik verbind word soos die lede van die liggaam m et die Hoof een liggaam vorm.

Ja, die uitverkorenes van God is almal in C hristus so verbonde, d at hulle, n et soos hulle aan één Hoof vassit, so ook a s ’t w are to t één liggaam saam groei, so saam verbonde soos die lede van die- selfde lig g aam ; in w aarheid één geword, d aa r hulle deur één geloof, hoop en liefde en deur dieselfde Gees saam leef, geroep nie alleen to t dieselfde erfenis van die ewige lewe nie m aar ook to t die gem eenskap aan die één God en Christus*)-

H ierdie eenheid is ’n eenheid m et Sy vlees en bloed, w aarheen ook die instel-

(3)

ling van die Nagmaal wys. N et soos die Nagm aal v erk laar ook die Doop die lewensgemeenskap.

D eur die Doop word ons geroep to t die gemeenskap m et die liggaam van C hristus. Dit beteken die inlywing in die sigbare kerk van C hristus. Daar- mee bew eer Calvyn nie d a t die kinders voor hulle doop geen lid van die kerk was nie, m aar by die doop betuig God

„publieklik” d a t Hy hulle to t die gem eenskap van die kerk toelaat. Die gemeenskap kan dus wel voor die doop bestaan, m aar by die doop word ons sigbaar geroep to t uitoefening van die geloofsgemeenskap in gemeenskap m et die kerk. E n by die saliram ent van die Heilige Nagm aal onderhou ons die gemeenskap.

Die kerk as liggaam van C hristus w at die Hoof is, het ten voile deel aan C hristus, nie m aar aan Sy gawes of Sy weldade nie, m aar aan Homself, ook nie m aar alleen aan Sy menslike n atu u r nie, m aar aan die voile C hristus as M iddelaar.

Die gemeenskap m et C hristus dui Calvyn nader aan as ’n m istieke een- heid (unio m ystica). Ons is m et C hristus een. In sy kom m entaar op die brief aan die E fesiërs wys hy hierop m et oortuiging. Calvyn spreek selfs va.n ’n substansiële vereniging. Daar- mee kom hy nie op die spoor van Osiander nie, om dat hy voortdurend daarop wys d at dit geskied deur die w erking van die Heilige Gees. Ons word deur die k rag van die Heilige Gees ingelyf in die liggaam van C hristus.

Gemeenskap van die heiliges.

W aar die wese van die kerk deur

Calvyn as die liggaam van C hristus beskryf word, d aar bring d it vanself mee d at die lede van die liggaam deur die een gem eenskaplike Hoof aan m ekaar verbonde is. In die gemeenskap van die heiliges kom die liggaam van C hristus w at volgens sy aard geestelik en verborge is, to t openbaring n a buite.

Die gem eenskap van die heiliges mag nie veronagsaam word nie, om dat dit baie goed die hoedanigheid van die kerk uitdruk. W ant d aard eu r word gesê d at die heiliges to t die gemeenskap m et C hristus vergader word onder hier- die bepaling d at hulle alle weldade, w at God hulle verleen, aan m ekaar weder- kerig sou m eedeels). In dieselfde para- g ra af sê hy v erd er: Im m ers, as hulle w aarlik oortuig is d at God hulle gem eenskaplike Vader is, en C hristus hulle gem eenskaplike Hoof, dan kan dit nie anders of, deur broederlike liefde verenig, hulle w ederkerig aan m ekaar sal meedeel w at aan elkeen behoort.

Vergewing van sondes.

Met so ’n vaste oortuiging het Calvyn die kerk gesien as die liggaam van C hristus dat hy daartoe gekom het om te k o nstateer d at buite die liggaam geen saligheid is en buite die kerk geen vergew ing van sondes nie'). Die vergewing verkry alleen die burgers en huisgenote. Die kerk moet eg ter eers gebou word, nie om dat d aar enige kerk sonder vergewing kan wees nie, m aar om dat die Here Sy barm hartig- heid slegs in gemeenskap van die heili­

ges beloof het. Die vergew ing van sondes, w aarsonder ons geen verbond of gemeenskap m et God h et nie, is dus vir ons die eerste ingang to t die kerk en die koninkryk van God').

(4)

Met die „eers” m oet u ite ra a rd nie aan tydsvolgorde gedink word nie, so asof ons eers ingelyf word in die kerk en d aa rn a vergew ing van sondes sou ontvang nie. Die inplanting in die lig- gaam is self die vergew ing’).

Sonder vergew ing kan ons nie bestaan voor God nie, en die weldaad is soseer die eiendom van die kerk d at ons dit nie anders kan geniet nie as w anneer ons in h aa r gem eenskap bly").

Konklusie.

Ons sien dus nou reeds hoe Calvyn die kerk beskou het. Dit was vir hom geen vormlose, vaagomlynde liggaam, bloot toevallige saam vergadering van individue, en liggies geassosieer as gevolg van gemeenskaplike opvattings of sim patië nie. Dit was nie ’n instel- ling ten opsigte w aarvan mens ’n hou- ding van onverskilligheid kan inneem of w aartoe ’n belydende C hristen m ag w eier om te behoort nie. W ant om d aarbuite te staan was om jouself a f te sny van die huis van God w aarin Hy die brood van die lewe bew aar. Die kerk was im mers vir Calvyn die sfeer w aarin die genade van God eksklusief werk- saam is. D it was die enige bew aarder en uitdeler van die seë n in g e. van die Evangelie, w at andersins onbekom baar is10).

Die kerk was vir hom die liggaam van C hristus.

IV. Sigbare en onsigbare kerk.

D aar was by Calvyn ’n kenlike ont- wikkeling in sy beklem toning van die sigbare kerk. W aar hy in sy vroeëre gesk rifte veral gehandel h et oor die onsigbare kerk, het hy in die finale uit- gawe van sy In stitu sie in 1559 veral die sigbare kerk op die oog gehad. D at

hy dit al hoe m eer beklemtoon h et is te verstaan as m ens dit teen die agter- gro-nd sien van sy stry d teen die Roomse K erk"). Ons bem erk hierdie ontwikke- ling bv. baie duidelik t.o.v. die stelling w at in die vorige p a rag ra af behandel is nl. ,,buite die kerk geen saligheid nie12). Kenlik h et Calvyn d it in sy vroeëre g esk rifte laat slaan op die onsigbare kerk, op die vergadering van uitverkorenes, op die kongregasie van die w are Christgelowiges onder die Hoof C hristus. Ook in die standaard- edisie van die Institusie van 1559 het hy dit nie teruggeneem nie, m aar aan die ander k an t laat hy dit in genoemde uit- gawe ook slaan op die sigbare kerk as die m oeder van die gelowiges'3).

Baie duidelik onderskei Calvyn tus- sen die onsigbare en die sigbare open- barin g van die liggaam van C hristus.

U itgangspunt bly n atuurlik die grond- gedagte van die kerk as liggaam van C hristus.

M aar nou is d aar ’n onsigbare en ’n sigbare, ’n inwendige en uitwendige kant. Dit is nie twee kerke nie. D it sou in flagrante stry d wees m et die grond- gedagte van die kerk as die liggaam van C hristus. Die liggaam van C hristus is een m aar dit het ’n k an t soos dit hom na buite openbaar en ’n k an t w at alleen voor Gods oë toeganklik is.

Die wese van die kerk is nou die onsigbare band aan C hristus soos die wese van die mens sy siel is. In w aar- heid dek die twee m ekaar geheel en al, m aar ons m ense beskou baie keer som- mige to t lid van die liggaam, die sigbare kerk dus, w at in w aarheid geen lede is nie en in geen organiese verband staan m et die Hoof van die liggaam nie “).

(5)

Die opvatting van Calvyn oor die onsigbare en sigbare kerk kom ten dui- delikste na vore in die volgende s ita a t:

Die Heilige S krif spreek in tw eërlei sin van die kerk. Soms, w anneer dit die kerk noem, bedoel dit die kerk, w aarin geen ander opgeneem word as hulle w at deur die genade van die aannem ing tot kinders van God en deur die heiligma- king van die Gees w aaragtige lede van C hristus is nie. E n dan bevat d it nie alleen die heiliges w at op aarde woon nie m aar alle uitverkorenes, w at daar van die begin van die wêreld gewees het.

Dikwels egter dui die S krif m et die naam kerk aan die hele m enigte van mense, w at oor die aarde versprei is, en w at bely, d at hulle één God en C hristus dien, deur die Doop in Sy verbond inge- lyf is, deur die deelneming aan die Nagmaal hulle eenheid in die w are leer en liefde betuig, eenstem m igheid het in die Woord van die H ere en to t die p re ­ diking daarvan die diens onderhou w at deur C hristus ingestel is. In hierdie kerk eg ter is daar baie huigelaars gemeng w at niks van C hristus het behalwe die naam en uiterlike skyn nie.

Baie eergieriges, hebsugtiges, afgunsti- ges, kw aadsprekers, sommige van ’n onrein lewe, w at ’n tydlank verdra word om dat hulle nie deur ’n w ettige oordeel oortuig kan word nie of om dat nie altyd

’n behoorlike gestrengheid van tu g heers nie.

N et soos w at dit dus nodig is d at ons aan ’n onsigbare, alleen voor Gods oë w aarneem bare, kerk glo so word ons gebied om dit, w at ten aansien van m ense kerk genoem word, hoog te ag en daarm ee gem eenskap te oefen’1’)-

Die kerk na sy wese is die onsigbare kerk, die kerk n a sy verskyning of uit- wendige openbaring is die sigbare kerk.

In laasgenoemde is d aar baie kaf onder die koring, baie hipokriete. Van die hipokriete geld d at hulle wel u it die skoot van die kerk voortkom m aar hulle kan nooit die wese, die k arak ter van die kerk bepaal nie en in der w aarheid behoort hulle nooit werklik to t die kerk nie ’*).

A an die ander k an t bevat die onsig­

bare kerk almal w at God van ewigheid a f uitverkies h et en w at geleef het van die begin van die wêreld af, ook hulle w at geen historiese kennis van C hristus gehad h et n i e ” )-

In die woorde van Calvyn kom dit hierop neer: Dus is volgens die verborge predestinasie van God soos A ugustinus sê, baie skape buite en baie wolwe binne, Alleen sy oë sien, wie van hulle w at openlik Sy tekens dra, sonder veinsery heilig is en to t die einde toe sal volhard:

w at die vernaam ste is in die saligheid “ ).

Aan die sigbare kerk, die oponbaring van die liggaam van C hristus na buite, wy Calvyn dan besondere aandag in die In stitu sie van 1559. Hy wys daarop d at die kerk bepaalde kenm erke het.

V. Kenmerke van sigbare kerk.

Ook hier kan ek Calvyn self laat spreek: As tekens w aardeur die kerk geken kan word, het ons die prediking van die Woord en die onderhouding van die Sakram ente gestel. W ant hierdie twee kan nêrens plaasvind sonder dat dit vru g d ra en deur Gods seën voor- spoedig gem aak word nie. Ek sê nie, d at oral w aar die Woord verkondig word, terston d vrug o ntstaan nie, m aar ek sê d at d it nêrens ontvang word en

(6)

’n vaste setel het tensy om sy kragtige w erking te toon nie. Hoe d it ook sy, w aar die prediking van die Evangelie gehoor word en die Sakram ente nie ver- onagsaam word nie, daar vertoon hom vir ’n ty d ’n geensins bedrieglike nog tw yfelagtige gedaante van die kerk.

Om h a a r gesag te verag, verm aninge te verw erp, raadslae te w eerstreef of kas- tydinge te bespot staan niem and vry nie; veel m inder van h a a r a f te wyk en h a a r eenheid te verbreek. W ant die H ere heg aan die gem eenskap van Sy kerk so grote waarde, dat Hy hom vir

’n oorloper en v erla ter van die godsdiens hou, w at hom van elke Christelike ver- gadering, w at die w are bediening van die Woord en Sakrame-nte onderhou, hardnekkig vervreem. Hy pry s h aa r gesag soseer aan, d at Hy, w anneer dit geskend word, dit daarvoor hou d at Sy eie gesag verm inder is. Immers, dit is van geen geringe betekenis nie, d at die kerk genoem word die p ilaar en vastig- heid van die w aarheid en die huis van God (1 Tim. 3:15). Met hierdie woorde gee P aulus te kcnne, dat die kerk, opdat die w aarheid van God nie verlore gaan op die wêreld nie, sy getroue bew aakster is, om dat God deur die diens en werk- saam heid van die kerk die suiwere prediking van Sy Woord wou bew aar en Hom jeens ons as ’n H uisvader wou betoon deu rd at Hy ons m et geestelike spyse voed en sorg vir alles w at n u ttig is to t ons saligheid. D it is ook geen gewone lof nie d at van die kerk gesê word d a t dit deur C hristus verkies en afgesonder is to t bruid, om te wees sonder vlek of rimpel, Sy liggaam en vervulling (E f. 1:23; 5:27). D aaru it volg d at om u it die kerk weg te gaan

beteken verloëning van God en C hristus.

Daarom moet ons ons des te m eer hoed vir so ’n misdadige skeiding. W ant deu rd at ons, v ir sover ons kan, die ondergang beraam van Gods w aarheid, is ons w aardig d at Hy m et die ganse geweld van Sy toorn sou bliksem om ons te verp letter. En d aa r kan geen vreesliker m isdaad bedink word nie as m et heiligskennende troueloosheid die huwelik te skend, w at die eniggebore Seun van God Hom verw erdig h et om m et ons aan te gaan1').

A an genoemde kenmerke, nl. die suiw ere bediening van Woord en Sakra- mcnte, verbind Calvyn ook sy stelling d at die Roomse Kerk geen reg h et op die naam van kerk nie. Hy betoon wel geweldig veel verdraagsaam heid as hy daarop wys d at die gem eenskap w at die kenm erke vertoon veilig as ’n w are kerk aan v aar moet word ook al is d it origens vol van fo u te ” ).

M aar w at die Roomse Kerk b etref sê hy dan : Sodra in die vesting van die religie die leuen binnegedring het, die hoofsaak van die noodsaaklike leer ver- b a ste r is en die gebruik van die Sakram ente tern e erg e sto rt het, volg ongetw yfeld die ondergang van die kerk, net soos d it m et die lewe van ’n m ens gedaan is w anneer sy nek deur- boor is of sy ingewande dodelik gewond is. Die kerk moet noodsaaklik ineen- sto rt, w anneer die hoofsom van die religie wegval, w at h a a r alleen kan staand e hou. Bowendien, w aar die ware kerk die p ilaar en vastigheid van die w aarheid is (1 Tim. 3:15), d a a r is dit seker d at d aa r geen kerk is w aar die leuen en die valsheid die ry k ingeneem het nie.

(7)

E n d aar die saak so staan onder die pousdom, kan mens begryp, w at vir ’n kerk d aar nog oor is. In plek van die bediening van die Woord regeer d aar ’n verkeerde en u it leuens saamgesmede bewind, w at die suiwere lig deels uit- blus, deel verstik. In plek van die Nagm aal van die H ere h et daar 'n baie skandelike heiligskennis gekom. Die diens van God is d eur ’n veelsoortige en ondraaglike m enigte van superstisies m isvonn. Die leer, w aarsonder die Christendom nie bestaan nie, is geheel en al begrawe en verdryf. Die openbare sam ekom ste is skole van afgodery en goddeloosheid. Daarom is d aa r geen gevaar, d a t ons, deur af te wyk van die verderflike deelgenootskap aan soveel skanddade, van die kerk van C hristus sou afgeskeur word n ie ” ).

By hierdie twee kenm erke van die w are kerk, nl. die suiw ere bediening van die Woord en die Sakram ente, voeg Calvyn nog ’n derde, hoewel hy dit la te r in behandeling bring, nl. die hand- haw ing van die tug.

D aarop wys ook H u n ter as hy sê:

„But along w ith these he was accus­

tom ed to add a third, namely, the exercise of a vigilant dis­

cipline”” ).

Ten onregte word dit dus beweer d at Calvyn alleen m aar twee kenm erke vir die w are kerk erken het. D it word duidelik as ons Calvyn hoor sê: N et soos die saligm akende leer van C hristus die siel van die kerk is, so vorm die tu g in die kerk die senuwees, w aardeu r dit geskied d at die lede van die liggaam, elk op sy plek, m et m ekaar verbonde is.

Daarom soek almal, w at die tu g wil wegneem of die herstel daarvan wil ver-

hinder, hetsy hulle d it doen m et opset hetsy u it onnadenkendheid, ongetwyfeld die u iterste verstrooiing van die kerk.

Die tu g is dus as ’t w are die toom (breidel) w aardeur diegene in toom gehou en getem word w at teen die leer van C hristus woed, of die prikkel w aar­

deur hulle w at nie gewillig genoeg is, opgewek word; soms is dit ook soos die vaderlike tugroede waarm ee op sagmoe- dige wyse en in ooreenstem m ing m et die sagsinnigheid van die Gees van C hristus, diegene gekasty word, w at dieper geval h e t ” ).

VI. Die kerk en die koninkryk van God.

Van baie groot belang is d at Calvyn die kerk in ’n sekere sin gelykstel m et die koninkryk van God. Die wese van die ryk is n et soos die van die kerk onsigbaar en geestelik. Ook by die koninkryk geld d it d a t die b urgers ver- strooid kan wees en die ryk n a sy uiterlike verskyning ontbonde, m aar tog is dit daar en bly d it onbeweeglik. Die ingang to t die ryk is n et soos by die kerk die vergewing van sondes. Die kinders van die verbond, w at as lede van die kerk gebore is, is ook reeds by hulle geboorte burgers van die ryk.

Dit kom eintlik daarop neer dat die kerk, w at die liggaam van C hristus is, as dit gesien word onder die aspek van die koningskap van C hristus, terselfder- tyd die Koninkryk van God is2').

Van belang is nou eg ter d at Calvyn die verhouding nou verder so sien d at die ryk van God hom v erder u itstrek as die sigbare in stitu u t van die kerk.

Dit word oral gevind w aar C hristus as Koning erken word en w aar volgens Sy ordinansies geleef word. Calvyn iden-

(8)

tifiseer dus die ryk van God m et die kerk, m aar dan nie m et die kerk in in stitu têre vorm nie.

Richel wys in sy p roefsk rif daar- o p 2!) d a t ons hier by Calvyn reeds a a n tre f die onderskeid w at la te r deur A. K uyper k ra g tig n a vore gebring is, nl. tussen die kerk as organism e en die kerk as in stitu u t.

Die liggaam van C hristus openbaar hom in die in stitu u t van die kerk m et sy am ptelike dienste, m aar dit open­

b aa r hom ook buite die in stitu u t, nl.

oral w aar gelowiges gevind word, w at óf indiwidueel óf in organisasieverband optree.

Die iden titeit tussen ryk van God en die kerk is onm iskenbaar aan te wys m et die verskil alleen d at die hoofge- dagte w at op die voorgrond tree by die kerk die liggaam is w aarvan C hristus die Hoof is, terw yl dit by eersgenoemde

’n ryk is w aarvan C hristus die Honing is. Die lede van die liggaam vorm die skare w at onder C hristus as Koning stry.

Die sentrum , die h a rt van die ryk moet ons soek in die geïnstitueerde kerk, m et die bediening van die Woord en Sakram ente. Die ryk self is egter van universele betekenis en bestryk alle lewensgebiede. Ons Koning regeer ons op geestelike wyse deur Sy Woord en Gees.

Aan C hristus is ook nie m aar n et die lewe van die enkeling onderw orpe nie m aar ook die georganiseerde gemeen- skapslewe nl. die gesin, familie, skool, m aatskappy en staat, ens. Op alle kul- turele goedere en gaw es lê C hristus beslag en aan die gelowiges as Sy krygsknegte stel Hy die eis om al hulle

gawes te gebruik to t die eer van God.

In Geneve het Calvyn hierdie begin- sels in die p rak ty k gebring. Dit was vir hom dus geen in die lughangende speku- lasies nie m aar lewende werklikheid.

Met sy handelwyse het hy geensins alle lew ensterreine verkerklik en dit onder die in stitu u t van die kerk ingeskakel nie. „Theoretisch en practisch was hij daartoe slechts in s ta a t door tusschen h et organism e en hot in stitu u t der kerk tc onderscheiden, zonder daarm ede echter den band tusschen beide door te snijden ”” ).

S. C. W. DUVENAGE.

P otchefstroom .

1) A. M IT C H E L L H U N T E R : T h e te a c h in g o f C a lv in ; J a m e s C lark e & Co., L ond on, 1950, p. 152.

2. J O H A N N E S C A L V IN : I n stitu tie , V e rta - lin g deur A. Sizoo, III, 1,4; M ein em a, D e lft, Z. J.

3. In s titu tie , III, 1,3.

4. I n s titu tie IV , 1,2.

5. I n s titu tie IV , 1,3.

6. I n s titu tie IV , 1,20.

7. I b id .

8. P . J. R IC H E L : H e t k e r k b e g r ip van C a lv y n ; U trech t, 1942; p. 59.

9. I n s titu tie IV , 1,22.

10. A. M IT C H E L L H U N T E R : a.w ., p. 153.

11. T H . W E R D E R M A N N : C a lv in s L eh re von d er K ir c h e in ih re g e s c h ic h tlic h e n E n tw ic k lu n g , in C a lv in stu d ie n ; L eip zig, 1909; p. 317.

12. A. D. R. P O L M A N : O nze N e d e rla n d sc h e G elo o fsb elijd e n is, II I; W ever, F ra n ek er , s .j .; p. 291.

13. I n s titu tie IV. 1,2-4.

14. R IC H E L : a.w . p. 63.

15. I n s titu tie IV , 1,7; v g l. P O L M A N , a.w . p. 266.

16. R IC H E L ; a.w ., p. 62.

117. H U N T E R : a.w., p. 156.

18. I n s titu tie IV , 1,8.

19. I n s titu tie IV , 1,10.

20. I n s titu tie IV , 1,12; v g l. ook v o lg en d e p a ra g ra w e.

21. I n s titu tie IV , II, 1 en 2.

22. H U N T E R , a.w., p. 156.

23. I n s titu tie IV , X II,1.

24. R IC H E L : a.w ., p. 73.

25. R IC H E L : a.w ., p. 75.

’6. R IC H E L : a.w ., p. 78.

Referensi

Dokumen terkait

So byvoorbeeld kan die eerste jare van ’n individu of die geskiedenis van ’n groep soos ‘n kerk die intrige en selfs die lotgeval van die latere jare antisipeer dit wil sê die een is

Met hierdie eerste groep is Kaptein von Schlickmann dadelik na Burgersforto Op pad ~et die vyand hulle aan- geval, maar die aanval is afgeslaan en almal het die fort veilig bereik.3 By

Soos die voorsitter in sy openingswoord aangedui het, wou die RvK rondom die Rebellie van 1914 tot 1915 teregwys, heel, verenig en versterk: oogmerke wat hy wou bereik met besluite wat

V ir so baie van ons volk w at op die helling van libe­ ralism e en m aterialism e aan die afgly is, sou d it die oë kon oopm aak as hulle so ’n boek soos h ierdie lees... Ligh tfo o

D ie astrale en mentale liggame is egter nog nie so georganiseer dat die mens deur hulle direk ken- nis kan neem van wat op hierdie twee onderskeie vlakke aangaan nie.. By die mees- te

Die Heidelbeigsc Katcgismiis ca die Kort Bcgrip D it is opvallend d a t die Kategism us nie ’n ooreenstem m ende vraag en antw oord bevat nie en ook nie op so ’n eg filosofiese wyse

W a a r die Nuwe Teologie ons aandag daarop vestig, moet ons reageer deur werklike aandag daaraan te gee op so 'n w yse dat die agtergronds- faktore waaruit hulle kritiek groei, soos

Die Nuwe Teologie w il niks weet van die voorstelling van God soos ons dit in Sondag 10 van die Heidelbergse Kate- gismus vind nie, naamlik die God w a t vanuit die hemel die aarde so