• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 7: Die aanbieding van politiek as nuusitem in SARIE

7.3 RIGLYN 2

Berig geba/anseerd en regverdig oor politieke partye, nie-regeringsorganisasies en die regering se beleid en aktiwiteite van toepassing op vroue, die ekologie, misdaad teenoor vroue en ander maatskaplike probleme, asook vroue se wetlike, politieke, finansiele en gesondheidsregte

7.3.1 Dekking, genres en onderwerpe

Tabel 7 - Aantal politieke items in spesifieke genres in SARIE (1 994-2004)

I Politieke onderwerp Slegs verwysing 36

33 36

12 4

o

12 100

In die ondersoekmateriaal is daar altesaam 45 items waarvan die onderwerp en dus die he Ie artikel as polities van aard bestempel kan word. Daar is verder 100 items wat verwys na politiek. In die lig daarvan dat daar 49 uitgawes bestudeer is, beteken dit dat daar gemiddeld een artikel per uitgawe was met 'n politieke ondertoon/politiek as onderwerp en amper twee wat na politieke inligting verwys. Vir die vrauetydskrif as medium is hierdie frekwensie voldoende aangesien dit tradisioneel nie met politiek verbind word nie. Politieke inligting is dus deurgaans beskikbaar en die leser kan "gewoond" raak daaraan am dit op gereelde basis te sien op die publikasie se agenda.

Die uitgawe van 27 April 1994 is noemenswaardig. Daar was 'n profiel oar die politikus Pik Botha waarin 5 van die 28 vrae direk of indirek verband hou met die verkiesing en gepaardgaande veranderinge in die land (SR/94/27 Apr/30-32;34). Verder was daar 'n artikel oar vrouepolitici se wense vir vroue in die nuwe Suid-Afrika en waarvoor hulle hul gaan beywer met betrekking tot die ophef van vraue (SR/94/27Apr/42­

44). In die gereelde rubriek - SARIE Humor - is die spot gedryf met verkiesings (SR/94/27AprI78-79).

Dit is gedoen deur interessante staaltjies wat tydens vorige verkiesings gebeur het, te verhaal. Daar is oak een lesersbrief met politieke inligting (SR/94/27 Apr/2). Politiek kom in hierdie uitgawe dus in uiteenlopende genres voor en dit bring versklllende benaderings teweeg. Die gevolg is dat die politieke inligting op versklilende maniere by die leser uitkom en derhalwe 'n grater bydrae maak tot hul skemas.

Tabel 8 - Die onderwerpe en aantal politieke items en items met verwysings na politiek in verskillende genres in SARIE (1994-2004)

LB AT RB GR 'SR BK

A B A i B A B A B A ,B

'~

Ekologie

-

! 7 0 1 0 ,2 0 0 0 0

Misdaad

-

7 5. 4 0 2 0 i O 0 1 - 0

Maatskaplike en , '9 6 i6 ·0 2 12 1 0 ,0 2

ontwikkelingsprobleme 'Regte, wette en regulasies -

)

. 8 1

I

1 1 0 0 3 1 ,0 0

i

:

-

i 1

Profiele oor-(oud-)politicilhuJ

-

iO 13 12 ,0 ! 0 0 1 0 ' 0 I 7

familie of ander polities­

aktiewe mense !

I I I

, Aborsie

I

(Nie-)regeringsorganlsasies -

. 1

I

'2

! 0

2

i 1

i4 0 0

0 1

0 2

i O 2

0 1

! 0

0

-

-

iO

I

1

: en politieke partye se beleid ' en aktiwiteite

I I

Gender(gelykheid) 3 4 :4 1 2 0 0 1 ·0 - 4

v ",,,';v, 'uc en ' 0 0 0 0 i 0 !O 0 0 0 , 0

werknemersverenigings i

: Vrouekonferensies

-

0 0 I 0 0 0 0 0 0 0 i 0

Demokrasie en post­ i9 2 11 1 5 1 1 0 1 0

apartheid***

I

Rasse- en ander ideologiese 1 1 i 3 0 0 0

0 _1 0 0

-

1 0 L

118

kwessies***

Waghond speel oor

-

0 3 0 3 0 3 0 3 0

-

0

instellings***

Sport***

-

0 0 0 0 0 0 0 0 0

-

0

. Internasionale politiek***

-

0 0 2 0 0 0 0 0 : 0

-

0

(profiele uitgesluit)

... i

*** nuwe kategonee

Dit is duidelik dat daar 'n wye spektrum onderwerpe wat aan politiek gekoppel kan word, gedek word.

Daar is egter leemtes wat die dekking van ekologie, maatskaplike probleme (geweld teen vroue uitgesluit), regte, aborsie, vakbonde en werknemersverenigings, vrouekonferensies, waghond-speel oor instellings en demokrasie en (post)apartheid insluit. Laasgenoemde word egter baie gedek in verwysings. Die gewildste politieke onderwerp is profiele met politici en/of hul familielede. Die teoretiese aanbevelings dat pofitieke items dus met 'n mense-storiebenadering aangebied behoort te word, vind hier neerslag.

Dit is duidelik uit tabel 8 dat die genres wat die meeste politieke dekking bevat, artikels en lesersbriewe is. Gereelde rubrieke en redakteursbriewe het ook beperkte dekking, maar die ander genres het geen of weinig dekking van politiek.

Soos met die ander twee publikasies kan die ge"identifiseerde leemtes dien as vertrekpunte vir die doelbewuste insluiting van politiek.

7.3.2 Inligting oor lesers se wetlike, politieke, finansiEHe en gesondheidsregte

Daar is min dekking oor vroue se regte. In Mens sou dink dat in die jaar waarin aile landsburgers vir die eerste maal die reg het om te stem in In algemene verkiesing, mense en ook die media, baie meer klem behoort te Ie op die regte. Daar is egter dikwels nie ruimte vir hierdie tipe inligting nie. Nie noodwendig fisiese ruimte nie, maar eerder in die sin dat die benadering, fokus en raam van die item self nie toepaslik genoeg is am insluiting van regte te regverdig nie.

8yvoorbeeld: een spesifieke artikel bestaan bykans in geheel uit praktiese riglyne en wenke vir selfbeveiliging - hoe om misdaad te voorkom en in misdaadsituasies op te tree (SR/94/2Feb/28-29). Die artikel leen hom dus nie tot die beskrywing van regte nie en dit sou onregverdig wees om die artikel te kritiseer daarvoor. Oit sou ook die geval wees met talle ander artikels.

Daar is egter wei In aantal items wat direk/in geheel regte behandel. Een artikel gaan oor arbeidsreg (SR/99/7 Apr/62-63) en twee gereelde rubrieke onderskeidelik oor nuwe regte vir mense wat saambly (SR/04/Apr/128) en algemene kinderregte, asook ouers se verpligtinge in die verband (SR/04/Mei/140).

119

Daar is ook baie gevalle waar daar wei geraak word aan die onderwerp van vroue se regte, hoewel daar nie verduidelik word wat dit behels en hoe dit prakties van nut is nie. Een artikel wat handel oor diskriminasie teen vroue is 'n voorbeeld (SRJ94/14Sep/42-43). Daar word kommentaar gelewer oor die mate waartoe die regering voldoen het aan die beloftes wat gemaak is om vroueregte te bevorder. Die ondertoon is ongewoon krities omdat daar beklemtoon word hoe die regering slegs 'n beperkte aantal uitsette in die verband gelewer het. Maar dit lewer bloot kommentaar daaroor, dit verskaf nie daadwerklike inligting oor die regte self nie. Dit kan inderdaad ook nie, want dit maak juis voorspraak vir die verandering van regte.

Dieselfde is ook die geval met een artikel waarin vroue-politici hul wense vir gewone vroue uitspreek ­ daar word gestel dat diskriminasie nog bestaan en dat daar nog geveg moet word vir vroueregte met betrekking tot gelyke geleenthede, gelyke betaling vir gelyke werk en die skrap van diskriminasie by belasting, mediese- en pensioenfondse (SRJ94/27Apr/42-44). Vroue word ten minste in items soos hierdie bewus gemaak daarvan dat die huidige stand van hul regte nie aanvaarbaar is nie. In 'n ander artikel weer, word daar verwys na die feit dat daar heel dikwels teen vroue gediskrimineer word wanneer dit kom by die aanstelling van skoolhoofde (SRJ04/Apr/42-44;46;49). Daar word egter nie inligting verskaf oor hoe vroue 'n verskil kan help bewerkstellig nie.

Daar word in sommige lesersbriewe direk voorspraak gemaak vir regte. Die van byvoorbeeld kinders (die samelewing moet kinders glo wanneer hulle se hulle word gemolesteer - SRJ94/3Aug/3), asook die voorsiening van fasiliteite vir borsvoedende moeders by groot winkelsentrums en lughawens, omdat hulle geregtig is hierop (SRJ94/14Sep/S).

7.3.3 Die implikasies van onkunde en beroeming op regte

Vir hierdie kriterium om neerslag te vind moet die item van 'n bepaalde aard en/of aanslag wees. So byvoorbeeld leen 'n artikel oor diskriminasie (SRJ94/14Sep/42-43) hom wei tot die insluiting van die implikasies wat dit kan inhou om nie op jou regte in die werkplek te staan nie. Die skrywer het die benadering van teenstelling gevolg deur te verwys na wat wei in organisasies gedoen word teenoor wat in die toekoms gedoen behoort te word om diskriminasie te bekamp. Die aanslag is dus nie net op hulp aan die vrou in die werkplek gefokus nie, alhoewel dit ingesluit sou k~n word. Daar is wei redes waarom joernaliste soms net op sekere aspekte fokus, so os byvoorbeeld beperkte ruimte.

Daar is egter nerens direkte inligting wat daarop dui dat as die leser nie die benadering van "abc" volg nie, die gevolge "xyz" gaan wees. Dit is dalk moeilik om dit met die persoonlike trant van die vrouetydskrif te vereenselwig. Die vrouetydskrif tree op as vriendin, nie as "moeder" nie. Die enigste uitsondering is een bepaalde artikel wat slegs verwys na politiek (SRJSJan94/32-33). Dit handel oor kettingbriewe en piramideskemas. Die verwysing gaan daaroor dat dit onwettig is in terme van die dobbelwet om daaraan deel te neem en dat jy 'n boete opgele kan word.

7.3.4 Verwysing na spesifieke politieke partye

Dit kom nie baie v~~r nie. Wanneer dit wei voorkom word dit gewoonlik genoem omdat dit nodig is vir agtergrond of konteks, soos in die geval van 'n profiel waarin die Kaapstadse burgemeester, Patricia Kreiner, S6 die ANC het eenmaal 'n afvaardiging na haar gestuur (SRJ94/2Mrtl24-26). Politieke partye word dus nie in die algemeen in 'n bepaalde lig gestel nie omdat die insluiting van die inligting bloot funksioneel is. Die volgende verwysings word ook gemaak:

• die ANC (SRJ13Mrt96/129; SRJ04/Meil46,48,50; SRJ04/Mei/38-45)

• die ANC en SAKP (SRJ99/60ktl30-32)

• die NP en ANC (SRJ96/8Mei/66-67)

• die Vryheidsfront (SRJ96/1 OApr/17)

Frederik Van Zyl Siabbert (SRJ94/13Apr/22-24) en Pik Botha (SRJ94/27Apr/30-32;34) praat in hul onderhoude van die ou ''VP'' , Progressiewe Party en ook die ANC en NP. Hulle stel dit in 'n neutrale lig en praat rakelings daaroor. Dit word genoem omdat hulle oor die politiek van die land, (die hede sowel as die verlede), praat. Botha se kommentaar oor die NP wat aan bewind was van die begindae van sy politieke loopbaan, is die uitsondering. Hy is ietwat krities teenoor die party - hy vertel dat hulle tydens hul bewind nie 'n opposisie gehad het nie en dat hy dikwels in die NP-geledere as liberaal beskou is oor sy kritiek teen die party.

In gevalle waar daar onderhoude met politici of hul gades gehou word, is daar uiteraard sprake van die betrokke party, maar daar word geen verwysing na die party se aktiwiteite of beleid gemaak nie. In 'n artikel oor Constand Viljoen se vrou Risti, word die Vryheidsfront genoem omdat hy daarby betrokke was (SRJ94/8Jun/28-30). Daar word nie spesifiek veel daaroor uitgewy nie, maar eerder oor haar man se roeping om as politikus die samelewing te help.

Daar word dus, in pas met die tradisionele manier van doen, gebalanseerd en regverdig berig gedoen oor politieke partye.

Die vervulling van die media se opvoedingstaak blyk duidelik uit die vorige afdelings. Daar word voldoen aan riglyn 1 en 2, omdat die inligting relevant en nuttig is vir vroue se skemas en dus op die vrouetydskrif se agenda hoort. Meer direkte en omvattende inligting oor die spesifiek genoemde onderwerpe en die uitgesonderde genres kan egter ingesluit word.