HI! IIS
3.4.2.1. Die gemeenskapsverpleegkundige se persepsies van kultuur
kongruente optrede deur die gemeenskapsverpleegkundige tydens die beraming van die moeder en haar baba
Die gemeenskapsverpleegkundige se persepsies van kultuurkongruente optrede deur die gemeenskapsverpleegkundige tydens die beraming van die moeder en haar baba word as die eerste hoofgroep bevindinge weergegee. Hierdie bevindinge dui daarop dat die gemeenskapsverpleegkundige kommunikasie, houding en die hantering deur die gemeenskapsverpleegkundige sowel as die kennis van die gemeenskapsverpleeg
kundige tydens kultuurkongruente beraming as belangrik ag. Die bevindinge vorm vier hoofkategoriee wat vervolgens bespreek gaan word, soos uiteengesit in Tabel 3.5.
Tabel 3.5 Die gemeenskapsverpleegkundige se persepsies van kultuurkongruente optrede deur die gemeenskapsverpleegkundige tydens die beraming van die moeder en haar baba
K O L O M A
Persepsies van die g e m e e n s k a p s v e r p l e e g k u n d i g e ten opsigte van
kommunikasie wat
dui op kultuur- en/of nie-kultuurinagneming
KOLOM B
Persepsies van die gemeenskapsverpleeg
kundige ten opsigte van die houding van die gemeenskapsverpleeg
kundige wat dui op kultuur- en/of nie- kultuurinagneming
KOLOM C
Persepsies van die gemeenskapsverpleeg
kundige ten opsigte van
hantering deur die
g e m e e n s k a p s v e r p l e e g kundige w a t dui o p kultuur- en/of nie- kultuurinagneming
K O L O M D
Persepsies van d i e g e m e e n s k a p s v e r p l e e g kundige ten opsigte van d i e k e n n i s van die g e m e e n s k a p s v e r p l e e g k u n d i g e met betrekking tot kultuurkongruente b e r a m i n g
Persepsies van die gemeenskapsverpleegkun
dige ten opsigte van fasiliterende kommuni
kasie soos gebruik deur die gemeenskapsverpleeg
kundige
• Taal is fasiliterend vir kommunikasie omdat die gemeenskapsverpleeg
kundige
* gebruik maak van visuele hulpmiddele om taalgebrek ta oorkom
*■ sleutelwoorde van betekenis van moeder se taal aanleer
* tolke gebruik om verbale
Persepsies van die g em eenska psve rpleeg k un - dige ten opsigte van die houding van die gemeenskapsverpleegkun
dige watfasiiiterend Is
• Aanvaardende houding word deur die ge
meenskapsverpleegkun
dige geopenbaar
* Erken die uniekheid van die moeder en haar baba
* Die rol van die tradisio- nela geneser word erken en verwysings en samewerking ontstaan
* Toon bereidheid om
Persepsies van die gemeenskapsverpleegkun
dige ten opsigte van hantering deur die gemeenskapsverpleegkun
dige watfasiiiterend is
• Die gemeenskapsver
pleegkundige gee toepaslike gesondheids- voorligting
• Die moeder en haar baba word omvattend hanteer en beraam deur die gemeenskaps
verpleegkundige
• Moeder het vertroue in die kliniek as gevolg van effektiewe hantering en
Persepsies van die gemeenskapsverpleegkun
dige ten opsigte van die kennis van die g em eens ka psverpleeg ku n- dige watfasiiiterend is
• Toenemende bioot- stelling aan verskillende kulture verbreed die gemeenskapsverpleeg
kundige se insig in verskillende kulturele gebruike en oortuigings
• Die gemeenskapsver
pleegkundige toon 'n behoefte daaraan om meer kennis te bekom aangaande die moeder
• Kommunikasietegnieke word deur die gemeen- skapsverpleegkundige toegepas
* Openbaar 'n positiewe houdmg tydens haar kommunikasie met die moeder en haar baba
* Luisterkuns word toe
gepas
* Verbale kommunikasie word effektief toegepas
* Nie-verbale kommu
nikasie word effektief toegepas
* Observeer die moeder se liggaamstaal
• Die gemeenskapsver- pleegkundige openbaar 'n omgeehouding teenoor die moeder en haar baba
* Tree ondersteunend op.
stel belang en siel haar beskikbaar
• Die gemeenskapsver- pleegkundige openbaar respekvolle houding teenoor die moeder en haar baba
* (s sensitief vir gebruike van die moeder
• Die gemeenskapsver- pleegkundige diskrimi- neer nie teen die moeder en haar baba nie Persepsies van d i e
gemeenskapsver pleeg - k u n d i g e ten opsigte van belemmerende k o m m u nikasie s o o s gebruik deur die gemeenskaps- verpleeg kundige
• Taal kan negatief wees vir kommuni-kasie
* Die gemeenskaps-ver- pleegkundiges Is nie almal die taal van die moeder maglig nie
* Die gemeenskapsver
pleegkundige verander spraak en aksent wanneer met moeder praat wat nie uit dieselfde kultuur as sy is nie
• Kommunikasietegnie-ke word nie toegepas nie
* Verbale kommunikasie word minder effektief toegepas
* Nie-verbale kommu
nikasie is belemmerend
Persepsies van d i e gemeenskapsverpleeg- kundige ten opsigte van d i e houding van die gemeenskapsverpleeg- k u n d i g e wat belem
merend is
• Die gemeenskapsver- pleegkundige toon 'n disrespekvolle houding teenoor die moeder en haar baba
Persepsies van d i e gemeenskapsverpleeg
kun dige ten opsigte van hantering deur die gemeenskapsverpleeg
k u n d i g e wat belem
merend is
• Die gemeenskapsver- pleegkundige lewer nie hoegehalteverpleging wat dui op kultuur- inagneming van die moeder en haar baba nie
* Diskrimmeer in haar optrede teenoor die moeder
* Ondersoek nie die moeder se ervaring van haar interaksie met die gemeenskapsverpleegkun dige nie
* Verminderde aandag word deur die gemeen
skapsverpleegkundige gegee aan kultuuraspekte as gevoig van die besige tydskedule
Persepsies van die gemeenskapsverpleeg- k u n d i g e ten opsigte van d i e kennis van die gemeen ska ps ver pleeg - k u n d i g e wat belem
merend is
• Die gemeenskapsver- pleegkundige beskik oor gebrekkige kennis ten opsigte van kultuur
kongruente beraming van die moeder en haar baba
* Onkunde van kultuur van die moeder beperk die waarneming van foute in kultuurkongruenete be
raming
a) Persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige ten opsigte van kommunikasie wat dui op kultuur- en/of nie-kultuurinagneming
Dit wil voorkom of ook die gemeenskapsverpleegkundige, soos die moeder, 'n spesifieke betekenis heg aan taal en kommunikasietegnieke as belangrike fasette by kultuurkongruente beraming, en uit die onderhoude het dit na vore gekom dat die gemeenskapsverpleegkundige meen dat kommunikasie, soos deur die gemeenskaps
verpleegkundige tydens die beraming van die moeder en haar baba toegepas, beide fasiliterend en belemmerend toegepas word, wat dan ook die twee subkategoriee vorm soos aangedui in Kolom A van Tabel 3.5. 'n Uitgebreide bespreking volg.
Hoofstuk 3
100
1) Persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige ten opsigte van fasilite- rende kommunikasie soos gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
Die bevindinge soos verkry uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige het getoon dat die subkategorie wat fasiliterende kommunikasie aandui, spontaan in verdere kategoriee uiteengeval het. Die gemeenskapsverpleegkundige voel dat taal fasiliterend deur die gemeenskapsverpleegkundige gebruik word want daar word gebruik gemaak van visuele hulpmiddele om die taalgebrek te oorkom, sleutelwoorde van betekenis van moeder se taal word deur die gemeenskapsverpleegkundige aangeleer en gebruik word gemaak van tolke om verbale interaksie tussen die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder te fasiliteer. Kommunikasietegnieke wat die gemeenskapsverpleegkundige geldentifiseer het as fasiliterend tot kommunikasie met die moeder en haar baba is 'n positiewe houding, luisterkuns wat toegepas word:
\/erbale en nie-verbale kommunikasie asook observasie deur die gemeenskaps- verpleegkundiges van die moeder se liggaamstaal. Die hieropvolgende uiteensetting dui hierdie fasiliterende kommunikasie aan.
• Taal is fasiliterend vir kommunikasie omdat die gemeenskapsverpleegkundige + gebruik maak van visuele hulpmiddele om taalgebrek te oorkom
* sleutelwoorde van betekenis van moeder se taal aanleer
* tolke gebruik om verbale interaksie te fasiliteer
• Kommunikasietegnieke word deur die gemeenskapsverpleegkundige toegepas
* Openbaar 'n positiewe houding tydens haar kommunikasie met die moeder en haar baba
* Luisterkuns word toegepas
* Verbale kommunikasie word effektief toegepas
* Nie-verbale kommunikasie word effektief toegepas
* Observeer die moeder se liggaamstaal
Vervolgens word hierdie verdere twee kategoriee wat aandui dat kommunikasie fasiliterend deur die gemeenskapsverpleegkundige gebruik word, breedvoeriger bespreek. Die bevindinge gaan ondersteun word deur aanhalings van die gemeen
skapsverpleegkundige se verbale response asook deur verwysings na bevestigende literatuur.
• Taal is fasiliterend vir kommunikasie
Uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige blyk dit dat die gebruik- making van visuele hulpmiddele en onder andere 'n demonstrasie as 'n kompensasie dikwels die beste is om taalgebrek te oorkom en te verseker dat die moeder verstaan wat die gemeenskapsverpleegkundige aan haar verduidelik tydens die beramings- proses, soos in dieverbale respons hieronderaangedui.
" ... verduidelik anders verstaan huile nie ... demonstrasie is makliker... wys ook prentjie ... "
Die literatuur bevestig hierdie bevinding en volgens Potter en Perry (1993:102) kan verpleegkundiges nooit aanneem dat die pasient verstaan wat hulle verbaal kommuni- keer nie, want baie pasiente van ander kultuur- en taalgroepe sal glimlag en saamstem dat hulle verstaan en dan tog nie verstaan nie; soms word dit ontdek wanneer dit reeds te laat is. Misverstande en instruksies wat verkeerd verstaan is, kan fatale gevolge opiewer. Volgens die outeurs is 'n demonstrasie dikwels die veiligste want die pasient kan dan weer terug demonstreer en so aantoon of die boodskap reg ontvang is.
Weaver (1999:201) se navorsing toon aan dat demonstrasie van sekere behandeling die pasiente kan help om self die behandeling tuis toe te pas. Mbombo (1996:116) ondersteun hierdie bevinding verder en wys daarop dat swart pasiente probleme ondervind om sekere konsepte te begryp en dan is die beste metode om die konsep te verduidelik, en om die pasient aan die praktiese illustrasie te laat deelneem.
Die bevindinge uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige dui verder aan dat die gemeenskapsverpleegkundige sekere woorde aanleer wat betekenis vir die moeder net sodat wedersydse begrip ontstaan. Die volgende response deur die gemeenskapsverpleegkundige dui dit aan.
u ... there are also certain words that you will learn from them ... "
" ... use the same words they use ... "
11 ... to let them understand ... talk about'vuilsiekte' ... "
Du Toit et at. (1998:202) bevestig die bevindinge deur daarop te wys dat binne kommunikasie daar sekere woorde aangepas kan word deur aan hulle betekenis te heg wat die persoon beter sal verstaan, ook na vernoem as leenwoorde. 'n Onder-
Hoofstuk 3
102
skeidende taal soos die isiXhosa, word gebruik wat simptome beskryf soos lets kruip op in my been" of "daar is 'n gat in my rug" (De Villiers, 1991:49). Laasgenoemde outeur wys ook daarop dat verpleegkundiges op hoogte moet kom van die tipe onderskeidende taal om aan te pas by die pasient se beskrywing van byvoorbeeld pyn.
Die gemeenskapsverpleegkundige ag die gebruikmaking van hulp van ander persone in kommunikasie hoog en uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige blyk dit dat daar gereeld gebruik gemaak word van tolke waar moeders en gemeenskaps- verpleegkundiges tydens die beramingsproses uit verskillende taal- en kultuurgroepe is, soos vervolgens genoem deur die gemeenskapsverpleegkundiges.
" ... a black lady to come so that we can communicate to the patient ... "
" ... the lady who help us to communicate in Tswana ... to get the mothers to understand ... "
" ... nie saam met hulle kan praatnie, dan moet ek'n tolk kry ... "
" ... I call in someone to translate in Tswana ... "
Andrews en Boyle (1995:335) bevestig hierdie bevinding en wys daarop dat heelwat gesondheidsdienste bestaan wat van tolke gebruik maak, veral in die klinieke en tydens tuisbesoeke. Hierdie bevinding word vender gestaaf deur Du Toit (1998:204) wat die aandag daarop vestig dat 'n tolk gedurende interaksie met die klient van groot waarde kan wees. Die outeur verduidelik egter dat die tolk ook die nodige respek vir die klient se kultuur moet betoon en dit wat gese word so herbewoord dat die ander persoon dit verstaan sonder dat die betekenis van die boodskap verlore gaan. Andrews en Boyle (1995:334) en Brownlee (1978:76-77) stem ook saam dat taalverskille wel gedeeltelik oorkom kan word deur gebruik te maak van tolke om die terapeutiese verhouding tussen die pasient en die verpleegkundige te handhaaf. Dobson (1991:70) sluit ter verdere ondersteuning aan by die vorige outeurs en wys daarop dat die verpleeg
kundige in ag moet neem dat die pasient tydens die beramingsproses dikwels die primere bron van inligting is. Voorsiening moet gemaak word vir 'n sekondere bron van inligting indien taal 'n struikelblok in die weg van die beramingsproses is en daarom is dit volgens Andrews & Boyle (1995:55) belangrik dat die verpleegkundige die taal waarin die moeder gemaklik is, bepaal, en struikelblokke betyds oorkom indien dit nodig
• Kommunikasietegnieke word deur die gemeenskapsverpleegkundige toegepas
Die gemeenskapsverpleegkundige dui in die onderhoude aan dat van verskeie kommunikasietegnieke gebruik gemaak word tydens die beramingsproses van die moeder en haar baba, wat bydra tot effektiewe kommunikasie en die gemeenskaps
verpleegkundige laat voel dat sy tydens hierdie interaksie kultuur in ag neem.
Eerstens openbaar die gemeenskapsverpleegkundige 'n positiewe houding tydens haar kommunikasie met die moeder en haar baba soos in die verbale response van die gemeenskapsverpleegkundiges hieronder aangedui.
" ... maakhullegemaklik ... dat hulle meer ... makliker praat ... "
" ... compliment her and say ... you look good after your baby ... "
" ... deel met mekaar ... "
Uit die literatuur word hierdie bevinding bevestig deur MacLachlan (1997:247) wat aanvoer dat 'n positiewe houding tydens kommunikasie net soos alle kommunikasie- vaardighede reeds kultuurkongruent is, indien dit wel gei'mplementeer word. Okun (1997:38) voer verder aan dat indien die onderhoudvoerder sensitief is vir die invloed van kultuur op eie persepsies, waardes, houdings en oortuigings dit waarskynltk is dat 'n oop houding teenoor die van 'n ander kultuur geopenbaar word. Searle en Pera (1992.269) verwys na 'n "stille kommunikasie" wat die verpleegkundige tydens haar interaksie met die pasient handhaaf. Hierdie kommunikasie kan spreek van onder- steuning en gee dikwels aan die pasient die gerusstelling dat sy in goeie hande is en aanvaar word.
Tweedens word luisterkuns toegepas en beoefen as 'n kommunikasietegniek omdat daar werklik na die moeder geluister word en die moeder haar dan oopstel aan die gemeenskapsverpleegkundige. Die moeder in die voorafgaande bevindinge het ook verwys na die hoe waarde wat sy daaraan kon heg dat die gemeenskapsverpleeg
kundige werklik na haar luister en so kommunikasie bevorder en effektief in die beramingsproses toepas. Hierdie bevinding word verryk deur die volgende verbale response van die verpleegkundiges.
Hoofstuk 3
104
" ... that a person really must have to listen to what the mother . . . "
" ... show them that you really are listening to them ... "
" ... really are listening to them ... then they open up ... "
Literatuur bevesttg hierdie bevinding en Atlender en Spradley (2001:140) beklemtoon die belangrikheid daarvan om te luister en dat die verpleegkundige daadwerklik daaraan moet werk om die betekenis van dit wat die klient werklik bedoel, te verstaan. Die verpleegkundige toon aan die klient dat sy die boodskap verstaan wanneer sy aan die klient wys dat sy luister en beiangstel deur haar kop te knik en deur vrae te stel met die oog op uitklaring. Navorsing onderneem deur Weaver (1999:200) toon dat die ver
pleegkundige meen dat luister versigtig en met baie geduld deur die verpleegkundige toegepas behoort te word, wat beteken dat die verpleegkundige minder praat en stilte toelaat.
Die gemeenskapsverpleegkundige meen derdens dat verbale kommunikasie effektief toegepas word tydens die beraming van die moeder en haar baba want daar word voortdurend aan die moeder verduidelik en uitgeklaar wat sy met haar baba doen, sy verduidelik op die moeder se kennisvlak en gebruik eenvoudige terme en woorde wat sy weet aanvaarbaar is vir die moeder. Hierdie bevinding toon 'n merkwaardige ooreenkoms met die van die moeder se persepsies, soos vroeer in die navorsing bespreek wat ook daarop dui dat die moeder die verbale kommunikasie van die gemeenskapsverpleegkundige beskou as kultuurinagnemend omdat sy deurlopend met die moeder gesels, haar op haar gemak stel en uitvra na haar kultuur. Die volgende verbale response van die gemeenskapsverpleegkundige verduidelik die bevinding.
" ... dit is belangrik dat, solank jy met die babatjie werk, jy aan die ma verduidelik wat jy doen ..."
" ... maar op hulle vlak verduidelik ... "
... you talk., so that they can understand ... simple terms ... "
" ... use words that you know are acceptable to the mother .. "
Uit die literatuur bevestig Mbombo (1996:115) hierdie bevinding deur te verduidelik dat
Die gemeenskapsverpleegkundige verwys gedurende die onderhoude daarna dat die gemeenskapsverpleegkundige gebruik maak van nie-verbale kommunikasietegnieke deur die aanwending van gesigsuitdrukking, psigo-motoriese vaardighede en ander liggaamstaal. Hierdie bevindinge toon 'n ooreenkoms met die persepsies van die moeder ten opsigte van nie-verbale kommunikasie, soos vroeer in die navorsing bespreek. Die moeder ervaar dat die gemeenskapsverpleegkundige haar kultuur in ag neem want die gemeenskapsverpleegkundige het deur haar gesigsuitdrukking en liggaamstaal getoon dat sy haar en haar baba aanvaar. Vervolgens die aanhalings van die gemeenskapsverpleegkundiges se verbale response.
" ... to show through my facial expression and handy skills that I am in a possitive attitude with them ..."
" ... jy bepaal met jou gesig, die manier wat jy kyk na die pasient ... "
" ... oop is vir hulle ... deur jou liggaamstaal... iemand waarmee hulle kan kommunikeer...
Uit die vorige bespreking soos hierbo na verwys, is dit duidelik dat verskeie outeurs soos Josipovic (2000:149), Andrews en Boyle (1995:335) asook Beukes (1999:83) klem le daarop dat nie-verbale kommunikasie 'n groot rol tydens kommunikasie speel soos gesigsuitdrukkings, gebruik van oe en aanwending van liggaamstaal soos houding, beweging en gebare. Die verpleegkundige moet die verskille wat hierin kan voorkom binne kulturele verband ondersoek om seker te maak dat sy haar pasient akkommodeer en op haar gemak stel (Andrews & Boyle, 1995:67-68; Beukes, 1999.83-84; Dodd, 1991:200-201).
Laastens haal die gemeenskapsverpleegkundige in die onderhoude aan dat die moeder se liggaamstaal geobserveer word om die moeder se belewenis tydens kommunikasie te bepaal asook om taboes so te identifiseer. Sien die volgende aanhalings van die verbale response van die gemeenskapsverpleegkundiges tydens die onderhoude.
" even if a person does not speak, you ... there is also non-verbal communication ... I have seen ... appearance of the face . . not happy or pain ... this one is disturbed ... "
u uh..a word ... then it is taboo ... person will be frowning or not happy or surprised ... "
Uit die literatuur word hierdie bevinding versterk deur die verwysing na Okun (1997:52) wat die onderhoudvoerder se aandag daarop vestig dat dit nodig is om altyd die nie-
Hoofstuk 3
106
verbale boodskap saam met die verbale boodskap te interpreteer en veral te let op die affektiewe boodskap oftewei die onderliggende gevoel van die pasient. Andrews en Boyle (1995:62) sluit aan by die vorige outeur en wys daarop dat 55% van alle kommunikasie plaasvind deur liggaamstaalaanduidings, 38% deur verbale aanwysings soos stemtoon en slegs 7% deur die gebruik van woorde. In Strydom (1995:64) se studie blyk die gesigsuitdrukking van die pasient belangrik te wees tydens interaksie aangesien die verpleegkundige verbaliseer dat sy deur die pasient se gesigsuitdrukking waar te neem, weet of die pasient verstaan of nie. Brownley (1978:14) wys daarop dat veral die gemeenskapsverpleegkundige baie aangaande die pasient se kultuur kan leer deur slegs die pasient, tydens direkte interaksie met haar, waar te neem.
2) Persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige ten opsigte van belemme- rende kommunikasie soos gebruik deur die gemeenskapsverpleegkundige
Uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige het dit na vore gekom dat taal nie, soos vooraf bespreek, net positief tot kultuurkongruente beraming bydra nie, maar ook belemmerend kan wees omdat die gemeenskapsverpleegkundige nie altyd die taal van die moeder magtig is nie en spraak en aksent verander wanneer sy met die moeder praat wat nie uit dieselfde kultuur as sy kom nie. Kommunikasietegnieke kan dus negatief meewerk omdat die gemeenskapsverpleegkundige verbale en nie-verbale kommunikasie nie effektief toepas nie. Hierdie bevindinge word vervolgens weergegee:
Taal kan negatief wees vir kommunikasie
* Die gemeenskapsverpleegkundige is nie altyd die taal van die moeder magtig nie
* Die gemeenskapsverpleegkundige verander spraak en aksent wanneer sy met die moeder praat wat nie uit dieselfde kultuur as sy kom nie
Kommunikasietegnieke word nietoegepas nie
* Verbale kommunikasie word minder effektief toegepas
■k Nie-verbale kommunikasie is belemmerend
Vervolgens 'n breedvoerige bespreking van die uiteengesette subkategoriee.
• Taal kan negatief wees vir kommunikasie
sowel as met die gemeenskapsverpleegkundige dat taal ook 'n probleem blyk te wees vir kommunikasie tydens die beramingsproses. Die gemeenskapsverpleegkundige kan nie altyd die taal van die moeder wat die plaaslike gesondheidskliniek besoek, praat en verstaan nie. Die gemeenskapsverpleegkundige verander haar hele manier van praat om te probeer aanpas wanneer sy met die moeder wat nie uit dieselfde taal- en kultuurgroep as sy kom nie, kommunikeer, wat daarop dui dat dit 'n negatiewe invloed op die beramingsproses kan uitoefen,
Die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder wat gebruik maak van die plaaslike gesondheidsklinieke in die Potchefstroom-distrik kom dikwels uit verskillende taalgroepe wat 'n struikelblok vir effektiewe kommunikasie kan inhou omdat die gemeenskaps
verpleegkundige nie altyd die taal van die moeder magtig is nie, soos sigbaar in die volgende aanhalings van die verbale response van die gemeenskapsverpleegkundige,
" ... maybe language is a problem ... "
" ... Tswana is my lack ... "
' ... there might be a language barrier ... n
" ... ek kan glad nie Tswana praat nie ... "
Om hierdie bevinding te versterk word verwys na die navorsing van Zwane en Poggenpoel (2000:29) wat aandui dat taal 'n probleem kan wees, veral tussen wit verpleegkundiges en swart pasiente. Die een deelnemer aan bogenoemde navorsing se verbale respons spreek duidelik tot die bevinding in hierdie navorsing: "I have experienced not being able to talk or assess patients because I could not communicate in their own language".
'n Neiging wat uit die onderhoude met die gemeenskapsverpleegkundige na vore gekom het, is dat die gemeenskapsverpleegkundige haar spraak en aksent verander sodra sy in tnteraksie tree met 'n moeder wat nie uit dieselfde taal- en kultuurgroep as sy kom nie. Die volgende aanhaling van die verbale response van die gemeenskaps
verpleegkundige sluit hierby aan.
" ... if somebody walks through the door and if s a ... uhm ... thewholewayhowyouspeak.it changes ... "
Hoofstuk 3
108