• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die mate waartoe die inhoud op bepaalde emosies speel

Hoofstuk 5: Die aanbieding van politiek as nuusitem in Fair Lady

5.5 RIGL YN 4

5.5.3 Die mate waartoe die inhoud op bepaalde emosies speel

Deur emosie in die storie in te bring identifiseer die leser ,daarmee en vind daar 'n mate van ontvlugting plaas. Die leser mag verder dalk dink sy lees bloot 'n storie oor iemand se wedervaringe en emosies, maar sy gaan "toevallig" ook inligting oor die bepaalde onderwerp stoor.

Daar word op twee basiese maniere met emosie omgegaan: dit word 6f bespreek/beskryf (met ander woorde iemand oor wie daar geskryf word, ervaar dit) 6f dit word (moontlik) gewek by die leser.

Eerstens gaan daar verduidelik word watter emosies die onderwerpe in politieke items ervaar het, waar dit wei voorgekom het. Hierdie benadering tot die insluit van emosie kan natuurlik ook daartoe lei dat die leser die emosie ervaar, sou sy kies om (on)bewustelik daarmee te vereenselwig tot die mate dat sy empatie met die onderwerp het, soos in die tweede afdeling onder die loep kom. By elk word daar een beskrywende geval bespreek. Dit is egter onmoontlik om te bepaal wat elke individuele leser emotief uit 'n item sou kon put omdat dit so 'n subjektiewe saak is. Een item oor 'n vrou wat 'n onwettige aborsie ondergaan het illustreer dit goed. Daar kan nie met sekerheid. bepaal word hoe die beskrywing van die onderwerp se emosies die ieser sal laat voel nie omdat hierdie geval baie gemengde gevoelens teweeg kan bring. Sommige lesers mag dalk geen simpatie met haar he nie en glad nie met haar gevoelens van vrees identifiseer nie. Die artikel erken dit self; dit begin met: "My story will shock you. It may move you.

It may even disgust you, but it will ring true" (Anoniem, 1999:46). Die voor die hand liggende emosionele respons van lesers word egter geantisipeer in die tweede afdeling. 'n Kort sinopsis van die item dien in beide afdelings as motivering vir die geTdentifiseerde emosies.

• Vrees en desperaatheid. Dit is 'n emosionele tema wat sterk deurkom in byvoorbeeld items oor aborsie. Een bepaalde item beskryf die verhaal van 'n vrou wat vir 'n onwettige aborsie gegaan het (FU99/10Nov/46-48). Die hoofrede vir haar keuse was haar vrees dat die baba deur die biologiese pa weggeneem sou word en dat daar 'n toesigstryd sou ontstaan. Die emosie word juis grotendeels geput uit die feit dat sy 'n onwettige aborsie met bepaalde fisieke en emosionele gevolge ondergaan het; die situasie kon moontlik anders gewees het indien aborsie wettig was in die land.

• Hartseer en Iyding. In nog 'n item oor aborsie erken die verteller haar emosionele bagasie met die volgende: " ... each year on June 25, I mourn the loss of the child who never was" (Anoniem, 1994:142) (FU94/13JuIl141-142). In teenstelling met die verhaal bo, het hierdie vrou vir 'n wettige aborsie gegaan in 'n ander land en was hierdie lewenservaring van haar dus anders as gevolg van die gesondheidspolitiek in daardie land, maar dit het steeds sekere emosioneie implikasies gehad.

• Woede, verontregting en verontwaardiging. Een voorbeeld gaan oor werknemers wat gebuk gegaan het onder seksuele teistering hulle voel kwaad en te na gekom omdat hulle onder die gesag van hul teisteraars was (FU94/14Dec/63-64;66;68;70). Twee van die mense is in die proses hul werk kwyt. Hierdie mense se misstappe (wat tot van die emosies aanieiding gegee het) word geanaliseer deur kenners wat verduidelik wat hulle anders moes doen om hul werk te behou en uit die emosioneel uitmergelende situasie te ontsnap. Mense se behoefte daaraan om te werk om geld te verdien is 'n belangrike saak wat gebruik kan word om skemas te aktiveer.

• Frustrasie. In een voorbeeld verduidelik die slagoffers van identiteitsdiefstal hul frustrasie met die regeringsmagte se oneffektiewe beheer oor die situasie en hul onvermoe om slagoffers daarteen te beskerm (FU04/JuIl46-49). Baie burgers is gefrustreerd met kwessies van openbare wanbestuur in Suid-Afrika en daarom behoort hulle met hierdie soort beskrywings te assosieer.

• Empatie/simpatie. Hoewel dit meer dikwels 'n emosie is wat by die leser gewek sou kon word, deur die hantering van bogenoemde emosies, word daar soms ook geskryf oor die persone betrokke se empatie met ander - dit vorm dikwels die basis vir bepaalde stories. In een item word byvoorbeeld vertel van 'n egpaar wat uit meegevoel na Rwanda getrek het na die volksmoord daar om na weeskinders te gaan omsien (FU99/130ctl24-27).

• Nostalgie. In een artikel, waar die skrywer die ontwikkelinge in die Johannesburgse woongebied Yeoville vergelyk met die ontwikkeling in Suid-Afrika, kom die skrywer se nostalgie uit deur sy beskrywing van die lewe in die tagtigs en vroee negentigs daar (FU04/Apr/34-38). Op vermaaklike en kreatiewe wyse word inligting oor die politiek van die tyd verweef met hoe mense in Yeoville gefunksioneer het, in pas met die "infotainment"-funksie.

Daar word nou gekyk na watter emosies daar moontlik by lesers gewek sou word in bepaalde items. Dit verskil van die vorige afdeling in die sin dat dit dikwels meer positief en opbouend is. Daar word dus soms negatiewe gevoelens beskryf (bo), maar sorg word geneem om nie negatiewe gevoelens by die leser te ontketen nie, sover die navorser kon agterkom.

• Nasietrots/patriotisme. Die gewilde tema is reeds onder 5.4.3 bespreek, maar dit kan ook as 'n emosie of ingesteldheid by die leser gewek word deur die inhoud. Een voorbeeld is van 'n agterbladskrywersrubriek waarin die skrywer op patriotisme en positiwiteit oor die nuwe Suid­

Afrika fokus met sinne soos: 'We can plan and look forward again with real optimism" en

"[b]ecause this new rainbow world we live in, it's bright, man, very, very bright" (Van Kuik, 1994: 160) (FU94/13Jull160). Dit raak egter soms te blatant: "And I suspect there could be a little boom in maternity wards countrywide nine months from now" (Van Kuik, 1994:160). Die redakteur het selfs aan die einde van die rubriek 'n nota ingesit wat lees: "Enough gushing now.

Ed." (Butler, 1994:160). Die agendastellingsteorie stel dat gehore deur die media inligting kry om oor te dink en te praat maar nie wat om te dink en te praat nie. Lesers wi! nie voorgeskryf word oor hoe hul ingesteldheid oor die nuwe Suid-Afrika moet wees nie. Dit moet egter in ag geneem word dat skrywersrubrieke gewoonlik subjektief is (afdeling 4.5.2.4 - Kategorie 1:

Genres).

• Empatie. Empatie word waarskynlik in samehang met gevoelens van skok ervaar/voorafgegaan. In FU04/May/S moedig die redakteur die /eser aan om empatie te he met Anita Ferreira oor wie 'n vol/edige artikel (FU04/May/32-40) later in die uitgawe yo/g. Anita het haar man laat vermoor om te ontsnap aan sy mishandeling (Donald, 2004:S):

We urge you to read Anita's story with empathy. If more understanding of the effects of domestic violence can be fostered among us all, perhaps other abused women may find the help they need before taking such drastic action.

• Vroulike identiteitstrots. Net soos daar soms gepoog word om by die leser 'n sin van trots vir haar land te vestig, kom die idee dikwe/s na yore dat vroue ook trots moet wees op hul vroulikheid en die unieke rolle wat hulle as vroue vervul, byvoorbee/d die van moeder. Die sosialiseringsfunksie van die media is weer hier ter sprake. In een bepaalde item kry verskeie vroue-politici die geleentheid om te se wat hul partye vir vroue wi! doen en al gedoen het (FU94/20Apr/90-92). Hulle kry ook geleentheid om te stel waarom vroue se bydrae tot die land se politiek noodsaaklik is. Vroue kry dus die boodskap dat hul deelname aan die land se openbare funksionering absoluut noodsaaklik is en dat hulle belangrik is vir partye. Die feit dat hulle behoeftes op die partye se agendas is, behoort ook hul aandag te trek aangesien vroue wil kan insien hoe politiek op hulle en hul familie se alledaagse bestaan van toepassing is (afdeling 1.2). Hierdie punt hou verband met die volgende afdeling.

• Bemagtiging en inspirasie. Volgens Hermes (1995) is een van die hoofredes waarom vroue vrouetydskrifte lees, die feit dat dit hulle laat bemagtig voel. Wanneer hulle lees van ander wat negatiewe ervarings te bowe gekom het, voel hulle op die tydstip wat hulle die item lees asof hulle dit ook kan vermag om uit te styg bo hul omstandighede. Daar mag 'n sin van bewondering vir die onderwerp(e) gekoester word. Hulle voel dus in staat om hu/ potensiaal uit te leef na aan leiding van die inspirerende en bemoedigende boodskap wat hulle ontvang het. In een voorbeeld word vier vroue wat in tradisioneel manlik-gedomineerde beroepe sukses behaal het, vereer (FU96/6Mar/116-11S;120). Hulle gee ook raad en bemoediging aan die lesers.

5.5.4 Die onderwerpe en aanwending van grafika en die mate waartoe dit die leser se aandag