• Tidak ada hasil yang ditemukan

Inhoudsanalise van Fair Lady, rooi rose en SARIE

Hoofstuk 4: Navorsingsmetode

4.6 WERKSWYSE

4.6.1 Inhoudsanalise van Fair Lady, rooi rose en SARIE

Die genres wat ingesluit is, is in die inhoudsopgawe opgespoor hoewel die publikasie in elk geval ook deurgeblaai is om te sien of daar nie addisionele dekking van politiek is nie. Aile items in die

ge'identifiseerde genres is deurgewerk. Hele artikels handel baie maal nie altyd oor een duideltke politieke tema, soos seksuele teistering nie, en dit kan ook soms nie uit die kop afgelei word presies waaroor 'n item handel nie. Politiek word dikwels slegs kortliks genoem in die inhoud. Daarom is daar nie net gekyk na die items wat duidelik in die kop of opsommingsdek oor een van die politieke onderwerpe handel nie. In artikels wat duidelik nie hoofsaaklik oor politiek handel nie, is die begin (eerste sin of eerste twee Iyne) van elke paragraaf gelees om te bepaal of politiek nie erens genoem word nie. Talle verwysings na politiek is s6 opgespoor.

Afgesien van logistieke inligting wat ingesamel is (afdeling 4.5.1.2) het datavel B (addendum B) 'n beskrywing van die verwysing na die spesifieke politieke inligting bevat asook kommentaar daaroor. In die kommentaar is daar aandag gegee oor of die spesifieke hantering of voorkoms van die politieke item 'n tendens vorm en of dit moontlik herlei tot 'n riglyn.

Datavel A is langer en meer uitgebreid as datavel B. Baie meer tendense kon hier geTdentifiseer word vanwee die omvang van die aspekte van die items ter sprake. Die tendense is instrumenteel in die beantwoording van die derde navorsingsvraag van die studie (afdeling 1.6). Dit dui immers op hoe die inligting aangebied is met betrekking tot die onderskeie riglyne.

Met die opneem van die data na aanleiding van elke kategorie in die datavel, is daar boonop baie uitgebrei. Daar is gepoog om die atmosfeer of trant van die artikel weer te gee, asook voorbeelde en omvangryke verduidelikings en motiverings vir die beantwoording van die vrae te gee. Die rede is dat dit beter is om soveel moontlik inligting vas te yang tydens die kwalitatiewe analiseringsproses, selfs inligting wat aanvanklik onbenullig voorkom. Later blyk dit dalk belangrik te wees. Die inligting kan eerder deurgesif word en relevante feite uitgehaal word as wat daar gedurig teruggekeer moet word na die materiaal. Dit verhoog ook die waarskynlikheid dat die navorser op konsekwente wyse na die ondersoekmateriaal gekyk het.

Die vrae wat die navorser haarself na aanleiding van die riglyne afgevra het (sien addendum A), is in die bespreking van die bevindinge na stellings omgesit wat onder elke riglyn as subopskrifte dien. Die voorkoms van sekere onderwerpe, in watter genres dit voorkom en gevolglik ook die hoeveelheid items in die onderskeie kategoriee word onder riglyn 2 bespreek, hoewel dit ook van toepassing is op riglyn 1 (sien volgende paragraaf). Sommige stellings is gegrond op meer as een vraag. Dit is saamgevat omdat die inligting wat onder dit voorkom sinvol as eenheid bespreek kan word. Die vrae se nommers soos in tekskassie 1 onder afdeling 4.5.1.3 aangedui (byvoorbeeld "5e"), word tel kens by elke stelling aangebring. Oaar is dus nie weer Mer gewerk met die teoretiese stellings van die studie nie, aangesien die riglyne uit die teoretiese stellings gevloei het. Die stellings na aanleiding van die vrae sien soos volg daarna uit:

Riglyn 1: Soek aktief politieke nuusitems uit waarby vroue belang het

Die mate waartoe daar aan hierdie riglyn voldoen word in die inhoud van die publikasies word gerntegreer met die volgende afdeling (riglyn 2), omdat dit sinvol as eenheid bespreek kan word. Riglyn 1 gaan daaroor of politieke nuusitems gedek is en riglyn 2 basies oar watter onderwerpe gedek is waar politieke nuusitems wei voorkom.

Riglyn 2: Berig gebalanseerd en regverdig oor politieke partye, nie-regeringsorganisasies en die regering se beleid en aktiwiteite van toepassing op vroue, die ekologie, misdaad teenoor vroue en ander maatskaplike probleme, asook vroue se wetHke, politieke, finansieHe en gesondheidsregte

Dekking, genres en onderwerpe (logisties ingesamel)

Inligting oar lesers se wetlike, politieke, finansiele en gesondheidsregte (2a) Die implikasies van onkunde en beroeming op regte (2b)

Verwysing na spesifieke politieke partye (2c en 5e)

Riglyn 3: Plaas aspekte van toepassing op vroue en hul alledaagse lewens op die voorgrond om konteks te skep

Inligting van toe passing op vroue se alledaagse bestaan (praktiese raad) (3a)

Die skep van konteks en gevolgtrekkings wat die leser se begrip vir die onderwerp kan uitbrei (3b) 8epaalde aspekte waarop besondere klem gele word en die relevansie daarvan (3c)

Riglyn 4: Treklinteresseer die leser deur die gebruik van tradisionele vrouetydskrifaanslag, interessante feite en/of emosionele inhoud, keuse van grafika en eenvoudige en verstaanbare skryfstyl

Die gebruik van tradisionele vrouetydskrifstyl in die aanbieding van die items (4a) Die gebruik van interessante feite (4b)

Die mate waartoe die inhoud op bepaalde emosies speel (4c)

Die onderwerpe en aanwending van grafika en die mate waartoe dit die leser se aandag trek (4d) Die voorkoms van vaktaal en die verduideliking van nuwe/ongewone konsepte in verstaanbare taal (4e)

Riglyn 5: Gebruik die mense-storie-aanslag deur byvoorbeeld "gewone" vroue as rolmodelle voor te hou en bekendes se politieke perspektiewe te dek

Inligting oar "gewone" vroue wat polities bemagtig is (5a)

Inligting oar bekende persoonlikhede se politieke perspektiewe (5b)

Die onderwerpe van profiele en of die fokus op hul persoonlike of professionele bedrywighede is (5c &

5d)

Verdere tendense in die gebruik van die mense-storiebenadering (uit al die bogenoemde afgelei)

Riglyn 6: Kenners moet verkieslik vroulik wees

Die aantal vroulike en manlike (ekspert)bronne (6a en 6b)