NAVORSINGSONTWERP EN -METODE
2.2. NAVORSINGSONTWERP
Die navorsingsontwerp word beskou as die bloudruk vir die uitvoer van navorsing wat die navorser lei in die beplanning en implementering van die navorsing ten einde die beoogde resultate te verkry (Burns & Grove 1997:226). In hierdie navorsing word gebruik gemaak van 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp aangesien die persepsies van die moeder wat die plaaslike gesondheidsklinieke binne die Potchefstroom-distrik besoek en die gemeenskapsverpleegkundige werksaam in die plaaslike gesondheids
klinieke van die Potchefstroom-distrik ten opsigte van kultuurkongruente beraming van die moeder en haar baba deur die gemeenskapsverpleegkundige, verken en beskryf word.
Verkenning en beskrywing van data is volgens Mouton en Marais (1992:45-47) die verkryging van nuwe insigte oor 'n domeinverskynsel om sentrale konsepte te ondersoek, asook prioriteite vir verdere navorsing vas te stel. Binne hierdie navorsing poog die navorser om 'n noukeurige en akkurate beskrywing weer te gee van die verkenning van die persepsies van die moeder en die gemeenskapsverpleegkundige
Hoofstuk 2 18
ten opsigte van kultuurkongruente beraming deur die gemeenskapsverpleegkundige van die moeder en haar baba binne 'n kultuurdiverse gemeenskap as domeinverskynsel ten einde aanbevelings te maak vir die verpleegpraktyk, -navorsing en -onderwys. 'n Konseptuele raamwerk word uit die konsepte wat gei'dentifiseer word geformuleer, visueel voorgestel en beskryf ten einde 'n bydrae te lewer tot die uitbouing en gebruik van kultuurkongruente beraming binne die bestek van transkulturele verpleging.
Hierdie navorsing vind binne 'n bepaalde konteks plaas. Volgens Mouton en Marais (1992:51) poog kontekstuele navorsing soos die onderhawige om 'n verskynsel in terme van sy onmiddellike konteks te bestudeer. Die konteks vir hierdie navorsing is dan die omvattende primere gesondheidsdienste in die Noordwes Provinsie en wel binne die Potchefstroom-distrik se ses plaaslike gesondheidsklinieke. Die moeder wat die plaaslike gesondheidsklinieke besoek, is verteenwoordigend van verskillende kultuurdiverse gemeenskappe uit die Groter Potchefstroom (hoofsaaklik wit gemeen
skap), Ikageng (hoofsaaklik swart gemeenskap), Promosa (hoofsaaklik Kleurfing- gemeenskap) en Mohadin (hoofsaaklik Indier-gemeenskap). Alhoewel statistiek nie beskikbaar is ten opsigte van die onderskeie bevolkingsgroepe binne die Potchefstroom-distrik nie, verteenwoordig die deelnemers aan die navorsingsprojek tog die kultuurdiverse gemeenskap, soos uit die bovermelde woonareas afgelei kan word.
Volgens waarneming van die navorser het daar reeds sedert 1994 tussen die verskillende areas vermenging van kultuurgroepe plaasgevind en is niemand meer rigied areagebonde nie. Die taalgroepe binne die Potchefstroom-distrik is hoofsaaklik Setswana, Engels en Afrikaans, waarvan die meerderheid Engels as tweede taal aanwend. Voorheen was gesondheidsdienste op verskillende vlakke aan die vier hoof kultuurgroepe gelewer met gevolglike duplisering en fragmentering van dienste. Die dienste was oneweredig versprei en dit was hoofsaaklik die wit gemeenskap wat toegang tot hierdie gesondheidsdienste gehad het (van Rensburg et a/., 1992:78). Die gemeenskapsverpleegkundige was toe reeds in 'n groot mate in die gemeenskap betrokke en is steeds, maar die betrokkenheid was eerder by kultuureie pasiente.
Gesondheidsdienste fokus tans op gei'ntegreerde, primere gesondheidsdienste wat gemeenskapsgesentreerd is en daarom speel die gemeenskapsverpleegkundige in 'n toenemende mate 'n sentrale rol binne die lewering van hierdie omvattende primere gesondheidsdienste wat moeder-en-baba-dienste insluit. Sy word toenemend
die gemeenskapsverpleegkundige vir die doel van hierdie navorsing ingesluit te wees.
Sy is ook, net soos die moeder en haar baba, verteenwoordigend van verskillende kultuur- en taalgroepe met Afrikaans, Engels en/of Setswana as spreektale.
Die vermelde gemeenskapsverpleegkundige funksioneer binne die plaaslike gesond- heidsklinieke in die Groter Potchefstroom, Ikageng (Boiki Thlapi, Letsego en Top City), Promosa en Mohadin. Sy is verantwoordelik vir die lewering van omvattende primere gesondheidsdienste waarvan die beraming van die individu in die gemeenskap 'n belangrike komponent van die wetenskaplike benadering tot gemeenskapsverpleging uitmaak. Dit moet op 'n georganiseerde en gesistematiseerde wyse uitgevoer word om sodoende hoegehalteverpleging te verseker. Omdat die beraming van die individu in die gemeenskap die vertrekpunt is vir die deeglike uitvoer van die wetenskaplike metode van verpleging, is dit noodsaaklik dat die gemeenskapsverpleegkundige ag slaan op die diversiteit van haar pasiente en die nodige kennis en vaardigheid ontwikkel om 'n kultuurkongruente beraming uit te voer (Bouwer et al., 1997:69). Die beraming van die moeder en die baba wat in hierdie navorsing die fokus is, vind plaas in die plaaslike gesondheidsklinieke binne die Potchefstroom-distrik en tydens tuisbesoeke waartydens die gemeenskapsverpleegkundige besig is met die een of ander komponent van omvattende primere gesondheidsdienslewering, naamlik:
• Die deurgee van inligting aangaande heersende gesondheidsprobleme, metodes vir voorkoming en beheer daarvan. Kultuurkongruente gesondheidsvoorligting maak 'n belangrike deel hiervan uit.
• Bevorder die voorsiening van voedsel en behoorlike voeding wat die basis vir goeie gesondheid vorm.
• Voldoende veilige watervoorsiening en basiese sanitasie.
• Voldoende moeder-en-kind-gesondheidsdienste waarvan reproduktiewe gesond
heidsdienste deel uitmaak.
• Immunisasiedienste teen aansteeklike infektiewe siektetoestande.
• Voorkoming en beheer van plaaslike endemiese en oordraagbare siektetoestande.
• Toepaslike behandeling van algemene siektetoestande.
Hoofstuk 2 20
• Voorsiening van essensiele medikasie volgens die nasionale beleid.
• Voorsiening van nooddienste.
• Geestesgesondheidsdienste (Dennill, 1999:36-41).
Die beraming van die moeder en haar baba moet omvattend gefokus wees op die heelmens wat fisiese, psigiese, geestelike en sosiale behoeftes in ag neem. Tans word die moeder en haar baba beraam met min inagneming van kultuurdiversiteite wat dikwels lei tot minder effektiewe dienslewering wat nie voldoen aan die beginsels van 'n omvattende primere gesondheidsdiens om gesondheid te bevorder, te handhaaf en te herstel nie.