• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 3: Riglyne vir die aanbieding van politieke sake in vrouetydskrifte32

3.3 SPESIFIEKE TEORETIESE STELLINGS EN FORMULERING VAN RIGLYNE33

3.3.4 Spesifieke teoretiese stelling 4

Vrouetydskrifte behoort politieke onderwerpe wat vir vroue relevant is, te kies en deur die gebruik van bepaalde woorde en frases, verwysings na die nodige konteks, grafika en bronne aandag daarheen trek

Die elemente wat tydens raming ingespan kan word, is reeds in afdeling 2.5 gelys. Vrouetydskrifte kan met die berekende aanwending daarvan 'n unieke/besondere/ongewone aanslag vir politieke artikels gebruik sodat dit vir lesers interessant, maar ook eenvoudig verstaanbaar bly wanneer dit byvoorbeeld by taalgebruik kom. Om die voorbeeld van veranderde wetgewing oor mense wat saambly te gebruik:

die tydskrif kan verhale gebruik van vroue wie te na gekom is deur saamblyverhoudinge wat nie uitgewerk het nie (kontekstuele verwysings en die gebruik van bepaa/de bronne is hier ingespan).

Hierdie beskrywings van wat in die werklikheid kan gebeur, behoort vroue te oortuig van die belangrikheid van die saak. Hoewel hulle self dalk nie in 'n saamblyverhouding is nie, ken hulle

waarskynlik iemand (n vriendin of in baie gevalle 'n bediende) aan wie hulle die inligting kan oordra, in pas met die beginsels van die twee-stap-vloei model. Dis belangrik om genoeg vroulike bronne te kry omdat vrouetydskrifte immers op vroue gemik is en hulle makliker met mekaar se ervaringe assosieer.

Dis ook belangrik om vroulike kenners te kry om 'n positiewe beeld van vroulike kundigheid uit te straal.

Dit kan ook verder 'n visuele impak maak indien daar grafika by die nuusitem is. In die geval kan daar byvoorbeeld 'n welgeklede dame met 'n aktetas in haar hand onder in die straat voor 'n dubbelverdiepinghuis staan, terwyl 'n man haar klere uit die boonste venster gooi (keuse van grafika word dus berekend gebruik). Indien die kop ook prikkelend is (die gebruik van bepaa/de woorde/frases), soos byvoorbeeld "Uitgeskop: ken jou regte" met die moontlike onderkop: "AI het jy nie in die paadjie afgeloop nie, beteken dit nie jy hoef met niks uit te stap nie", gaan dit die leser verder intrek.

Wanneer politieke sake wei in vrouetydskrifte voorkom, is dit gewoonlik gebaseer op die volgende drie temas (Ballaster et al., 1991 :13-14):

• Onderhoude met politici en/of hul familielede (byvoorbeeld die vrou van 'n politikus), wat sterk fokus op hul huislike omstandighede in plaas van hul (of hul familielid se) loopbaan.

• Die bespreking van kwessies soos die ekologie, misdaad teen vroue en ander maatskaplike probleme (hierdie sake het direk betrekking op lesers se lewenskwaliteit, asook die van hul families).

• Inligting oor mense se wetlike en politieke regte.i6

Die volgende onderwerpe is verder reeds in vrouetydskrifte gebruik hoewel dit nie so geredelik voorkom soos bogenoemde drie onderwerpe nie (Kirca, 1999; Doner, 1993; Yong, 2007:368):

• Aborsie (inherent ook die wetgewing daaragter)

• Die aktiwiteite en beleid van regerings- en nie-regeringsorganisasies van toepassing op vroue

• Gendergelykheid

• Vroue se suksesse in vakbonde en werknemersverenigings

• (lnternasionale) vrouekonferensies

Onderhoude metiprofiele van manlike en vroulike politici en/of hul familielede kan as artikelonderwerpe dien vanwee die mense-storie-karakter daarvan. Sorg moet egter gedra word met die keuse van politici vir moontlike profiele en ook hoe die figure geraam word om nie lesers se partykeuse te be'invloed nie omdat tradisionele vrouetydskrifte hul nie behoort te bemoei met partypolitiek nie (Ballaster et al., 1991 : 159; Rabe, 2005).

16 Sien ook bespreking onder spesifieke teoretiese stelling 2 afdeling 3.3.2.

Die inhoud van Ms. wat bestudeer is, val grotendeels in een of meer van hierdie kategoriee. Hierdie onderwerpe word dus reeds gebruik in feministiese publikasies wat op politiek fokus, asook tradisionele vrouetydskrifte wat hulself nie uitgee daarvoor dat hulle op politiek fokus nie. Dit is egter befangrik om te let daarop dat tradisionele vrouetydskrifte tot 'n noemenswaardige mate minder oor hierdie onderwerpe skryf as hul feministiese "susters".

Wat onderhoude met politici en/of hul familielede betref, is daar tal Ie voorbeelde in Ms.. Die uitgawe van Spring 2004 se tema is selfs "First ladies" 17 en bevat 'n heIe aanta! artikels oor die vroue van politici. So is daar 'n artikel oor die rol wat ene dr. Judith Steinberg Dean (nie) in haar politikus-man, Howard Dean, se veldtog gespeel het (nie) ('Who needs first ladies?"). Die rede vir haar afwesigheid was dat sy besig was om haar besige dokterspraktyk te bestuur. Hierdie verskynsel het egter 'n mediastorm ontketen en gevolglik is die rol van "first ladies" (met die ondertoon van vroue en vroue as eggenote se rol in die samelewing) in diepte geanaliseer in die media. Hierdie spesifieke artikel in Ms. is 'n opsomming van hoe die media die kwessie hanteer het en poog dan self om Iig te werp op die rol van politici se vroue deur kenners se aanhalings te interpreteer. Dit is in pas met die integrasie-, korrelasie- en interpreteringsfunksies van die media. Mense-stories kan dus substansiele inligting insluit.

Hier volg In Iys voorbeelde ter iIIustrasie van die res van die onderwerpe wat bo genoem is. Dit is met sorg gekies sodat almal op 'n tradisionele vrouetydskrif se agenda ook sou kon pas. Noemenswaardige aspekte verbonde aan die hantering van die onderwerpe word deurgaans uitgeIig:

• Die ekologie. In die uitgawe van Summer 2004 is daar 'n in-diepte artikel oor organiese boerdery ("Food, farming ... feminism?"). Die voorkoms van organiese produkte word bespreek en ook die voordele daaraan verbonde. Die verband tussen feminisme en voeding word in die volgende sin van die inleiding verduidelik: "No matter how we rebalance gender roles, women's lives and health and those of their families - are intricately connected to how food is produced" (Upson, 2004). Die artikeI kon In sterker politieke begronding gehad het indien die skrywer byvoorbeeld ook melding gemaak het van die regering se beleid oor plaagbeheer.

• Misdaad teen vroue (gesinsgeweld en seksuele misdade) en vroueskuilings. Die uitgawe van Fall 2005 se tema is "North Country and sex harassment" met Charlize Theron wat die hoofrol in die feministiese rolprent North Country gespeel het, voorop. In die rolprent werk Theron se karakter by'n myn om vir haar gesin te sorg en hier word sy en die handvol ander vroue wat daar werk aan seksuele teistering blootgestel. Sy maak 'n hofsaak teen die myn aanhangig en wen na 'n moeilike stryd om van die ander vroue te oorreed om ook saam met haar teen die teistering kapsie te maak. Hierdie voorbeeld gebruik ook die mense-storiebenadering omdat Theron in 'n onderhoud in die uitgawe oor feministiese aangefeenthede praat en ook omdat die rolprent op ware gebeure van die 1980's gegrond is. Aandag behoort na die onderwerp getrek

17 Elke uitgawe van Ms. het'n bepaalde tema.

te word vanwee die betrokkenheid en uitgesprokenheid van 'n bekende en 'n onlangse rolprent van daardie tyd. Afgesien van Theron se sosiale kommentaar is die item ook substansieel in die sin dat dit'n dokumentere basis het en die werklikheid reflekteer.

• Ander maatskaplike probleme (soos armoede, die verspreiding van MIV/vigs en dwelmmisbruik). In die uitgawe van Fall 2004 is daar'n in-diepte artikel oor vroue en MIV/vigs getiteld "AIDS has a woman's face". Die skrywer argumenteer dat seksisme 'n sentrale rol in die pandemie speel - dat die verhoogde voorkoms van die virus onder vroue toegeskryf kan word aan die genderdiskriminasie waaraan hulle blootgestel word. So kry 'n onderwerp wat moontlik reeds sy nuutheid op die media se agenda verloor het, 'n nuwe hoek.

• Aborsie en wetgewing oor geboortebeperking. Ms. besef dat wanneer dit by geboortebeperking kom vroue van die nuutste verwikkelinge wil weet. In die uitgawe van Spring 2006 verskaf hulle byvoorbeeld inligting oor'n webblad waar vroue die mees onlangse nuus in hierdie verband kan lees ("We deserve some answers"). Die webblad bevat onder meer inligting oor wat politieke partye se beleid hieroor is - so kry geboortebeperking 'n politieke dimensie. Vroue het ook die geleentheid om vrae aan die betrokke politici via hierdie webblad te stel en sodoende kry hulle dus die geleentheid om hulself met die spesifieke inligting wat hulle verlang te bemagtig. Omdat hierdie onderwerp so 'n groot impak op vroue het en hulle dus waarskynlik vrae daaroor het, is interaktiewe hantering daarvan baie gepas.

• Politieke partye se beleid oor vroue. Bogenoemde voorbeeld is ook op hierdie riglyn van toepassing. In aansluiting hierby is daar in die uitgawe van Fall 2004'n artikel getiteld "Why the gender gap matters" wat handel oor die impak wat vroue kan maak deur te stem in politieke verkiesings. Een van die hoofpunte wat gemaak word is dat waar daar meer vroue gestem het in verkiesings, politieke kandidate wat pro-keuse (met betrekking tot aborsie) was, gewoonlik verkies is. Politieke partye se beleid oor vrouekwessies beTnvloed dus vroue se stemkeuses.

Dit illustreer weereens waarom vroue bewus moet wees van hierdie beleide, aangesien dit hul lewens prakties beTnv[oed. Daarom is dit so integraal dat vrouetydskrifte moontlike brandpunte aan lesers opsom, die dele wat spesifiek vir hulle belangrik is beklemtoon en in leketaal verduidelik.

• Veranderinge in wetgewing waf spesifiek van toepassing is op vroue. Die meer geredelike beskikbaarstelling van noodgeval-geboortebeperking, wat deur wetgewing bemoontlik is, word in 'n artikel in die uitgawe van Summer 2003 bespreek ("Scrip-less contraception"). Die uitgawe van June/July 2001 bevat ook 'n brokkie by die gereelde rubriek "Health" oor wetgewing op geboortebeperking ("Cardinal sins"). Baie van die uitgawes wat bestudeer is, bevat inligting oor aborsie en die teenstand wat pro-keuse-organisasies en/of -individue kry. Dit hou dus verband met wetgewing oor geboortebeperking. In 'n artikel in die uitgawe van Summer 2004 word ondersoek ingestel na diskriminasie teen vroue wat in wetgewing wereldwyd voorkom en die redes daaragter ("Unequal - A global perspective on women under the law"). So 'n oorsig van

die onderwerp kan vroue nuwe perspektief gee oar hulle regte deur dit te vergelyk met die van vroue in ander lande. Hierdie artikel hou oak verband met die volgende riglyn:

• Die amptelike gelykheid tussen vroue en mans. 'n Artikel wat handel oar seksisme in skoolsport kom voor in die uitgawe van Winter 2002 ("And now they tell us women don't really like sports?"). Dit ondersoek die verskynsel dat seuns op skoal meer ondersteuning (in die vorm van byvoorbeeld beurse en spandrag) kry as meisies met betrekking tot sport Dit is 'n beduidende voorbeeld van hoe (skool)politiek 'n invloed het op vroue en hul families, sowel as op hul finansies. In dieselfde uitgawe word daar in 'n ander artikel ondersoek waarom dit moeiliker is vir vroue am Jidmaatskap en toegang tot bepaalde golfligas te kry - dus die politiek daaragter ("Only some women bang on the door to get on the green"). Telkens word alledaagse situasies - skoolsport en gholf hier spesifiek - gebruik am die onderwerpe se relevantheid aan te dui. Hierdie soort items ondersteun oak 'n breer tema - gelykheid tussen mans en vroue. Dit is in wese nie onvanpas vir 'n tradisionele vrouetydskrif nie.

• Vroue se suksesse in vakbonde en werknemersverenigings. 'n Artikel in die uitgawe van Fall 2003 dokumenteer hoe vroulike werknemers van die kettingwinkel Wall-mart in Amerika op daardie stadium besig was am hofsake wat geslagsdiskriminasie beveg, teen die organisasie aanhangig te maak (en sommige wat alreeds sukses behaal het) ("What Wal-Mart women want"). Die artikel bevat oak 'n Iys van die aanmerkings wat sommige vroue tot regstappe laat oorgaan het. Dit is funksioneel omdat vroue in ander werksopsette kan lees watter tipe aanmerkings onaanvaarbaar is, indien hulle onseker is oar die manier waarop hulle by hul werk behandel word.

• Die aktiwiteite en be/eid van nie-regeringsorganisasies wat op vroue fokus. Die uitgawe van August/September 2000 bevat 'n artikel oar hoe am by'n aktivistiese groep betrokke te raak en sodoende 'n verskil te help maak ("Shake up the system"). In plaas daarvan am lesers op 'n algemene manier te mobiliseer (byvoorbeeld: "Staan op jou regte"f'Maak 'n verskil"), word hier konkrete, praktiese idees gegee.

• (Intemasionale) vrouekonferensies. 'n Mede-redakteur van Ms. het 'n rubriek geskryf na aanleiding van 'n byeenkoms oar vroueregte wat sy bygewoon het ("Heat wave") (August/September 1999). Haar fokus was die tekortkominge daarvan (en hierdie soort konferensies in die algemeen), omdat dit oar die oppervlakkige simptome van seksisme gehandel het, eerder as dieper en meer omvangryke kwessies wat tot werklike verandering kan lei. Vrouekonferensies het gewoonlik temas en daarvan kan die publikasie byvoorbeeld werk maak. 'n Aspek verbonde aan die bepaalde tema kan die basis vorm van 'n artikel waarvoor die joernalis selfstandige navorsing doen, maar sy kan dan oak verwys na die konferensie en wat daar bespreek is. Konferensies is ideale platforms vir forums tussen vroue, maar die "gewone"

vrou kom waarskynlik nie gereeld saver am by een in te skakel nie.

40

Die riglyne wat uit hierdie bespreking vloei is soos volg:

• Berig geba/anseerd en regverdig oor politieif politieke partyef nie-regeringsorganisasies en die regering se beleid en aktlwiteite van toepassing op vrouef die ekologief misdaad teenoor vroue en ander maatskaplike probJeme asook vroue se wetlikef politiekef finansieJe en gesondheidsregte.

• Trek/interesseer die leser deur kontekstuele verwysingsf keuse van grafika en fn eenvoudige en verstaanbare skryfstyl.

• Kenners moet verkieslik vroulik wees.