611
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 3: September 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n3a12
Gedigte
Khayalethu Magadla
Khayalethu Magadla val spelende in ’n mangat en land in die onderwêreld van die groot goue stad, terwyl amptenare in koel kantore sit en slaap
moet die doodsengel hom uit slik en slym na bo opraap.
Aardverwarming
Die weer verander met spoed op ons planeet.
In Durban spoel huise weg in ’n diep spleet want ons as sprinkaanplaag laat net besoedeling na.
Planne teen verwarming bly vir ons diskreet.
Skryftaal
buite agter ’n miershoop lê die maer lyk van Eugène Marais.
D.J. Opperman
Hy is deur ’n winternag so gedryf om in die taal wat hulle praat te skryf in die Engels-Nederlandse tydperk dat óns Afrikaans voluit kan bedryf.
Deel van die geheel
Vroegoggend verkyk ek my aan die helder môrester.
Al is ek nou maar ’n kort tydjie hier is ek deel van die heelal, oneindig, ondenkbaar en onmeetlik ver.
In my lewensaand sal ek sittend kyk na die aandster.
HENNIE PIETERSE
E-pos: [email protected]