• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 2: Die rol wat vrouetydskrifte speel in die bevordering van politieke

2.2 DIE FUNKSIESVAN DIE MEDIA

Die funksies van die media word verkry uit die funksionele benadering tot mediastudies. Dit handel oor die essensiele take wat die media verrig om die samelewing in stand te hou. Die aanname is dat kommunikasie soos dit deur die media gefasiliteer word, daar is vir die normale funksionering, kontinurteit en integrasie van die samelewing. Die media se rol en invloed in hierdie prosesse is integraal. Daar word in die benadering ook erkenning gegee aan die moontlike nadelige invloed wat die media bewustelik of onbewustelik op die samelewing kan he (McQuail, 2000:46).

Die funksies van die media kan nie in 'n rangorde van belang verdeel word nie. Dit oorvleuel ook en bepaalde mediaboodskappe kan dus meer as een funksie vervul in die opsig dat die inhoud byvoorbeeld op dieselfde tydstip kan vermaak inlig soos wat die geval is met "infotainment" (McQuail, 2000:80).

Hierdie funksies van die media in die samelewing word so os volg saamgevat (Laswell, 1960: 118-130;

Lazarsfeld & Merton, 1960:497-501; McQuail, 2000:79-80, 495; McQuail & Windahl, 1990:60-61; Berger, 1995:121-124,62; Hiebert & Gibbons, 2000:13; Hadland & Thorne, 2004:13; Black, 1982:254-55):

Inligtingsoordrag en opvoeding in demokrasiee

Die media verskaf inligting oor gebeure en die stand van sake in die samelewing en die res van die wereld. Mense wil bewus wees van kwessies en gebeure met betrekking tot die samelewing en hulie alledaagse bestaan sodat hulle nie on kant gevang word nie. Die media dui ook aan hoe magsverhoudinge in die samelewing verander en fasiliteer opvoeding, innovasie, aanpassing en vooruitgang deur die inligting wat dit verskaf. Inligting behoort gestruktureerd en onbevooroordeeld aangebied te word.

Deur middel van die inligtingsfunksie word bedreigings en geleenthede ook aan die samelewing bekend gemaak deurdat die media die omgewing ondersoek (deur waarneming). 'n Voorbeeld van 'n bedreiging is die identifisering van die kenmerke van piramideskemas. 'n Geleentheid weer, is byvoorbeeld waar die media uitwys aan watter beroepe daartekorte is in die land ofwereldwyd.

Die funksies bo is relevant vir hierdie studie aangesien dit die voorkoms van politiek in die media ondersteun en inderdaad teoreties voorspraak maak daarvoor (sien ook afdeling 1.1).

Interpretasie, analisering en oorreding

Die media verduidelik, interpreteer en lewer kommentaar op die betekenis van geleenthede en inligting.

Dit help mense dus om sin te maak uit mediaboodskappe en trek die verband tussen die inligting en die betekenis daarvan vir mense se alledaagse lewens en belange. Dit speel verder 'n rol daarin om mense te oorreed, dikwels na aanleiding van inligting wat geanaliseer en geTnterpreteer is. Deur die funksies word mense ook gesosialiseer (sien ook Kufturefe kontinurteit hieronder) en opgevoed (afdeling 1.1).

Vermaak

Dit is een van die mees noemenswaardige funksies van die media, omdat die media daardeur gehore 10k. Die rede vir die toenemende fokus op vermaak is die feit dat die media winsgewend moet wees en nie meer uitsluitlik 'n diens aan die gemeenskap lewer nie; veral in die geval van kommersiele media.

Die media bied deur vermaak aan gebruikers ontspanning en ontvlugting en verlig ook sosiale spanning.

Dit is egter nie maklik om vermaak en inligting van mekaar te skei nie, aangesien inligting op vermaaklike wyse aangebied kan word en vermaaklike mediaboodskappe ook kan inlig. In sommige gevalle is vermaak van primere en inligting van sekondere belang, en ander kere weer andersom.

Wanneer inligting en vermaak so gekombineer word, word gepraat van "infotainment" of "edutainment".

Mense kan wei (beperkte) politieke kennis verkry na aanleiding van blootstelling aan vermaaklike boodskappe met politieke elemente in (8aum, 2003). Die "infotainment"-funksie is dus veral relevant omdat politieke inligting soms reeds vermaaklik aangebied word in die media. (Dink maar aan die talle vermaaklike televisie- en drukmedia-insetsels van Evita, oftewel die komediant Pieter-Dirk Uys. Hy lewer kommentaar oor politiek op vermaaklike wyse.) Vrouetydskrifte kan doelbewus hierby aansluit en dit spesifiek van toepassing maak op hul inhoud en aanbiedingswyse.

Die eienskappe van vermaakboodskappe (McQuail, 2000:495):

• Dit is aantrekliklaanloklik.

• Dit amuseer.

• Dit help mense ontvlug; dit laat hulle tydelik van hUl huidige omstandighede vergeet.

Kulturele kontinurteit en sosialisering

Sosialisering is die informele aanleer van sosiale rolle en norme; die proses waardeur mense leer hoe om lede van die samelewing te wees. Die proses word voortdurend deur die media beTnvloed. Politieke sosialisering is die proses waardeur mense politieke kennis opdoen en houdings en waardes oor die politieke kultuur in 'nland vorm (Atkin, 1981:299; Kraus and Davis, 1979).

Die voorstelling van die dominante kultuur, erkenning van subkulture en nuwe kulturele ontwikkelinge vind uitdrukking in die media. Die mediavoorstelling en -blootstelling van spesifieke groepe se sosiale norme asook die dekking van enigiets wat hiermee strook, lei dikwels daartoe dat dit aangepas word in die werklike lewe. Hierdie dinamiese interaksie tussen media en samelewing verseker die voortbestaan van kulture en subkulture. So kan die "kultuur van vroulikheid" en die norme wat daarmee gepaardgaan volgens die kulturele kontinuTteitsfunksie ook uitdrukking vind in die media8.

8 Dit word meer in besonder bespreek onder die spesifieke funksies van vrouetydskrifte (sien afdeling 2.3).

Groepe, organisasies en sosiale bewegings kry verder, net soos persone en kwessies, sekere sosiale status deur die manier waarop die media hulle voorstel - hulle kry bepaalde vlakke van kredietwaardig heid.

Populere kultuur vind ook gestalte in die media. Dit behels inhoud wat aanklank vind by die meeste mense. Dit word gestel teenoor elite kunsvorme soos opera, historiese kuns, klassieke musiek en tradisionele teater of -literatuur, wat 'n sekere vlak van kulturele gesofistikeerdheid vereis om te waardeer. Populere kultuur sluit vorme van kulturele kommunikasie soos koerante, televisie, advertensies, popmusiek, radio, slapbandboeke, rolprente en ook tydskrifte in. Dit is egter nie noodwendig van 'n swak kwaliteitlgehalte net omdat dit populer is nie (Berger, 1995: 177). Dit is veral in hierdie populere media se boodskappe waar die politieke en alledaagse soms baie subtiel ontmoet (Kaarsholm & James, 2000: 195):

If it fpopulere kultuur] is seen as mere entertainment, it need not be taken seriously. Instances of what may appear to be mere escapist performance have served as masks to hide more serious political and social commentary - this is an area where popular culture and democratic struggles intersect very tangibly.

Die relevansie van hierdie funksie word veral vergestalt in die laaste deel van die aanhaling: ernstige politieke inligting word subtiel gekombineer met minder ernstige inligting waarby die meeste mense dan aanklank vind en s6 word hulle daaraan blootgestel. Dink maar aan Zapiro se spotprente en die strokiesprentreeks Madam &Eve wat gewoonlik politieke/sosiale kommentaar lewer.

Mobilisering

In die media word daar dikwels voorbrand gemaak vir samelewingsdoelwitte soos die bekamping van armoede of aardverwarming. Mense word bewus van kwessies wat aandag kry in die media9. Dit is ook, soos in afdeling 1.1 genoem, noodsaaklik vir die effektiewe funksionering van 'n demokrasie: "This instigating role for the mass media highlights a crucial role they play in a democratic society" (Dearing &

Rogers, 1996:99-100) (eie beklemtoning).

Die media dra dus by tot "informed public opinion(s)" (Fourie, 2003a:218). Die media produseer, bestuur en lei openbare mening in 'n sekere rigting. Hierdie funksie kan ook omvangryke gevolge inhou wanneer die media doeltreffend in propaganda-veldtogte gebruik word.

Die geleentheid kan soms vir 'n vrouetydskrif ontstaan om ook die mobiliseringsfunksie te vervul, soos wanneer vroue byvoorbeeld aangemoedig kan word om te registreer om deel te neem aan verkiesings.

Adverlensie en wins

Hierdeur lewer die media 'n diens aan die besigheidsektor sowel as die publiek.

Uit die bogenoemde uiteensetting blyk dit duidelik dat die media die gebruikers daarvan se lewens tot 'n beduidende mate be'invloed en waarskynlik ook verbeter deur die vervulling van die verskillende funksies daarvan. Dit gaan egter afhang van die manier waarop elke individu kognitief en prakties met die media tot sy/haar beskikking, omgaan. Die manier waarop mense daarmee omgaan, word ook beTnvloed deur die manier waarop mediaboodskappe aangebied word (sien afdeling 2.4).