NAVORSINGSONTWERP EN -METODE
2.3. NAVORSINGSMETODE
2.3.2. Data-insameling
2.3.2.2. Metode van data-insameling Data word in twee fases ingesamel
• van die moeder wat met haar baba die plaaslike gesondheidsklinieke binne die Potchefstroom-distrik besoek; en
• van die gemeenskapsverpleegkundige werksaam in die plaaslike gesondheids
klinieke binne die Potchefstroom-distrik.
Om die persepsies van beide die moeder en die gemeenskapsverpleegkundige met betrekking tot 'n kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeenskapsverpleegkundige binne 'n kuituurdiverse gemeenskap te verken en te beskryf, maak die navorser gebruik van aangesig-tot-aangesig onderhoudvoering met die deelnemers. Die navorser het geen literatuur vooraf bestudeer nie, omdat dit die objektiwiteit vir insameling van data kon beinvloed aangesien gedrag, taal, konsepte, waardes en gevoelens van die deelnemers verken en beskryf word (Schurink,
1998:300). 'n Semigestruktureerde onderhoudskedule wat bestaan uit twee oopeinde- vrae is saamgestel om te fokus op die spesifieke onderwerp volgens riglyne soos uiteengesit in Burns en Grove (1997:358). Twee aparte onderhoudskedules is saamgestel; onderskeidelik een vir die moeder (sien Bylaag F) en een vir die gemeenskapsverpleegkundige (sien Bylaag G). Beide die onderhoudvoerder en die deelnemers kan tydens onderhoudvoering afwyk van die vrae om uit te brei op die verskynsel wat verken word (Wilson, 1993:223).
Die volgende aanbevelings deur Burns en Grove (1997:353-356) word in gedagte gehou met verwysing na die onderhoudskedule:
• Voorbereiding moet 'n nie-bedreigende, nie-evaluerende omgewing ten doel stel waar deelnemers veilig kan voel om hul opinies te lug. Die onderhoude word in 'n aparte konsultasiekamer gevoer waar net die onderhoudvoerder en die deelnemer teenwoordig is.
• Vrae word gefokus en die konteks word gestel. Die onderhoudvoerder fokus op die kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeen
skapsverpleegkundige binne die konteks van die moeder-en-baba-gesondheids- klinieke van die Potchefstroom-distrik.
Hoofstuk 2 26
• Daar word van oopeindevrae gebruik gemaak om die deelnemers geleentheid te gee om vrylik uit te brei op die verskynsel wat verken word, naamlik kultuur- kongruente beraming van die moeder en haar baba binne 'n kultuurdiverse gemeenskap.
• Bewoording van vrae word aan respondente verduidelik indien nodig. In hierdie navorsing verduidelik die onderhoudvoerder beide die vrae aan die deelnemer en maak seker dat die deelnemer die vraag verstaan.
• Daar word afgewyk van die volgorde van vrae om spontane verloop in die onder- houd te bewerkstellig en deelnemers 'n beter begrip van vrae te laat kry. Dit maak in hierdie navorsing nie saak watter vraag eerste gestel word nie, en die vraag wat tweede gestel moet word, kan selfs weggelaat word, afhangende van die verloop van die onderhoud en indien die inhoud daarvan reeds tydens die beantwoording van die eerste vraag gedek is. Dit is egter belangrik dat voortdurend op die onderwerp gefokus word.
• In hierdie navorsing is dit belangrik om daarop te let dat die vrae by die geletterdheidsvlakvan die deelnemers aangepas word.
Vrae word aan kundiges voorgehou vir sig-en inhoudsgeldigheid, en aanpassings word gemaak indien nodig. 'n Voortoets word dan afgeneem om die effektiwiteit van die vrae met behulp van die deelnemers te bepaal en die proses van data-insameling van die navorsing te verfyn. Die voortoets gee ook aan die onderhoudvoerder die geleentheid om vertroud te raak met die gestelde semigestruktureerde onderhoudskedule wat vir data-insameling in hierdie navorsing gebruik gaan word (Uys & Basson, 1991:52,112).
Die navorser verseker konsekwentheid en effektiwiteit tydens data-insameling deur die volgende aspekte met die onderhoudvoerder uit te klaar:
• Vriendelik en gul ontvangs van die deelnemers by die lokaal waar die onderhoud gevoer gaan word, is nodig.
• Netjies geklede voorkoms word vereis.
• Bandopnemers (een battery-aangedrewe en een elektries) moet so onopsigtelik moontlik geplaas word om deelnemers se aandag nie af te trek nie.
• Daar moet eers uitgeklaar word of die deelnemer verstaan waaroor die navorsing gaan en skriftelik tot deelname ingestem het.
Tydens die onderhoude met die deelnemers word van verskeie fasiliterende verbale responstegnieke soos deur Okun (1997:75-76) uiteengesit, gebruik gemaak. Dit sluit die volgende in:
- Minimale verbale respons: Die gewone kopknik word deur hierdie minimale verbale respons vervang en deelnemers word hierdeur aangemoedig om voort te gaan met wat sy se. Die onderhoudvoerder maak gebruik van 'n neutrale "hmm"
of "ek sien" wat aandui dat sy na die deelnemer luister.
- Uitklaring: Dit is 'n poging deur die onderhoudvoerder om meer inligting te bekom oor 'n saak en 'n effektiewe gebruik is om stellings te maak soos "vertel my meer" of "ek wonder nou ..."
- Parafrasering: Dit is 'n verbale stelling wat gelykwaardig is aan of uitruilbaar is met die stelling wat die deelnemer maak, dus herhaal die onderhoudvoerder dit wat die deelnemer s£ in ander woorde of gebruik sinonieme vir dit wat die deelnemer se.
- Reflektering: Dit verwys na die onderhoudvoerder se optrede wat by implikasie aandui hoe die onderhoudvoerder die verbale en nie-verbale boodskappe van die deelnemer verstaan. Daar word slegs op reeds geverbaliseerde boodskappe gereageer om nie die deelnemer te lei nie.
- Opsomming: Die onderhoudvoerder sintetiseer wat reeds gese is, vat dit saam wat tydens die onderhoud gekommunikeer is en lig die uitstaande kognitiewe en affektiewe temas wat na vore gekom het uit.
Nie-verbale kommunikasievaardighede soos stiltes, oogkontak, aandagtige luister, gemaklike ontvanklike houding, ontspanne liggaamsposisie, spontane handgebare en 'n belangstellende gesigsuitdrukking word deur die onderhoudvoerder toegepas om spontane deelname aan te moedig. Die onderhoudvoerder dui deur middel van nie- verbale kommunikasie aan dat die deelnemers aanvaar word, dat daar verder
Hoofstuk 2 28
aandagtig geluister word en dat die onderhoudvoerder belang stel (Schurink, E.M., 1998:308-309).
Die data verkry gedurende die onderhoud word op band vasgele, en beskrywende, reflekterende, demografiese veldnotas (sien Bylaag H) word gedurende en na afloop van die onderhoude gemaak en bewaar met die oog op bevestiging van bevindinge.
Die verskillende kategoriee veldnotas wat gebruik word, word vervolgens aangedui, soos beskryf in Creswell (1994:152):
- Beskrywende notas: Notas ten opsigte van die deelnemers, voorkoms en optrede, die fisiese opset en die onderhoudvoerder se waarneming van sekere gebeure wat gedurende die onderhoud opduik.
- Reflekterende notas: Hierdie notas word doelbewus deur die navorser aangewend om persoonlike gedagtes en spekulasie oor insidente, gevoelens en probleme asook struikelblokke, vooroordele en indrukke wat gedurende die proses van die onderhoud voorgekom het, te benut om data te kan analiseer.
- Demografiese notas: Hierdie notas bevat inligting met betrekking tot die tyd, plek en datum wat die konteks waarbinne die onderhoud plaasvind, beskryf.
Die getikte veldnotas word duidelik gemerk en by die transkripsie van elke onderhoud gevoeg.