• Tidak ada hasil yang ditemukan

Persverklaring-SBA-Historie-2.docx - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Persverklaring-SBA-Historie-2.docx - LitNet"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

PERSVERKLARING

BEKENDSTELLING VAN SBA-HISTORIE EMBARGO: 2 OKTOBER

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer uit die Afrikaans Geletterdheidstrust wat 27 jaar gelede deur dr. Ton Vosloo en wyle prof Elize Botha gestig is, is opgewonde om vir die eerste keer ooit die geskiedenis van dié organisasie in ‘n lekkerlees formaat, saamgestel deur Lizette Murray, met die publiek te kan deel.

Sedert die ontstaan van die SBA bly funksionele geletterdheidsontwikkeling die rigtingwyser vir projekte waardeur die organisasie streef om die kind, die familie en alle gebruikers van Afrikaans te bemagtig. Hieruit spruit die vermoë om selfonderhoudend en selfstandig te wees.

Vir enige organisasie om deurlopend ‘n relevante bydrae binne die gemeenskap te kan maak, is besinning oor en bewaring van die geskiedenis en historiese mylpale van kardinale belang. Uit hierdie oortuiging het die SBA se behoefte gespruit om die organisasie se pad tot op hede as ‘n historiese narratief in boekformaat te laat opskryf en beskikbaar te stel vir die kennisname van voornemende befondsers, potensiële vennote, maar ook binne plaaslike gemeenskappe waar die SBA werksaam is.

Dié kleur glansblad is tydens ‘n intieme geleentheid op 2 Oktober te Steenberg bekendgestel. Dit bestaan uit ‘n samestelling van historiese bydraes deur individue en projekgegewens, asook kleurfoto’s om die historiese narratief visueel aan te vul. Die SBA is van mening dat hierdie argivale dokument ‘n daadwerklike bydrae sal maak as ‘n tasbare nalatenskap van die organisasie se werk binne gemeenskappe op voetsoolvlak.

Enige belangstellendes wat graag ‘n eksemplaar van die boek wil bekom, is welkom om die SBA- kantoor te kontak om ‘n gratis kopie te reserveer. Boeke moet in persoon by die SBA-kantore in Bellville afgehaal word. Kontak gerus vir Bianca Greeff by 021 202 9404 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Besoek gerus www.sbafrikaans.co.za vir meer inligting oor die SBA se werksaamhede.

Referensi

Dokumen terkait

Hays 1989 oor sy gebruik van die geskrifte, maar die aard van Bybelwetenskap verlang nietemin dat ‘n geloofwaardige sosio-historiese konteks as interpretatiewe raamwerk vir die verstaan

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELING 5.1 DIE PROBLEEMSTELLING, DOEL, METODE EN WERKPLAN VAN DIE STUDIE 149 5.2 HISTORIESE OORSIG VAN DIE ERKENNING DAT LlTURGlESE

Stel ʼn mens dus die vraag oor die invloed van sy Bezwaren mag dit nie geïsoleerd beskou word nie van die bydraes van veral sy tydgenoot, van Prinsterer, en sy latere geesgenootlike

Hoofstuk 2 handel oor die redes vir die oprigting van die fortifikasies, hoofstuk 3 oor die verskillende tipes blokhuise en hoofstuk 4 oor die oprigting van die blokhuislinies..

D~e oog- merk met die maatskappy was om die uitsluitlike reg oor aIle myn- bedrywighede en die smelt van erts in die Republiek vir 'n tydperk van tien jaar te verkry .19 Toe hierdie

Bammate rond die be:angrike werk af met 'n bydrae waarin die aandeel van die Islam in die wereldkultuur geskets word.. Hierdie publikasie is vir ons van belang wanneer claar slegs

Die ontstaan van Bryntirion word geskets Bowel as die geskiedenis van die beplanning en bon van die huis, die Dille van sy ruin en die veranderings war mettertyd aangebring is.. Dit

Ten spyte van die feit dat Johannes duidelik onderskeid tref nie net tussen slawe en vrye huurarbeiders nie, maar ook tussen manlike en vroulike slawe, sê hy bykans niks uitdrukliks oor