• Tidak ada hasil yang ditemukan

DIE RELEVANSIE VAN KWALITATIEWE INHOUDSANALISE VIR HIERDIE

Hoofstuk 4: Navorsingsmetode

4.3 DIE RELEVANSIE VAN KWALITATIEWE INHOUDSANALISE VIR HIERDIE

Wanneer in ag geneem word dat kommunikasie 'n proses is waartydens betekenis gedeel word in verskillende sosiale kontekste, is 'n hoofsaaklik kwantitatiewe benadering, in ag genome die kritiek daarteen soos bo bespreek, nie geskik om die simbolesisteem waarvolgens daar gekommunikeer word te bestudeer nie (Du Plooy, 2002:32).

Hierdie studie fokus op interpretasie en afleidings wat gemaak kan word. Betekenis word bestudeer en aangesien dit grotendeels handel oor die beoordeling van die inhoud van publikasies deur inhoudsanalise, is 'n kwalitatiewe benadering gepas (Du Plooy, 2002:29; Verwey, 2003: 161-2,164).

Die studie kyk na die aanbieding van politiek in vrouetydskrifte of en hoe dit gedoen is. "Of' dit gedoen is word wei gemeet deur die bepaling van frekwensie, maar dit impliseer nie per se die gebruik van die kwantitatiewe benadering nie aangesien die kwalitatiewe benadering ook die bepaling en in agneming van frekwensie kan insluit (Fourie, 2004:133). "Hoe" dit gedoen is vorm egter die grootste deel van die

studie en dft kan slegs kwalitatief bepaal word. Dit gaan immers hier om die verstaan van die werklikheid wat die vrouetydskrifte met betrekking tot politiek projekteer.

Die studie steun dus grotendeels op kwalitatiewe inhoudsanalise as navorsingsmetode. Inhoudsanalise kan inderdaad kwantitatief en/of kwalitatief wees (Fourie, 2004:133). 'n Inhoudsanalise is om die sistematiese, kwantitatiewe 6f kwalitatiewe analise van die boodskapeienskappe in tekste deur bepaalde elemente te ondersoek. Inhoudsanalise bied basies 'n opsomming van die eienskappe van boodskappe en wat dit openbaar oor die oortuigings en waardes wat die sender wil oordra (Neuendorf, 2002: 1 ,5, 16;

Struwig &Stead, 2001 :14; Berger, 1995:48-9,172).

Die tipes kwalitatiewe kommunikasienavorsing waarin inhoudsanalise voorkom, is byvoorbeeld die analise van media-inhoud (waaronder dus tydskrif-inhoud), organisasiekommunikasie (soos die analisering van elektroniese pos en beJeidsdokumente) en transkripsies van groepbesprekings (Du Plooy,2001:191). Die ondersoekmateriaal kan gesproke, geskrewe of selfs visueel wees. Die "inhoud"

wat tydens inhoudsanalise ontleed word verwys na aile fasette van die boodskappe - woorde, simbole en temas en die betekenis daarvan (Struwig & Stead, 2001 :14).

Betekenis kan verder ooglopend of geTmpliseer wees (Dearing & Rogers, 1996:35). Hoewel inhoudsanalise in agendastellingsnavorsing gewoonlik fokus op die omvang van die dekking wat 'n kwessie geniet (ooglopend), kan die bestudering van die inhoudelike betekenis van die stories (geYmpliseer), 'n groter begrip vir die agendastellingsproses by die navorser tuisbring (Dearing & Rogers, 1996:36). Die weglating van bepaalde inligting is volgens Fourie (2004:133) ook noemenswaardig in kwalitatiewe inhoudsanalise: "Hoewel dit moeilik interpreteerbaar is, kan die breer konteks gebruik word om betekenis aan die weglating van die inhoud te gee."

Inhoudsanalise is verder ook 'n bruikbare prosedure om die ontplooiing en ontwikkeling van kwessies en ook tendense op die media se agenda oor 'n tydperk uit te wys of om die hantering van bepaalde inhoud op onderskeie media se agendas te vergelyk (Lowery & De Fleur, 1988:20; McQuail, 2000:493). Die bestudering van die agenda toon weer tot watter mate die medium sy funksies vervul. Volgens Fourie (2004:133) is die fokus van kwalitatiewe inhoudsanalise verder "meer op die intensie van die kommunikeerder en potensiele effek daarvan op die gehoor, as blote beskrywing van die inhoud." Daar kan wei afleidings gemaak word oor wat die gehoor uit die boodskappe kry, maar dit is baie riskant en moet dus eerder vermy word omdat sulke afleidings nie op empiriese bewyse gebaseer is nie (Berger, 1995:48-9; 172). Hiervoor is ander metodes so os fokusgroeponderhoude nodig. Die feite word deurgaans in ag geneem tydens die studie.

Wat verdere beperkinge van inhoudsanalise as metode betref: sodra daar 'n oordeel gevel moet word om afleidings te maak oor ingesamelde data, bestaan die moontlikheid dat twee navorsers verskillende bevindinge kan maak. Die rede hiervoor is dat hulle die data verskillend mag interpreteer vanwee die

subjektiewe aard van interpretasie. Wat egter belangrik is, is dat die afleidings op konsekwente en goed-gemotiveerde wyses gedoen word. Die navorser moet oak oar geoefende oordeelsvermoe ("trained judgment") beskik en logies aantoon hoe die afleidings gemaak is (Lowery & De Fleur, 1988:281-282).

Om konsekwentheid teweeg te bring is daar datavelle20 antwerp am inligting mee in te samel wat in 4.5.1.2 in besonderheid bespreek word. Hierin word daar nie met rigiede kategoriee gewerk nie aangesien daar ruimte gelaat moes word vir elke publikasie se interpretering van politiek. Die beskrywings en interpretasies word egter deurgaans gemotiveer en voorbeelde ter iIIustrasie word oak gebruik (sien oak 4.4.1).

Die redes waarom kwalitatiewe inhoudsanalise die gepaste hoof-ondersoekmetode van die studie is, word opsommenderwys gelys:

• In pas met die kwalitatiewe benadering is gepoog am 'n spesifieke situasie soos dit in die werklikheid voorkom te verstaan. Dit is: die mate waartoe en die manier waarop drie bepaalde vroeutydskrifte in 'n jong demokrasie belangrike inligting vir die lesers (burgers) oordra. In pas met die aanlyn-evalueringsmodel en agendastellingsteorie gaan dit am die posisionering en frekwensie van inligting sodat die be lang daarvan aangetoon word en dat dit beskikbaar is. In pas met die skemateorie gaan dit weer am die ondersoek na die skema-inligting wat die publikasie aan die leser bring. Hieruit is bepaal tot watter mate die vrouetydskrifte hul funksies as mediums in die spesifieke millieu waarin hulle funksioneer (demokrasie) vervul, terwyl hul spesifieke aard en die feit dat hulle steeds wins moet maak in ag geneem is. Laagenoemde afleidings is veral gefasiliteer deur die response van genderkenners te ontleed en te inkorporeer, oak in pas met die kwalitatiewe benadering.

• Die navorsingsdoelwit van die stu die is am te bepaal hoe vrouetydskrifte (kan) bydra tot die verhoging van vroue se politieke kennisvlakke. Dit gaan dus hier oar wat en hoe die publikasies gekommunikeer het, maar oak oar die potensiaal waaroor hulle beskik am 'n grater bydrae te lewer. Dus is daar oak bepaal watter aspekte weggelaat of afgeskeep is. Die ondersoek na afwesige inhoud kon slegs kwalitatief bepaal word.

• "Hoe" politiek aangebied is, is bepaal met omskrywende, en nie rigiede kategoriee nie. Daar moes ruimte geskep word tydens inhoudsanalise am die spesifieke aanwending van die onderskeie elemente soos in die datavelle vervat, in elke bestudeerde item te ondersoek. Dit sou nie met die kwantitatiewe benadering bewerkstellig kon word nie.

20 Daar is van twee datavelle gebruik gemaak, die een vir items wat net na politiek verwys (datavel B) en een vir items wat volledige aan politieke nuus gewy word (datavel A). Die twee datavelle is aangeheg as addendum A (datavel A) en addendum B (datavel B). Daar sal in die studie verwys word na die twee datavelle as datavel A en datavel B.