Onbetrokke verhouding met oneffektiewe beraming
Kutturele VX* \ oortuigings
4.5.3. Beskrywing van die visuele model
Vervolgens word die konseptuele raamwerk deur middel van 'n visuele model vir die fasilitering van 'n kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba binne 'n kultuurdiverse gemeenskap beskryf.
Die konteks waarbinne die beraming van die moeder deur die gemeenskapsverpleeg
kundige plaasvind, is binne gemeenskapsverpleegkunde as 'n spesialiseringsveld van verpleegkunde. Die gemeenskapsverpleegkundige tree as begeleier op om kultuur
kongruente beraming van die moeder en haar baba te fasiliteer. Tydens die fasilitering vind interaksie plaas tussen die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder wat 'n vertrouensverhouding tot stand bring. Die interaksie word gekenmerk deur effektiewe kommunikasie wat die inagneming van kultuur komplementeer, bestaande uit taalaanpassings, verbale wedersydse uitklarings en nie-verbale kommunikasietegnieke soos gesigsuitdrukkings en ander liggaamstaal wat plaasvind tussen die gemeenskaps
verpleegkundige en die moeder. Die houding gefundeer in erkenning en aanvaarding wat die gemeenskapsverpleegkundige teenoor die moeder openbaar en die respekvolle wyse waarop sy die moeder tydens beraming hanteer, word ook in hulle interaksie weerspieel. Kommunikasie deur, houding van en hantering deur die gemeenskaps
verpleegkundige is of kultuurkongruent soos bo bespreek of kultuurinkongruent indien die gemeenskapsverpleegkundige nie sensitief is vir die moeder se kulturele behoeftes tydens die beraming, wat die vertrouensverhouding versterk al dan nie.
Die gemeenskapsverpleegkundige beskik oor 'n basis van bepaalde wetenskaplike kennis oor transkulturele verpleging, uitgebreide kulturele gebruike ingebed in haar eie kulturele agtergrond asook persoonlike kulturele oortuigings en waardes wat voortspruit uit invloede uit haar interne sowel as ekstrene omgewing waarmee sy die interaksie met die moeder betree. Die moeder beskik op haar beurt ook oor bepaalde kennis van kultuur- en taalverskeidenheid, kulturele gebruike en -oortuigings oor siekte en gesond- heid soos oorgedra deur haar voorgeslagte, asook sekere verwagtinge van 'n kultuur
kongruente beraming waarmee sy die interaksie met die gemeenskapsverpleegkundige betree. Gedurende die interaksie tussen die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder ontwikkel 'n vertrouensverhouding wat kan versterk wanneer die gemeenskaps
verpleegkundige die moeder se kultuur in ag neem of kan verswak indien sy dit ignoreer. Die hoofdoel van die interaksie tussen die moeder en die gemeenskaps
verpleegkundige is gefokus op die fasilitering van 'n kultuurkongruente beraming van Hoofstuk 4
170
die moeder en haar baba deur die gemeenskapsverpleegkundige binne 'n kultuur- diverse gemeenskap om te verseker dat effektiewe beraming plaasvind.
Die sentrale konsep in hierdie visuele model is kultuurkongruensie. Kultuurkongruensie kan slegs bereik word wanneer die gemeenskapsverpleegkundige in haar optrede teenoor die moeder aandui dat sy deur middel van sinvolle effektiewe kommunikasie, ontvanklike en aanvaardende houding en hantering gekenmerk deur ondersteuning en omgee, poog om die moeder se kultuur in ag te neem. Die uitkoms wat verkry word wanneer kultuurkongruensie tydens interaksie toegepas word, dui op 'n betrokke verhouding wat spreek van wedersydse respek en aanvaarding tussen die moeder en die gemeenskapsverpleegkundige, wat lei tot effektiewe beraming. Die teendeel word ook aangedui naamlik dat die vertrouensverhouding gedurende die interaksie versteur word deur die gemeenskapsverpleegkundige wat kultuurinkongruent teenoor die moeder optree. Die uitkoms is dan gewoonlik 'n onbetrokke verhouding wat spreek van wantroue en disrespek, wat lei tot oneffektiewe beraming.
4.6. SLOTOPMERKINGS
Die navorser is van mening dat die navorsingsdoelstellings wat vir hierdie navorsing ten doel gestel is, naamlik om die persepsies van die gemeenskapsverpleegkundige en van die moeder in die gemeenskap ten opsigte van kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeenskapsverpleegkundige binne 'n kultuurdiverse gemeenskap te verken en te beskryf asook om 'n konseptuele raamwerk te formuleer wat die uitvoer van kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba binne 'n
kultuurdiverse gemeenskap sal fasiliteer, bereik is.
Bevindinge in hierdie navorsing is kontrasterend van aard. Hoewel beide die moeder en die gemeenskapsverpleegkundige aandui dat kultuur tydens beraming in ag geneem word, word uitsprake eweneens deur beide die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder gemaak dat dit nie die geval is nie, en dat 'n behoefte aan kultuurkongruente beraming bestaan.
Die gemeenskapsverpleegkundige bevind haar in 'n situasie waar sy voortdurend aan 'n verskeidenheid kultuurgroepe blootgestel is. Die aspekte wat deur beide die moeder en
kommunikasietegnieke. Die houding van en hantering deur die gemeenskapsverpleeg
kundige is ook betekenisvolle aanduiders van die mate waarin sy kultuurkongruensie tydens beraming handhaaf. Die interaksie tydens beraming word gefasiliteer deur 'n ontvanklike aanvaardende houding en hantering van die moeder se behoeftes ter bevordering van 'n vertrouensverhouding wat lei tot effektiewe beraming.
Gebrekkjge kennis aangaande kulturele gebruike, oortuigings en waardes asook ontoe- reikende kommunikasievaardighede belemmer die interaksie tussen die gemeenskaps
verpleegkundige en die moeder. Kultuurkongruente beraming word egter belemmer wanneer interaksie tussen die gemeenskapsverpleegkundige en die moeder gepaard gaan met gebrek aan vertroue, respek, aanvaarding en omgee. Wanneer kultuur
kongruensie nie werklik binne die beraming van die moeder en haar baba realiseer nie, verarm die vertrouensverhouding tussen die partye en lei dit tot oneffektiewe beraming.
Die bevindinge van die navorsing is verryk deur die formulering van 'n konseptuele raamwerk wat ook visueel voorgestel is, asook deur 'n bespreking van die visuele voorstelling wat binne die gemeenskapsverpleegpraktyk waardevol kan wees om kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeenskapsver
pleegkundige in 'n kultuurdiverse gemeenskap sodoende te fasiliteer.
Hoofstuk 4
172