NAVORSINGSBEVINDINGE EN LITERATUURKONTROLE
3.4. DIE BEVINDINGE VAN DIE NAVORSING EN LITERATUUR- KONTROLE
3.4.1. Bevindinge uit onderhoude met die moeder ten opsigte van kultuur- kongruente beraming
Figuur 3.1 gee 'n sistematiese uiteensetting ten opsigte van die gekodeerde data soos onafhanklik deur beide die navorser en die medekodeerder bevind. Die bevindinge verdeel spontaan in vier hoofgroepe, wat meer as net suiwer persepsies na vore bring.
Die hoofgroepe waarna verwys is, is die volgende:
• die moeder se persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige se kultuur- kongruente optrede tydens die beraming van die moeder en haar baba (Tabel 3.1);
• die gevolge vir die moeder wat voortspruit uit kultuurkongruente en kultuur- inkongruente optrede deur die gemeenskapsverpleegkundige (Tabel 3.2);
• die verwagtinge van die moeder ten opsigte van kultuurkongruente beraming (Tabel 3.3); asook
• die kulturele gebruike en oortuigings van die moeder (Tabel 3.4).
Elke hoofgroep bevindinge sal in groter detail in afsonderlike tabelle weergegee word namate die bespreking van bevindinge vorder.
Die bevindinge verkry van die moeder ten opsigte van kultuurkongruente optrede van die gemeenskapsverpleegkundige tydens die beraming van die moeder en haar baba word vervolgens as die eerste groep bevindinge in Tabel 3.1 bespreek.
Fig 3.1: Uiteensetting van die vier hoofgroepe bevindinge verkry van die moeder ten opsigte van kultuurkongruente beraming
Lii
a.
I
TABEL3.1
Die moeder se persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige se kultuurkongruente optrede tydens die beraming van die moeder en haar baba
TABEL3.2
Gevolge vir die moeder wat voortspruit uit kultuurkongruente en kultuurinkongruente optrede deur die gemeenskapsverpleegkundige
TABEL3.3
Verwagtinge van die moeder ten opsigte van kultuurkongruente beraming TABEL 3.4
Kulturele gebruike en oortuigings van die moeder
in
i 8
-
TABEL 3.1 Kolom A
> 1 §
~ °- a
£ 5 *
g> >
(A in di
S- S-c
* | 1
>- rj) i
■g " ^
in « 3 °>
8 a S E
Kolom B
DJ en
2 S
* n o CD
in S . i=
O i ; 5
« 2
~ 41 ■*
« E .3!
p 5 C 0) o>»_
O o
£ * ■£
2 "° ®
s
i i
C © 3 ra "O ± ;
> s ^
ft « a.
f -S 5
» 8.-8
S O) fi
Kolom C
1*
AS
c « t
0) (D ffl
f9 <Q to &§,
T3 > C a « -^
4> !° 3
E c 5) <D
§.%.
TABEL 3.2
o
II
If
II
1}
U
. 2 TJ
i!
TABEL 3.3
a>
fa
E
ra
$ *
0 CD
E1 5
"" £
=5-8
> «
o> Si
"— E
1 E
I
Ep o > J£
TABEL 3.4
a>
« ra
> to
II
?
!
It
I
£1
II
! !
Is
I
2
ID 01
£ ra
E e-
2 a
c 5
« Q.
CO V
s 1
Q . :3£
CD 3
£ 3
CL O
i
II
(9 »
> S
<D : i Q. p 4> E
i
EE 2
(D
if
CO I A
> Q.
1 »
01 Q.
-a
3 «
> t
l |
T3 3 O ^ O D)
E 2
11
19 »
> O.
M H
I i
Q . g>
£ £
Q. ra
£ ra
E » a S
I E M
S.;
45 3
2 S
£ «
> w
5- *
Hoofstuk 3
44
3.4.1.1. Die moeder se persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige se kultuurkongruente optrede tydens die beraming van die moeder en haar baba
Die moeder se persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige se kultuurkongruente optrede tydens die beraming van die moeder en haar baba word as die eerste hoof- groep bevindinge weergegee. Hierdie bevindinge dui daarop dat die moeder kommuni- kasie, houding en hantering deur die gemeenskapsverpleegkundige as belangrik ag tydens kultuurkongruente beraming. Die bevindinge vorm drie hoofkategoriee wat ver- volgens bespreek gaan word, soos uiteengesit in Tabel 3.1.
T a b e l 3 . 1 : Die moeder se persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige se kultuur
kongruente optrede tydens die beraming van die moeder en haar baba KOLOM A
Persepsies van die moeder ten
opsigte van kommunikasie
deur die gemeenskapsver
pleegkundige wat dui op kultuur- en/of nie kultuur- inagneming
KOLOM B
Persepsies van die moeder ten
opsigte van houdings
geopenbaar deur die gemeen
skapsverpleegkundige wat d u i op kultuur- en/of nie kultuur inagneming
KOLOM C
Persepsies van die moeder ten
opsigte van hantering deur
die gemeenskapsverpleeg
kundige wat dui op kultuur- en/of nie kultuur-inagneming Persepsies van die moeder ten
opsigte van fasiliterende k o m munikasie gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
• Taal is fasiliterend v i r kommunikasie
* Taalaanpassings word gemaak tydens die beramingsproses sodat die gemeenskapsver
pleegkundige meer verstaan- baar kan wees vir die moeder
• Kommunikasietegnieke w o r d toegepas
* Die gemeenskapsverpleeg
kundige openbaar 'n ontvanklike fasiliterende houding tydens kommunikasie met die moeder en haar baba.
* Luister word toegepas en beoefen as kommunikasie- tegniek
* Verbale kommunikasie word toegepas tydens die beramings
proses
* Nie-verbale kommunikasie word
Persepsies van die moeder ten opsigte van die houding van die gemeenskapsverpleegkundige w a t fasiliterend is
• Aanvaardende houding word teenoor die moeder geopenbaar
* Die gemeenskapsverpleegkun
dige aanvaar die moeder soos sy is, ongeag haar kultuur en kulturele gebruike
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige openbaar 'n respekvolle houding tydens die beraming van die moeder en haar baba
* Die gemeenskapsverpleeg
kundige respekteer en akkommodeer verskillende kulturele gebruike van die moeder
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige toon nie 'n dis- kriminerende houding teenoor die moeder tydens die beraming van haar en die baba nie
Persepsies van die moeder ten opsigte van die hantering deur die gemeenskapsverpleegkundige wat fasiliterend is
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige toon in haar hantering van die moeder en haar baba dat sy omgee
* Is behulpsaam, toon belang- stelling, moedig die moeder aan en verduidelik alle aksies aan die moeder
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige lewer hoegehalte- verpleging aan die moeder en haar baba
* Toon dat sy beskik oor die nodige ondervinding en dat sy bekwaam is om die moeder en haar baba te hanteer
Persepsies van die moeder ten opsigte van belemmerende kommunikasie gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
• Taal is belemmerend vir kommunikasie
* Die gemeenskapsverpleeg
kundige is nie die taal van die moeder magtig nie
Komm unikasietegnieke nie toegepas nie
word Die gemeenskapsverpleeg
kundige openbaar nie 'n fasiliterende houding tydens haar kommunikasie met die moeder en haar baba nie Luister as kommunikasietegniek nie toegepas nie
Verbale kommunikasie is belemmerend en word nie sffektief deur die gemeenskaps
verpleegkundige toegepas nie.
Nie-verbale kommunkasie word belemmerend gebruik teenoor die moeder en haar baba
Persepsies van die moeder ten opsigte van die houding van die g em eens ka psverpleeg-kundige wat belemmerend Is
■ Die gemeenskapsverpleeg
kundige openbaar 'n d is respek voile houding teenoor die moeder en haar baba
* Die moeder word nie op haar naam aangespreek nie en verneder die moeder in die teenwoordigheid van die ander pasiente in die plaaslike gesondheidsklinieke
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige toon 'n diskrimine- rende houding teenoor die moeder tydens die beraming van haar en die baba
* Die houding van die gemeen
skapsverpleegkundige varieer teenoor die moeder en haar baba en afhangende van die moeder se kultuurgroep en status ontvang sy voorkeur- behandeling
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige toon taakgerigte houding teenoor die moeder en haar baba
* Die moeder ervaar dat die gemeenskapsverpleegkundige nie omgee nie, want sy is haastig en lyk of sy nie belangstel nie
Persepsies van die moeder ten opsigte van die bantering deur die gemeenskapsverpleegkundige wat belemmerend Is
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige ontken die kulturele gebruike van die moeder
* Die moeder se kulturele gebruike word geminimaiiseer en enige taken van sigbare kulturele gebruike word geignoreer
• Die gemeenskapsverpleeg
kundige is onkundig oor haar hantering van die kulturele gebruike van die moeder
* Die moeder neem haar baba na die tradisionele geneser omdat die gemeenskaps
verpleegkundige onkundig is
* Die gemeenskapsverpleeg
kundige aanvaar nie tradisio
nele madikasie nie, want sy fokus op modeme medikasie
a) Persepsies van die moeder ten opsigte van kommunikasie deur die gemeenskapsverpleegkundige wat dui op kultuur- en/of nie kultuur- inagneming
Die moeder verwys in die onderhoude wat met haar gevoer is, dikwels na kommunikasie wat daarop dui dat kommunikasie 'n beiangrike aspek van kultuur- inagneming, al dan nie, is. Die hoofkategorie word onderverdeel in twee sub-kategoriee wat onderskeidelik verwys na fasiliterende en belemmerende kommunikasie ten opsigte van kultuurinagneming tydens die beraming van die moeder en haar baba soos aangedui in Kolom A, Tabel 3.1. 'n Detailbespreking volg.
Hoofstuk 3
46
1) Persepsies van die moeder ten opsigte van fasiliterende kommunikasie soos gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
Volgens die bevindinge is die moeder van mening dat taal en kommunikasietegnieke waarde toevoeg tot die beramingsproses. Sy huldig die persepsie dat taalaanpassings baie belangrik is. Die kommunikasietegnieke wat vir die moeder gedurende die beramingsproses uitstaan, is 'n ontvanklike fasiliterende houding, iuister, verbale- asook nie-verbale kommunikasie deur die gemeenskapsverpleegkundige. Sien onderstaande uiteensetting.
• Taal is fasiliterend vir kommunikasie
* Taalaanpassings word gemaak tydens die beramingsproses sodat die gemeenskaps
verpleegkundige meer verstaanbaar vir die moeder kan wees
• Kommunikasietegnieke word toegepas
+ Die gemeenskapsverpleegkundige openbaar 'n ontvanklike fasiliterende houding tydens kommunikasie met die moeder en haar baba
* Luister word toegepas en beoefen as kommunikasietegniek
* Verbale kommunikasie word toegepas tydens die beramingsproses
* Nie-verbale kommunikasie word toegepas tydens die beramingsproses
'n Bespreking volg, ondersteun deur aanhalings van die moeder se woorde en opgevolg deur bevestigende literatuur.
• Taal is fasiliterend vir kommunikasie
Volgens die moeder is die gemeenskapsverpleegkundige nie altyd vaardig in die taal van die moeder nie, of sy is slegs gedeeltelik vaardig in die taal van die moeder tydens die beramingsproses. Om te kompenseer vir die taalgebrek en die kommunikasie- proses so goed as moontlik te laat verloop, blyk dit dat die gemeenskapsver
pleegkundige taalaanpassings maak om meer verstaanbaar te wees vir die moeder.
Die moeder beskou dit as kultuurinagneming soos die volgende aanhalings aandui.
" ... sometimes they do try to speak Setswana, even if they are white "
" ... dan probeer sy op haar manier Afrikaans praat ai ook snaaks, maar ek verstaan wat sy
Hierdie bevinding word vanuit die literatuur bevestig deurGigeren Davidhizar (1991:12) wat meld dat taal die basis vir kommunikasie vorm en kulturele persepsies van beide die persone betrokke in kommunikasie binne die verpleegkundige-pasient-verhouding beinvloed. In die bree verwys Du Toit et at. (1998:202) verder daarop dat taalaan- passing fasiliterend gebruik word deur die gebruikmaking van sekere metafore.
Andrews en Boyle (1995:72) vestig meer spesifiek binne verpleging die aandag daarop dat die verpleegkundige taalaanpassings maak en woorde gebruik wat vir pasiente bekend is, wat daarop dui dat die verpleegkundige die pasient se kultuur in ag neem.
Leininger (1978:483) sluit aan by die vorige outeurs en ondersteun taalaanpassings wat die verpleegkundige moet maak sodat sy hoegehalteverpleging aan pasiente van ander kultuurgroepe kan lewer.
• Kommunikasietegnieke word toegepas
Die onderhoude met die moeder het aangedui dat veral vier kommunikasietegnieke positief deur die gemeenskapsverpleegkundige tydens beraming toegepas word. Die kommunikasietegnieke waarna die moeder verwys, is 'n ontvanklike fasiliterende houding van die gemeenskapsverpleegkundige, luister wat sy toepas, asook verbale- en nie-verbate kommunikasie
Die moeder sien die gemeenskapsverpleegkundige se ontvanklike fasiliterende houding, as dat sy die moederwelkom laat voel by die kliniek deur 'n gul ontvangs, haar gelukkig te maak en deurentyd met haar en die baba te gesels om die moeder op haar gemak te stel soos deur die aanhalings aangedui,
" ... reception is very warm.."
" ... die suster het mooi saam met my gepraat ... "
Smeltzer en Bare (2000:107-108) bevestig hierdie bevinding en meld dat 'n ontvanklike fasiliterende houding bevorderlik is vir transkulturele kommunikasie en dat die verpleegkundige dit gewoonlik kan bereik deur bloot haarself te wees. Groenewald (1996:13) en Beukes (1999:62) sluit aan by die vorige outeuren noem dat aspekte soos empatie, respek, opregtheid en warmte belangrik is in kommunikasie. Die aanhalings deur die moeder versterk hierdie bevinding. 'n Ontvanklike houding teenoor die pasient sluit respek en begrip vir die pasient se oortuigings en kultuur in indien die verpleegkundige haar eie oortuigings, waardes, praktyke en houding teenoor kultuur Hoofstuk3
48
verstaan (Potter & Perry, 1993:103). Alhoewel Gillespie (1993:24) in die bree noem dat daar wel individue is wat gemotiveerd en toegewyd is om die behoeftes van die multikuiturele kliente te bevredig en hulle geiukkig te maak, dit deurgetrek kan word na die verpteegkundige wat daarin slaag om die moeders geiukkig te maak deur 'n ontvanklike fasiliterende houding te openbaar soos in die volgende aanhaling aangedui.
" ... hulle het my geiukkig gestel
Die moeder voer in die onderhoude aan dat luisterkuns toegepas word deur die gemeenskapsverpleegkundige en sy heg groot waarde daaraan as die gemeenskaps
verpleegkundige geduldig luister. Die gemeenskapsverpleegkundige wat werklik luister en nie voortgaan met haar werk alvorens sy klaar na die moeder geluister het nie, blyk ook belangrik te wees soos spreek uit die verbale response.
" ... they lend a listening ear are patiently listening ... "
" ... sister X, she is a person who really listens when you talk ... ,:
Om die bevinding te versterk word verwys na Dodd (1991:298) se siening dat luister die proses is waardeur die gesproke woord opgeneem word deur die luisteraar via die se kommunikasiefilters van emosie, houding en waardes. DeVito (1998:141) verwys in die bree na verskillende dimensies van effektiewe luister wat deur individue geimplemen- teer word afhangende van die interaksiesituasie waarin die individue hufle bevind, soos deeinemende luister wat in hierdie navorsing dui op die inagneming van kultuur. Daar kan dus ook ter bevestiging verwys word na Edelman en Mandle (1994:109) wat die aandag daarop vestig dat effektiewe luister die toepaslikste manier is waarop respek aan die klient oorgedra word.
Die meerderheid moeders huldig die beskouing dat die gemeenskapsverpleegkundige se verbale kommunikasie tydens die beramingsproses kultuurinagneming bevestig. Die gemeenskapsverpleegkundige vra die moeder uit na haar kultuur, kommunikeer deur- lopend om die moeder op haar gemak te stel, groet almal en praat met 'n sagte stem.
Hierdie bevinding word dan ook deur die aanhaiings van die moeder se woorde, soos
" ... they talk well, they ask me in a humble way about the muthi ..
" ... they greet me back always talk nicely to me and my child
" ... heeltyd het sy'n sagte stem ... "
Dodd (1991:127) bevestig die bevinding en noem dat wat gese word en hoe dit gese word reflekterend is van hoe die kommunikeerder die kuiturele klimaat ervaar waarbinne sy haar bevind. Uit die bevindinge is dit dutdelik dat die moeder die hoe beklemtoon deur middel van die verbale aanhalings soos hier bo, wat dan vir die navorser aandui dat in die oordrag van verbale boodskappe, die manier waarop dit geskied, 'n groot rol speel. Die manier waarop, met ander woorde hoe die boodskap oorgedra word, kan nie heeltemal losgemaak word van die blote oordra van woorde nie, en DeVito (1998:176) noem in die verband dat alle woorde in normale gesprekke saamhang met nie-verbale boodskappe asook dat aile boodskappe binne kultuur geborge is. Daar kan dus na aanleiding van die bevindinge wat by die literatuur aansluit, afgeiei word dat kommunikasie plaasvind tussen twee mense en so die grondslag vorm vir alle interpersoonlike verhoudings in die alledaagse lewe binne kuiturele verband (Beukes, 1999:61). Brownlee (1978:60) sluit by die outeur aan en verduidelik die belangrikheid van alledaagse praatjies en 'n vriendelike groet met die pasiSnte om 'n vertrouensverhouding tussen die verpleegkundige en die pasient uit verskillende kulture op te bou.
Die bevindinge uit die onderhoude met die moeder toon verder dat die moeder meen dat die gemeenskapsverpleegkundige se nie-verbale kommunikasie van oogkontak, glimlag, speel en vat aan die baba, nie 'n lang gesig te wys nie en deur nie na die moeder op snaakse maniere te kyk nie, bydra tot 'n ervaring dat haar kultuur in ag geneem word. Hierdie bevindinge toon 'n ooreenkoms met die persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige ten opsigte van die belangrikheid van kommunikasie tydens die beraming van die moeder en haar baba wat later in hierdie navorsing bespreek word. Hierdie bevindinge wat verkry is uit die onderhoude met die moeder word verder weergegee aan die hand van die volgende aanhalings:
Hoofstuk 3
50
" ... sy het'n glimlag op haargesig ... ."
" ... nie met 'n lang gesiggie, suur gesiggie of mislik ... "
" ... like when they smile with us ... "
Die literatuur bevestig die bevinding en Josipovic (2000:149) beklemtoon in haar studie dat kommunikasie meer is as taalvaardigheid; dit sluit nie-verbale kommunikasie in.
Andrews en Boyle (1995:335) noem in die verband dat gesondheidswerkers onbewustelik kommunikeer met hul pasient deur hulle liggaamshouding, gesigsuit- drukking en aanraking wat boodskappe na die pasient sein. Dit sluit ook nou aan by
Beukes (1999:83) wat die weerspieeling van die sein van boodskappe sien in 'n glimlag.
Die glimlag waarna laasgenoemde outeur verwys, blyk dan ook uit vorige bevindings in die literatuur 'n belangrike sosiale gedragsaksie te wees. Andrews en Boyle (1995:68) verwys daarna as een van die kenmerkendste nie-verbale kommunikasie-aksies wat 'n invloed op die interaksie tussen die pasient en verpleegkundige kan he. Beukes (1999:83) rugsteun die bevinding verder en wys daarop dat 'n glimlag vriendelikheid en aanvaarding van ander individue beteken. Respondente in 'n studie van Weaver (1999:201) meen dan tereg ook soos die respondente in hierdie navorsing, dat 'n opregte glimlag wondere tydens interaksie sal verrig
2) Persepsies van die moeder ten opsigte van belemmerende kommunikasie soos gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
Uit die onderhoude met die moeder het die teendeel ten opsigte van die voorafgaande bevindinge ook na vore gekom, naamlik dat taal ook problematies kan wees omdat die gemeenskapsverpleegkundige nie die taal van die moeder kan praat nie en kommuni- kasietegnieke afwesig is en die verpleegkundige dus nie 'n ontvanklike fasiliterende houding openbaar nie, nie luister na die moeder nie asook verbale- en nie-verbale kommunikaise nie effektief toepas nie. Hierdie bevindinge word in die hieropvolgende uiteensetting weergegee:
• Taal is belemmerend vir kommunikasie
* Die gemeenskapsverpleegkundige is nie die taal van die moeder magtig nie
• Kommunikasietegnieke word nie toegepas nie
* Die gemeenskapsverpleegkundige openbaar nie 'n fasiliterende houding tydens haar kommunikasie met die moeder en haar baba nie
* Luister word nie as kommunikasietegniek toegepas nie
* Verbale kommunikasie is belemmerend en word nie effektief deur die gemeensakpsverpleegkundige toegepas nie
* Nie-verbale kommunikasie word belemmerend teenoor die moeder en haar baba toegepas Vervolgens 'n bespreking ten opsigte van bostaande uiteensetting.
• Taal is belemmerend vir kommunikasie
Die bevindinge uit die onderhoude met die moeder toon dat die gemeenskapsver
pleegkundige nie die taal magtig is van die moeder wat die gesondheidsklinieke besoek nie, en dat taal dus belemmerend is vir kommunikasie met die moeder en haar baba.
Omdat die gemeenskapsverpleegkundige nie die taal van die moeder magtig is nie, verkeer sy onder druk en raak sy onbeskof en gebruik taal wat vir die moeder as onverstaanbaar oorkom soos blyk uit die volgende aanhalings.
t j dit is onvriendelik as sy in 'n ander taal praat.. of iets gese het in 'n taal wat ek nie verstaan nie ... miskien kwaad geraak het ... ."
» when they became angry they can't ... she don't understand Afrikaans or English they became angry ... "
" does not talk well with her ... scolds h sr using unacceptable language ... "
Dit blyk uit die navorsingsdata dat nie a! die gemeenskapsverpleegkundiges die taal van die moeder magtig is nie. Edelman en Mandle (1994:105-106) noem in die verband dat die gebruik van taal om te kommunikeer 'n kritieke, dog unieke eienskap van die mens is. Leininger (1978:454) wys daarop dat die onvermoe' om die taal van die ander te praat dikwels tot 'n nagmerrie-ondervinding lei en wanneer die verpleegkundige nie voldoen aan die mees algemene metode van interaksie nie, naamlik om die taal van die pasient te praat, raak die verpleegkundige gefrustreerd en oneffektief. Volgens Potter en Perry (1993:102) is die onvermoe om die pasient se taal te praat juis dit wat lei tot
Hoofstuk 3
52
kulturele misverstande. Hierdie bevinding word verder ondersteun deur die verwysing na taalverskille wat vir beide die gesondheidswerker en die gesin binne gesondheids- programme frustrasie veroorsaak en sodoende die kommunikasieproses belemmer (Ross & Cobb, 1990:29; Brownlee, 1978:68 asook De Villiers, 1991:48). Volgens Beukes (1999: 39) kan die verpleegkundige en die moeder ook magteloosheid ervaar wanneer sy en die verpleegkundige nie dieselfde taal praat nie.
Potter en Perry (1993:102) verduidelik ter versterking van die bevindinge uit data verkry dat die kommunikeerder op verskiliende maniere kan reageer indien sy nie die taal van die pasient magtig is nie. Sy kan byvoorbeeld dieselfde woorde al hoe harder aan die pasient herhaal en dit kan gebeur dat, deur stemverheffing, die verpleegkundige haar nie meer verstaanbaar maak nie, en eerder n groter misverstand veroorsaak deurdat die klient nou dink die verpleegkundige is ongeskik en die harde stem as berisping beleef, soos blyk uit die volgende aanhaling.
" ... because at times they are harsh, ... .they may shout at you ... "
• Kommunikasietegnieke word nie toegepas nie
Bevindinge verkry van die moeder dui daarop dat kommunikasietegnieke, soos aangetref by die bespreking van fasiliterende kommunikasie, naamlik houding, luister, verbale- en nie-verbale kommunikasie in teenstelling met die vorige bevindinge soms ook belemmerend deur die gemeenskapsverpleegkundige tydens beraming toegepas word.
Die gemeenskapsverpleegkundige se houding dui vir die moeder aan dat sy haar deur haar optrede wil vermy. Die moeder raak onseker of die gemeenskapsverpleegkundige verkies om haar eerder te ignoreer deurdat die gemeenskapsverpleegkundige nie uitvra na kulturele gebruike nie en nie aan die gesprek deelneem nie. Die aanhalings van die moeder se woorde is soos volg:
" ... I cannot explain to the sister ... maybe they need someone older to tell them ... ."
" ... hulle sien hierdie goed ... se niks daaroor nie ... ."