Afrikaans Primêre Taal
Graad 9 Droomwa-toets Totaal: 25 ___________________________________________________________
Voorskrifte: 1. Beantwoord ALLE vrae.
2. Laat 'n reël oop tussen jou antwoorde.
3. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae op die vraestel.
4. Skryf so NETJIES en LEESBAAR moontlik.
Vraag 1
Lees die uittreksel uit Droomwa wat volg en beantwoord dan die vrae.
Ma trek die skerm om die bed. Ek en Pieter is alleen by Pa.
Pieter toets die skeermes op sy armhare. Dis skerp. Hy skeer Pa se een wang skoon en spoel die skeermes in die skottel af.
“Kan ek ook?” vra ek.
“Weet jy hoe?” Hy hou die skeermes na my toe uit.
Ek knik.
Hy kyk hoe ek Pa se ken en kake skeer.
“Jy’s ‘n ou hand,” glimlag hy. “Het Pa jou geleer?”
“Ja.”
“Vir my ook. Jare gelede.”
1.1 Waar bevind die Van Zyls hulle op die oomblik? (1) 1.2 Verduidelik hoe dit gebeur het dat hulle juis hiér is. (1) 1.3 Kies die regte woord:
Pieter is die fotograaf/swemmer in die gesin. (1)
1.4 Watter sintuig word deur die volgende geaktiveer? Kies uit die lys onderaan:
Pieter toets die skeermes op sy armhare.
Sig, Reuk, Smaak, Gehoor, Gevoel. (1)
1.5 Hoe het Paul geleer om te skeer?
(1)
1.6 Watter naskeermiddel het Pa altyd gebruik?
(1) 1.7 Wat bedoel Pieter met die Anglisistiese stelling: “Jy’s 'n ou hand”? (1) 1.8 Waarom is Paul se aksie (om sy Pa te skeer) so spesiaal op hierdie oomblik? (1) [8]
2
Vraag 2
Verduidelik elke keer in 'n kort sinnetjie wie elk van die volgende karakters in Droomwa is:
2.1 Tant Elsa 2.2 Hannes
2.3 Lourens 2.4 Dora
2.5 Lappies
[5]
Vraag 3
Vul die woorde wat in die volgende paragraaf uitgelaat is, in. Skryf slegs die korrekte antwoord teenoor die betrokke vraagnommer neer.
Barrie Hough, links, het in 1990 die Sanlam Jeuglektuurprys (silwer) gewen vir sy trefferboek, Droomwa.
Die roman handel oor ‘n seun, Paul van Zyl, wat in standerd (3.1) ____ is. Sy pa, wat werk as ‘n (3.2) ________ en ry in ‘n pragtige ou (3.3) ____, sterf skielik. Die gesin, wat finansieel swaarkry omdat die (3.4) _____ nie na Pa se dood wil uitbetaal nie, moet verhuis van ‘n groot huis in (3.5) _____ na ‘n klein (3.6) _______ in (3.7) ______.
Paul kan nie sy pa se dood verwerk nie en dink gereeld terug aan die dinge wat hulle saam gedoen het. Hy onthou hoe sy pa ‘n (3.8) _____ teen sy oor gehou het op (3.9) ______ se strand sodat hy na die geluid van die see kon luister. ‘n Gunsteling-herinnering is van hom en sy pa wat plat klippe gooi op die water van die (3.10) _____-dam.
Die leser kan aflei dat die verhaalafspeel in die laat-sestigerjare, want die Van Zyls luister na die volgende twee radiostasies:
(3.11) ______ en (3.12) _______.
[12]
3
Memorandum
1.1 Hulle is in die hospitaal. (1) 1.2 Pa het 'n beroerte gehad / 'n Aar het in sy kop gebars. (1)
1.3 fotograaf (1)
1.4 Gevoel (1)
1.5 Pa het hom geleer hoe om te skeer. (1)
1.6 Old Spice (1)
1.7 Paul kan goed skeer / Paul het ondervinding van skeer. (1)
1.8 Dis die laaste keer dat hy iets vir Pa kan doen /
Dit is hartseer dat hy sy pa, wat hom geleer het hoe om te skeer, nou moet skeer terwyl hy sterwend is. (1)
[8]
2.1 Tant Elsa is die vrou wat Paul op Pa se begrafnis in die verleentheid stel wanneer sy sê dat sy sy doeke aangesteek het toe hy 'n baba was.
2.2 Hannes is Paul se pa.
2.3 Lourens is Pa se broer wat op die begrafnis met Ma stry oor Pa se Buick.
2.4 Dora is die Van Zyls se huishulp.
2.5 Lappies is Paul se hondjie wat op 'n stadium wegraak. [5]
3.1 vyf
3.2 taxi-bestuurder
3.3 Buick
4