• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tydskrif vir Letterkunde

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Tydskrif vir Letterkunde"

Copied!
112
0
0

Teks penuh

(1)

TYDSKRIF

VIR

LETTERKUNDE

XXXIX:

3/4

Augustus/November 2001

HeinrichvanderMescht:

Die agtergrondvan HubertduPlessisse

Afrikaanseliedere Versevan:

JoanHambidge

MarliseJoubert Louis Esterhuizen

en HansPienaar

NASIONAIE PERSBEPERK

(2)

Tydskrifvirietterkundeverskynkwartaalliks-inFebruarie,Mei,Augustus en November.

Intekengeld:R60perjaar.Losnommers:R20pereksemplaar.

Bydraes,boekevirresensieen intekengeldmoetgestuurwordaan: Dieredakteur, Tydskrif virtetterkunde, Universiteit vanPretoria, Pretoria0002.

Voorskrifteaanmedewerkers

1. Manuskriptemoetinduidelike, getiktevormvoorgelêword,indubbelspasiëringenslegs op eenkantvandiebladsygetik.

2. Tweekopieëvanelkemanuskripmoetvoorgelêword.

3. Manuskriptemoet vergesel word van 'n hardeskyfwaarop die teks in Word®is.

4. Dieouteursenaamenadresmoet opdieeerstebladsyvermeld word;indiegevalvan gedigteopelkeafsonderlike bladsy.

5. Diemanuskriptemoettaalversorgenfinaalgeredigeerwees.

6. Ongeveer4000 woorde wordasalgemeneriglyngestelvirdie lengtevanartikels.Langer artikelssalbywyse vanuitsonderingoorweegword.

7. Ontledendeartikelsmoetvergeselword van’nEngelsesinopsisvan hoogstens 100 woorde.

8. Illustrasies,diagrammeengrafiekesalslegsaanvaarwordindien diebetrokkeillustrasie,

diagramofgrafiekvanso’nkwaliteitisdatditgereedisomindiemeestermanuskrip geplaasteword.

9. LiteratuurverwysingswordvolgensdieverkorteHarvardmetode gedoen.Bibliografiese besonderhedewordindieliteratuurlysverskafenniebywysevan voetnotenie.Aantekeninge moetvoordieliteratuurlysgeplaas word.

10.

Medewerkerssalsogoudoenlikoordieaanvaardingaldannievanhulbydraesverwittig word. Afgekeurde bydraes salslegs teruggestuur wordindien hulle van ’n

geadresseerdeen voldoende gefrankeerde koevert vergesel word.Ongelukkigkan geenkorrespondensie oorafgekeurdebydraesgevoerwordnie.

11.Kopiereg berus bydieouteurs.

Menings watdeurmedewerkersuitgespreekword,isnienoodwendigdiévandieredaksie.

ISSN0041-476X

Gesetin 10op11 puntTimesNewRoman, gedrukengebinddeurV&RDrukkery(Edms) Bpk,Pretoria.

(3)

TYDSKRIF

VIR

LETTERKUNDE

H.J.Pieterse (Hoofredakteur)

ElizeBotha Elsa Nolte P.H.Roodt N.J.Snyman (Redakteurs)

Skakelredaksie: J.J.Brits RikaCilliers KarendeWet LouisEsterhuizen TomGouws JoanHambidge MarcelJanssens

CharlesMalan EbenMeiring Alexander Strachan Administrateur:HannelieMarx

(4)

REDAKSIE- EN ADMINISTRATIEWE ADRES:

(virbydraes, intekeningensirkulasie)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE

DepartementAfrikaans UniversiteitvanPretoria

PRETORIA

0002

INTEKENGELD;

R60

perjaar.Los

nommers:

R20,00pereksemplaar.

L.W.: Skole

word

versoek

om

direkby

bogenoemde

adresin teteken.

INTEKENING OP TYDSKRIF:

Maak

’ntjek uitaan Tydskrifvirletterkimdeenstuurditaan onderstaande adres.’n Elektronieseoordragkanook

gemaak

word.Gebruikdievolgende besonderhede.Faks of eposdaarna ’nafskrifvandiebetalingstrokieaan Die administrateur, Tydskrifvir letterkunde,

GW

15-28, Departement Afrikaans,UniversiteitvanPretoria, Pretoria,0002.

Tel:+27- 12-420 2341 Faks:+27-12-420 3949 Epos; [email protected] Bank;

ABSA

Tak; Hatfield Bankkode: 8675

Rekeningnommer:

91-0724-1825
(5)

Inhoud

Karen

de

Wet

“onsstigbrandindiegeheue/asons

woorde

oppapiersit”: aantekeningeoorsamehange, kleurendie teleksvantaalinAntjie

Krog

se Kleur

kom

nooitalleen nie 1

Joan Hambidge

Die geskiedenis van ons verhouding per e-

pos 21

Hein

Willemse

Opstand

en oorlog: millieu- en karakter- tekening as ’n diskursiewe konstruk in 'n

Melvin Whitebooifeuilleton 22 Elsa Nolte Diesprokie: DeelIII

34

MarliseJoubert Verse 46

Heinrich

van

der

Mescht

Die agtergrond van Hubert du Plessis se Afrikaanseliedere 51

Rick Moody

Seuns 62

Neil

Cochrane

Literêre minderhede binne die Afrikaanse uitgewersbedryfna1994:

Homeros

en

Kwela

Uitgewersasgevallestudies 67

Heinrich

van

der

Mescht

Diegouekitaar 78

Renée Marais

Verse 81

Hans

Pienaar Verse 83

Louis Esterhuizen Verse 85

Helize

van Vuuren

Hinri Lichtenstein en

Erasmus

Smit: Vroeë

Oos-Kaapse

tekste 88

Lys

van nuwe

Afrikaansepublikasíes: Januarietot

Desember

2001 95
(6)

Digitized by the Internet Archive

in

2017 with funding from

University

of Pretoria,

Library Services

(7)

Karen de Wet

“ons

stig

brand

in

die geheue

/ as

ons woorde op papier

sit”:

aantekeninge oor samehange, kleur en die

teleks

van

taal in

Antjie Krog

se

Kleur kom nooit alleen nie

Klipharde, kernonversetlike en seëvierendevers.Ditisdie soort essensiële indruk

waarmee

die nuutste Antjie

Krog

(2000) die leser laat.

Oor

die meesleurendevaartvannarratiewe, dieevokatieweliriek,die

met

brutale haleoopgekerfdegrein (van woorde, van lewe,van belewe) daarin.

Wie

sig

begewe

indielandskapvanKleiirkoin nooitalleennie,

kom

voordie versoeking

om

totbyvoeglike

naamwoorde

(endanspesifiekingegeedeur die skering en inslag van hierdie verse) te verval: inkantiewe Krog, reaksionêreKrog,liriese,

oopklowende

Krog.

Daarom,virhierdieverkennendeleesvanKleitrkomnooitalleen nieenkele waarnemings in die breë.

Oor

wat die verse in die bundel oor land en landskap,oor leefen oorleef, oortaal en in taal, sê. ’n Breëbliken een waarvoor

mens

diehelespektiiimwaartoeligoop kanbuig,

met

jou

saam

wildra.

Want

niks inhierdie bundelstaan alleen nie.Nie

woorde

nie,nie gedigte nie, nieafdelings nie,nie refreine nie, nie allusies nie. Als

kom saam -

selfsdieuiterstes:

“om

tekan skryf

moet

ekmyselfbinne

kom

/

deur

my

tebuitetegaan”staandit in“skryfode”(p.66); en:

“saam met

jou

islieflikheiden sluimerfundamentelerasverraad” (p.72).

I

Samehange

enuitlopers

Ditisnie netkleurwatnie alleen

kom

nie:verseooknie.

En

die

woorde

in verseooknie.Voordatdiegedigte inKlenrnogtotreeksesaamval,

kom

ditdikwelsvoordatdaar reeds

woorde

enfrasesbinne diegedigte iswat (soms vervangend)opstapel: soosin ’nsoeke daarna

om

die uiterste van elke

woord

seassosiasiesbinnediegrensevandiehelegroepwat

opgenoem

word,teprobeeragterhaal, ditteprobeeroopbreekenuithaal.

om

diewêreldtesienverbygaan

om

diewoordtesienverbygaanindievoorportaalvantaal

’nplekstralendvanasem

om

diewoordteeet

om

diewoorduitswoerdtesmee

om

wurginwoordteverander woordafkomstigvandiehele huis kollektiewe godsalig’woord

(“4. griots”,p.90.)

(8)

(ek.../

)jil verby jou slagysler van skeurklipofdeurmekaarklip kotsvan ’n reëlmetsmoltkliplekklipofstriemklip

ekhoondiesagteklipliewenheidvanstreelklip

diedrolsagtebruikbaarheidvan slypklipbreiklipwasklip en hangklip (“5. narratiefvanklip”,p.20.)

Hierdiesoort

saamvoeg

van

woorde

lykop

meer

asnetopstapeling,ditwil verderas enumerasie. Dit raak’nsoortherhalingvansoortgelykes,’nlangs

mekaar

neerlêvanverwantesodatdaar dalkinen tussendiesaambestaan vanaldieverskillende alternatiewe’naspek van daardie essensiewaarna daareintlikgesoekword,wateintlikgesêwilword, gesuggereerkanword.

’n

Ander

manifestasiehiervan iswaarskynlikdiemanierwaarop

Krog

in Kleiir poësie uit plekname maak: dit doen

gewoon

nie aan as ’n blote opstapeling of lys van

name

nie. Miskien is dit oor die

vorm

(soos ’n paragraaf) en oordie trant (optekenend en

gewoon

in die verteller se verhalende

mond)

waarin dit hier aangebied word, dat diesaambestaan van dielysplekkehiersoandersaandoen as die“soort” pleknaampoësie waaraanonsinAfrikaans' al

gewoond

geraakhet.Hierisdiegedaantenie

maar

neteen van klinkendebeskrywende

name

in rytjies totgedig inryg nie,

maar word

die poësie in die plekname aan die

woord

gestel in ’n

gewone

paragraafoor

gewone

dinge:sooswat

mens

dienuusoordieweer en die jaarlikse trekkery injou kontrei

gewoon

sou sê metdie

name

as verwysingspunte.

indiewintertrekPaiilslweksemensenaMocdverloor,Boggel, Goeiemanskuil,Slootjies,Damme,Ecn WilgerenKuile.Rooifontein scmensemaakstaningbyMatjiesgoedkloof,Kammassies, Dikkops- kraalen Draai.VanafKlein NourivierdieIrckpaddeur Besitwater, Khiribes,Bobbejaanshoek,HosabesenRooihoog.Afhangendevan diereëntrekSpocgrivier

om

diebcurtnaSkêrberg,Koringhoogen Patrysvlei.(...)

(“2. narratiefvanounomadicsetrekpatrone”,p. 15.)

As mens samehange

ensaambestaaninKleiirwilaandui,is ’nopvallende formaat daarvandietallevoorbeeldewaargedigtesoosboustenevirreekse

is.

En meer

nog:datdaar reekseis wat namekaarbuigin’n saambestaan

-

die“narratiewe”watindie eerste afdelingindie

mond

vanoralevertellers

gelê word, en die “dagboeke” getuienis van die tweede afdeling, raak

I. VanOpperman(1987:328)se“VisvangplekkeopdiePlaat”,totMarais(1987:66-67) se“Onomastick”enselfsJanuarie(1989:24-25)sc“Seweweekspoort”-dielyskan lankraak.

(9)

verskriklike keerkante van mekaar;diedagboeke “uitdiebegin” en “uit die laastedeel van die twintigsteeeu” reflekteersoos spieëls.

Maar

die gedurige neignaspektrum,die

gegewe

dat alternatieweennabyes opgeroep

word om saam

te bestaan, is iets wat ook vanuit die tekste en temas in

KleurnadieresvandieKrog-oeuvre ondersoek kanword.

Asof

hiersprake van herweefen voortweef kan wees in die onderwerpe en sienings en segwyses wat na

mekaar

roep

-

sodat inter-oeuvre-intertekste soos ’n

meerstemmige

koorbeginopklink.

So

roepdieslotvan“aitog!”(p.47) oordekades heenterugna“legende”

(Krog 1975:7).Reeds in“legende”

verdwyn

diekreatieweeenwatstories

maak

“vleg ... gaansyindieaangesig vanmanlikeoorheersingwathaar in die rigting van geroetineerdheid dwing,

gewoon

weg: “’n halfklaar legende

hang

eenkant in die skadu”. Dis ’n soortgelyke besef van vereenselwiging waartoe “ai tog!”

kom

na die reeks klagtes (oormans, oorpolitiek,oorrasissme,ooraannamesenstereotiperingsvan

sogenaamde

‘hoort’):

“mens

hoortby haarwatdaaglikswoordeloos /

nuwe

wolle by diematvleg”.

In Kleiirselfis daar’n beweging van die lokale/Suid-Afrikaansena die breër

omvang

vanen ingebedheidby ’nkontinent.

So

isdie rivier-gedigte aanvanklik oordie Oranjerivier,en lateroordieNiger.

Mens

sou hierdie soort fokusverskuiwing van Suid-Afrika nadie insluit vanAfrika,kanverbindmet ’n bewegingindieKrog-oeuvre.

Dierivier-gedigteoordie Oranjeen dieNigerroep

immers

onmiddellik diebeskrywing vandieZambesi inGecligte(1995:17) op:

cliebreëplatgroenvoorkop vandieZainbesi watstortenstortaf

af vallende water skakelsvanskuim skuimendemantel spattendeslierte harcstromend rokend

reënboë watbind opbinddiedampdiesproei

diestomcndegroenvoorkop vandieonliegbareZambesi

Die oopskryf van die rol en lotgevalle en

(wan)dade

van Trekkers iJeriísaleingangers,“Die

Leeu

endieRoos”inOttersinbronslaaï)envan kolonialiseerders {LaclyAnne)endie erflatingvan’nonbenydenswaardige politiese situasie in Suid-Afrika (bv. “Demonstrasieles”, pp.52-53 in Jeriisaleingangers),

word

in Kleur

ook

aangespreek in terme van
(10)

Afrika(politiek).

Wat

in“grond”{Gedigte,p.72)nognet asSuid-Afrikaanse problematiekbeskouis:

onclerbevelevaninyvoorgeslagtewasjybesil hadektaalkonek skryfwantJywas grondmygrond

(...)noiiwordgeveg

om

jou

bedingverdeelverkampverkoopversteelverpand ekwilondergronds gaan metjougrond

grond watmynicwounie

grond watnooitaanmybehoorthetnie grond watekvergeel'ser asvroeërlielliet

word

in “ná grond-invasions in

Zimbabwe”

(p. 45) ingebed teen die agtergrond vanwatinAfrika gebeur:

salekaltydwitwees

maakniesaakwaarvoorek staan bywieek skaar watekdoen wie

my

ondcrsteun nie?

sal’nswartmanop ’ndagin

my

gesiggil Voetsek!Fókot'!enmyhuisoorvat en

my

President blystilen sy Kabinet en dieoorblywendewitcomrades?

(...)

iskleurdieallesbepalendet'aktor ek kanhoc

lielliê hoehoort wit-wit wit-wit klopmyhart?

Daarísnie 7tantwoordnie.Daaris nienetéénbliknie.Ditiswattelkens tersprake

kom

in Kleiir.So,soosdiehardvogtigemooieklipuitdie

bodem

van hierdieaardewaaroordieboekdithet, sois ookhierdie verseendie

samehange

daartussen.

So

onbenoembaar, so onversetlik, so onmisbaar.

Dieskeringeninslagvanbestaan,verander en vergaan;dieklippekap van verwoord,die geskakeerdheid van leef, ditis waaroordieverse inKleur

dit het. Daar’nmagiesemat,

ietswatlyksoos’nmovie-setindieArouane-woestyn op’nduinishelder bont mattcoopgegooi

enlaegestol'rcerdebanke

dieson sak soos’nmaanoordic lippcvan duine (“10.aankoms”,p. 101.)

(11)

ingeweefenoopgegooi in hierdie bundel

-

in diekode van kleur, indie teleksvan taal.

En

op so’n manierdat die uiterstegrensevan

woorde

tot

opdiespitsgedryfword.DitwaarnaN.P.van

Wyk Louw

verwys,datdaar grenseíswaaragtertaalbetekenisen bedoelingwilbly verskraal (die “nooit- gehoorde” wat gesêwilword,inaarwatslegs

“om

diegrense[kan bly -

KdW]

flikker”

-

in Brink (2000:110);en dattaal soos beitelpuntdalk

oop

kan kloof(“sómoet’n beitelslaan/watbeitelis,ofhoé?”

-

inBrink,2000:143).

Dit is watAntjie

Krog

in Kleiirkoni nooitalleen nie aandie

woord

stel,

wat sy regkry. In ’n soeke na essensie skryf en nie net moontlikhede suggereernie,breeksy dietaalooptotdiesêself:vanafdie eerste

ademende

sugtotdie laaste lettergreepdaarvan.Uiteenlopendevoorbeelde, trouens velevandiegedigteinKleiir,kanhierdie

waarneming

illustreer,

maar

kyk byvoorbeeld na“liefdeswoord”(p. 63):

kyk hocylkliefdieie

hoeagter die ruising vanIenf (tweerietesnipperendindicwind meti)

hoemoeisaain tand-en-lipvanfseoorgawe terugremna tand-en-tong

indiedompelendedofdooie d en terugval

terugval

na ontronde, onteerde, ontrocrde[’n]

lief-[d ’nj liefde

tussen dieruisende frikatiewe Hikkergeen gehawendheid gecnafranselingvandrome geenhertjagsindorrestreke nie geendolk delfdierugnic

Met

intertekstueleverwantskappenou eenmaal, viaN.P. van

Wyk Louw,

die(on)vermoë vantaal,beitelpunteenklippe,opgehaal:

soms

lykditasof die(Afrikaanse) poësie (te?)deurtrekraakvankniebuigings en weer- en teësprakewat diepoësievan voorgangersbetref.

Maar

wanneer'n digter uit die glippende gladheid van

Jonker

(1983:119) se

stromende

“moswatervalkantelson”’nweerklankkanomklinknadie/c//pheiddaarvan:

“eksoektaal/soos: die skitterende wit gebitvanklip/soos:klipwaterval kanteldam” (p.l9), en daardeur beide soliedheid en ontglipping, en van beidegedigte,vaskan vang, dan,dan.

(12)

Mens

kaninhierdieverbandooknie nalaat

om

te

meld

hoe waardevol’n studie sou

kon wees

wat ’n beskouing bied van die voortsetting, Liitbreidingenafwyking wat poësie soosdiévan

Krog

en Stockenstrom en Breytenbach(o.a.)

maak

opiets wat

mens

by dieveertigervernuwing van

Opperman

kan gaan haal: die

werk

met diekonkreet aardse (soos

Kannemeyer

dit sê), die fokus op die barre ongenaakbare aardse van Afrika, die agterhaal daarvan in taal. In Kleur

kom

hiervoor heelwat perspektieweby. Veralindieaanbiedvanklipmetafore en spesifiekdan

inverbandmet ’nsoekena hoortinAfrika en ’nstrewena(aardin) taal

-

ietswathierheel verder

oopgemyn word

aswatnoginbv.“Teklip

om

te

boom”

(Opperman, in Brink, 2000:267) gebeur.

Krog

laat die klip teel. Sowaar.

IIHistologie enpoësie:die afdelingsinKleiir

In Robert

Dorsman

(Krog, 1999)se paralleltaligeversameling (Afrikaans met Nederlandsevertalings)Krog-gedigte,

Om

tekanasemhaal,is’nvroeër ongebundelde gedig

opgeneem -

uitdie “Jaarblad van die Kroonstadse Hoërskool, 1970”. Dis’nstemuitdriedekadesgelede

maar

ditpraatasof dit in

2000

praat:

Kyk,ekbouvirmy’nlancl

waar’n vel nikstelnic, netjou verstand.

Waargccn bokgcsigin’nparlcment kanspook

om

dingepcrmanent verkramptehounie.

(...)

Waarswarten withandaanhand vrede enliefdekan bring in

my

mooiland.

Ja,

mens

kan die hand van jeugdigheid sien,

maar mens

kan ook die

Krog

wat in Kleur aan die

woord

is, herken. Miskien is sy teen

2000

slimmeraandiewoord.

En

gladder,enheler.

Meer

geslepe,meeruitgelese.

Vaartbelyn enonverskrokke onverskonend.

Maar

indie

murg

isdaarnog

’nessensiewatdieselfdeis.

En

miskiendaarin hierdievroeë en“eerste”

soort vers ’n aanduiding van waar’noeuvrevan driedekades sepoësie vandaan

gekom

het. Miskien groei hierdie digter haar verse soos die weefsel waaroorsydit in Kleurhet. Miskien isdie vers, diebundel, ’n

maaksel metdieaard van beide weefsel en weefwerk.

En

beslis sit die digter

soms

ook daarvooren kyk: bestuderend bedag op die skryfvan
(13)

poësie, die skryfóór poësie-.Miskien beoefen sydus indiésin

ook

die histologie

-

’n waardevolle metafoor en ook een wat Kleiir self ingee deurdie afdelingtitels:“Mondweefsel”,“Wondweefsel”,“Sgraffito”,en

“Bindweefsel”.

II a

“Mondweefsel”

In die eerste afdeling, “Mondweefsel”,

word

daarvertel deurdié watdie naasteaandiebelewenisse en wetesstaan,aandie

woord

testel

-en

hierdeur

word

ookhulletaal entaalgebmik aandie

woord

gestel. “[S]esnarratiewe uitdieRichtersveld”heet diereeks

waarmee

Kleiiropen:verhalende verse waarindie oralestemkrylánkvoor daaroordietemavanoraliteitenorale digters(soosbyvoorbeeldin “4.griots”,p.89)gedig word. Hierdieprocédé van

Krog om

aandiewoordtestel, eerderas watdie digteraandie

woord kom

ofonderdie

woord

bring,en

om

danhierdeurdiesprekertoetelaat

om

deursy/haartaalgebmik en formuleringsdieself(enmoontlikonbewus)ten diepsteteopenbaar,bloottestelenselfsooktekontekstualiseer, isooknie

‘nuut’of‘eie’aanKleiirnie.Miskieniseenvandie

mees bemgte

voorbeelde hiervanGedigte(pp.49-51)se

“man

eklus ’ntwakkie”.^

Kan mens

diedeurslagvan’nsooitjoernalistiekestylhierignoreer?Hierdie aandie

woord

stel?Dieuitbuitvandiesprekersse idiolek

om

dit watdie naaste aan nerf lê, uit te kan sê en bloot te kan lê? Sodat hul idees en identiteite in hul eie

monde

endeur hul eie

woorde

gesê

word? Met

die joernalis watdie helestorie netjiessaamvat in ’n reëltjiese

kommentaar

2. Voorbeelde-énin vervormendegedaantes,boonop-isvolop. Vergelyk voorlopig alreedsnet“diedigterdigmethaartong/syhaalasem-ja,diepuithaaroor” (“digter wordende”,p.65);“skryfode”(pp.66-74);“4. griots” (pp.89-90); “die roeteisreis/

dievlerkeistaal”;“10.aankoms”(pp.101-103); “poësiehouhaar besigmetlig/ja tog,ditmoetgloei aan diebinnekant//poësie beginwanneerklank

om

liggevou word/sodat jygeopenleef/metvolledigtoegangtotjou naasteself’ en;“metdie littekenvan tong/skryfons diegrond onderons voete/skryfonsdieruimtewaarin onsasemhaal/injouwoordruikjymensproe jy Afrikaan/

om

teskryf/is

om

te hoort/metjou/

my

stemisvirdie eerstekeervry”.

3. Ofselfsvroeërindieoeuvre-byvoorbeeldin“gebed” {Jerusalemgangers,p.48);

onsvravergewe

vergeweoor onseetvinnig diemooi

uitUsehand

uitUsehandonseetswaardieander soos gras en veld onsverniel onslewenicmeernie

onskykniemeeraanmekaarsegesigge almalvandieisstukkend

diekryniepad

om

uit tekom(...)
(14)

indieopeningofaandieslot.

Asof

diedigterhierasdeurganggeld, ennie as

mondstuk

nie. Sy praat nie

namens

nie, systel haarwel beskikbaaras

medium:

syvang openpenneer.DiereportagevanAntjie

Krog

inen deur poësie. In “3. narratiefbuitediepark” (p. 16) lees dit só:

Siísara Doniroclivan Kubiis

’neeOupaMandelavirhomstemek

hoekomis

om

Namalewees vandag

om

ietstewees?

omdatonsnouonseicwoordis

onderdieouregeringswas onshullewoord en bietjie later:

Kubussckerk staan witteendic kwartsiet lug enstootstemteen dieranteuit

‘oGodblaascnbloei u liefdeoorons,’

oomAdam

handopdie hartsing diegemeente

‘jaJessusis’nrots in’ndorr-stiggeland

’ndorr-stigge land

’ndorr-stiggeland;

‘Uissooswasemvirmy

HiesusHie-ie-ie-sus’

Kubushángaan die rantevan Rosyntjiebcrg ditvra baieGod

om

hiertehou

Dieeerste vertellersinKleiirisegter

oom

Jakobus de

Wet

en

Dawid

Links watdiebundel open met mededelingsoor“dieGrootGariep”(p. 13),die

“Oer-Oranje”,“DieRivier”wat gebore

word

wanneerkontinent Afrika en diesuidpunt daarvan, ontstaan:

losvananderskietsuider-Afrikadielugin bibberend vanlossevryheid.

’n Belangrike begin virdiebundel, hierdiegeboorte van rivier

-

en iets

waarheen

mens

later teruggestuur

word

wanneer dit in die reeks “van

litteken totrivier” (pp. 84-103)duidelik

word

datdittenslotte in endeur dierivieris(al

word

dieOranje laterbinnediebreërkontinentaleverband vervangmetdieNiger),watdiewordendereddingwaarnadaardwarsdeur diebundelgesoek word,kom:

ckplctmyselfoor dicriviervan gebarc cn verrukking vanspoclcnglipcnvlocien gly

tussen lug en silwer skaats ek geluidloosligin taal

(15)

ditgebeur

as riviergeliefdeword

metwoordeloopekopdiewater (“7. rivier”,p.98.)

dierivierken geengrensnie dierivierraakaltyd allekante dieriviermaak meeraseenwees moontlik

(“8.boot”,p.99.)

Nievernietnie dat die slotafdeling “Bindweefsel” heet

- maar

ditis

om

voortydigdiebundel vooruitteloop.Eersisdaar verskeiegedaantesvan afrekening, ontblotingenontboeseming wat oopgeskryf

moet

word.Eers

isdaardieononderbrokeworstelstrydmettaal,diekompromislose oopkloof van geskiedenis (die heel nááste soort: uit dieonlangse verlede, uit die kollektiewe geheue, uit die intiem persoonlike van dagboekfragmente), eers is daar die uitmergelende afrekening met, en verkenning van ’n ongenaakbarekontinent'*,diedurendepad-uitkapnahoort.

II

b “Wondweefsel”

Daar

is baie

vorme

van

oopskryf

in Kleur, baie aangesigte, baie manifestasies.

Een

van dié wat ophefloos klooftot waardit nooit

weer

onaangeraak kan

wees

nie, lê in“Wondweefsel”. Nadat

“Mondweefsel”

segedigtedirekaangespreekhetdeurdie idiolektiesenarratiewevandie vertellers,isditnie netdietema vandiegedigtein

“Wondweefsel”

watin dieleweinsnynie,

maar

waarskynlik’ngrootdeelvandie

impak

daarvan

ook

in die vorm: in die ongeïllustreerde opstapelings

waarmee

daar gekonfronteer word. In hierdie afdeling

word

daar nou nie

meer

orale meedelers aandie

woord

gestelindieversenie,

maar word

die

mees

intieme aandieliggebring: ditwatnog vóórdiemoontlikraakvansê,netin die fragmentariese opstapelingsuitdagboeke kanlê.

So

asof

om

self-te-sêby hierdietematiek,bydieweefselwathierondersoek

moet

word,dieverslag wathier opgeteken

moet

word, eenvoudig onmoontlik is.

Asof

enigiets

meer

asbloot

opnoem,

énige

vorm

van

poog om

dieellendeteprobeer be- sê (watnog tesêvan teprobeer verduidelik of kontekstualiseer)heiligs- kennissou wees.

En

inelk geval:miskienisditsodatuitdiegebrutaliseerde verledefragmentewelál iswatoorgeblyhet.

En

verder:níkskan

méér

sê as die skraalstukkekonsentrasiekamptaal vanhierdiegedigtenie:

4. Met“6.verskrikking”(pp.93-96)’nsprakelose hoogtepunt.

(16)

3.kry maaiers krykewers stukkiesglas vishoek

4.die kindersgrawediekarkassevan skapeop diekindersstringdiederms aanmekaar die kindersbraaiditindie as

(“dagboekeuitdie beginvandie twintigsteeeu”,pp.29-30.)

Maar

disniewaarditblynie.

By

die blootstellingaan

wond

en

verwond

wathierdieverse sovoorhounie.In’n stilistiesegreepvangelykstelling, en deur iets so eenvoudig soos parallelle titels,

kom

skryf

Krog

in

“Wondweefsel”

twee stelle gedigte (en die geskiedenisse daaragter) kommentaarloos na

mekaar -

endoendiewerk watdie literatuurgeskied- skrywersnou alvirjareafskeep^.

Kom

drukdie“nasionale”empatie

met

diekonsentrasiekampafgryse en diehaat teen die kolonialiseerders aan diebeginvandieeeu,deurdie

bewussyn

vanvandagse (wit) lesernadit

watrégtig(o,oregtig

-

diewaarheid,dieverminktegeweldaangedoende, gewelddadigewaarheid),naditwat“regtig”aandieeindevandieeeuin townships en shacks ervaaris.

En

skielikisdit,hierdietweestelledagboeke endieonuitspreeklikeafgrysedaaroor, dieonophoudelikeleed daarin,vir álmal waar.Nienetvirdaardieuiteenlopende“almal” wie“direk”daarby

“betrokke”isnie,enooknie netvir (literatuur-)historiciwatagtema beskou tendensein ’n taalseverse

kom

siennie. Skielikisditdaar. Hier.

Kom maak Krog

dieontken, die ignoreer, dieblinde oogdraai,diedoodswyg, onontkenbaaroop.In blootseuitsê- enmeedeeltaal.In poësiesonder

om

poësiedaarvan temaak. Selfsin ’n soort inkantieftreurendetaal

-

sodat van dierouliedereselfs dieverskrikliketeenoorgestelde vanprysliedere raak^’

.

In “Wondweefsel”hoofsaakliktweereekse gedigtedus,met tweegelyk-

5.

Die voordiehandliggende materiaaldaar-oorhoegedigteuiten oordieAnglo- Boere-oorlogen gedigte oor die versetstryd endiepynasgevolgvanapartheid, na mekaarroepoordiebrugvan’neeuse jare.Ditlê allankdaar.Endit isnie hierdie plek

om

ditopteskryfnie,maardinkaanaldie reaksiesop byvoorbeeldLeipoldt(in Brink,2000:59)se

’nNuweliedjieop’noudeuntjie”,aanVernon February(inVan

Wyk

etal, 1988:458)sereaksiemet“Metekskusies aanoomGertvertel”,dink aan vandiegedigteinMathewsPhosaseDeurdieoogvan dienaald-die lysislank.

6 Soos wat mens byvoorbeeld van dieagtstedagboek“uit dielaaste deel vandie twintigste eeu”(p. 35) sou kon -waardie uitkenning vandieliggaamin toe- eienende termegedoen word,enmet’n slotwatdieretoriekvanprysliedoproep:“dis

my

kind, sêek, disStompie/disdieoudste kindvan my,ek,ManankiSeipei”.
(17)

luidende titels, en

met

twee parallelle geskiedenisse van verskrikking:

“dagboekeuitdiebeginvandie twintigsteeeu”(pp.29-30),“dagboekeuit die laastedeel vandietwintigsteeeu” (pp. 32-36) heetdit.

En

ditstaan opgeteken in taalwatin vers gegiet

word

soosuitkoorsdrome

-

asof die hallusinasies ingegeedeur beesslag ofdie horries van ’n Susanna;

maar

sondermelodrama.Ditishelderoordagen versagtingisonagterhaalbaar ver vandaan. Ditisbrokkeontblotegetuieniswat

moet

vég

om

tekansê:

3.ditbinnemy

veg teenniytong ditis

ondeeibaar ditvernietig

woorde

voorhy opgeblaasis

snyhulle syhandeaf

daarisgeenvingerafdrukkenie iioesê ekdit

Die Verskriklike

ekwilsyhandeterughê

(“dagboekeuitdielaastedeelvandie twintigsteeeu”,p.33klem:KdW.)

6. hullesleephomaan sybenesoos’nhond hulleskraap sy breinin ’ngatindiegrond hulletrapditvasmethullestewels ditwashelderoordag

enstikdonker

dithounooitopin

my

hartnie ditkomaltydterug

ditvreet

my

uitmekaar

Sonnyboy,rusinvrede

my

kind ek vertaaljouvirvandaguitdiedood

(“dagboekeuitdielaastedeelvandie twintigsteeeu”, p.34klem:KdW.)

13.dieliggaamberoof diebiind gefolterde keei dieprysvandiélandvandood

isgrootsoos’nhart

(“dagboekeuitdielaastedeelvandie twintigsteeeu”, p.36klem:KdW.)

(18)

Pas ná die verslag uit dagboeke,

woed

die wetes van verskrikking in

“Wondweefsel” ook op ’nandermanier uit. Diederde reeks heet: “land van genade en verdriet” (pp. 37-44).

En

hier

neem

dieformaat van die poësie’n

vorm

aanwat

meer

raakaseenvannetverslagdoenen opteken.

Word

ditevokasies vanpassieen pyn,vanbloed,

woede

enwonde.

Word

dittoegelaattot’nstem.

Roep

dit uit

-

ensteedsmetdiebewussyn vandie gelyktydigeonmoontlikheidenmoontlikmaking vantaal:

3.woordeloosstaanek

waarsal

my

woorde vandaankom?

(...)

watsê ’nmens?

wat deheldóén’nmens

metdiédragontkroondegeraamtes, oorsprong,skandeenas dielandvan

my

geweteverdwynsissend

soos’nlakenindiedonker

(“landvangenadeenverdriet”,p.38.)

En:

4.onsdra diedood

induisend klowendegedaantes drummelend

droef

draons diedood

(...)

diedoodklap sy beroulose kleppeinonstaal ja,dieonverdrote deeglikedood”

(“landvangenadeenverdriet”,p.39.)

Daar

is reeds melding

gemaak

van die

beweging

in Kleur vanaf die plaaslike,die“Suid-Afrikaanse”,nadiekontinentale,na“Afrika”se.Soos wat byvoorbeeldgebeurtussen die eerste rivierbeskrywingsindiebundel watdit oordie “Oer-Oranje” het, en die laaste verse oor rivier watdie

“Nyl vandieNeger/n’ger-n-gereo/Niger”(p.97)asonderwerphet.

Op

soortgelyke

wyse

krydie tekstein“Wondweefsel” watdithetoorgeweld, taalen

dood

inSuid-Afrika,laterresonansieingebeureeldersopdieAfrika- kontinent

-

sooswat byvoorbeeldin“klaaglied”(p.77) gebeur:

geruisloos draf diedooddeur diedonker draf diedood diekappende,dolwendedood (daar’s gisterenmóre,maarnouisondraaglik)

(19)

deurvoetsoolen kraakbeendruisdooddeurdiedonker disdiegouddonkerhartvanRwanda

op’ngodlosenaginApril die lankingehoueskreeu skreeu uitvrees,uitwaansin,uitskuimendeangs valgekaptesinomhelsingsvanbloed.

Maar

eersweerterugnaSuid-Afrika.In’ngedig soos “landvan genade en verdriet”(p.38) raak daar spore sigbaarvanwatlateropgroter skaalteen die eindevan diebundel in “Bindweefsel” gebeur

-

naamlikdie aandui van

hoop

(enweereens: onlosmaaklikvantaal):

2.indiebeginissien (...)

bysienwordeindelikwoordgevoeg en dieoogstortafindiewoedendewond hoor!hoordieopwel van medemensliketaal

inhaar sagteweerloseskedel enhoordiestemmevandieland

almalgedoopindielettergreepvanbloeden hoort be-hoort die landuiteindelikaan diestemmewatdaarinwoon

Hoop

opversoening ensaambestaan,

hoop

op

word

enhoort.

En

durf

mens

inversiesvan,pendantevirVisser(inNienaber,1973:134) se

“Amakeia”

indieversevan“slaapliedjiesvir

Ntombizana

Atoo”(pp.79-83)sien?

Dan

sou

ook

hierdiegedigte ’nvoortsetting kanwees vandie“herskryf’ van diegeskiedenissooswatditinverseopgetekenstaan.

Met

anderwoorde:

hierdie “slaapliedjies”raakinhul reaksieop

“Amakeia”

toe diesurrogaat-

ma

’nswartvrou

was

endiekonflikbekendgestaanhet as die

sogenaamde

“SesdeKafferoorlog”, soortgelykaandieánder“storie(s)vanonssterfte”

wat ná die waarvan

oom

Gert (Leipoldt, in Brink, 2000:53) vertel het,

opgetekenis."' sj-sj stilmaar

soet slaapsag slaapheel en swart gekantel

7. Sienaantekeningeby5.

(20)

(...)

kindertjieswart kindertjieveld kindertjieniemand

virniksvermeld

kindertjieborskindertjiedors

2.diewindisdiehemelvol met

my

stemop padnajou toe

(...)

houvas liewe kind teenalles in

dat jy die aardekansien

saamgekleefmet sonneenmaneenkometeen meteoriete diewindgesyferdelug

(...)

jymoetsién

jymoethóór hoediewinddieson oor joudrumpeldra próéhoewaterindieondergaandeson ivoorword kindjiediegrondgloeivanhemel

3.eksaljoukomhaaluitbeendere enkoeëlsengewelden vigs uitstomheidendomheiduitdiekorrupte gesigtevanmans

(...)

wantjymóétditanderssien onsvandie afgrond moetalmalánderssien

die vastelandwatsoos’ngroot swarthartopdie aardbol dryf vastelandwat ónsis

(...)

ek

my

wangteenjoue enwil injou inblaas gee

om

gee

om

sj-sj

II c “Sgraffíto”en “Bindweefsel”: liefdeen skryf

AfdelingIIIvan Kleur

kom

nooitalleennie,heet“Sgraffito”.Disliefdes- verse

Krog

wathier opklink. In die eerstereeks (“skilderysonnettee.a.”, pp. 51-62)

word

daarinen deur beeldgedigteliefde

gemaak

soos Afrikaans
(21)

dit

nog

niegesienhetnie:WalterBattiss,Marlene

Dumas,

PabloPicasso.

En

danisdaar “skryfode” (pp. 66-74).

Mens

kanniehieroorsênie. Die

swye word mens

hieropgelê: alreeds deur dieonversteurbare vaart van vers,dieosogemaklikenatuurlikheid, dieonkeerbaarheid daarvan.Soos diewatervandie rivierewaaroordiebundeldithet,wat deur eeue’npad deurrotsheenkon kaart,ennouvanselfsprekendeneiegeregtigdaardeur loop,so bringhierdiearspoëtikale liefdesversevan

Krog

die leserinhierdie afdeling uitby diecanyons wat netkon ontstaan

omdat

diebaie waters vandriedekades vanpoësie skryf reedshierverbygeloop het.Hier

word

metdievertroudheid en dieblinde instink geloop watnet

kom

asdit ’n loopisin’nvoetpadwatdie eievoetevalkon maak:

om

tekanskryfmoetekmyselfbinnekom

deur

my

tebuitetegaan

(...)

(diewingerdteen diehangeneem’nverorberendegroen eed

datnikstotnietsalgaan onderhierdiestyfgespannewinddeurwaaidelug nie op maanlignagte kanjy diehoeweteendieklippehoorsterremaak

maarwatsê dit?

hoeveel kleur bind jyhierinsaam)

(...)

soos jy behoort ek aan die aarde en dieletselsdaarvan

(...)

ekskryf:jyeetasof jy feesvier

ekskrik vir

my

hongertena jou geplette enkels dieaardeiswarmmetkleinpaddatjies ekhet allesteverloor

ek geeniksopnie

ek balanseer tussenwonde,roween keloïd (“skryfode”,p.68.)

Maar

wat

mens

miskiendielangstesalbyblyuitdie spektrum van Kleur

kom

nooit alleen nie, is die gefokusde en

nimmer

verslapte klipharde oopskryfvanditwatindiebinnesteis.Dieessensie, dus.

En

miskienkan

mens

hiernaverwys deurdievyfdegedigvandiereeks narratieweuitdie onherbergsameRichtersveld,metaforiesasvoorbeeldtegebruik. In’ngedig soos “5. narratiefvan klip” (pp. 19-21) sou baie beitelpunte kon breek.

(Enja,

Louw

sebeiteltjieen

Opperman

se klip

word

hierbygehaal.)

Maar

nie hierdiebundels’nnie.Niediestemvanhierdie digternie.Die manier

(22)

waaropdieuitdaging aanvaar

word om

diegrondigstevanalles(elkeliewe

tema

en nuanse en belewing)tot indieonaansienlike

wese

daarvan ín te kyk,enhuiweringloosonverbloemd óóptesê, dítiswat(inhierdiegedig, deurhierdiebundel)verbluf.

Om

dieuitdagingvandiekontinentwatsig versettot

bewoon

enbenoem,

om

hierdieuitdaginginsy

mees

ongenaakbare

vorm

teaanvaar,naamlikintermevanklipharde onversetlikeklip,en

om

dan daarmeesuksesinen deurdietaal tebehaal,dítis verdienstelik.Dít boei.

In “5. narratiefvanklip”(p. 19)

word

diekryt uitgelê, die strydaangesê:

’nlandskap soosdiémaak

my

bang

reeds tussenBrandkarosen Bloeddrif steekditjouonderklip

‘déekisklip,’dit

‘netklip

insylelikste klipste klip Ja,vatso,ekisfokkenklipdiklelik éksmytdie eerste klip(...)

En wys

dieklipbenoemingaf(p. 19-20):

gee

my

taalvirklip pleitek

na’ndag roependindie Richtersveldbergwoestyn eksoektaal

soos:dieskitterende wit gebitvanklip (...)

‘ditbliksemswilrym!

ek’s ding,hoorjy!

kyk

my

indieoghe, face

my

ekisding ekverweerbrutaal

totklipskilfersteen kaalhelseskuinstes vieslikedeurmekaarklipbleddievlokke geen klipwoorde gaanjyooituit

my

tap nie nooit

my

tot taalkapenkaapnie

Wat

hierverwoord word, raakbinne diekonteks vandievers-aanbod in

Kleurmetaforiesvandiekaalvuisgevegdaarvoor

om

elke liewe verhulling aftesweer enooptebreek

-

endeurtaal. letswatin hoogspanning deur die bundel bly loop. lets

wat

in “6. verskrikking” (pp. 93-96) ’n

noodwendige

uitbarstingendietem vankenteringkry.

’n

Mens

sou kon verwys nadierol van diebeskouendedigterindiereis

deurgeskiedenisseen geweld, deurAfrika,deurtaal. ’nReiswat’nlang pad geloop het vanaf ’n soort liefkosende benadering tot die pruilende opening vantaal/poësiein

Lady Anne

(Krog, 1989:14):
(23)

’nopeningbegin saggiespruil ietsvibreerdeur,(...)

ek gryp nadieopening-selfs’n blertssaldoen!

liefkoos dringend diealhoesluitenderspier (“weereens”)

en Kleursevergelykbare“digterwordende”(p.65);

om

op’noggend wakkertewordbinne-inklank metvokaalen klinker en diftongasvoelspriet

(...)

wanneerdie betekenisvan’nwoordswig, begin glyenhomuiteindelikoorgeeaan geluid van danafsmagdiebloednadieinkantasie vantaal-dieenigstewaarheidstaangevélinklank

tot by die

meer

pragmatiese onverskonende aansprake van die griots in

Wes-Afrika(“4. griots”,pp.89-90);

onsisdiebewakers van menseheugenis onseetdiewoordwat onsuiter onsstigbrandindiegeheue

asonswoordoppapiersit

onsleefvandie daagliksebrood vandiewoord

(...)

onsisdieskrynwerkers vandiegeheue onsbewerkwoorde

(...)

nie netdiewoordnie,maardie reisvandiewoord diespoorvandiewoord

diereisna diewoordtóé

om

met oop oëtereis

om

diestorietevertel

Op

die ou end kry die hele reis, die

weefwerk

van narratiewe, van verwondings, van liefdesliedere, uiteindelik kry dit bindweefsel in die

woord -

enindieerkenningvan’nuitgelewerdheiden’n

oorgawe

daaraan, indieerkenningdat die

mens

indiemiddel daarvanstaan:

asstiltediesyiynvansterrebeginvoer

komdiepoësie

enditkomaltyd indiekleurvanmens

(24)

(...)

disdiemaan

disdieduin

disdiegeluidvan

my

perd hierbyleefek

selfsalbreek hulle

my

pen slaan

my

woordeaan die brand

(...)

ekswerfagter diewoordaan swendelaarisekvandiewoord

(...)

metdielittekenvantong

skryfons diegrond onder onsvoete skryf ons die ruimte waarinonsasemhaal

injouwoordruikjymensproejyAfrikaan (“10.aankoms”,pp. 102-103.)

Disnie netkleurwatnooit alleen

kom

nie.Disookleefenlees.

En mense

en waarheid en verdigsel endienierymende vaartvan verlossende vers.

En

disdatpoësiealtyd

kom

indiekleurvan mens.

'n Digter wat dit alles, en só, kan doen?

Dan

kan die leser sig net

met

dankbaarheidskaarby dieslotvers.

Instemmend

knik: daarís

niksbytevoeg nikstoetevoeg oorhoediepdit lê (“niksbytevoeg”,p. 104)

nie,

-

nieby hierdie verse, hierdiesêe, hierdieblootlêvan weesnie.

En

já,wilonsteen dieeindevandiebundelinstemmend(en’nkleinbietjie

dankbaar ook, na die afranselings wat dikwels en genadeloos deurdie bundel

gekom

het) sê, saampraat met Jakoobs se uitspraak waarin ons uitgeleseore reeds diebekendesalwing van “hoe diep

my

liefdevirjou lê” seëvierend raak wil hoor. Ja, dankietog,wil ons vooruitgryp: daar’s niksbytevoegnie, ditíshoediepdie liefde(en dieredding endiehoop, diegansepoësie).

En

disnethier,waardie“deurdagtedigter”(Lady Anne,

p.36)viroulaasstaalwys,dieherneutermesdraai.Langsdie“ruggelingse

murmel”

vankanaalwatervirJakoobs laat sê: “mitsdeze” wil ekvirjou sê: ‘“waarg

mense

is / isaltyd

mos

ongemakke’”.
(25)

Tot aandieeindedus, die heel, heeloplossendeenlirieseeindevanhierdie bundel:

(as)klanke soos vereval inBaadjiesvleien Biedousrivier sosoos’nasemveegsolig (“niksbytevoeg”,p. 104)

totaanhierdieeinde,isdaardus niks

méér

tesê as die dieptevanliefdeen die

ongemakke

van

mense

nie.

En

dieoopgebreekteblootsgerydetaalvan eenvrou,eengedigbegenadigdestem,watin ’nkontinentleer

word - met

“baie

worde

/ baie baieworde”(“8.boot”,p.99):

dieboot kerf dierivier

dieboot sny langsdiedunseintuurvanland

diebootknooplugen waterfinaalaspanteaanmekaar blindblouennatblou ordieskerpmiddaguur

pewter en kwiken die witslikvanherinnering

(...)

inhierdiebreëskitteringvanwater enlig

malingenloom

komaldierowein

my

los iets-nievanweesnie

maarvanword

my

tongstootteengeentaalnie losenliginspeeksel

my

ore veervanvredeenhitte nievanweesnie

maar word baieworde baiebaieworde Bibliografíe

Brink,A.P.2000. Groot verseboek2000. Kaapstad: Tafelberg.

Januarie,H. 1989.Prorata.Johannesburg: Perskor.

Jonker,I.1983. (2euitg.) Versamelclewerke. Johannesburg: Perskor.

Krog,A. 1975.Mannin.Kaapstad:Human

&

Rousseau.

Krog,A. 1981. Ottersinbronslaai.Kaapstad:Human

&

Rousseau.

Krog,A. 1985.Jerusalemgangers. Kaapstad:Human

&

Rousseau.

Krog,A. 1989. LaclyAnne. Emmarentia:Taurus.

Krog,A. 1995.Gecligte:1989-1995.Groenkloof:Hond.

(26)

Krog, A. 1999. (Samest.

&

vert.: Dorsman, R.)

Om

tekan asemhaal. Amsterdam/

Antwerpen:Atlas.

Krog,A. 2000.Kleurkom

Referensi

Dokumen terkait

En sekerlik: al hierdie onderwerpe word styl-vol wat taalhantering én lewens- houding betref behandel: die leser weet vooraf dat jy in die geselskap van ‘n voor- treflike

Anders as byvoorbeeld in ’n vorige roman, naamlik ’n Stringetjie blou krale 2000, gaan dit egter nie om die vind van ’n gekleurde identiteit in ’n postapartheidsbestel na die politieke

Verskeie Dertigers en Veertigers lewer nog steeds belangrike werk naas dié van die buitengewoon groot aantal debuteerders wat ons klein taalgebied die afgelope tyd het, en ook naas dié

Met ’n voorwoord deur die politieke veteraan Helen Suzman wat haar alleen- stryd as vrou in die politiek verwoord en ’n nawoord deur die nuwe politieke ster op die horison Patricia de

“Middeleeuse wraaklied”, 86 Samevattend kan ’n mens Kraai as ’n inspire- rende bundel beskryf – ryk aan inhoud met aktualiteit, met ’n digterlik-vaardige hand geskryf.. George Louw is

En op dié manier ontken die prosa dan as ’t ware algaande homself, en ruim homself uit die weg.ft Deur hierdie bepaalde tradisie het die leser nou die indruk begin kry dat die roman nét

Hier is eerstens die mens se geworpenheid in ’n situasie; die man met die swaar been, dood- gewone toeskouer soos die res, word buite eie wil en sin ’n ’n situasie gedring waarin sy

Stach word deur sy oom Gervaas grootge- maak om “nie ’n onderdanige man [te] word nie, maar ’n vrymoedige, en indien nodig, parmantige een” 11–12.. Op sewentien – “presies die ouderdom