• Tidak ada hasil yang ditemukan

VERTROUENSWAARDIGHEID

Dalam dokumen KULTUURKONGRUENTE BERAMING VAN DIE (Halaman 46-49)

NAVORSINGSONTWERP EN -METODE

2.4. VERTROUENSWAARDIGHEID

In hierdie navorsing, wat kwalitatief van aard is, word die model van Guba (in Krefting, 1991:215-217) as raamwerk gebruik om vertrouenswaardigheid te verseker. Die vier kriteria eie aan 'n kwalitatiewe benadering om betroubaarheid en geldigheid te verseker, is soos volg deur Guba (soos aangehaal deur Krefting, 1991:215-217) ge'identifiseer as waarheidsgetrouheid, toepaslikheid, konsekwentheid en neutraliteit. Die kriteria vir vertrouenswaardigheid volgens Lincoln en Guba (in Krefting, 1991:215-217) is geloof- waardigheid, oordraagbaarheid, vertroulikheid en bevestigbaarheid.

Om vertrouenswaardigheid in hierdie navorsing te verseker, word die genoemde kriteria met hul strategies en maatreels, soos deurgaans toegepas, vervolgens bespreek.

2.4.1. Geloofwaardigheid

Volgens Krefting (1991:215) verwys geloofwaardigheid na die navorser se vermoe om vertroue in die waarheid van die bevindinge en die konteks waarbinne die navorsing plaasgevind het, te bevestig. Die vraag word gestel na hoe waarheidsgetrou die bevindinge van die navorsing binne die konteks waarin dit plaasvind, is. Geloof­

waardigheid dui dus in hierdie navorsing op die akkurate weergawe van die persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder ten opsigte van 'n kultuur- kongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeenskaps­

verpleegkundige binne 'n kultuurdiverse gemeenskap.

Om in die navorsing te verseker dat dit 'n akkurate weergawe van die werklikheid is, word gebruik gemaak van voldoende betrokkenheid en triangulasie as maatreels, soos bespreek deur Lincoln en Guba (in Krefting, 1991:217 en in Klopper, 1995:26).

Voldoende betrokkenheid van die navorser volgens Lincoln en Guba (in Krefting, 1991:217) dui daarop dat die navorser voldoende tyd met die deelnemers deurbring sodat hulle gewoond raak aan die teenwoordigheid van die navorser. Die navorser is in die gemeenskap van die Potchefstroom-distrik betrokke deur gemeenskapsprojekte wat deurlopend onderneem word. Daar is reeds in 'n mate in

Hoofstuk2 32

die gemeenskap vertroue in die navorser opgebou deurdat hulle bewus is van haar betrokkenheid. Sy doen ook begeleiding van studente in die verskillende plaaslike gesondheidsklinieke van die Potchefstroom-distrik en het al 'n mate van 'n vertrouensverhouding met die gesondheidspersoneel opgebou wat haar betrokkenheid verhoog. Die moeder en die gemeenskapsverpleegkundige as deelnemers beleef die situasie direk as deel van 'n kultuurgroep en kan betroubare data verstrek, dus word eerstehandse data verkry.

Triangulasie is 'n verdere maatreel wat in hierdie navorsing toegepas word om te verseker dat dit 'n akkurate weergawe van die werklikheid is. Volgens Krefting (1991:219) is triangulasie waarna hier verwys word 'n kragtige strategie om geloofwaardigheid in die navorsing te verseker: Daar word dan ook in hierdie navorsing van die volgende triangulasietegnieke gebruik gemaak:

- Die navorser doen 'n literatuurkontrole deur verskillende bronne na te slaan om data-analise en bevindinge te bevestig.

- Die navorsingsproses word deurlopend deur kundiges gemonitor, en so word die strukturele samehang van die proses geevalueer.

- Triangulasie word verseker deur die onderhoudskedule aan kundiges voor te le vir inhoud- en siggeldigheid.

- Alhoewel die navorser self betrokke is, word gebruik gemaak van 'n onafhanklike kundige wat die onderhoude met die deelnemers voer.

- Tydens data-analise word van triangulasie gebruik gemaak deurdat die navorser en 'n onafhanklike medekodeerder konsensus bereik aangaande die hoof-, sub- en verdere kategoriee van die data wat ingesamel is.

2.4.2. Oordraagbaarheid

Oordraagbaarheid of toepasbaarheid van die navorsingsbevindinge dui volgens Guba (in Krefting, 1991:220) op die oordraagbaarheid van navorsing, met ander woorde die

bevindinge in 'n ander konteks of op ander respondente?

Kwalitatiewe, kontekstuele navorsing is volgens Guba (in Krefting, 1991:215) nie oordraagbaar nie as gevolg van die uniekheid van die navorsingsituasie. Die oordraag- baarheid van die navorsing is ook moontlik nie 'n faktor in hierdie navorsing nie, aangesien dit beskrywende navorsing is. Die navorser is egter wel daarvoor verantwoordelik om die data van die navorsing so dig as moontlik te beskryf, en moet poog om dit te doen deur middel van die konteks, metodologie, populasie, steekproef, literatuurkontrole, dataontleding en die bevindinge. Die navorser is tog van mening dat oordraagbaarheid van data wel in die navorsing moontlik is en toepasbaar gemaak kan word op ander vakwetenskappe soos in sosiale en antropologiese wetenskappe. Dit is egter volgens Guba (in Krefting, 1991:221) nie die navorser se verantwoordelikheid om die oordraagbaarheid van die studie te kontroleer nie, maar wel die van ander navorsers wat die bevindinge op 'n ander situasie wil toepas.

2.4.3. Vertroubaarheid

Vertroubaarheid van die navorsingsresultate dui volgens Guba (in Krefting, 1991:221) op die konsekwentheid van navorsing en gebruik die term ouditbaar om die situasie te beskryf, waar 'n ander navorser, weens die digte beskrywing van die navorsing in staat sou wees om die argumentasielyn van die navorser in hierdie bepaalde navorsing te volg. Die vraag wat volgens Lincoln en Guba (in Klopper, 1994:67) gestel word, is: Hoe herhaalbaar is die bevindinge van die studie, indien die studie in dieselfde konteks met dieselfde respondente gerepliseer word?

• Om hierdie navorsing ouditbaar te maak en vertrouenswaardigheid te verhoog, gee die navorser 'n digte beskrywing van die metode van data-insameling, data-analise en gevolgtrekkings. Hierdie beskrywings dien dan as maatreels om aan te dui hoe herhaalbaar of uniek hierdie navorsingsituasie is.

• Hoewel die navorser self betrokke is, hanteer 'n onafhanklike kundige onder- houdvoerder en medekodeerder die onderhoude en data-analise onderskeidelik.

• Ondersoekende oudit soos beskryf in Klopper (1995:27) vind plaas binne die navorsing aangesien daar 'n medekodeerder is en 'n konsensusgesprek gevoer word tussen horn en die navorser. Literatuurkontrole word gedoen om bevindinge te

Hoofstuk 2 34

bevestig wat verder verseker dat ondersoekende oudit die vertroubaarheid van die studie verhoog.

2.4.4. Bevestigbaarheid

Volgens Guba (in Krefting, 1991:221) word die bevestigbaarheid of die neutraliteit van die navorsing verhoog deur die oudit van rou data, veldnotas, data-analisedokumente, interpretasie van kategoriee en die formaat van vraagstelling. Dit dui dus op data- en interpretatiewe bevestigbaarheid.

Die navorser bewaar alle oorspronklike dokumentasie van die navorsing, naamlik die verbatimtranskripsies van die onderhoude gevoer met die gemeenskapsverpleeg-

kundiges en die moeders, veldnotas en data-analisedokumente indien ander navorsers die neutraliteit sou wou beoordeel en vergelykende gevolgtrekkings sou wou maak.

Dalam dokumen KULTUURKONGRUENTE BERAMING VAN DIE (Halaman 46-49)