• Tidak ada hasil yang ditemukan

TRANSLATION – 1 page

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "TRANSLATION – 1 page"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

<*TRANSLATION – 1 page*>

OPSOMMING

Dit is nie ongewoon dat Christene daarvoor geblameer word dat hulle bydra tot die vernietiging van die omgewing nie – ʼn beskouing wat afkomstig is van die Bybelse voorskrif dat “die mens

heerskappy oor die aarde gegee is” (vgl Gen 1:28). Die huidige toestand waarin die omgewing verkeer dui daarop dat die mens inderdaad die aarde verniel het. Daar kan egter aangevoer word dat hebsug, gierigheid, materialisme, mededingendheid en kortsigtigheid, wat spesifieke menslike eienskappe is wat in konflik met God en met Christenskap is, hiertoe aanleiding gegee het. Die ware betekenis van die beginsel van “heerskappy oor die aarde” word boonop keer op keer misgekyk. Om heerskappy oor die aarde te hê beteken dat die mens die verantwoordelikheid het om God se verteenwoordigers op aarde te wees; om as Sy medeheersers te regeer of, anders gestel, as Sy toesighouers of bewaarders van Sy skepping op te tree. Daar word aangevoer dat rentmeesterskap van die omgewing ʼn dimensie van die Christelike rentmeesterskapsetos is wat eie aan die Christelike geloof is.

Hierdie artikel doen verslag oor navorsing wat onder predikante, dosente en studente van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika gedoen is. Die deelnemers is gevra om hul menings te gee oor Christelike rentmeesterskap as ʼn noodsaaklike komponent van hul rol as leiers en aspirantleiers in die kerk. Perspektiewe oor omgewingsrentmeesterskap as ʼn dimensie van die Christelike rentmeesterskapsetos is ook ondersoek. Die navorsing het getoon dat respondente eensgesind was ten opsigte van hul siening dat Christelike rentmeesterskap op die Bybel gegrond is en Bybelse mandaat het, en dat omgewingsrentmeesterskap deel is van daardie etos. Daar word egter nie na behore vir omgewingsrentmeesterskap voorsiening gemaak in die kerk se onderrig- en seminariese opleidingsprogramme nie. Hierdie artikel bestudeer respondente se sienings oor die bogenoemde en stel maniere voor waarop omgewingsrentmeesterskap versterk en bevorder kan word.

Sleutelbegrippe:

Christelike rentmeesterskap; omgewingsrentmeesterskap; omgewingsgeletterdheid; Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika

Referensi

Dokumen terkait

Indien ʼn vokaalletter a, e, i, o, u wat nie deel van ʼn diftong ofte wel ʼn tweeklank uitmaak nie, direk voor of ná ʼn diftong staan, word tussen die twee afgebreek, byvoorbeeld geys word

In hierdie verband gaan dit slegs om die feit dat hierdie sake geopper word wat tot die noodsaaklikheid van ’n vakfilosofiese beskouing van die Bedryfsieikunde aanleiding gee.. Die

In hierdie · ' ,- ondersoek word wel 10,533 woorde aangegee, maar vir die betrou- baarheid van die 7t403 woorde in die bylae veral kan die skrywer nie instaan nie, Daarvoor is, BOOS

H ay se a gt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe 3.8 Beginsel 8: Die totale opbrengs van hulpbronne mag nie verbruik word nie Persoonlike rentm eesterskap van hulpbronne

Die feit dat meer as die helfte van die respondente aangedui het dat daar nie `n register van rekordhouding van ongelukke en beserings beskikbaar is nie, wek kommer aangesien Artikel

In die eerste artikel met die titel: Homosexuality, sCripture and the body of Christ wys hy daarop dat die algemene mening van die meeste Christene naamlik dat die Skrif homoseksualisme

Hierdie vorm is dus van die rede afkomstig en Kant on- derskei die aanskouingsvorme van ruimte en tyd aan die een kant, en die denkkategoriee aan die ander kant.. Die rede is dus nie

Die konstitusio- nele gebruik plelt egter daarvoor dat so'n belangrlke verandering as die verlenglng van die lewensduur van Sonder om In te gaan op die me- riete van hlerdle ,