• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 4: Navorsingsmetode

4.4 TRIANGULASIE

is dus nie soos 'n radiogesprek wat nerens bekombaar is nie. 'n Navorser kan teruggaan en weer ondersoek doen indien nodig.

Daar word verder in die datavelle gebruik gemaak van goed omskryfde kategoriee, om meting te begelei (afdeling 4.5.1.3). Onderwerpe is inderdaad een daarvan. Hierdie kategoriee funksioneer as vasgestelde kriteria waarteen die tydskrifte se inhoud gemeet is. Die kategoriee se relevansie word ook volledig in afdeling 4.5.1.3 verduidelik en dit lei die navorser om data in te samel, wat sal lei tot die beantwoording van die navorsingsvrae. Dus word 'n sistematiese ondersoek meegebring.

Die kategoriee verseker verder dat die aanbieding van politiek in die uitgawes in diepte geassesseer word. Die navorser het deurgaans na die riglyne verwys om fokus te behou. Die riglyne se samestelling getuig ook van betroubaarheid aangesien dit saamgestel is uit verskeie Iiteratuur en kenners dit goedgekeur het. Nadat die Iiteratuur waarin kritiek teen vrouetydskrifte ook aanwesig is, ondersoek is, is dit versterk deur voorbeelde daarvan in die inhoud van Ms. Magazine - 'n tydskrif wat reeds voldoen aan hierdie riglyne te soek. V~~r die aanvang van die inhoudsanalise is kenners gevra vir hul kommentaar oor die riglyne. Die inhoud en samestelling daarvan het hul goedkeuring weggedra (Pansegrouw, 2008;

Kort, 2008; Geertsema, 2008).

Met die gebruik van hierdie datavelle behoort ander navorsers soortgeJyke resultate in 'n studie soortgelyk aan die huidige een (dus met dieselfde tydskrifte van dieselfde tydperk) te verkry. Die verwerking van al die ingesamelde data in 'n soortgelyke studie deur ander navorsers sal egter moontlik effens verskil vanwee die subjektiewe aard van die interpretasie. Daarmee word dan ook erken dat die interpretasie soos in hoofstukke 5-7 ve rvat , die subjektiewe oordeel van die navorser is. Daar is egter doelbewuste pogings deur die navorser aangewend om deurentyd bewus te wees van moontlike vooroordele en om dit nie te laat inmeng met die interpretasie nie. Dit is van uiterste belang om goeie redes te gee vir interpretasies - jy moet bewyse kan lewer in die vorm van byvoorbeeld voorbeelde (Berger, 2000:7-8). Die afleidings word ook duidelik gemotiveer en deurgaans ge"il!ustreer met voorbeelde.

Die gevolgtrekking is dat die metodes van hierdie studie in die spesifieke konteks daarvan herhaalbaar is en soortgelyke resultate behoort te lewer wanneer herhaal word. Daar moet egter in ag geneem word dat indien die studie herhaal word, dit nie enige besonderhede so os byvoorbeeld die keuse van publikasie kan verander nie, want dan kan die resultate aansienlik verskil van die huidige studie s'n.

Daarmee word dan ook erken dat die resultate nie veralgemeen kan word selfs na die onderskeie publikasies, Fair Lady, rooi rose en SARJE, in hul geheel nie, maar beperk is tot die jare waaruit die ondersoekmateriaal bestaan (sien afdeling 4.5.1.1).

4.4.2 Geldigheid

Vir resultate om geldig te wees, moet dit so ver moontlik die stand van die werklikheid weerspieel (Du Plooy, 2002:26). Geldigheid is die mate waartoe die metingsprosedure die beplande konsep van ondersoek voorstel en verduidelik. Om geldigheid te bepaal, word die vraag gevra: meet die studie wat dit veronderstel is om te meet? (Neuendorf, 2002:112). Volledige en deeglike analisering en interpretering is spesifiek noodsaaklik vir die geldigheid van 'n studie (Struwig & Stead, 2001: 18).

Die huidige studie se geldigheid word verseker hoofsaaklik deur die gebruik van die datavelie, omdat dit kriteria bevat wat opgestel is uit verskeie geloofwaardige bronne uit die literatuur en ook neerslag vind in beriggewing in ander publikasies. Uit hierdie kriteria is die derde navorsingsvraag, naamlik, op watter wyse politieke sake in die Suid-Afrikaanse vrouetydskrifte Fair Lady, rooi rose en SARIE aangebied word, konsekwent en in diepte ondersoek. Die data wat deur die onderhoude met kenners op die gebied van gender verkry is, is ook hier bygewerk. Die kenners het baie ondervinding en gespesialiseerde kennis en kry te doen met die rol van die vrou in die samelewing in hul alledaagse werksomgewing (sien afdeling 4.5.2). S6 is verseker dat die bevindinge so akkuraat moontlik die werklikheid weerspieel, omdat dit die praktiese kennis van kenners kombineer met data wat op 'n beplande en gestruktureerde wyse ingesamel is.

Die navorsingsdoelwit wat spruit uit die tweede navorsingsvraag, naamlik watter riglyne uit die literatuur en Ms. Magazine oor die aanbieding van politieke sake in vrouetydskrifte geformuleer kan word, is ook geldig bepaal. Dit het gespruit uit die teoretiese stellings wat die kern van die studie versinnebeeld (sien hoofstukke 2 en 3). Triangulasie het plaasgevind omdat die riglyne deur twee metodes opgestel is: 'n literatuurstudie vanuit verskeie bronne (waaronder daar gefokus is op kritiek teen vrouetydskrifte), asook die bestudering van die inhoud van Ms. Magazine. Die twee metodes se bevindinge is komplementer.

Die ondersoek na Ms. Magazine se inhoud het die riglyne wat aanvanklik vanuit die literatuur opgestel is, bevestig deur voorbeelde daarvan te verskaf en boonop 'n addisionele rigly~ te verskaf, hoewel die tydskrif feministies en nie hoofstroom is nie. Die feit is deurgaans in ag geneem en riglyne is opgestel as 'n middeweg tussen die hipotetiese populere vrouetydskrif, wat politiek nie aktief uitsoek nie en feministiese tydskrifte wat dit grotendeels dek. Die voorbeelde wat uit Ms. geneem is ter illustrasie was tel kens voorbeelde wat in tradisionele vrouetydskrifte ook sou pas.

AI die kenners van wie terugvoer ontvang is het boonop positiewe terugvoer oor die riglyne gegee, voor daar begin is met analise (Geertsema, 2008; Kort, 2008; Pansegrouw, 2008). Dit verleen dus geldigheid aan die kriteria wat die grootste deel van die datavelle uitmaak.

Deur tydens die interpretasie van al die ingesamelde data deurentyd terug te verwys na die kern van die stud ie, soos deur die navorsingsvrae daar gestel, is boonop verseker dat die studie daarop fokus om te

meet wat dit veronderstel is om te meet en dat dit dus geldig is. Hoofstuk 8, wat die samevatting en gevolgtrekkings bevat, word selfs grotendeels volgens die spesifieke navorsingsvrae gestruktureer.