• Tidak ada hasil yang ditemukan

PDF aanlyn te lees Vereer ons ma's op Moedersdag

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "PDF aanlyn te lees Vereer ons ma's op Moedersdag"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

www. .co.za

Lees ons & adverteer AANLYN

12 MEI 2023 Gestig 1955

Epos: [email protected] Tel: 018 632 6038

Faks: 018 632 4222

R2-00

VAT INCL

Tik-tik hier om aanlyn te lees

Vereer ons ma’s op Moedersdag

Sondag, 14 Mei vier ons Moedersdag, elkeen met ‘n Ma se geleentheid om

bo en behalwe daaglikse gebare van

dankbaarheid, haar ook op dié spesiale dag vir moeders, te bederf. Op die foto is stralende mamma,

Nicole van Gessellen van Lichtenburg

saam met klein Harvey, dertien maande-oud, wat ‘n spesiale oomblik met hul hondekinders deel. Vir klein Harvey

is sy mamma sy alles en daarom bly die

wonderlike band tussen ma en kind ongeëwenaar. Maak

seker dat jy vandag ook jou moeder, hoe jonk of oud, verseker van jou waardering

vir haar. (Foto:

Shaney Hansen Photography)

Help! Beloning vir inligting oor verdrinkte honde – bl. 3

Neem deel aan hekel-marathon – bl.2

(2)

NOORDWESTER

BLADSY 2 12 MEI 2023

Linkmed En Prime Pharm smelt saam

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Arrie Nel Linkmed en Arrie Nel Prime Pharm het onlangs saamgesmelt.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Is jy ‘n handige vrou wat kan hekel?

Dan is hierdie oproep vir jou! Jy word uitgedaag om Vrydag en Saterdag, 26 en 27 Mei 3023 hier in Lichtenburg aan die landswye ATKV se Hekel 30-Ure Safari deel te neem en nee, jy hoef nie hardloopfiks te wees nie! Al wat jy moet doen is om op te daag, gewapen met ‘n nommer 4 hekelpen en

‘double knit’wol, in enige kleur/e en blokke saam met hekelvriendinne te hekel vir solank as wat jy kan en dan weer te begin sodra die tweede/derde/vierde asem inskop, want daar gaan vir 30 ure aaneen gehekel word.

Die gebeurtenis beloof om groot pret te wees en die wat nie kan hekel nie, kan help om die Granny Patch-blokke aanmekaar te werk vir ‘n babakombersie of enkelbedkombers en so iemand te help om nie hierdie winter koud te slaap nie. Maak nie saak waar jy is nie, kom en geniet die uitdaging hier in

Lichtenburg.

Die ATKV se Hekel 30 Ure Safari- marathon is ‘n inisiatief van die ATKV Arendsnes-tak in samewerking met Maak-

‘n-Verskil-Hekel. Kom deel in die hekelpret en nooi almal wat jy ken. Jy kan selfs iemand per blok borg. Dink so daaraan – tien 110g bolle ‘Charity Double Knit’ wol kan ‘n kombers maak. Kom gee ‘n paar van jou ure vir die besondere projek of deel in die twee dae pret. Nooi sommer nou reeds almal wat jy ken wat kan hekel en kom deel in die marathon-pret.

Die geleentheid vind oor die twee dae plaas by Sprinkelhop – Ruthstraat 7, Lichtenburg.

Whatsapp vir Sonja, jou gasvrou by 0796949393 of Leandra by 0824514548 vir meer inligting oor die projek indien jy graag betrokke wil raak.

Oproep aan alle handige

dames!

Die pragtige reun is verlore gevind in Meintjiesstraat, Lichtenburg. Sy eienaar word versoek om hom by die Lichtenburg Dierewelsyn te gaan haal. Skakel 0713139248 om reëlings te tref in die verband.

Waar is my huis?

“Die skuif is gemaak om die veiligheid van ons kliënte en werkers en sal dat ons die grootste apteek in die Lichtenburg is,”sê apteker, Alicia van Graan.

Dit beteken dan dat Prime Pharm nou ook

al die kliënte van Linkmed help. Vir kliënte wat nie vervoer het van Linkmed na Prime Pharm nie, sal vervoer gereël word. Wees verseker van vriendelike en professionele diens altyd!

Opwindende basaar voor die deur

NOORDWESTER – LICHTENBURG - ‘n Basaar wat hope pret beloof word op 20 Mei ten bate van die NG Welsyn gehou en uitstallers is welkom om ‘n stalletjie te huur teen R100 elk.

Die geleentheid sal uit verskeie opwindende aktiwiteite bestaan soos ‘n Zumba-oefensessie, fietsryrit vir die hele gesin asook ‘n op-en-wakker optrede deur gaskunstenaar, Anton van Rooyen.

Die heerlikste verversings gaan te koop aangebied word en allerlei interessante stalletjies sal deel uitmaak van die geleentheid. Die verrigtinge begin om 08:00 tot 13:00 by die Klipkerkgronde op die hoek van Kerk- en Gerrit Maritzstrate. Skakel Ronel op 072 117 3970 vir navrae.

Anton van Rooyen is die sanger wat tydens die basaar

sal sorg vir vermaak uit die boonste rakke.

(3)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Minister van Landbou, Thoko Didiza se begroting vir die volgende jaar fokus weereens baie meer, verkeerdelik, op die ontwikkeling van bestaansboere eerder as op die ondersteuning van kommersiële boere.

Dit is nie bestaansboere wat kos op die tafel van die meerderheid Suid-Afrikaners plaas nie, maar wel kommersiële boere.

Hoewel die minister meen dat hierdie begroting die department en bedryf sal toelaat om “voort te gaan om in die voedselsekerheid behoeftes van die land te voorsien,” noem sy ook dat slegs 9% van die landbou-uitsette deur opkomende boere geproduseer word. Nêrens in haar rede het sy verwys na hoe kommersiële boere, wat al jare en generasies lank kos produseer, suksesvol bygestaan word nie.

“Dit is bitter moeilik vir kommersiële boere om positief te bly wanneer die staat min belangstelling het om hulle by te staan, en die meganismes soos Onderstepoort wat hulle na bewering moet ondersteun, nie eers daarin slaag om entstowwe vir skape en perde beskikbaar te hê nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

TLU SA verstaan dat daar belê moet word in die ontwikkeling van nuwe boere om in

die aanvraag na voedsel te voorsien en het inderdaad jare gelede reeds aangebied om kennis en ervaring hieroor te deel, maar dit moet nie ten koste van die boere wees wat dit reeds onder baie moeilike omstandighede doen nie. Die belegging wat gemaak word om opkomende boere te ondersteun, regverdig nie die uitvoere wat hulle bereik nie. Die department het bv. die afgelope jaar R50 miljoen spandeer om 124 sitrusboere te ontwikkel. Hulle voer maar slegs ses miljoen van die 128-miljoen bokse sitrusvrugte uit.

“’n Begroting van R17 miljard strek net so ver. Wanneer die grootste gedeelte verkeerd belê word, plaas dit voedselsekerheid in die weegskaal,” sê van Zyl. “ Ons doen ‘n ernstige beroep op die regering om weg te beweeg van die idee van die sogenaamde ekonomiese herstrukturering- en herwinningsbeleid en eerder aandag te gee aan markkragte wat die winsgewendheid van kommersiële boere – en inderdaad die beskikbaarheid van voedsel – bepaal.”

Landboubegoting teleurstellend

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die publiek is met afgryse vervul nadat hulle verlede week die foto van die vier verdrinkte jong hondjies gesien het en daarom word ‘n ruim beloning uitgeloof vir geloofwaardige inligting wat die persoon/e kan verbind met die grusame dade wat op die hondjies uitgevoer is.

Het jy dalk iets verdag gesien of het jy ‘n goeie idee wie die persoon /e is? Skakel dan onmiddellik die Lichtenburg Dierewelsyn by 0713139248 sodat geregtigheid vir die stomme diere kan geskied.

Beloning vir inligting oor verdrinkte hondjies

NOORDWESTER – SWEIZER-RENEKE – Die DA in Noordwes verwelkom die tronkstraf van drie jaar wat Maandag deur die Schweizer-Reneke-streekshof aan voormalige ANC-parlementslid, me. Mapule Veronica Mafolo en haar medebeskuldigde, mnr. Thabo Freddy Phutiyagae, opgelê is.

Die twee is skuldig bevind aan veediefstal.

Hulle het in Januarie 2018 twee Bonsmara- kalwers op ‘n plaas in Schweizer-Reneke gesteel. Die boer het twee kalwers vermis opgemerk en sy broer versoek om ‘n saak van veediefstal by die SAPD te open. Die boer is later na die Vryburg Veilingskraal ontbied, waar hy sy vermiste kalwers suksesvol uitgeken het. Die saak is ondersoek en bewyse het toe gelei tot die arrestasie van die veroordeelde paar. In Desember 2022 is Sibusiso Thamaga, ANC-raadslid van Ditsobotla, saam met twee medepligtiges gearresteer omdat hulle na bewering 24 skape in Bakerville gesteel het. In hierdie saak is borgtog toegestaan, die saak was voor die hof, maar ANC-raadslid Thamaga diens steeds in die Ditsobotla-raad! Veediefstal

is ‘n groot kriminele plaag in Noordwes wat kommersiële- en bestaansboere van hul vee beroof. Dat ‘n voormalige ANC parlementslid en ‘n huidige dienende raadslid hulself by hierdie soort misdadigheid kan betrek ten spyte van hul ampseed om die Grondwet te handhaaf en te bevorder, om die regte van alle Suid-Afrikaners te dien, te beskerm en te koester, is ‘n absolute skande. Veediefstal is ‘n onderaangemelde misdaad aangesien dit gewoonlik moeilik is om te bewys, veral as die diere geslag of na

‘n ander provinsie vervoer word, asook die gebrek aan kapasiteit deur die SAPD om sake suksesvol te ondersoek weens hulpbron- en mannekragtekorte en die afwesigheid van doeltreffende landelike veiligheidseenhede wat hierdie misdade kan verhoed.

Tronkstraf verwelkom vir voormalige ANC-LP

Crime Round Up: Itsoseng

The Itsoseng Police arrested a 23 year-old man for the possession of suspected stolen property. The police received a tip-off and found the suspect with the items. It consisted of a generator, tablet, key board, laptop bag and office telephone among others. The items belonged to the Tau Rapulana School at Bodibe, and was identified by the school principal.

The Itsoseng Police arrested a 41 year- old man for theft of Church chairs. One of the congregation alerted the Pastor that the suspect was trying to sell chairs. They followed the information and the police arrested the suspect. The 26 chairs were recovered.

NOORDWESTER – LICHTENBURG –The South African Reserve Bank (SARB) has released the upgraded series of banknotes and coins, which are expected to go into circulation from this week.

“New” money for South Africa

According to the bank, the upgraded notes and coins have enhanced security features and new designs. While the banknote designs will remain largely similar to that of old, with an enhanced look and feel, the coinage has the most significant changes, now boasting ecologically inspired designs.

“The banknotes continue to pay tribute to South Africa’s first democratically elected President, Nelson Mandela, with his portrait retained on the front of the banknotes, while the Big 5 animals are now illustrated as a family on the back.

“We also celebrate our constitutional democracy, with the preamble to the South African Constitution printed in microtext around Madiba’s portrait and the country’s flag featured on the front and the back of the banknotes.

“The theme of the coin series is ‘Deep ecology’, which acknowledges the interconnectedness of living organisms as an integral part of the environment. These themes are depicted by our fauna and flora

on the coin,” the SARB said.

“In general, banknotes are refreshed in intervals of six to eight years and coins in intervals of 20 to 30 years. In South Africa, the current Mandela banknote series was issued in 2012 and a commemorative series of banknotes was issued in 2018.

The current coin series was issued in 1989. “The SARB does not demonetise its currency.

All previously issued circulation banknotes and coins can be used as a means of trade together with the upgraded banknotes and coin. All circulation currency maintains its face value.

“Members of the public are encouraged

to familiarise themselves with the upgraded

banknotes and coins and to use the look,

feel and tilt method to authenticate

their currency. Changes to the upgraded

banknotes and coins are available on the

SARB website and the SARB Currency

App, which is available on the Apple

iStore and the Google Play Store,” the

SARB said. SAnews.gov.za

(4)

Die stappers van die Stap-Lichtvoetslaanklub in Lichtenburg het verlede naweek se Hakboslaagte Eco Challenge baie geniet en die 5km staproete meegemaak. Stappers, Terence, Albert, Carolina, Ignatius en Günther was dit eens dat die roete deur plaaspaaie, bloekombos, verby ‘n pragtige dam en grasvelde ‘n belewenis was. Wolke het saamgepak, maar stappers het nie natgereën nie.

Lichtenburgers kan regtig hierdie geleentheid op hul kalender merk en uitvind of jy hou van stap al dan nie. Deur te stap maak al jou sintuie oop vir die natuur. Stappers kon na die roete heerlik smul aan watertand eetgoed en yskoue bier!

VLU Zoetmelksvlei word fiks in die swembad

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Gesondheid is vir ons almal van groot belang, en fiksheid is ‘n belangrike aspek daarvan. In April het die dames van VLU Zoetmelksvlei-tak die studierigting Gesondheid bestudeer.

Die dames van Zoetmelksvlei besig met water aerobiese oefeninge, hulle het hulself gate uit geniet!

Hakboslaagte staproete was uit die boeke

Grootpan VLU vier Paasfees

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Joh. 3:16 – ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’

Grootpan VLU se vergadering het plaasgevind op 14 April by die NWK Grootpan Boeresaal. Die vergadering is in die vorm van

‘n braai gehou en Azel Blignaut het geopen.

Elke dame het ‘n klip ontvang om te verf in die Paasfeestema. Almal het heerlik saamgekuier by die geleentheid. Baie dankie vir almal wat teenwoordig was. Die volgende vergadering vind is 13 Mei. Vir meer inligting skakel gerus

vir Azel by 0833024722. Grootpan VLU-dames tydens die Paasfees vergadering was Sonica Neethling, Ria Marais, Adri du Preez, Azel Blignaut, Marié Joubert en Rosette du Toit.

Na die gebruiklike kort vergadering en ‘n versterking van heerlike sop en broodjies, is die swembad aangedurf vir ‘n klas in aerobiese oefeninge in die water. Elmie Fourie van Fishdom Swemskool het tyd gemaak in haar besige skedule om die klas aan te bied. Die oefeninge was so gestruktureer dat dit elkeen se vlak van fiksheid gepas het, en die dames het agtergekom dat ‘n mens hieraan kan deelneem selfs in jou tagtigerjare! Die water was heerlik

warm en aangesien daar nie impak op die gewrigte is nie,

kan mense wat nie ander vorms van oefening kan doen

nie, aan water aerobiese oefeninge deelneem. Tussen

die oefeninge deur het almal mekaar aangemoedig en

gelag en pret gehad. Hierdie samesyn en geleenthede

om nuwe dinge te ervaar is van die voordele wat by die

VLU Zoetmelksvleitak gebied word. Vir meer inligting

kan Magriet gekontak word by 0827001042.

(5)

The Thusanang Trauma Centre conducted an awareness campaign on 5 May at the 4 Ways Shell Garage in Lichtenburg on the prevention of Gender Based Violence and Femicide. They were joined by different stakeholders such as Lichtenburg SAPS, New Beginnings Support Group, Community Policing Forum (CPF), National Prosecuting Authority (NPA) and the Reakgona Drug Support Group. On the photo are Natasha Nthutang, Christina Pretorius, Carlos Mereyotlhe, Lilian, Gert Mothobi, Akanang Mashobane and Thapelo Motlhaoleng. The aim of the day was to educate the community on the high instances of murder, domestic violence, suicide and other crimes in the area of Lichtenburg.

Local awareness campaign a success

School safety campaign held

NOORDWESTER – BIESIESVLEI - On Friday, 5 May the police of Biesiesvlei in partnership with the Community Police Forum (CPF) and the Community in Blue Patrollers visited Klippan Primary school.

The purpose of the visit was to educate learners about Sexual Offences and Bullying. The Deputy School Principal, Mrs. Makgalemela welcomed everyone present at the gathering, followed by Mr Dinana the CPF Chairperson who outlined the purpose of the event. Sgt Setlhare, the Communication Officer presented on sexual offences and Warrant Officer Mogapi, the Visible Policing Commander made a presentation on

bullying. Learners were granted an opportunity to engage with the presenters by asking questions and making comments. In conclusion, the Community in Blue Patrollers distributed promotional and informative material to learners of Grade R to 7. The Station Commander, Captain Mahube, who formed part of the event, extended her gratitude to all role players and stakeholders as she gave the vote of thanks.

On the photos are the Grade 1 and grade 7 classes with the promotional materials – colouring books and branded lanyards they received from the stakeholders.

Skenkings maak kragopwekker moontlik

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hoërskool Lichtenburg moes uiteindelik ook swig voor die druk om ‘n kragopwekker aan te skaf aangesien die onophoudelike beurtkrag veroorsaak dat die skool glad nie kan funksioneer sonder deurlopende elektrisiteit nie.

Die skoolhoof en Beheerliggaam het reeds verskeie ondersoeke geloods en ook baie navorsing gedoen oor alternatiewe kragbronne.

Ten einde laaste is besluit om ‘n kragopwekker aan te koop, aangesien die alternatiewe opsies eenvoudig te duur is. Die skool kon egter nie hierdie projek alleen aanpak nie en daarom is die skoolgemeenskap ongelooflik dankbaar dat die Liggiebond en die Matriekklas van 1982 onderskeidelik R100 000 en R30 860 geskenk het om die aankoop van die kragopwekker moontlik te maak. Fase 1 (om die skool en koshuise te koppel) is nou afgehandel. Fase 2 behels om ‘n lang kabel aan te lê sodat al die tydelike klasse, paweljoen en gymnasium ook krag sal hê. Ongelukkig lê hierdie fasiliteite op ‘n ander kraglyn en dit gaan ongeveer R200 000 kos. Die Matriekklas van 1982 daag dan ook al die ander jaargroepe uit om hul donasie te ewenaar of te verbeter. Kontak gerus die hoof op sy e-pos: [email protected] indien die uitdaging aanvaar word. Die skool se leuse is tog immers: “Daar’s ‘n stryd te stry, daar’s werk!”

Die LiggieBond, verteenwoordig deur Rhode en Bennie Snyman het ‘n tjek aan die hoof van Hoërskool Lichtenburg, mnr. Dawie Mathee geskenk vir die aankoop van ‘n kragopwekker vir die skool.

Hoërskool Lichtenburg se Klas van 1982 het ‘n mooi

bedrag aan die skool geskenk wat aangewend word

vir ‘n kragopwekker. Op die foto oorhandig Lizette

Cloete die tjek aan die hoof, mnr. Dawie Mathee.

(6)

Klasfoto van matrieks van 1982.

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Gedurende die naweek van 14 tot 16 Oktober het die Klas van 1982 van Hoërskool Lichtenburg hulle 40 jaar reünie by die Hoërskool Lichtenburg gehou.

Die naweek se tema was “Herontmoet, herleef....kom ons vier die lewe”.

Die Vrydagaand was beslis ‘n herontmoeting waar gesigte by name gevoeg is, tydens ‘n informele braai. Die Saterdag is die skool verken om alles wat verander het te besigtig, daarna was dit vir meeste die hoogtepunt van die naweek toe die immer-gewilde Mnr. Potgieter weer vir die groep “klas gegee het” in sy ou klas van 1982.

Baie verhale en gebeure is daar gedeel tot groot vermaak van die hele groep. Die Saterdag is gesellig saam met Mnr.

Potgieter by die Aanhouwen Koshuis gebraai. Saterdagaand was die dinee en by hierdie geleentheid is fondse ingesamel vir die skool se kragopwekker. ‘n Bedrag van R30 860 is aan die skool geskenk om te help met die voortslepende inpak van beurtkrag by die skool. Die Klas van ‘82 daag ander jaargroepe uit om ook ’n finansiële bydrae te maak vir hierdie doel.

Die Sondagoggend is daar by die Aanhouwen Koshuis ontbyt geëet waarna die naweek met ’n kerkdiens afgesluit is.

Die groep het baie lekker gekuier en uitmekaar gegaan met beloftes van nog kuiers en hernieude vriendskappe.

Mnr. Pottie aan die klasgee. Zet Cloete van RGB Printers oorhandig die tjek aan die skoolhoof Mnr. Dawie Mathee namens haar medeklasmaats van 1982.

Klas van 1982 hou reünie

(7)

Afslag-tariewe slegs vir plaaslike, kleiner besighede asook splinternuwe aanbod vir restaurante, wegneem-etes, koffiehuise, pubs ens.

NOORDWESTER - LICHTEN- BURG -- Bedryf jy ‘n eenmansaak of klein besig-

heid in die fisiese verspreidingsgebied van die Noordwester? Ons kan help met advertensietariewe wat nét op kleiner ondernemings van toepassing is asook Bon Apetit, wat restaurante, weg- neemetes, koffiehuise ens

bevoordeel.

Kontak gerus ons advertensieverteenwoordi-

ger om

meer hieroor uit te vind.

Stefan Coetzer 067 006 2019, [email protected] * Neem kennis:

Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings

uit.

(8)

23

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

17A VERVOER TRANSPORT

17

VOERTUIE TE KOOP VEHICLES FOR SALE

16 TE KOOP GEVRA

WANTED 15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE

14 BESIGHEDE TE KOOP BUSINESSES FOR SALE

13

PLOTTE/PLASE TE KOOP PLOTS/FARMS FOR SALE

8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION

8

ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE

6

WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET 3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED 2

BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT 1

PERSOONLIK PERSONAL

19 WOONWAENS

CARAVANS

Wenke vir Geklassifi seerde

Advertensies

1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.

2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.

3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.

4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.

5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27

“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.

6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.

WARNING

ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:

• Loans and fi nancing

• Hire purchase problems / Transfer of installments

• Business opportunities

• Investments

• The fi lling of envelopes

• Work at home

• Earn extra money

• Business propositions

• Part-time work

PROHIBITED:

Use of the following words in abovementioned

advertisements are prohibited:

*No Credit Checks required

*Blacklisted clients welcome

*Free Credit etc.

MUST contain the following information in

the advertisement:

Telephone number Street address Name of person and/or

business.

These are the requirements and NO exceptions will be made.

All advertisements are placed with the approval

of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.

However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they

are doing business.

** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.

** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.

WAARSKUWING! Die meneer wat kort kort gif in my erf gooi tot tussen my groente word ver- soekom dit onmiddellik te staak.

Ek moes dit alles by die asgate aan die brand gaan steek het.

Gif vir ontleding gestuur. Om ook onmiddellik die dophou en foto’s van my huis te neem soos Vrydagmiddag tussen 16:00 en 17:00 2023/05/05 te staak.

---82752 12/6-26/5 WAARSKUWING! Ek wil weet by diegene wat kragbedrading doen en ook ‘n sertifikaat uitreik dat dit veilig is waarom hang ele- ktriese drade in my erf? As een van my gesinslede of vriende en hulle kinders deur die krag doodgeskok word het u en die eienaar groot probleme.

--- 82753 12/5 MKHULU Jamal & Son: I help people with the following: - Legs problem and penis enlargement 1-7 cm. Bring you love back in 24 hours only. To get a baby and make someone to love you a lot in 9 hours. To protect your stuff’s or belongings. Libilo. Boost your business. Promotion at your work. To take off unwanted per- son in 2 days. Lucky charms.

To be liked at work. To abort pregnancy. To get a new job. To give a power to the pastors. To get a good lucky. Sugar diabe- tes, short breath and high blood pressure. Swalowed body. To make a man strong to perform many times a night. To make a vagina very tight, sweet en enjoyable. To chase unwanted peole and tokoloshi away. To finish unfinished job completely for free. My muti has no side ef- fects!!! Whatsapp at 073 489 8745 or call at 063 207 6878.

--- 57371 12/5 ALLEEN EN EENSAAM? Chris- ten Enkellopendes! Ontmoet jou lewensmaat! Laat ons help!

Skakel Lenie by 082 491 7845 --- Website 12/5 SIELKUNDIGE Berader/Psy- chological Counsellor. Call Nay- lin Coombe on 072 595 0835 or email

[email protected] --- Website 12/5

SKERP

Noord wester

ADMIN staff required in Lichten- burg and Zeerust: for admin/

branch management work for a delivery business in Zeerust.

Must have: matric certificate - pass, post matric qualification, a degree/diploma would be ad- vantageous, CV with at least 3 years work experience and ref- erences, qualifications to be pro- vided. Own car will be advanta- geous. Driver’s required: Zeerust area: drivers required for deliv- ery business in Mafikeng, driv- ers must have valid motorbike / car license, proof of residence, roadworthy certificate, with own motorbike/car, motorbike/car registration/renewal documents, motorbike/car disc, ID/ asylum/

passport and work permit and pass a criminal check, drivers will be on an independent con- tract basis. Bike owner operators are also welcome (must source their own drivers). Operators will be on an independent con- tractor basis. All copies must be certified. Drivers/bike owner operators must be available to start immediately. Kindly submit/

send all enquiries to 087 106 8231, 063 108 8566, mafikeng@

takealot.com.

--- 82725 5/5-21/7 POS beskikbaar vir semi-skilled ambagsman by Algemen Staal- werke. Email - wernerhall- [email protected] Kontak nr:

071 600 9104.

---82761 12/5-19/5

DRIVERS required: Zeerust/

Mafikeng area: Drivers re- quired for delivery business in Mafikeng, drivers must have valid motorbike / car license, proof of residence, roadworthy certificate, with own motorbike/

car, motorbike/car registration/

renewal documents, motorbike/

car disc, ID/asylum/ passport and work permit and pass a criminal check, drivers will be on an independent contract basis.

Bike owner operators are also welcome (must source their own drivers). Operators will be on an independent contractor basis. All copies must be certified. Driv- ers/ bike owner operators must be available to start immediately.

Kindly submit/ send all enquiries to 087 106 8231, 063 108 8566;

[email protected] ---56209 10/3-26/5

SANNAH Kujane is opsoek na werk, huiswerk of kinders oppas.

078 982 5991.

--- 82740 12/5 JOHANNA is looking for do- mestic work. Full-time or part- time.078 508 8256.

--- 82747 12/7 ELSIE vra skoonmaak werk.

Maandag tot Vrydag. Huurnom- mer 063 033 9910.

--- 82748 12/5 JOSEPHINE is looking for work.

Full-time or part-time. Her num- ber 083 540 8459.

--- 82749 12/5 ELIZABETH is looking for do- mestic or nanny work. Part-time or full-time. 079 735 2755.

--- 82751 12/5 ROSE Masike vra werk in die huis. Haar nommer is 078 707 5770.

--- 82754 12/5 SOPHY abs huis skoonmaak werk en kinders oppas. Haar nommer is 078 952 7928.

--- 82760 12/5 SIZWE Boyi is looking for work her details 078 834 7935. Do- mestic work.

--- 82766 12/5 LENAH Mkino is op soek na eni- ge huiswerk. Haar kontaknom- mer is 072 925 4601.

--- 82762 12/5

1X Large Bedroom Flatlet with courtyard situated in ROOI- GROND. Clean, Safe and se- cure. R3995. Contact 072 011 5798

--- Website 12/5

PAINTBALL GAMES and Tar- get SHOOTING.ROOIGROND.

Gokart Rides and Pedal Karts.

Book by Appointment. Contact Laure 082 968 7632

--- Website 125

LICHTENBURG Vakansie-oord.

Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.

Tel 018 632 5826.

Sel 082 543 3326.

---82636 24/3-29/9 WOONSTEL te huur in Burg- ersdorp. 1 slaapkamer. Maksi- mum 2 persone. Geen diere.

Koopkrag. Huur: R2800 per maand, water ingesluit. Deposi- to: R2800. Kontak Roger:

084 5822584/0725160356.

--- Website 12/5 2 BEDROOM, 2-bathroom thatch roof apartment to let near Laerskool Lichtenburg, avail- able from 1 Jun 2023. Walking distance to the school, SPAR, Shoprite, and the central busi- ness district. No pets allowed.

Rent is R6750. Water & Lights excluded. Contact owner on 079 523 5935.

--- Website 12/5 1X LARGE Bedroom Flatlet with courtyard in ROOIGROND.

Clean, Safe and seure. R3 995.

Contact 0720115798 --- Website 12/5

PLASE te koop: Hennie Wille Estates 082 460 8376.

--- 81248 20/1-22/12

URGENT sale. Butchery, super- market, take-away, ice-cream business. Owner relocating.

Phone 065 529 0694.

--- Website T/C SUPERMARKET FOR SALE.

SANNIESHOF - R1.5M PLUS STOCK - 082 378 2010 --- Website 12/5

KOELKAMER te koop, yskamer te koop, kantoorspasies te huur, klein koffie shop gedeelte te huur 082 490 6025.

--- 82767 12/5

2000 - 2010 Betroubare, netjiese enkelkajuit, een tonner bakkie in goeie, lopende toestand te koop gevra. Verkieslik met dieselenjin.

Registrasiepapiere in plek en padwaardig. Prys R40 000 - R45 000 (kontant). Skakel 071 606 1701.

---N/C 12/5

ONS koop & verkoop enige mo- tors, bakkies, “quad bikes” of karavane, lopend of nie-lopend.

Johan 072 412 3107.

--- 57372 12/5

COUNTRYWIDE furniture re- movals as well as any other type of goods, GIT included. Johan 079 892 3043

--- Website 12/5

SPRITE Sport Karavaan te koop. Uitstekende kondisie.

Prys: R40, 000. Kontak Roger:

0845822584/0725160356.

--- Website 12/5

G & R Kombuise Inboukaste.

(Sedert 1994). Andries Mareestr.

6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates.

--- 82473 AC/TC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224-6708.

---42788 10/9 AC/TC WENDY House 2.4 x 2.4 = R6 500. 2.3 x 2.3 = R5 500. 3 x 3

= R7 500. 3 x 4 = R8 500. 3 x 6 = R10 500 = 4 x 6 = R16 500.

We do all sizes, big or small.

Whatsapp 072 472 2067, 079 135 8138.

--- 51360 5/5-12/5 GOKART Rides and Paintball Games, TEAM Building ac- tivities. Phoenix Race Track.

Situated in Rooigrond. PHIL 083 7508142

--- Website 12/5 TUINDIENSTE vir n gratis kwo- tasie maandeliks of eenmalig skakel Julie 064 898 7662 of Christo 083 462 3835 --- Website 12/5

NOTICE. IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT LICHTENBRG. Case Number: 620/21. In the case between: RIAAN VAN DER MERWE EXECUTION CREDI- TOR and DITSOBOTLA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT EXECU- TION DEBTOR. NOTICE OF SALE ON EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSUANT to a judg- ment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 01 Septem- ber 2022 the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by public auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, LICHTENBURG, 2740 by the Sheriff for the Magistrates Court, to the highest bidder for cash. Goods offered for sale are: 1 X ISUZU BAKKIE REG NR: FRN 237 NW, 1 X TATA TRUCK REG NR: HPM 768 NW. SIGNED at LICHTENBURG on the 6TH day of APRIL 2023.

SHERIFF OF THE COURT. (SGD) Josh Shunmugam, ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR, VAN BREDA & HERBST INC, p/a 24 Buchanan Street, Lichtenburg, 2740, Tel: 018-632 7200, Email:

[email protected]. Ref: MAT97660. File No: VA989.

--- K1 12/5 NOTIC. IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT LICHTENBURG. Case Number: 371/20.

In the case between: JEANDRY TILEY EXECUTION CREDITOR and DITSOBOTLA LOCAL MUNICIPALITY EXECUTION DEBTOR.

NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSUANT to a judgment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 28 September 2021, the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by public auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, (OLD MELPRO BUILDING) LICHTENBURG by the Sheriff for the Magis- trates Court, LICHTENBURG to the highest bidder for cash. Goods offered for sale are: 1 X NISSAN ALMERA REG NO: DZM 460 NW, 1 X NISSAN NP200 BAKKIE REG NO: HPG 435 NW, 1 X FORD BAKKIE REG NO: CFR 693 NW, 1 X TRAILER REG NO: CFR 587 NW, 1 X DIESEL TRAILOR REG NO: HNS 176 NW. SIGNED at LICHTENBURG on the 6TH day of April 2023. SHERIFF OF THE COURT. (SGD) Josh Shunmugam, ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR, VAN BREDA & HERBST INC., p/a 24 Buchanan Street, Lichtenburg, 2740, Tel: 018-632 7200. Email: [email protected].

Ref: MAT84482, File No: VA917.

--- K2 12/5 NOTICE. IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT ITSOSENG. Case Number: 161/2021.

In the case between: OBAKENG ONKARABILE MOGAPI EX- ECUTION CREDITOR and DITSOBOTLA LOCAL MUNICIPALITY EXECUTION DEBTOR. NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSU- ANT to a judgment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 28 September 2021, the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by public auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, (OLD MELPRO BUILDING) LICHTENBURG by the Sheriff for the Magistrates Court, LICHTENBURG to the highest bid- der for cash. Goods offered for sale are: 1 X NISSAN NP300 REG NO: HPB 098 NW, 1 X NISSAN NP300 REG NO: HNZ 109 NW, 1 X ISUZU BAKKIE REG NO: CFR 558 NW. SIGNED at LICHTEN- BHURG on the 2ND day of May 2023. SHERIFF OF THE COURT.

(SGD) Josh Shunmugam, ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDI- TOR, VAN BREDA & HERBST INC., p/a 24 Buchanan Street, Li- chtenburg, 2740, Tel: 018-632 720. Email: [email protected]. Ref:

MAT98538. File No: VA984.

--- K3 12/5

NOTICE. IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT LICHTENBURG. Case Number: 706/22. In the case between: HENDRIK ESTERHUIZEN EXECUTION CREDITOR and DITSOBOTLA LOCAL MUNICIPALITY EXECUTION DEBTOR.

NOTICE OF SALE IN EXECUTION MOVABLE PROPERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSUANT to a judgment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 11 January 2023 the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by public auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, LICHTENBURG, 2740 by the Sher- iff for the Magistrates Court, to the highest bidder for cash. Goods of- fered for sale are: 1 X TRAILOR REG NR: HPM 775 NW, 1 X NISSAN NP200 BAKKIE REG NR: HPG 435 NW, 1 X FORD BAKKIE REG NR:

CFR 693 NW. SIGNED at LICHTENBURG on the 6TH day of APRIL 2023. SHERIFF OF THE COURT. (SGD) Mobic Krugell, ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR, VAN BREDA & HERBST INC., p/a 24 Buchanan Street, Lichtenburg, 2740, Tel: 018-632 7200, Email: Kru- [email protected]. Ref: MAT108556, File No: VA1017.

--- K4 12/5 NOTICE IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT LICHTENBURG. Case Number: 707/22 In the case between: DOUBLELINES IT PROJECTS CC EXECUTION CREDITOR and DITSOBOTLA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT EX- ECUTION DEBTOR. NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOV- ABLE PROPERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSUANT to a judgment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 13 January 2023 the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by public auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, LICHTEN- BURG, 2740 by the Sheriff for the Magistrates Court, to the highest bidder for cash. Goods offered for sale are: 1 X TOYOTA YARIS REG NR: HNZ 751 NW, 1 X TOYOTA BAKKIE REG NR: DRW 579 NW, 1 X NISSAN NP300 BAKKIE REG NR: HNZ 109 NW, 1 X NISSAN NP300 BAKKIE REG NR: HNZ 546 NW, 1 X NISSAN ALMERA REG NR: DZM 460 NW. SIGNED at LICHTENBURG on the 6TH day of APRIL 2023.

SHERIFF OF THE COURT. (sgd) Lene Coetzee. ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR. VAN BREDA & HERBST INC p/a 24 Bu- chanan Street Lichtenburg, 2740. Tel: 018 632 7200 Email: joshs@

legalinc.co.za Ref: MAT106571 File No: VA1016

--- K5 12/5 NOTICE IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF DITSOBOTLA HELD AT LICHTENBURG. Case Number: 364/22 In the case between: NGOAKO CAREL MOLOTO EXECUTION CREDI- TOR and DITSOBOTLA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT EXECUTION DEBTOR. NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROP- ERTY BY WAY OF PUBLIC AUCTION. PURSUANT to a judgment of the Magistrate Court LICHTENBURG given on 19 September 2022 the undermentioned goods will be sold at 10:00 on 31 MAY 2023 by pub- lic auction to be held at 3 BEYERS NAUDE DRIVE, LICHTENBURG, 2740 by the Sheriff for the Magistrates Court, to the highest bidder for cash. Goods offered for sale are: 1 X NISSAN NP300 BAKKIE REG NI: HPB 089 NW, 1 X ISUZU BAKKIE REG NR: CFR 692 NW, 1 X NISSAN NP300 BAKKIE REG NR: HNZ 546 NW, 1 X FORD BAKKIE REG NR: CFR 693 NW, 1 X CHANA TRUCK REG NR: FXM 895 NW, 1 X ISUZU BAKKIE REGNR: CFR 556 NW. SIGNED at LICHTENBURG on the 6TH day of APRIL 2023. SHERIFF OF THE COURT. (sgd) Lene Coetzee. ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR. VAN BREDA &

HERBST INC p/a 24 Buchanan Street Lichtenburg, 2740 Tel: 018 632 7200 Email: [email protected] Ref: MAT102348 File No: VA1008 --- K6 12/5 NOTICE. FORM JJJ. LOST OR DESTROYED DEED. Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of DEED OF TRANS- FER ST22235/2019 passed by CORNE DE KLERK Identity Number 860128 5056 08 8 And BETTIE DE KLERK Identity Number 860415 0045 08 7 Married in community of property to each other in favour of METSWEDI AQUA (PTY) LTD Registration Number 2015/442181/07 the following property, namely- A Unit consisting of (a) Section No. 9 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS 500/2006 in the scheme known as JUWICO PARK in respect of the land and build- ing or buildings situated at ERF 2026 LICHTENBURG TOWNSHIP, Lo- cal Authority: DITSOBOTLA LOCAL MUNICIPALITY, of which section the floor area, according to the said sectional plan is 91 (Ninety One) square metres in extent and (b) An undivided share in the common property in the scheme apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan.

HELD BY Deed of Transfer Number ST 22235/2019 which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Pretoria within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Lichtenburg this 10th day of May 2022. (sgd) Applicant; Jan Buscop Attorneys; Address: 10 CHARL ROAD, LICHTENBURG, 2740; E-mail address: [email protected];

Contact number : 087 265 9497.

--- K7 12/5 NOTICE. IN THE REGIONAL COURT FOR THE REGIONAL DIVI- SION Of NORTH WEST HELD AT LICHTENBURG. CASE NO:NWL/

LTX/RC29/2023. In the matter between: DVR ELECTRICAL SERVIC- ES (PTY) LTD EXECUTION CREDITOR And BETHEL HIGH SCHOOL EXECUTION DEBTOR. NOTICE OF SALE IN EXECUTION. PURSU- ANT to a judgment by the magistrate LICHTENBURG NORTH WEST given on the 10TH DAY OF MARCH 2023 the under-mentioned prop- erty will be sold on the 31st MAY 2023 by public auction to be held at FRIEDMAN DIESEL AT 144 THABO MBEKI STREET LICHTEN- BURG, by the Sheriff for the Magistrates Court of LlCHTENBURG MAGISTRATE to the highest bidder for cash, namely: The proper- ties to be sold is: 1. TOYOTA QUANTUM REGISTRATION NUMBER:

JCF96NW; 2. NISSAN INTERSTAR REGISTRATION NUMBER: HB- S426NW; 3. TATA BUS REGISTARTION NUMBER: FTL115NW; 4.

FIAT TRACTOR (640) NO REGISTRATION; 5. MASSEY FERGUSON TRACTOR NO REGISTRATION NUMBER; 6. TRAILOR NO REGIS- TRATION NUMBER. Terms: The most important conditions therein is:

DATED AT LICHTENBURG THIS 9 DAY OF MAY 2023. SHERIFF OF THE COURT. (sgd) ATTORNEYS FOR EXECUTION CREDITOR; GPI HOTTIE ATTORNEYS; 24 UECKERMAN STREET; ESLIN BUILD- ING; HEIDELBERG, 1438; TEL: 016 349 1863; EMAIL: apihottie@

outlook.com; REF: MR HOTTIE/R1834/22. 24 BUCHANAN STREET;

LICHTENBURG, 2477.

--- K8 12/5

(9)

Baie geluk aan Hoërskool Lichtenburg se netbalmeisies wat opgeneem is in die Noordwes

Netbalspanne. Hulle is Suhail Elliford (o/15), Njabulo Mdluli (o/16), Zandri Terbalnche (0/18), Vicky Botes (o/17), Cherezan Goliath (o/14) en Kumo Totong (o/14). Afwesig: Natalie Zitha (o/16).

Noordwes netbalspeelsters

NOORDWESTER – COLIGNY – Op 21 Mei kan die kontrei se mense mekaar ontmoet by die NG Moedergemeente in Coligny vir ‘n watertand-ete ten bate van Najaarsrus Versorgingsoord.

Daar kan julle heerlik saamkuier en eet in die kerksaal.

Kaartjies beloop slegs R200 per persoon vir volwassenes en hoërskoolkinders, R100 per persoon vir laerskoolkinders en R50 per persoon vir voorskoolse kinders.

Kaartjies is beskikbaar by Lerica en haar telefoonnommer is 0825616137.

Skakel haar om jou sitplek te verseker!

Daar word op 27 Mei ‘n veiling van algemene items gehou by die Najaarsrus Versorgingsoord.

Die publiek is welkom om ook items daar te verkoop en 10% kommissie aan Najaarsrus af te staan.

Heerlike verversings sal ook op die dag te koop aangebied word, gaan kuier gerus saam.

Vir enige navrae kan Lerica geskakel word op bogenoemde nommer.

Moenie die geleenthede

misloop nie Gholfdag ten bate van Najaarsrus

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Najaarsrus Versorgingsoord in Coligny bied weer hierdie jaar op 8 Junie ‘n golfdag aan om die fondse van Najaarsrus aan te vul.

Die poging sal Najaarsrus se bestuur in staat stel om voort te gaan met die werk wat hul in Coligny doen met die uitreik na en versorging van die gemeenskap se senior mense en ook om van die inwoners te subsidieër met hulle verblyf.

Die bestuur kan met groot dankbaarheid bevestig dat die ATKV besluit het om hiedie jaar vir Najaarsrus te benoem as begunstigde organisasie vir hulle golfdag en daarom is gevolglik besluit om in stede van twee afsonderlike dae, een golfdag te hou en dit groter aan te bied met meer spelers, meer pryse en gevolglik meer blootstelling vir goedgunstige en getroue borge.

Die bestuur van Najaarsrus wil hiermee graag ‘n versoek tot die gemeenskap rig om betrokke te raak by die golfdag deur hetsy ‘n putjie te borg, pryse te skenk of enige donasie te gee wat sal bydra tot die sukses van hierdie geleentheid.

Die volgende opsies is beskikbaar vir die borg van n putjie:

• Putjie Nr. 9 se setperk: R5000 welke bedrag insluit die speelfooi van 4 spelers vir die dag asook die ete vir die spelers na afloop van die prysuitdeling.

• Putjie Nr. 1 se bof: R5000 welke bedrag insluit die speelfooie van 4 spelers vir die dag asook die ete vir die spelers na afloop van die prysuitdeling.

• Putjie Nr. 2,3,4,5,6,7 en 8 se bof of setperk: R2500 welke bedrag ook insluit die speelfooie van 4 spelers vir die dag asook die ete na afloop van die prysuitdeling.

Indien ‘n putjie geborg word is u ook geregtig om u bemarkings materiaal op die betrokke putjie aan te bring op die plekke wat aangedui sal word waar dit nie op die ruimte van die speelveld inbreuk maak nie.

Verder is u ook welkom, maar nie verplig nie, om die betrokke putjie wat u borg, te beman hetsy met gepaardgaande versnapperinge of daarsonder, vir persoonlike interaksie met die spelers.

Indien u nie u weg oopsien om n putjie te

borg nie, is enige vorm van donasie, hetsy

in die vorm van pryse of kontant ook baie

welkom en sal enige borg se bydrae ook in

hierdie vorm, uitgelig word. Enige navrae in

verband met die gholfdag kan gerig word aan

Manuel Menezi by 0828563490.

(10)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraai-wenner van 28/4

was MARLIZE LOURENS van Bandjesstraat, Lichtenburg. Die

wenner van Sudoku #710 was HILDA ANTONIO QUENTE van

Transvaalstraat, Lichtenburg.

Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Bantjesstraat, Lichtenburg af met identifikasie van uself. Moenie vergeet

dat ons kantore op ‘n Vrydag om 12:00 sluit nie!

Die Coligny Biblioteek-personeel bedank graag vir Laerskool Coligny en die anonieme skenker wat hulle na afloop van die Boekedag bederf het met heerlike pizza’s vanaf die plaaslike Hotel. Op die foto bo is Mandie Rademeyer, Vanessa, Henriët van Loggerenberg en Lourens Maghlonoko.

Martina Anna Catharina van der Walt (95) is oorlede op 2 Mei 2023. Haar begrafnis het op 10 Mei 2023 vanuit

die Gereformeerde Kerk, Zeerust plaasgevind. Dr. Minie het die diens

waargeneem en sy is in die Zeerust Begraafplaas te ruste gelê. Ruhet begrafnisdienste was in beheer van

die reëlings.

Personeel getrakteer met pizza’s

(11)

Laerskool Coligny se Top 5 akademiese presteerders vir kwartaal 1 in Graad 4 is Richard Swartz, Bonolo Mosiatlhaga, Baratang Mkino, Rebaone Makgolo en Amantle Maretlwa.

Laerskool Coligny se Top 5 akademiese presteerders vir kwartaal 1 in Graad 5 is Anke Albrecht, Alif Sufi Kamal, Esmé Coetzee, Tlhalefang Mozima en Simoné van Wyk.

Laerskool Coligny se Top 5 akademiese presteerders vir kwartaal 1 in Graad 6 is Olerato Rasegoed, Cha-Cha-Lee Matsipe, Elizma Kemp, Maryka van der Merwe en Jessica Botha.

Laerskool Coligny se Top 5 akademiese presteerders vir kwartaal 1 in Graad 7 is Habib Nankya, Nathan Botha, Vernon Viljoen, Obotsana Moswetsi en Chrizaan Flemming.

Baie geluk aan Hoërskool Lichtenburg se Hokkiemeisies wat opgeneem is in die Noordwes Hokkiespanne. Op die foto is Rize Geldenhuys (o/14B), Esti Kriel (o/16B), Mienke Geldenhuys (o/16B), Dilane Olievier (o/16A), Leanet de Jager (o/14A), Omosa Phateda (o/14A) en Lmel Williams (o/14A).

Hokkiemeisies opgeneem in Noordwes-spanne

Baie geluk aan Laerskool Burgersdorp se netbal- en

rugbyspanne wat puik presteer het tydens verlede week se onderskeie wedstryde wat deur Laerskool Zeerust aangebied is.

Die skool is trots op elke speler. Op die foto’s is die o/8 en o/12-netbalspanne.

Laerskool Burgersdorp is baie trots op Asim Ahmad, Le Roux Badenhorst en Arno Blignaut wat opgeneem is in die Luiperds rugbyspan.

Baie geluk aan Stian Liebenberg, ‘n leerder van Laerskool Burgersdorp wat mooi presteer het tydens die motorfietswedren wat op 1 April 2023 gehou is. Hy het ‘n derde plek behaal en is ‘n lid van Africa Offroad Racing Club.

Die ‘band’ Katarsis bestaan uit Jano Meiring (hoofsanger), Heinrich Coetzer (drommer), Emile Blaauw (Kitaar) en Franko Olivier (Kitaar).

Die ‘band’ Suits bestaan uit (voor) John Kleynhans (drommer) en (agter) Miko Ferreira (hoofsanger), Anthony De Franca (kitaar), LJ Olivier (klavier) en Dourend Geldenhuys (kitaar).

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Twee van Hoërskool Lichtenburg se orkeste wat alreeds hul talente by die jaarlikse Skouspel-glansgeleentheid van die skool ten toon gestel het, is die afgelope week aangekondig as Top 10-finaliste in die GrootFM-kompetisie, “Battle of the bands.” Die skool wens albei orkeste baie sterkte toe vir die kompetisie en is trots op die leerders. Die gemeenskap van Lichtenburg is agter julle!

Twee ‘bands’

is Top 10 finaliste

Hartlik geluk Burgies

(12)

PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Lichtenburg Rugbyklub is op ‘n rol en verskeie wedstryde is die afgelope tyd gespeel.

Hulle het onlangs die span van Sannieshof met 35 – 20 geklop en verlede Saterdag het die span met 18 – 13 net-net teen Ventersdorp verloor.

Hierdie Saterdag, 13 Mei 2023 speel die klub teen NWU Mahikeng op dié span se tuisveld. Die tweede spanne skop om 13:30 af terwyl die eerste spanne om 15:30 sal uitdraf. Ondersteuners wat hul span vanaf Lichtenburg wil ondersteun word gevra om met die klub se bestuur in verbinding te tree aangesien name deurgegee moet word as gevolg van streng sekuriteit wat by die kampus gehandhaaf word.

Lichtenburg Rugbyklub speel op Saterdag, 20 Mei teen die span van Lonmin tuis. Kaartjies beloop R20 per persoon, en geen koelhouers sal op die perseel toegelaat word nie. Vir enige navrae en die bevestiging van bywoning van Mahikeng wedstryd, skakel Danie by 0848052484.

Die spelers en bestuur van die Lichtenburg Rugbyklub bedank graag vir M + J Motors vir hul pragtige nuwe truie waarmee hul op die foto pronk. Die manne lyk goed en sal met trots kan uitdraf teen hul volgende teënstanders.

Die Stap-Lichtvoetslaanklub het die naweek van 22 April 2023 in die Groblersdal/Loskopdam-omgewing gestap. Op die foto stop die stappers eers bietjie na ‘n lang opdraende om asem te skep. Op die plek waar hul gesit het was ‘n bordjie aangebring wat lees: “Dawid sit” -en toe sit die stappers. Hulle was bevoorreg om ‘n baie groot luislang te sien en At, een van die stappers se oog het ‘n verkleurmannetjie raakgesien; Die stappers het dit geniet om die karnallie in sy habitat te bewonder.

Stappers geniet staproete

Lichtenburg Rugbynuus

Evan Herbst van Laerskool Lichtenburg is ingesluit in die Noordwes o/13- rugbygroep waaruit die finale Noordwesspanne gekies gaan word.

Mooi

so

Evan

Referensi

Dokumen terkait