• Tidak ada hasil yang ditemukan

Legende van Lego – 60 vreugdevolle jare - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Legende van Lego – 60 vreugdevolle jare - LitNet"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

1 KINGSWOOD COLLEGE

DEPARTEMENT AFRIKAANS GRAAD 8 – BEGRIPLEES

TYD: 1 UUR EKSAMINATOR: MNR. D. KOEN

PUNTE: [30] JULIE 2015

=========================================================================

Vraag 1

Lees die onderstaande teks deur en beantwoord die vrae soos gevra word.

Legende van Lego – 60 vreugdevolle jare

Altyd gedink daardie parmantig gekleurde plastiekblokkies is net vir twee- of driejariges? Nie wanneer Pa dit in die hande kry nie – want kyk dan net wat kan alles gebou word!

Van al die verskillende soorte speelgoed wat ons ma’s, pa’s en selfs oumas en oupas oor die afgelope dekades sien kom en gaan het, bly Lego die een wat na sestig jaar steeds soos soetkoek verkoop. Duur, ja, maar ook besonder duursaam.

Want daar is ’n speelgoedreeks van 350 verskillende stelle wat uit meer as 1 300 komponente bestaan. Die moontlikhede wat dit laat, word net deur die kind se eie verbeelding beperk – en die blokkies hou en hou en hou.

“Die doel met Lego was om kinders die geleentheid te bied om hul eie idees te skep en te verwerklik. Ons wou wys dat ons ons kinders se behoeftes en ontwikkeling ernstig opneem,” sê die voorsitter van die maatskappy, Kjeld Kirk Kristiansen. Hy is die kleinseun van die stigter van die maatskappy. Wie dan, wil jy vra, is hierdie mense wat Lego so beroemd gemaak het? Dis ’n Deen, Ole Kirk Kristiansen, wat in 1932 die blokkies begin maak het – eers van hout en later van plastiek.

Die naam Lego is afgelei van die Deense woorde Leg godt wat “speelgoed” beteken.

Sedert daardie eerste dae het sowat 400 miljoen mense al die beroemde blokkies gekoop, wat deesdae verkoop word onder die name Duplo, Lego, Technic en Lego Dacta – laasgenoemde vir ouer kinders. Dis ook die een reeks speelgoed wat gereeld aangepas word omdat Lego glo kinders raak gou verveeld en wil gedurig nuwe idees en boumetodes aanleer.

Nie dat Lego nie ook sy probleme gehad het nie. Daar is al baie wat sy patent afgeloer en probeer namaak het. ’n Paar jaar gelede het Lego die Amerikaanse maatskappy Tyco gedagvaar. Die maatskappy vervaardig identiese blokkies van minderwaardige gehalte en verkoop dit teen heelwat laer pryse. Die saak het nie geslaag nie. “Ons kan maar weet wanneer ons ’n nuwe produk loods, is

’n nabootsing daarvan binne ses maande op die straat,” sê die voorsitter. “Ons baklei terug deur te sorg dat ons nuwe produkte mekaar so vinnig opvolg dat die afloerders nie kan bybly nie. Teen die tyd dat hul nabootsings op die rakke verskyn, het ons lankal weer iets nuuts,” sê meneer Kristiansen.

(Blaai asseblief om)

(2)

2

“Kinders wil graag hul vernuf en vaardigheid toets wanneer hulle met ’n probleem gekonfronteer word. Maar hulle moet ook die kans gebied word om hul verbeelding die loop te laat neem.” Met Lego is die moontlikhede vir die kind so onbeperk dat hy ’n reusagtige model kan bou. Voorbeelde van sulke bouprojekte is gereeld in ons winkels op uitstallings te sien, maar die beste voorbeelde is by Legoland op die dorp Billund te sien – een van Denemarke se grootste toeristebestemmings. Die groot park het modelle van geboue en landskappe uit alle dele van die wêreld, alles gemaak van Lego-blokkies.

1.1. Noem TWEE redes waarom Lego, volgens die leesstuk, sulke gewilde speelgoed is. (2) 1.2. Haal ’n frase aan wat daarop dui dat Lego ’n goeie verkoper is. (2) 1.3. Lego is duursaam. Dit beteken:

(Kies slegs die korrekte antwoord en skryf die LETTER op jou antwoordblad neer.) A: Dit breek nie maklik nie.

B: Dit breek maklik.

C: Dit kos baie geld. (2)

1.4. Voltooi: ’n Dekade is ’n periode van ………. jaar. (2) 1.5. Voltooi: Kjeld Kirk Kristiansen se ……….. was die stigter van die maatskappy. (2)

1.6. Waar kom die naam Lego vandaan? (2)

1.7. Watter soort Lego word vir ouer kinders gemaak? (2)

1.8. Hoe probeer Lego ruimte laat vir die feit dat kinders gou verveeld raak? (2) 1.9. Hoe het Tyco daarin geslaag om geld uit Lego se idees te maak? (2) 1.10. Wie het die hofsaak wat Lego teen Tyco gemaak het, gewen? (1) 1.11. Waar kan ons die beste voorbeelde van Lego-produkte sien? (1) [20]

==========================================================================

(Blaai asseblief om)

(3)

3 Vraag 2

Lees die onderstaande teks deur en beantwoord die vrae soos gevra word.

Ma-kat red vyf kleintjies uit brand

New York – In ’n grootse heldedaad wat Amerika aangegryp het, het ’n straatkat ’n brandende gebou binnegestorm om haar vyf kleintjies een vir een na veiligheid te dra.

Daarna het sy met brandwonde aan haar pote en blase op haar oë haar kleintjies getel deur elkeen met haar neus aan te raak en seker te maak dat hulle almal veilig is. Die heldedaad van dié hawelose kat, wat intussen Scarlet gedoop is, het haar en haar kleingoed nou die gewildste katte in

’n diereskuiling gemaak.

Terwyl die katfamilie van hul wonde herstel het, het meer as 700 mense eergister by die skuiling opgedaag en gevra om Scarlet en haar kleintjies aan te neem. “Ons kry steeds navrae. Vir ons is dit egter belangrik dat hulle die allerbeste huis kry,” het ’n werker by die skuiling gesê. Die verhaal van Scarlet, só genoem weens die rooi strepe wat plek-plek in haar verskroeide pels gesien kan word, het Vrydagoggend vroeg begin toe ’n brandweerman die katfamilie tydens ’n brand in Brooklyn, New York, gevind het. Hy het twee katjies ’n paar meter van die brandende gebou opgemerk en nog drie oorkant die straat.

“Hul ma het die brandende gebou vyf keer binnegehardloop om hulle almal uit te kry en toe begin om hulle weer een vir een oor die straat na veiligheid te dra,” het hy later vertel.

Hy het die katfamilie na die skuiling geneem. Volgens ’n veearts het Scarlet haar oë gedeeltelik oopgemaak en hulle meen sy sal haar sig terugkry. Haar vier weke oue kleintjies was in ’n goeie toestand.

“Sy is ’n wonderlike, sagmoedige dier wat ’n dapper daad verrig het. Dit wys weer dat moederliefde, hetsy dié van mens of dier, nie gemeet kan word nie,” het me. Marge Stein, bestuurder van aannemingsdienste by die skuiling, gesê.

2.1. Waar het hierdie heldedaad plaasgevind? (1)

2.2. Op watter merkwaardige manier het die ma-kat seker gemaak dat al haar kleintjies veilig

is nadat sy hulle uitgedra het? (1)

2.3. Waarom is die kat Scarlet gedoop? (1)

2.4. Wie het die katfamilie by die brandende gebou aangetref? (1)

2.5. Wat het hierdie persoon met die katfamilie gedoen? (1)

2.6. Watter lewensles kan ’n mens volgens die laaste paragraaf uit die dapper verhaal leer? (1) (Blaai asseblief om)

(4)

4 2.7. Gee die betekenis van die volgende woord in jou eie woorde:

2.7.1. hawelose (1)

2.8. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

2.8.1. Die skuiling sal enige huis vir die katte vat.

2.8.2. Die brand het laatmiddag uitgebreek.

2.8.3. Die ma-kat sal nooit weer kan sien nie. (3)

[10]

===========================================================================

GROOTTOTAAL: [30]

Referensi

Dokumen terkait

Sy maak ’n sterk saak uit vir haar tese dat Müller se werk heenwys na ’n subjek wat haar “op nuwe en ander maniere begin verbeel” en ’n woning op ’n nuwe manier begin voorstel “as

Roodt Nou die dag hoor ek ’n fraai verhaal: vir ’n vrou om gelukkig in die lewe te wees, moet sy ’n man kry wat haar in en om die huis help; hy moet haar kan laat lag; natuurlik moet

Dit geld mk vir'n werwelontsteking ongelukkig nie vir rumatoiede arhitis nie' Orxrodig om vir jou te s6 dat percone wat 'n emstige allergie het of wat antistolmiddels, insulien of

Watter TWEE verskille het Lien opgemerk toe sy haar vorige huis besoek het.. Wat het

Vraag 6: Datahantering 6.1 Lizet skryf die kleur neer van al die voertuie wat tussen vyf- en sesuur verby haar huis ry: Gebruik die tabel om aan te dui hoeveel voertuie van elke

Vermenigvuldig die patroon nommer met 2 en tel dan 1 by Vraag 7 ‘n Laerskool het ‘n opname gedoen om uit te vind van watter vervoer die kinders gebruik maak om soggens by die skool

Almal wat belangstel om hierdie groot mylpaal van Afrikaans te vier, kry toegang tot ‘n eenvormige, positiewe feesveldtog en -identiteit in die vorm van ‘n logo wat saam met die

“Dit was ’n kans vir ’n ernstige politieke party om te wys dat hy beter is as om die vuil politieke truuks te gebruik wat ons op ’n globale skaal sien.” Ons versus hulle Coenraad sê