• Tidak ada hasil yang ditemukan

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie Vraestel 1 Afdeling A ... - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie Vraestel 1 Afdeling A ... - LitNet"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie

Vraestel 1 Afdeling A Hardoplees

Die nuusberig: Brandwaarskuwings vir onderskeie provinsies uitgereik

7 Junie 2021 Maroela Media

Tania Heyns

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag ’n waarskuwing omtrent uiters hoë

brandgevaartoestande in sekere dele van die Noord-Kaap, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap uitgereik.

Phakula, ’n weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het

Maandagoggend aan Maroela Media gesê die moontlikheid van brande in die betrokke provinsies bestaan weens sterk winde en droë lug.

In die Noord-Kaap kan veldbrande vandag in die omgewing van Springbok, Sutherland en Calvinia voorkom.

Wat die Wes-Kaap betref, is toestande vir veldbrande gunstig in die omgewing van Beaufort-Wes, Prins Albert, Laingsburg, Oudtshoorn, George, Knysna en Mosselbaai, tot so ver as Saldanhabaai, Langebaan en Vredendal.

“Die inwoners van die westelike binneland van die Oos-Kaap moet op hul hoede vir veldbrande wees,” sê Phakula.

Die waarskuwings geld net vir vandag, met die wind wat na verwagting teen Dinsdag effens in hierdie gebiede sal bedaar.

Hoewel daar nie uitermatige koue toestande vir sekere dele van die land voorspel word nie, sê Phakula dat die Drakensberge teen Woensdag kouer weersomstandighede kan verwag.

Laer temperature kan moontlik daarna in KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwag word, terwyl die Wes-Kaap effens hoër temperature vanaf Woensdag sal geniet.

Hardoplees

Die nuusberig: Brandwaarskuwings vir onderskeie provinsies uitgereik

Rubriek

Vloeiend lees en pousering: 1 2 3 4 5

Stemtoon en stembuiging: 1 2 3 4 5

Beklemtoning, hoorbaarheid en uitspraak: 1 2 3 4 5

Totaal: 15 /15

(2)

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie

Vraestel 1 Afdeling B Luister en praat

Die nuusberig: Orkaan tref Limpopo Hier volg die nuus:

1 Groot skade is in Limpopo en dele van Mpumalanga aangerig toe ’n orkaan die gebied gisternag getref het. Weerkundiges by die weerstasie in Letaba berig dat die windspoed by tye meer as 120 km/h was.

2 Reusebome is met wortels en al uit die aarde geruk en talle motors en huise is beskadig nadat bome daarop geval het.

3 Uit Louis Trichardt word berig dat die plaaslike SPAR-inkopiesentrum erg deurgeloop het.

Die sentrum se dak is heeltemal afgewaai en het ’n paar kilometer verder in ’n lemoenboord beland.

4 Talle houthuise en karavane by die Eiland-vakansieoord is heeltemal weggewaai en oor ’n wye gebied versprei. Mure van ’n kerk, wat in aanbou is, het omgewaai. Inwoners vertel dat die geluid van die wind so hard soos ’n Boeing was.

5 Motoriste kon hul motors glad nie op die pad hou nie. Hulle moes so vinnig moontlik skuiling soek. Swaar vragmotors en tenkwaens is soos speelgoedkarretjies van die paaie afgewaai. Honde en katte is al kermende deur die sterk wind opgetel. Gevolglik weet die eienaars nie waar hul troeteldiere is nie.

6 Verskeie paaie is gesluit totdat opruimingswerk voltooi is. Al die skole in die gebied is tot verdere kennisgewing gesluit. Die premier van Limpopo, Nkosana Mokoena, het gesê dis die grootste ramp in 30 jaar.

1 Luister na die eerste sin van paragraaf 1. Wat reken jy sal hier bespreek

word? /1

2 Wat is die kerngedagte van hierdie luisterteks? /1

3 Waarom sou jy sê dat die bostaande berig nuuswaardig is? /1 4 Watter inligting word reeds in paragraaf 1 gegee? Noem slegs TWEE. /2

Totaal: 5 /5

Mondeling: Bespreking

Die oorsake en gevolge van orkane. / Onderskeie dele wat deur ’n natuurramp getref is.

Rubriek

Vloeiend praat en pousering: 1 2 3 4 5

Onderwerpgebonde, inhoud en nuuswaardigheid: 1 2 3 4 5 Stemtoon, stembuiging en beklemtoning: 1 2 3 4 5

Hoorbaarheid en korrekte uitspraak: 1 2 3 4 5

Totaal: 20 /20

GROOTTOTAAL: 25 /25

(3)

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie

Vraestel 2 Afdeling A Leesbegrip

1 Storie: Lappies red die lappieswinkel

1 Lappies is Speldekussing Naaldwerkwinkel se worshond. Die worshondjie het net eendag by die winkel ingestap, sommer van nêrens af, en homself tussen al die oorskietlappies tuisgemaak … en nooit weer weggegaan nie!

2 Die mense het vir hom die naam Lappies gegee omdat hy so graag tussen die lappies gelê en slaap het.

3 Verlede Woensdag om eenuur het twee rowers skielik by die winkel ingestorm.

4 “Hande in die lug!” het die rowers geskree. Almal in die winkel het vreeslik groot geskrik.

Die rowers het hul gewere rondgeswaai en geskreeu dat hul al die geld uit die kasregisters moes haal en in ’n sak moes gooi.

5 Lappies het agter in die stoor op sy gewone plek tussen die lappies gelê en slaap. Die geraas in die winkel het hom wakker gemaak en hy het dadelik geweet iets groots is verkeerd!

6 Al is Lappies nie baie groot nie, dink hy hy is ’n Rottweiler. Hy gryp toe sommer dadelik die een rower aan sy kuit.

7 “Eina!” gil die rower, maar Lappies byt vas. Hy sou nie toelaat dat hierdie rower die mense van die winkel beroof nie! Die ander rower het so groot geskrik dat hy laat spaander het.

Intussen het die polisie opgedaag en die rower wat in die winkel was, gevang.

8 Wie was die held van die dag? Ja, reg geraai! Lappies!

9 Die mense van die winkel was so dankbaar dat Lappies so dapper was, dat hulle besluit het om vir hom ’n lappieskombers te maak om dankie te sê. Daardie aand het hy ook ’n hele T-been vir aandete gekry.

10 Lappies hoef nooit weer so koud te kry in die wintermaande soos voor hy by Speldekussing Naaldwerkwinkel ingestap het nie.

1.1 Lees paragrawe 4 tot 7. Bespreek die ruimte. (1)

1.2 Wie is die hoofkarakter in hierdie storie? (1)

1.3 Hoe weet ons dat nie albei die rowers gevang is nie? (1) 1.4 Waarom sou jy sê dat Lappies ’n goeie waghond was? (1) 1.5 Wat was die oorsaak waarom die een rower deur die polisie gevang is? (1) 1.6 Noem TWEE gevalle in paragrawe 6 en 7 waar handelend opgetree word. (2)

Totaal: 7 /7

(4)

2 Die fabel: Jakkals verloor Wolf se vriendskap

1 Dis nag. Verskeie dieregeluide word in die bos gehoor. Jakkals kuier by sy vriend, Wolf. Nie een van hulle twee het iets in sy huis om te eet nie. Dis nou al drie dae wat nie een van hulle iets geëet het nie.

2 “Wolf, kom ons gaan na Boer se kraal. Ons kan vir ons ’n lekker skaap gaan vang en huis toe bring. Dan het ons weer genoeg vleis vir die volgende twee maande,” sê Jakkals.

3 “Ons kan mos nie een van Boer se skape vang nie. Dis nie die regte ding om te doen nie.

Hy werk hard vir sy geld. Hy moet immers vir sy gesin sorg,” sê Wolf.

4 “Intussen moet ons maar van die honger sterf! Is dit wat jy wil hê? Ons gaan mos maar net een ou skapie vang. Boer sal nog genoeg skape in die kraal hê om te verkoop. Hy sal nog steeds vir sy gesin kan sorg.”

5 “Hoe gaan ons die hek oopkry? Jy weet mos dat Boer elke aand die hek met ’n stewige ketting en ’n groot slot sluit,” sê Wolf.

6 “Wolf, jy bekommer jou verniet. Ek sal ’n gat grawe en dan kan ons deur die gat kruip.”

7 Daardie aand gaan die twee vriende na Boer se kraal. Terwyl Jakkals die gat grawe, sien Boer se hond hulle. Hy begin blaf en die volgende oomblik kom Boer uit. Boer gaan haal sy sambok. Boer en sy Rottweiler gaan dadelik kraal toe. Die Rottweiler hardloop vooruit. Boer maak die hek oop en hy en sy Rottweiler gaan in. Die hond gryp vir Jakkals aan sy been en los nie. Jy sien net bloed! Boer begin om vir Jakkals te slaan.

8 “Boer, waarom slaan jy nie ook vir Wolf nie? Dis mos nie net ek wat van jou skape steel nie,” sê Jakkals.

9 “Aangesien jy al baie van my skape gesteel het en Wolf het nog nie een skaap gesteel nie.

Dis egter nie al rede nie. Ek hou nie van die idee dat jy wil hê dat ek jou vriend ook moet slaan nie. Dis mos nie hoe ’n mens teenoor jou vriende optree nie,” sê Boer.

10 Boer waarsku net vir Wolf en laat hom gaan, aangesien dit die eerste keer is dat hy van Boer se skape probeer steel het. Nadat hy vir tien minute onophoudelik vir Jakkals met die sambok geslaan het, het hy hom laat gaan. Met ’n bloeiende been en ’n seer rug het Jakkals die bos ingehardloop.

11 Wolf het geweier om weer met Jakkals te praat. Jakkals was nie net sy skaap kwyt nie, maar ook Wolf se vriendskap.

2.1 Lees paragraaf 1. Reken jy Wolf en Jakkals was honger? Verskaf die rede vir jou

antwoord. (1)

2.2 Lees paragraaf 1. Bespreek die ruimte. (2)

2.3 By watter TWEE karakters in paragrawe 2 tot 6 tref ons dialoog aan? (2) 2.4 Watter morele les leer ons uit hierdie fabel? Noem slegs EEN. (1) 2.5 Verskaf EEN rede waarom die bostaande verhaal ’n voorbeeld van ’n fabel is. (1) 2.6 Waarom sou jy sê dat Jakkals nie ’n opregte vriend van Wolf was nie ? (1)

Totaal: 8 /8

(5)

3 Die legende: Die draakagtige slang van Driekoppiesdam

1 Die Swazi-mense by Driekoppiesdam waarsku hul kinders om nie alleen by die groot dam te gaan speel nie. Hulle sê daar is ’n draakagtige waterslang – half mens, half slang. Hy het glo sewe koppe en lang hare. Daar is ook krokodille in die dam.

2 Nolwazi het daarvan gehou om klippies bymekaar te maak en dit dan om haar nek vas te bind. Die mooiste klippies was by hierdie dam. Elke keer as haar ma sien dat sy ’n nuwe klippie om haar nek het, raas sy: “Nolwazi, was jy al weer alleen by die dam? Die

draakagtige waterslang gaan jou onder die water intrek, my kind. Pasop, bly weg daar!”

3 “Ag Ma, ek is nie bang vir hom nie. Ek sal weghardloop voordat hy my kan vang.”

4 Eendag soek Nolwazi weer klippies by die dam. Sy sien die mooiste een in die vlak water.

5 Ek wil hom hê, dink sy opgewonde.

6 Sy steek haar hand uit na die klippie. Die volgende oomblik voel sy ’n harde pluk en word sy onder die water ingetrek! Sy probeer nog skree, maar sy is reeds onder die water.

7 Haar ma was juis op pad om met haar te kom raas en sien toe wat gebeur. Sy gryp ’n tak en hardloop water toe. Sy begin wild op die water slaan. Die slang skrik so groot dat hy net daar vir Nolwazi los. Haar ma gryp haar en trek haar uit die water.

8 Van daardie dag af het die kinders nooit weer alleen naby die dam gespeel nie. Almal was te bang vir die draakagtige waterslang wat kinders vang.

3.1 Lees paragraaf 4. Bespreek die ruimte. (1)

3.2 By watter karakters in paragraaf 2 en 3 tref ons dialoog aan? (2) 3.3 Watter gevolge het Nolwazi se ongehoorsaamheid vir haar ingehou? (1)

3.4 Watter morele les leer ons uit hierdie legende? (1)

Totaal: 5 /5

(6)

4 Die instruksieteks: Oliebeskuit

Bestanddele

 500 g bruismeel

 1 liter melk

 500 ml suiker (2 k)

 500 ml kookolie (2 k)

 2 ekstragroot eiers Benodigdhede

 ’n koppie

 ’n menger

 ’n mengbak

 ’n klitser

 ’n houtlepel

 broodpanne

 aluminiumfoelie

 ’n vurk Metode

1 Meng die melk en suiker goed in ’n groot mengbak.

2 Klits die kookolie, sout en eiers saam tot gemeng.

3 Voeg die bostaande mengsel by die melkmengsel en klits tot gemeng.

4 Roer die bruismeel geleidelik met ’n houtlepel by.

5 Meng met die hande tot ’n taamlike stywe deeg.

6 Vorm balletjies en pak hulle styf teen mekaar in broodpanne wat goed gesmeer is.

7 Laat rys vir 15 minute.

8 Verhit die oond.

9 Bak die beskuit vir een uur lank op die middelste oondrak.

10 Bedek die panne teen die end van die baktyd met aluminiumfoelie.

11 Laat die beskuit afkoel.

12 Breek dan liggies met ’n vurk in stukke en droog dit uit.

4.1 Verskaf die rede waarom elke instruksie met ’n werkwoord begin. (1) 4.2 Waarom word die onderskeie stappe in die teenwoordige tyd gegee? (1) 4.3 Waarom sê ons: “Laat die beskuit afkoel” en nie “Jy moet die beskuit laat afkoel’’

nie? (1)

4.4 Skryf die instruksiewoord by stap 5 neer. (1)

Totaal: 4 /4

(7)

5 Die gedig: Skulpie van die see

1 “Ek is ’n skulpie van die see 1 en spoel gedurig om en om, 2 my moedersee het my gewas, 3

ek kan nie skoner kom. 4

2 Ek is gebore in stilligheid 5 diep waar geen golwe bruis, 6 ver in ’n agterkamer van 7 die see se diep en donker huis. 8

3 Daar het ek lank geleef, geswerf; 9 Geslinger is ek sonder doel. 10 En eind’lik, lankal weggesterf, 11 het hier die see my uitgespoel, 12

4 tot oor die watermerk en toe 13 laat lê om op my lot te wag – 14 Hier op die see se oewerstrand 15 in wyd-oop lug van sonnedag, 16

5 totdat ’n wandelaar hom oor 17 my buig, en neem my huiswaarts mee; 18 Waar ek silwerrein, in eenvoud sier 19

sy hoë huis al by die see.” 20 Totius

Klein verseboek Tafelberg-uitgewers Beperk, 1959 Saamgestel deur D.J. Opperman

5.1 Wie is die digter van “Skulpie van die see”? (1)

5.2 Skryf die woorde in strofe 4 neer waar ons eindrym aantref. (1) 5.3 Watter effek verkry ons deur die onderstreepte woorde in strofe 1 verseël 2

te herhaal? (1)

5.4 Bespreek die ruimte in strofes 1 en 2. (1)

5.5 Waar is hierdie skulpie uitgespoel? (1)

5.6 Waar bevind die skulpie hom tans? (1)

Totaal: 6 /6

GROOTTOTAAL: 30 /30

(8)

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie

Vraestel 2 Afdeling B Taal

Die koerantberig: Jagter sterk aan na operasie

8 Junie 2021 Maroela Media

Mariska Nanni

1 Dit gaan beter met die 32-jarige beroepsjagter, Marco Schoonwinkel, wat Sondag 1 deur ’n skerp gemsbokhoring in die Thabazimbi-omgewing in Limpopo deurboor is. 2

2 Maroela Media het vroeër berig dat Schoonwinkel, die pa van ’n driejarige seuntjie, 3

reeds twee noodoperasies na die voorval ondergaan het. 4

3 Hy word tans in die Cintocare-hospitaal in Menlyn behandel. 5

4 “Marco lyk baie beter, hy is wakker en by sy volle bewussyn, maar ontvang sy kos 6 deur ’n drip. Hy voel nie sensasie in sy voete nie, maar kan sy bene beweeg. 7 Hulle het hom ook laat regop sit,” het sy vrou, Clarisa, Dinsdagaand aan Maroela 8

Media gesê. 9

5 “Die verpleegsters by die Cintocare-hospitaal is baie oulik. Dis ’n goeie hospitaal 10 en ons glo Marco is in goeie hande,” het sy verder gesê. 11

6 Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika het vroeër gesê dat die voorval 12 tydens ’n wildverskuiwingsoperasie plaasgevind het. Die skerp gemsbokhoring het 13 Schoonwinkel onder sy naeltjie deurboor en dwarsdeur na sy rugwerwels 14 deurgedring. ’n Hoofslagaar is gevolglik ook geskeur. 15

1 Skryf die samestelling in reël 15 neer. (1)

2 Gee die basiswoord vir die onderstreepte woord in reël 6. (1) 3 Gee die antoniem vir die onderstreepte woord in reël 2. (1)

4 Skryf die bywoord van tyd in reël 8 neer. (1)

5 Skryf reël 5 in die ontkennende vorm. (1)

6 Skryf die eerste sin van paragraaf 6 oor in die direkte rede. (1)

7 Skryf die persoonlike voornaamwoord in reël 8 neer. (1)

8 Skryf die onderwerp in die onderstreepte sin in reël 10 neer. (1) 9 Skryf die onderstreepte sin in reël 15 oor in die verlede tyd. (1) 10 Skryf die onderstreepte sin in reël 10 oor in die toekomende tyd. (1)

11 Skryf reël 5 oor as ’n vraagsin. (1)

12 Verdeel die onderstreepte woord in reël 14 in lettergrepe. (1) 13 Verdeel die onderstreepte woord in reël 8 in klankgrepe. (1) 14 Skryf slegs EEN selfstandige werkwoord in reël 7 neer. (1) 15 Gee die verkleinwoord vir die onderstreepte woord in reël 13. (1) 16 Gee die meervoud vir die onderstreepte woord in reël 12. (1) 17 Gee die teenoorgestelde geslag vir die onderstreepte woord in reël 3. (1)

18 Skryf die byvoeglike naamwoord in reël 13 neer. (1)

19 Skryf die gesegde in reël 12 neer. (1)

20 Skryf die voorwerp in reël 6 neer. (1)

Totaal: 20 /20

(9)

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie

Vraestel 3 Skryf

Skryf ’n fabel van 120 tot 140 woorde oor EEN van die onderstaande onderwerpe.

Leeu spaar Muis se lewe / Spinnekop leer sy les

Rubriek

Onderwerpgebonde, inhoud en interessant: 1 2 3 4 5 Karaktereienskappe, -ontwikkeling en dialoog: 1 2 3 4 5

Ruimte, tyd en morele les: 1 2 3 4 5

Taalgebruik, woordeskat en woordorde: 1 2 3 4 5

Of

Skryf ’n beskrywende opstel van 100 tot 120 woorde oor EEN van die onderstaande.

Die bedelaar by die verkeerslig / Die tannie en oom op die bankie in die park

Rubriek

Onderwerpgebonde, inhoud en interessant: 1 2 3 4 5

Beskrywende woorde en uitdrukkings: 1 2 3 4 5

Taalgebruik, woordkeuse en stemming: 1 2 3 4 5

Die inleidende en slotparagraaf: 1 2 3 4 5

Totaal: 20 /20

EN

Skryf ’n nuusberig van 60 tot 80 woorde oor EEN van die onderstaande onderwerpe.

Kabelkar by Tafelberg ondervind probleme / Renjaer kritiek in hospitaal

Rubriek

Inhoud, inligting en nuuswaardigheid: 1 2 3 4 5

Inleidende en slotparagraaf: 1 2 3 4 5

Of

Skryf ’n instruksieteks van 30 tot 40 woorde oor EEN van die onderstaande.

Hoe om ’n brood te bak / Hoe om ’n kraalmuur te bou

Rubriek

Uitleg en chronologiese volgorde van instruksies: 1 2 3 4 5 Taalgebruik, woordeskat, spelling en punktuasie: 1 2 3 4 5

Totaal: 10 /10

GROOTTOTAAL: 30 /30

(10)

Memorandum

Vraestel 1 Afdeling B Luister en praat

1 Die skade wat die orkaan aangerig het (1)

2 Die skade wat die orkaan aangerig het (1)

3 Aangesien die gebeure op feite gebaseer is (1)

4.1 Dat groot skade deur die orkaan aangerig is

4.2 Die twee onderskeie provinsies wat deur die orkaan getref is 4.3 Die windspoed

4.4 Die tyd toe die orkaan die provinsies getref het (slegs TWEE) (2)

Vraestel 2 Afdeling A Leesbegrip

1 Storie: Lappies red die lappieswinkel

1.1 In die winkel / in Speldekussing Naaldwerkwinkel (slegs EEN) (1)

1.2 Lappies is die hoofkarakter. (1)

1.3 Die een rower het gevlug / laat spaander. (1)

1.4 Hy het die een rower aan sy kuit gebyt en nie laat los nie. (1)

1.5 Hy wou geld steel. (1)

1.6.1 Lappies gryp die een rower aan sy kuit.

1.6.2 Die een rower vlug.

1.6.3 Die polisie het opgedaag.

1.6.4 Die polisie het die een rower gevang. (slegs TWEE) (2) 2 Fabel: Jakkals verloor Wolf se vriendskap

2.1 Ja, aangesien hulle drie dae gelede geëet het. (1)

2.2.1 In die bos. 2.2.2 By Wolf se huis. (2)

2.3.1 Wolf. 2.3.2 Jakkals. (2)

2.4 Ons mag nie steel nie. / Vriendskap is kosbaar. / Moenie probeer om jou vriend ook in die moeilikheid te bring nie. / Vat jou straf soos ’n man. (slegs EEN) (1) 2.5 Diere kan praat. / Diere tree as karakters op. / ’n Morele les word geleer.

(enige ander aanvaarbare antwoord) (1)

2.6 Aangesien hy wou hê dat Boer vir Wolf ook moes slaan (1)

3 Die legende: Die draakagtige slang van Driekoppiesdam

3.1 By die dam (1)

3.2.1 Nolwazi

3.2.2 Nolwazi se ma (2)

3.3 Die waterslang het haar onder die water ingetrek. (1)

3.4 Ons moenie ongehoorsaam wees nie. / Ons moet na goeie raad luister. (slegs EEN) (1)

(11)

4 Die instruksieteks: Oliebeskuit

4.1 Aangesien die werkwoord aandui wat ons moet doen (1)

4.2 Aangesien die instruksies in die teenwoordige tyd uitgevoer word (1) 4.3 Aangesien enigeen wat oliebeskuit wil bak, hierdie stappe moet volg (1)

4.4 Meng met die hande tot ’n taamlike stywe deeg. (1)

5 Die gedig: Skulpie van die see

5.1 Totius is die digter. (1)

5.2 Eindrym: wag sonnedag (1)

5.3 Die effek van beweging (1)

5.4 In die see (1)

5.5 Op die strand (1)

5.6 In die wandelaar se huis (1)

Vraestel 2 Afdeling B Taal

1 ’n Hoofslagaar is gevolglik ook geskeur. (1)

2 Basiswoord: vang (1)

3 Die antoniem: stomp (1)

4 Bywoord van tyd: Dinsdagaand (1)

5 Hy word nie tans in die Cintocare-hospitaal in Menlyn behandel nie. (1) 6 Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika het vroeër gesê: “Die voorval het

tydens ’n wildverskuiwingsoperasie plaasgevind.” (1)

7 Besitlike voornaamwoord: Sy vrou (1)

8 Die onderwerp: Die verpleegsters (1)

9 ’n Hoofslagaar was gevolglik ook geskeur. (1)

10 Die verpleegsters by die Cintocare-hospitaal sal baie oulik wees. (1) 11 Word hy tans in die Cintocare-hospitaal in Menlyn behandel? (1)

12 Lettergrepe: nael/tjie (1)

13 Klankgrepe: hu/le (1)

14 Die werkwoord: voel/beweeg (slegs EEN) (1)

15 Die verkleinwoord: gemsbokhorinkie (1)

16 Meervoud: voorvalle (1)

17 Teenoorgestelde geslag: dogtertjie (1)

18 Byvoeglike naamwoord: Die skerp gemsbokhoring (1)

19 Die gesegde: het gesê (1)

20 Die voorwerp: Hy ontvang sy kos. (1)

(12)

Naslaanbronne

Vraestel 1 Afdeling A Hardoplees

Die nuusberig: Brandwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik

Maroela Media, 7 Junie 2021 Tania Heyns

Vraestel 1 Afdeling B Luister en praat

Die nuusberig: Orkaan tref Limpopo

Almal verstaan Afrikaans R. Ferreira, M. van den Heever

Uitgegee deur: Macmillan Suid-Afrika (Edms.) Beperk, 2012 Gedruk en gebind deur: Clyson Drukkers

Vraestel 2 Afdeling A Leesbegrip

Storie: Lappies red die lappieswinkel

Platinum Afrikaans Huistaal

J. Biesenbach, A. Engelbrecht, C. Henning, A. le Roux, W. Louw, M. Mihai, J. van Lill, R. van Oort, R. van Rooy

Maskew Miller Longman (Edms.) Beperk, 2012 Gedruk deur: CTP Drukkers Die fabel: Jakkals verloor Wolf se vriendskap Eugene van der Westhuizen Die legende: Die draakagtige slang van Driekoppiesdam

Platinum Afrikaans Huistaal

J. Biesenbach, A. Engelbrecht, C. Henning, A. le Roux, W. Louw, M. Mihai, J. van Lill, R. van Oort, R. van Rooy

Maskew Miller Longman (Edms.) Beperk, 2012 Gedruk deur: CTP Drukkers Die instruksieteks: Oliebeskuit

Knuppeldik aan Koningskos Joey Pienaar

Pretoria Polisie Offisiersklub, 1985

Geset, gedruk en gebind deur: Promedia Publikasies Die gedig: Skulpie van die see

Klein verseboek

Saamgestel deur D.J. Opperman Tafelberg-uitgewers Beperk, 1959

Vraestel 2 Afdeling B Taal

Nuusberig: Jagter sterk aan na operasie

Maroela Media, 8 Junie 2021 Mariska Nanni

Referensi

Dokumen terkait

En soos ek se, by elke groep dieselfde vraag gaan word van die taal?" "Wat Die vr aaq berus al klaar in die feitdat Afrikaans nie meer ampstaal gaan wees in die "nuwe Suid-Afrika" nie

Vraag 5 Beskou die onderstaande 2D-vorms en beantwoord die vrae wat volg: 5.1 Lys die letters van al die geslote vorms met reguit en geboë sye.. 1 5.2 Lys die letters van al die

Vraestel Graad 10 Totaal: 65 Tyd: 1,5 uur Kwartaal 1 – Toets – Memorandum Vraag 1 Vereenvoudig, sonder die gebruik van ‘n sakrekenaar.. Laat jou antwoord met positiewe

Neem botter wat ’n vastestof is uit die yskas en plaas in ’n houer in die son.. Die hitte/energie van die son sal die botter laat

Graad 4 Wiskunde November 2016 M Oberholzer In ‘n graad 4-klas moes elkeen van die 32 leerders kies of hulle die meeste van Wiskunde, Afrikaans Afr, Natuurwetenskappe NW, Sosiale

- Leerder moet duidelik stel dat dit ’n resulterende amplitude is vanaf konstruktiewe interferensie pulse aan dieselfde kant van die medium... Bladsy 5 van 9 6.1 Die netto lading van

4 As daai HK-lede moet vir my ma, ’n Namakwalander, gesê het om by die koshuis net Engels te praat, het my ma geantwoord: “Da’ loop ek huis toe.” As ek te lank in Bloemfontein was en ek