• Tidak ada hasil yang ditemukan

Brits Pos

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Brits Pos"

Copied!
16
0
0

Teks penuh

(1)

Brits Pos

www. .co.za

Lees ons & adverteer AANLYN

Ludorfstraat 50, Brits GPS Co-ordinates:

25°38’01.2”S 27°46’44.2”E Tel: 012 252 4995, 012 252 4996, Faks: 012 252 0349;

E-pos/E-mail:[email protected] www.britspos.co.za

R3-00

VAT INCL Established - Gestig1946

03 JUNE 2022

National Child Protection week, this year commemorated from 29 May to 5 June, raises awareness on the rights of children as articulated in the Constitution of South Africa. Against this background SAPS Hartbeespoortdam visited Xanadu Little Seedlings Pre- School on Friday, 27 May to raise the plight of our future generation. Warrant Officer Juan van Schalkwyk shows the toddlers a bulletproof vest and how and why police members have to wear them and they were astounded to know.

(Photo: SAPS)

Brits Pos Raising the level of awareness

of toddlers

Troukiekie- kompetisie

skop af - bl 2

Brits Pos aan die voorpunt

van

tegnologie

- bl 3

(2)

Enjoy copy of your

Brits Pos

every week!

Celebrating National Child Protection week from 29 May to 5 June to raise awareness on the rights of Children in the SA Children’s Act, members of SAPS Hartbeespoort Dam visited Xanadu Little Seedlings Pre-School on Friday, 27 May to raise the plight of our future generation. There were 60 learners from Grade RR to Grade R and 6 teachers who were educated on the dynamics embroidered around the protection of children. They were sensitised to be weary of strangers and abductions and information was shared on the various units in the SAPS.

Toddlers enjoy HBPdam police’s visit

Dis met hartseer dat daar van Mariet van Wyk (66) afskeid geneem is.

Sy was ‘n jarelange inwoner van Schoemansville en ‘n bekende oogkundige in Brits. Sy is na ‘n kort siekbed op 8 Mei 2022 oorlede en 11 Mei is ‘n privaat gedenkdiens by haar

huis gehou. (K169610)

In memoriam

BRITS POS – BRITS – Die immergewilde bruid-kompetisie van Brits Pos trek vanjaar ‘n splinternuwe baadjie aan, máár daar is steeds ‘n allemintige wenprys van R10 000 op die spel.

Indien jy enige tyd sedert die begin van 2020 getroud is, mag jy aan die Troukiekie-kompetisie deelneem! Om in te skryf moet jy vanaf 1 Januarie 2020 tot 30 Junie 2022 die ja-woord gegee het. Die enigste vangplek is dat jy steeds getroud moet wees teen die einde van die kompetisie om vir die prys in aanmerking te kom.

‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66-00 (BTW ingesluit). Jy mag egter soveel keer as wat jy wil inskryf teen R66 per foto.

Onthou ook dat jy by slegs één van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is: Rustenburg Herald, Brits Pos, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok.

Ook belangrik: Jy moet binne die fisiese verspreidingsgebied van die koerant, waar jy inskryf woon, werk of jy moes in daardie gebied getrou het.

Inskrywings sluit 31Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunstelinge kan kies.

Slegs elektroniese inskrywings sal aanvaar word.

Gaan na http://www.northwestnewspapers.co.za/ vir meer inligting.

Foto (Arturo Rodriguez)

Troukiekie-

kompetisie skop af

Shadrack and Dephney Nwaila was the first couple who got married on the walking pier in Durban, North Beach on 28 May 2022. For this occasion they got a special permit and all friends and family enjoyed a memorable day.

Reverend Alpheos Maribatse conducted the ceremony. The couple resides in Brits. (K169611)

Congratulations!

:$6.$6 :$66(5<

.RPEHVRHNRQVE\

)HQVNRUJHERX(ODQGVUDQGWXVVHQ .DIHHHQ%RWWHOVWRRU

216.20+$$/(1/(:(5

:((58:$6*2('$)

´2QVZDVHQVWU\NVRRVXVHOIVRXµ

(3)

(Photo – social media)

BRITS POS – KLEINFONTEIN - Three suspects attempted to break into the room of a worker who runs a tuckshop on a farm in the farming area of Kleinfontein, north of Brits on Monday, 30 May around 03:00.

Two shots were fired through the steel door of the room and the victim was hit in the hip and badly injured. The suspects took an unknown amount of cash and airtime vouchers and fled the scene on foot.

The victim was taken by ambulance to Brits Provincial Hospital.

“Cases of attempted murder and business robbery were registered at Brits police station,” confirmed SAPS Brits spokesperson, Maria Nkabinde.

Anyone with information that can lead to the apprehension of the suspects can contact the Investigating Officer, Lieutenant Colonel Charmaine Jenner of Brits Detectives on 082 460 6581.

Thugs target farm tuckshop owner

BRITS POS – BRITS - Police were called to a scene in Murray Avenue, Brits CBD on Saturday, 28 May around 02:40 where two men were allegedly assaulting a man.

When police arrived, they tried to stop the attack, but the suspects indicated that the victim stole a truck battery. Police eventually managed to terminate the assault and the men were arrested.

The assaulted male was transported to a hospital in Brits by ambulance. “It is

alleged that upon arrival at the hospital, he succumbed to the sustained injuries,”

confirmed Maria Nkabinde, SAPS Brits spokesperson.

“The two suspects appeared before Brits Magistrates’ court on Tuesday, 31 May, for alleged murder.”

(Image: clipart.me)

Man allegedly beaten to death for stealing a truck battery

Unidentified woman shot at Khalamtwana tavern

BRITS POS – MOOINOOI - The owner of a tavern in Khalamtwana informal settlement, Mooinooi and patrons heard a burst of gunshots outside the tavern on Sunday, 29 May around 00:40.

The owner rushed outside and found a female victim in the parking lot, bleeding severely. He rushed her to the Bapong Clinic, but she succumbed to numerous gunshot wounds.

Maria Nkabinde, spokesperson SAPS Brits, confirmed

that a case of murder was registered at Mooinooi police station.

No one witnessed the incident and anyone with information about it, can contact the Investigating Officer, Lieutenant Colonel Mohajane of Mooinooi Detectives on 076 510 8076.

(Image: clipart- library.com)

BRITS POS – BRITS – Met meer as 150 000 digitale lesers kan Brits Pos met trots sê dat ons deel van die nuutste tegnologie in die digitale media-wêreld is.

Reeds in 2020 het Brits Pos die voortou geneem met die weeklikse Brits Pos wat digitaal en virtueel, interaktief op verskillende digitale platforms is en deur enige persoon op enige plek in die wêreld gelees kan word.

Interaktiewe virtuele koerant is ‘n hele mondvol, maar om dié interaktiewe virtuele koerant te kan lees en ervaar, is so maklik soos om op die skakel te klik.

Die voordeel hiervan is van onskatbare waarde vir adverteerders en lesers.

Interaktiewe advertensies maak dit vir die lesers moontlik om al die verskillende digitale-platforms van Brits Pos (Facebook, webwerf, Instagram en You Tube video’s) van ‘n kliënt te besoek, wat optimale blootstelling aan ons adverteerders bied.

Vir ons Brits Pos se meer as 150 000 digitale lesers, is dit nuut, opwindend, innoverend en verbind só adverteerders en lesers met hierdie gerieflike, veilige interaktiewe virtuele ervaring. Om te sê dat dit ‘beter is om op sosiale media te adverteer’, dink wéér of jy vir die 300 000 oë wat Brits Pos aanlyn lees, ‘nee dankie’ wil sê.

Adverteerders wat in dié virtuele aanbieding belangstel, kan hul produkte en dienste sowel as ‘n kort video met aanbiedings of produkdemonstrasies op die manier adverteer.

Kontak ons bemarkingspan, Suzelle van Deventer (083 255 7533) óf Gerald Bothma (082 262 3434) wat met graagte die gebruik van dié produk aan adverteerders en lesers kan demonstreer.

Dié groen teken (logo-handjie) is uniek aan die Noordweskoerantgroep en wanneer jy die teken in die koerant of op ‘n advertensie

sien, beteken dit dat die betrokke advertensie interaktief is en jy net daarop kan klik om na die adverteerder se webwerf, Facebook-bladsy, Instagram en You Tube-video’s en spesiale aanbiedings te gaan.

Brits Pos aan die

voorpunt van tegnologie

7( +885 7/%

0(7 23(5$7(85 6.$.(/

(4)

Maak Brits Pos se Geklassifiseerde Advertensies deel van jou bemarkingsplan. Dis spotgoedkoop en boonop maklik om te plaas.

Jy kan natuurlik soos gewoonlik na ons kantore toe kom en jou Geklassifiseerde Advertensie by die toonbank kom plaas – jy is baie welkom en ons help graag.

Maar jy kan dit ook aanlyn doen; dit

gaan jou minder as twee minute neem, en boonop kan jy EEN advertensie van 15 woorde of minder per week heeltemal gratis kry.

Besoek ons webwerf by https://www.

northwestnewspapers.co.za/ en kies die

‘Classified Advertisement’-opsie. Volg net die duidelike aanwysings en in ‘n japtrap is jou advertensie geboek.

Ons advertensies presteer; jy kan ook.

Adverteer heeltemal gratis

Die groot getal hofsake is deels te wyte aan die verskillende polisiestasies se verskillende interpretasies van die wet en sekere regulasies. Meeste vuurwapeneienaars het al in een of ander vorm hieronder gebuk gegaan.

Cornel Pienaar, prokureur by Van Rensburg Prokureurs, sê dat een so hofsaak, is die van Fidelity teen die polisie en sekere amptenare wat by die polisie werksaam is.

“In hierdie saak het die Grondwetlike hof op 27 Mei 2022 uitspraak gegee en die resultaat is ‘n enorme verandering vir vuurwapeneienaars,” sê Pienaar.

“Om werklik die verskil te verstaan, is dit nodig om aan te dui wat die posisie voorheen was. Die wet vereis dat lisensiehouers hul vuurwapenlisensies 90 dae voordat die lisensie verval, hernu. Indien die lisensie nie hernu word nie, verval die lisensie. Die gevolg is dat ‘n eienaar met ‘n vervalde lisensie nou nie meer regmatig die vuurwapen besit nie en dus ‘n misdaad ingevolge die wet pleeg. ‘n Skuldigbevinding sal lei tot

‘n kriminele rekord wat verdere vuurwapen besit in gedrang kan bring.

Die praktiese gevolg is dat daardie vuurwapen by die polisie ingehandig moet

word vir vernietiging. Min vuurwapeneienaars kan hulself hiermee versoen. Gevolglik word sulke vuurwapens meeste van die tyd gebêre met die gepaardgaande risiko dat as die wapen in ‘n persoon se besit gevind word, daardie persoon skuldig is aan ‘n misdaad.”

“Daar was ook al voorbeelde waar die polisie SMS’e aan eienaars stuur om hulle daarop te wys dat hulle lisensies verval het en dat daardie eienaars nou nie meer voldoen aan die Vuurwapenwet nie.

Voorheen was vuurwapeneienaars wat in so ‘n posisie was, afhanklik van ‘n amnestie om weer hulle besit van vuurwapens in lyn met die wet te bring.

Hierdie het egter alles verander met die Grondwetlike hof se uitspraak.

In Fidelity se hofsaak is daar beslis dat ‘n vuurwapeneienaar met ‘n vervalde lisensie weer kan aansoek doen vir ‘n lisensie vir daardie wapen, mits die wapen ingehandig word terwyl die lisensie in proses is. Die effek hiervan is dat individue met vervalde lisensies nou ‘n uitweg het om wapens met vervalde lisensies wettiglik en in volle nakoming van die vuurwapenwet, te kan besit. Persone met vervalde lisensies hoef gevolglik ook nie te wag vir ‘n amnestie nie

Verligting vir eienaars met vervalde lisensies

BRITS POS – BRITS - Jy doen jou bes om van jou besigheid ‘n sukses te maak – daarom adverteer jy jou produk of diens.

Fot o: landbou.c om

BRITS POS – BRITS – The SA Army members who served under the Commando System from 1992 until 2003 are entitled to receive the Closure Commemoration Medal and as previous exercises in this regard could not bear the desired results, some recipients were not reachable and the Defence Reserves Provincial Office would like to distribute the medals to all eligible recipients.

Members are invited to contact Lieutenant Colonel J.D. Hartzenberg at 018 289 3400 or 018 289 3292 to enquire about

their medals. Family members of deceased members are also welcome to contact the Provincial Office in this regard.

The Units are:

Brits Commando North West Noordvaal Commando Bloemhof Commando Group 30

Ventersdorp Commando Koster Commando

Schweizer-Reneke Commando 71 Field Workshop Ventersdorp Klerksdorp Commando Marico Commando Rustenburg Commando Potchefstroom Commando North West Commando Regiment Noord-Transvaal

Claim your Clousure

Commemoration Medal now

BRITS POS – BRITS – Die besit van vuurwapens word tans onder die Vuurwapenwet wat al sedert 2000 die rondtes doen, gereguleer.

en hoef ook nie meer aan ‘n ongelisensieerde wapen vas te klou nie. Daar is sekere aspekte wat aangespreek moet word, so eienaars moet eerder opnuut motiverings bekom.

“Alhoewel hierdie ‘n reuse oorwinning is wat die wetgewende landskap totaal en al verander, is daar nog onsekerheid oor die pad vorentoe.

“My voorstel sal wees dat eienaars met wapens waarop die lisensies verval het solank hulle aansoeke regkry. Onthou hierdie sal ‘n nuwe aansoek moet wees. Almal wag tans vir

‘n direktief van die Polisie wat sal bepaal hoe die aangewese vuurwapenbeamptes (DFOs) die aansoeke moet hanteer.”

Vir enige vuurwapen aangeleenthede

asook hulp met vervalde lisensies kan

vuurwapeneienaars, Van Rensburg

Prokureurs by 012 252 4136 skakel.

(5)
(6)

BRITS POS – BRITS – Die NG Kerk Brits, het verlede Saterdag ‘n Bobaas Bakker-kompetisie aangebied en nie minder as 43 van die allermooiste én lekkerste inskrywings is ontvangs.

Die projek van die NG Kerk Brits is uitstekend deur die gemeenskap ondersteun. Die oudtse deelnemer was 86jaar en die jongste bakker net 13 jaar. Volgens een van die organiseerders, Odette Fourie, het die tafels gekreun onder die gebak en die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners te bepaal.

Die organiseerders bedank almal vir hul deelname en wens die wenners hartlik geluk.

Uitslae: Ilouise van der Merwe – algehele wenner met ‘n wortelkoek. Heidi Nel - 1ste plek vir die mooiste koek, 3de plek vir kleingebak en 4de plek vir grootgebak. Rita Smith – wenner van kleingebak met haar Sjokolade Mousse-tert.

Bobaas bakker aangewys

Die algehele wenner van die NG Kerk Brits se Bobaas bakker-kompetisie is Ilouise van der Merwe (regs) met haar asemrowende wortelkoek. Monica Schutte oorhandig die prys.

Heidi Nel het die eerste prys vir die mooiste koek gewen, asook

‘n 3de plek vir kleingebak en 4de plek vir grootgebak.

Leer só meer van kleinknophoutboom

“Sy botaniese naam is Zanthoxylum capense waar Zanthoxylum die Griekse woord vir “geel” is en capense, van die Kaap beteken,” vertel Henry Francis, die voorsitter van die Pilanesberg-tak van dendrologiese vereninging van Suid-Afrika en ook meer interessanthede van die kleinknophout.

“Verskeie bome se spesie naam is “capense”, al is die boom regdeur Suid-Afrika versprei. Dit beteken egter net dat die boom die eerste keer deur botaniste in die Kaap opgeteken is.”

Die kleinknophout kom voor vanaf Zimbabwe in die noorde tot in die Wes-Kaap in die suide.

Die boom is ook volop in die Magaliesberg, hier op Brits se voorstoep. Hy is ‘n bladwisselende boom wat tot 15meter hoog kan word. Die boom is afsonderlike manlike- en vroulike bome. Alle dele van die boom het ‘n sitrusagtige reuk met reguit dorings aan kurkagtige knoppe aan die hoofstam.

Die saamgestelde blaar het oliekliere aan die rand

wat ook ‘n sitrusagtige reuk afgee wanneer dit gekneus word.

Die blare word deur koedoes, duikers en klipspringers gevreet en die ryp vruggies is weer gewild by bobbejane, blouape en verskeie soorte voëls. Verskillende larwes leef ook op die blare van die boom. Die boom het heelwat medisinale waardes, waaronder gedroogde, verpoeierde wortel en bas kan ook vir die behandeling van ‘n seer keel en fyngemaakte wortel teen tandpyn gebruik word. “Die boom kan met groot sukses in die tuin of rotstuin aangeplant word as ‘n enkelsierboom en die wortelstelsel is nie aggressief nie en ook goed aangepas by droogte- en ryptoestande. Sy groeitempo is middelmatig tot vinnig teen sowat 600-800mm per jaar,” sluit Henry af.

Indien lesers interessante boomnavrae het, kan ‘n kort teksboodskap na 082 730 6580 of ‘n e-pos na [email protected] gestuur word.

BRITS POS – BRITS – Voorheen was die kleinknophout bekend as die kleinperdepram, maar met die hersiening van volksname in 2014 deur die dendrologiese vereniging, is alle skeldwoorde uit sekere bome se name gehaal.

Die kleinknophoutboom. (Foto: JMK - Eie werk, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.

php?curid=21107662)

Uitgroeisels aan die stam is kenmerkend van die genus. (Foto:

Wikipedia.com)

‘n Ryp vrug. (Foto: Wikipedia.

com)

(7)

Brits Pos

Adverteer jou eenmansaak nou!

BRITS POS – BRITS/HARTBEESPOORT - Bedryf jy ‘n eenmansaak in die fisiese ver-

spreidingsgebied van die Brits Pos?

Ons kan help met advertensietariewe wat nét op kleiner ondernemings van toepassing

is. Kontak een van ons advertensieverteen- woordigers om meer hieroor uit te vind.

Suzelle van Deventer – 083 255 7533, e-pos:

[email protected] of Gerald Bothma – 082 262 3434, [email protected].

* Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings uit.

‘n Groot dankie aan al die lede van PPS Monitering en Reaksie wat getrou ‘n ogie oor Brits Pos en ons werknemers hou. Julle ondersteuning word opreg waardeer. (Foto: Rita Bothma)

Dankie PPS!

HEMS hanteer talle noodgevalle

BRITS POS – BRITS – Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die afgelope week getrou talle noodgevalle in ons omgewing hanteer. Omdat van die paaie bykans onbegaanbaar is as gevolg van swak instandhouding in die Madibeng plaaslike munisipale-gebied, word motoriste nogtans gewaarsku dat spoed en roekeloosheid die rede vir talle ongelukke is.

‘n Pasiënt wat redelike ernstige beserings opgedoen het, is Vry- dag, 27 Mei deur ‘n noodhelikopter wat deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) geaktiveer is, van Brits na

‘n hospitaal in Johannesburg vervoer.

In ‘n ongeluk, Sondag, 29 Mei naby die Ten Rooms-informele nedersetting op die R514 (Van der Hoffpad) tussen twee voertuie, het twee persone beserings opgedoen, waarvan een ernstig en die paramedici van HEMS het die pasiënt op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer.

Volgens Leandré Spies, woordvoerder van HEMS het die ander pasiënt wat

minimale beserings opgedoen het, verkies om nie vervoer te word nie.

(8)
(9)

BRITS POS – SANDDRIFT – ‘n Man (54) en sy stiefseun (22) was na bewering Vrydag, 27 Mei op ‘n plot in Sanddrift in ‘n hewige woordewisseling betrokke waarna hulle handgemeen geraak het en die stiefpa noodlottig aangerand is.

Maria Nkabinde, woordvoerder van SAPD Brits het bevestig dat

‘n moordsaak by Brits polisiestasie aanhangig gemaak is en tans deur speurders ondersoek word.

Die name van die oorledene en moordverdagte is teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.

Jong man slaan stiefpa na bewering dood

(10)

BRITS POS – BRITS – Temperature in ons omgewing gaan die week, volgens weervoorspellings, soggens baie laag wees, met maksimum temperature tussen 19˚C en 20˚C.

Geen reën word die week voorspel nie, maar gelukkig is die watervlak van die meeste damme in die omgewing steeds baie goed.

Die damvlakke soos deur die departement van waterwese in Hartbeespoort op Maandag, 30 Mei gemeet, is:

Hierdie week se wenners!

BRITS POS – BRITS - Ons weeklikse Blokraai- en Sudoku-kompetisies bly gewild en jy kan óók ‘n wenner wees.

Vul jou inskrywing volledig in om vir die pryse in aanmerking te kom.

Indien jy vasbrand, hou volgende week se uitgawe vir die oplossings dop. Skryf selfs direk aanlyn op ons webwerf in www.northwestnewspapers.

co.za/britspos/

Die wenner van Blokraai 27-05 is Barry Meyer van Soutpansdrift en Katie da Silva van Brits is die wenner van Sudoku #664.

Veels geluk! Kom haal jou prysgeld van R100 by ons kantoor in Ludorfstraat 50, Brits af. Onthou om jou

identiteitsdokument vir verifikasie saam te

(Beeld: kindpng.com)

Buffelspoortdam is ‘n dam wat in die Sterkstroomrivier, oos van Rustenburg, wes van

Hartbeespoortdam en noord van die Magaliesberg geleë is. Die dam se watervlak is vroeër die week op 100,3% gemeet. (Foto: www.carpsa.co.za)

Kouer weer sonder reën word verwag

Ngotwane 47,0%

Hartbeespoort 98,1%

Bon Accord 104,5%

Olifantsnek 75,1%

Rietvlei 100,8%

Buffelspoort 100,3%

Bospoort 102,4%

Lindleyspoort 67,0%

Roodeplaat 100,8%

Koster 49,3%

Klipvoor 100,9%

Swartruggens 102,0%

Vaalkop 94,8%

Roodekopjes 99,1%

Marico-Bosveld 100,8%

Klein Maricopoort 50,3%

Kromellenboog 62,9%

Molatedi 45,8%

Sehujwane 95,8%

Madikwe 58,6%

Pella 56,5%

Mokolo 101,4%

(11)

23

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

20 DIERE ANIMALS

17A VERVOER TRANSPORT

17

VOERTUIE TE KOOP VEHICLES FOR SALE

15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE

14A

BESIGHEIDSPERSELE TE HUUR BUSINESS PREMISES TO LET

BESIGHEIDSPERSELE TE HUUR BUSINESS PREMISES TO LET

13

PLOTTE/PLASE TE KOOP PLOTS/FARMS FOR SALE

8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION

8

ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE

6

WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET

5 HUISE TE HUUR HOUSES TO LET

4 GELD & LENINGS MONEY & LOANS

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

2

BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT

1 PERSOONLIK

PERSONAL

H ofi egids Heading Key

1. PERSOONLIK PERSONAL 1a. IN MEMORIAM 1b. DOODSBERIGTE

DEATH NOTICES 2. BETREKKINGS

SITUATIONS VACANT 3. BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED 4. GELD EN LENINGS

MONEY & LOANS 5. HUISE TE HUUR

HOUSES TO LET 6. WOONSTELLE TE HUUR

FLATS TO LET 7. PLOTTE EN PLASE TE HUUR

PLOTS AND FARMS FOR HIRE 8. ALGEMEEN TE HUUR

GENERAL FOR HIRE 8a. AKKOMMODASIE ACCOMMODATION 9. TE HUUR GEVRA

WANTED TO HIRE 10. HUISE TE KOOP

HOUSES FOR SALE 11. WOONSTELLE TE KOOP

FLATS FOR SALE 12. ERWE TE KOOP

STANDS FOR SALE 13. PLOTTE EN PLASE TE KOOP

PLOTS AND FARMS FOR SALE 14. BESIGHEDE TE KOOP

BUSINESSES FOR SALE 15. ALGEMEEN TE KOOP

MISC. SALES 15a. ONDER R50/UNDER R50 16. TE KOOP GEVRA/WANTED 17. VOERTUIE TE KOOP

VEHICLES FOR SALE 17a. VERVOER TRANSPORT

18. TREKKERS EN IMPLEMENTE TRACTORS AND IMPLEMENTS 19. WOONWAENS/CARAVANS 20. DIERE/ANIMALS 21. TE RUIL/TO SWOP 22. VERLORE/LOST 23. SPESIALE DIENSTE

SPECIAL SERVICES 24. VAKANSIEOORDE

HOLIDAY RESORTS 25. KENNISGEWINGS/NOTICES 26. TENDERS

27. TE LAAT VIR KLASSIFIKASIE TOO LATE FOR CLASSIFICATION.

WARNING

ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:

• Loans and fi nancing

• Hire purchase problems / Transfer of installments

• Business opportunities

• Investments

• The fi lling of envelopes

• Work at home

• Earn extra money

• Business propositions

• Part-time work

PROHIBITED:

Use of the following words in abovementioned

advertisements are prohibited:

*No Credit Checks required

*Blacklisted clients welcome

*Free Credit etc.

MUST contain the following information in

the advertisement:

Telephone number Street address Name of person and/or

business.

These are the requirements and NO exceptions will be made.

All advertisements are placed with the approval

of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.

However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they

are doing business.

Wenke vir Geklassifi seerde

Advertensies

1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Brits Pos kom.

2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonderhede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.

3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1.60 per woord + 4. Bring u advertensies BTW.

vroegtydig.

Sluitingstyd is Dinsdae 17:00.

Te laat vir klassifi kasie tot Woensdae 9:00.

5. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.

** Brits Pos is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Brits Pos verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Brits Pos vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Brits Pos sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.

** Brits Pos is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Brits Pos is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Brits Pos. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.

ACCOUNTING! Let K’s Ac- counting Services HELP you with TAX, Returns, VAT, Account- ing. Contact us 0798813343/

www.kaccounting.com.

---Website 3/6 FINANCIAL SERVICES, Per- sonal Loans, Business and Personal Funeral and Life Cover. Call Or WhatsApp For More Information And Quote

#0849544570 KATLEGO MO- LAPONG.

---Website 3/6

VAKANTE huismoederpos. Ver- sorging van verstandelik ges- tremde volwassenes. Inwoning verpligtend. Geen afhanklikes.

Kontak Benita by 012-253 0751 of e-pos CV na dhv@oordpv3.

co.za.

--- 167988 3/6

DOMESTIC worker. Huiswerk.

Merriam 076 687 8275.

---167962 13/5-3/6 CAROLINE Lesego Noge. Do- mestic work, nanny, creche, teagirl, offices cleaning. 072 423 5257.

---169556 13/5-3/6 MACDONALD Vusimuzi Mnga- di. Driving job. Code 14 (EC) + pdp. 7 years experience 065 864 3807/ 067 826 7778.

---169557 13/5-3/6 DOMESTIC worker, teagirl, of- fices - cleaning. Gloria Mama- bola 073 707 0330.

--- 167969 20/5-10/6 GLORIA 9304040248087. 060 732 1909. 1. Domestic worker. 2.

Caregiver - old age home/home care. 3. Nanny. 4. Cashier - Stock taking/ Shop assistance. 5. Food assistance.

--- 169577 20/5-10/6 I Michael Katlego Moeti 076 867 4115, 079 837 4682. Driving Code: 10/PdP. General work. Of- fice administration/ICT --- 169578 20/5-10/6 THABO David Mathebula 073 640 3866. 1. Driver Code 10 with PDP. 2. Dump truck driver/fork- lifting. Willing to work overtime.

--- 167975 20/5-10/6 LUDIDI Lakhiwe. Any kind of job.

Level 4 certificate.

--- 169599 27/5-17/6 BOITUMELO Klala 076 915 1392/ 076 319 5420. General worker, basic baking.

--- 169591 27/5-17/6 BOIKGANTSHO Khala. 084 310 2392/ 082 513 5797. Electrical engineering. Business manage- ment.

--- 167980 27/5-17/6 RAFAEL Tembe 060 356 3673 / 064 769 8102. Painting, water- proofing. Painting job.

--- 169588 27/5-17/6 ROSELINE soek werk, uitslaap/

inslaap. Kook. 073 573 0939.

--- 169587 27/5-17/6 MARTIN Sithole bestuurwerk, kode 10 pdp. 071 888 5383.

--- 167977 27/5-17/6 DOMESTIC work Lena soek.

Huis skoonmaak, stryk, 082 287 8271.

---167978 2/6-24/6 DOMESTIC work. Gauta soek die werk. 072 744 3558.

---167979 3/6-24/6 CHRISTIENA, huiswerk, skoon- maak, was & stryk, kantoorwerk.

Praat goed Afrikaans. 5 Dae per week. 060 850 5847.

---167990 3/6-24/6 MAGGY, pease job. Tuesday, Thursday, Wednesday. 071 450 7291.

---167989 3/6-24/6

LOANS up to 3 months. Low rates, best service. Online - no need to leave your office or home. R500 loans absolutely free of charge. T&C apply. What- sapp 061 399 2463 or call 018- 110 0829. 3 Tom Street, Wilkop- pies, Klerksdorp.

--- 32640 3/6 (B)

2-SLAAPKAMERHUIS 10km buite Brits by Wagpos-pad in kompleks. Huur R3 600. Dep R3 600. Krag per lesing. 060 774 6937.

--- 169580 20/5-10/6

2-SLAAPKAMER woonstel te huur, 24km buite Brits uit op die Thaba pad. R4000 per maand, water en elektrisiteit ingesluit.

R4000 deposito. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 066 285 6092.

--- Website 3/6-24/6 GERIEFLIKE 2-slaapkamer- woonstel, ±10km buite Brits.

Veiligheidsheining. R3 500 p.m.

+ krag. 082 750 6958, 063 597 4045.

---167987 3/6

SPRINGKASTELE adv. Island, seerowerskip, hard glider, tables + chairs, gladiators en watergly- bane te huur. Spookasem @ R5.

Skakel Fia 012 252 1195 of 079 711 6883.

--- 169709 3/6

KAMERS te huur. Gemeubi- leerde enkel- en dubbelkamers.

Veilig en sentraal geleë. Kom- buis, swembad, parkering, baie ekstras. Skakel 079 898 2925 ---167943 13/5-3/6 KRUGER - Konstruksie 082 408 7583. Paving, muur, vloerteëls.

Huis renovating. Palissades.

Daklekke, verf van huis. Opsit van nuwe afdakke.

--- 169595 3/6-9/6 KAMERS te huur in die Brits dorp gebied. R1500 per maand per persoon. Water, krag inges- luit. Kontak 061 181 3152.

--- 169707 3/6

13 HEKTAAR Magalies plaas met 6 huise te verkoop. Tel. 064 517 3769.

---143991 15/4-3/6

GEMENGDE kommersiële ge- boue en store van verskeie groottes asook kantore te huur teen billike pryse. Skakel ons gerus by 082 804 9435 / 082 780 3926 of 076 315 8429.

--- 169702 3/6-1/7

WINKEL/Fabriek - Brits Sen- traal. Netjiese werkswinkel on- geveer 500 m2 sentraal geleë in dorp. Onmiddellik beskikbaar.

Huur: R12 000 p.m. plus btw.

Skakel: Willie Stander: 082 490 3297. Kantoor 012 252 2778.

--- 167546 11/2 AC/TC

TWEEDEHANDSE kan- toormeubels te koop. 082 579 2954, 076 160 3411.

---167961 13/5-3/6 A/C TCM vurkhyser te koop, 2.5-ton, werkende oorskakel tussen gas en petrolsisteem, 2.0L Nissan masjien, nuut oorgedoen. 065 589 3896.

--- 167986 3/6 QUALITY STEEL STRUC- TURES AT AFFORDABLE PRICES. Popular sizes as fol- low (all other sizes available) Deposit on order: 9x20 R135k.

12x20 R180k. 15x30 R337k.

C.O.D. 9x20 R135k. 12x20 R180k. 15x30 R337k. CHICKEN COOPS, HOOP COOPS, HOOP HOUSES AND NEST BOXES ALSO AVAILABLE. TAKE NOTE:

All C.O.D orders will be subject to a 15% Risk carrying fee. All specified prices are excl “works”.

All transport and delivery fees will vary according to region.

Mobile bars and food cart (Mo- bile kitchens also available) For orders or inquiries kindly contact TDR Structures @ 0693658360.

---Website 3/6

ONS koop & verkoop. Ons koop enige motors, bakkies, quadbikes of woonwaens aan, lopend of nie-lopende toestand.

Skakel of whatsapp Johan 072 412 3107.

--- 32639 3/6 (B DOUBLE axle Game Trailer.

R65000 ono. Centurion. Casper 0633778803. https://tinyurl.

com/558y2k8c.

---Website 3/6

ENIGE vervoer teen goeie pryse en enige trekke en meubels.

Kontak Henry by 076 889 4426.

--- 169705 3/6-1/7 JAMOLO Transport, enige ver- voer van meubels, 24/7, enigi- ets, langafstand of kortafstand.

079 975 7184.

--- 167923 15/4-10/6 TRANSPORT for hire. 21-Ton - 30-ton. 071 109 8030.

---143994 3/6

ONS verwyder gratis karkasse van beeste of perde wat op u plaas gevrek het waarna die beesvelle binne 24-uur weer by die park deur u gehaal kan word.

Skakel Hartbeespoort Slang- en Diere park. Dag 012 253 1162, n.u. 082 781 8499

---921 25/7-24/12 AC/TC JACK Russeltjies Canine gereg- istreer. Tans 3 weke oud. Beskik- baar 6 Junie. 4 reune @ R2300 elk en 2 tefies @ R2500 elk.

Sal ontwurm en ingeent wees.

Martin 0832662221 of Raymond 0718581632.

---Website 3/6

MATWAS / Meubels. Carpet Clean vir die was van matte en meubels. Kontak Danie Meyer 083 728 9899 of 084 583 9771.

--- 167963 13/5-30/6

SPRINGBOK Blinds & Carpets.

Verskaffers/Vervaardigers van

‘‘vertical’’ en venetian blinds. Vir gratis kwotasies René 012 252 2945. Na verkope-diens. Henry 082 878 1883.

--- 72439 AC/TC VULLISVERWYDERING - Weekliks asook bome, takke en rommel. Billike pryse. Tel: 012- 257-6335 k.u. of 083-653-0874 Nols Jacobs

--- 27/9 AC/TC BOUWERK paving, plastering, plumbing, groot bouwerk. Abel 081 067 0217 of 076 984 6339.

---169703 3/6-24/6 ALLE staalwerk & algemene bouwerk & plaveisel. 084 077 2770.

---169706 3/6-24/6 FOR all your building work, al- terations and paving. Gys 071 605 6378.

---169552 6/5-24/6 STAALWERK vir alle afdakke en heinings. Kleun fencing. 071 605 6378.

---169553 6/5-24/6 PAVING - Lê van paving en her- stel. Opsit van palissade. 071 605 6378.

---169554 6/5-24/6 STEVEN, paving, teëls, building painting, any job. 072 858 7558.

--- 169581 20/5-10/6 STAR Holdings Construction &

Projects. We do house renova- tions & maintenance, paving, ceiling, painting & plumbing. Call Raymond 073 154 3595, 066 076 3700.

--- 169567 20/5-10/6 BEN soek painting ceiling, het 40 jaar ondervinding. 073 076 5978.

--- 169565 20/5-10/6 WENDY House. 2.4 x 2.4 = R4,900. 2.3 x 2.3 = R4,900. 3 x 3 = R6,500. 3 x4 = R7,200. 3 x 5 = R8,900. 3 x 6 = R9,500. 4 x 6 = R15,500. We do all sizes big or small, more information Whatsapp 079 135 8138, 072- 472-2067.

--- 169708 3/6 SPEEDQUEEN and Whirlpool specialist. We also repair and service all makes of fridges, tumble dryers, dishwasher. Call Marius Appliances Repair on 073 321 3435.

--- 169701 27/5-17/6 BOOMSLOPING, tree cutting, removal of unwanted trees in backyard, plots, farms & stump removal, site cleaning and trans- porting 079 064 2188, 072 232 1139 Maxwell.

--- 143997 3/6 SARS TAX returns R350 per return! Accounting, Company returns etc. available. For quote:

0798813343 www.kaccountings.

com.

---Website 3/6 SANDBLASTING BIG OR SMALL CONTACT NR 082 484 3655.

---Website 3/6 MANUFACTURING of any steel product. Contact Nr 082 484 3655.

---Website 3/6

Vakatures

Vacancies

Vakatures

Vacancies

Vakatures

Vacancies

(12)
(13)

Rustenburg

Vacancies Vakatur

es Rustenburg

Vacancies Vakatur

es

BRITS POS - BRITS - In case of emergency, readers can call the following emergency numbers:

Brits Police: 012 381 6000; Hartbeespoort Police: 012 253 7000; Mooinooi Police: 014 574 5000 or 014 574 3215; Brits Fire Department: 072 741 4560; Necsa Fire Department: 012 305 3333; HEMS: 082 695 1240/082 255 8445; ER24: 086 000 4357; Mediclinic Brits: 012 252 8000; Eskom Customer Service: 086 003 7566; Child Line: 080 005 5555; Rape and sexual abuse - sms 32211 for help; National Sea Rescue Institute (NSRI): 082 990 5961; Suicide Helpline 0800 567 567; Cipla Mental Health Helpline 0800 456 789 and 24 hour Substance Abuse Helpline 0800 12 13 14 or Sms 31393.

Three of the most important emergency numbers are:

* National Emergency Number - 10111. The number is for any emergency response required and can be accessed from anywhere in South Africa. A call centre operator will answer the incoming call, take all necessary details and assign the emergency to the relevant response team to follow the incident. Calls made from 10111 on a landline are free, and from a mobile phone, normal mobile phone rates are charged.

* Mobile emergency - 112. The number can be dialed from any mobile phone in South Africa. It will be redirected to a call centre and they will send emergency services closest to the incident. Such a call with a mobile phone is free, with or without airtime.

* Ambulance Response - 10177. The number can be used in case of a medical emergency and may also be used in conjunction with the respective fire and police departments.

Emergency numbers in Brits and surrounding area

BRITS POS – PRETORIA – Bykans 800 mense, familie, oudsoldate en vriende het verlede Sondag saamgetrek vir ‘n gedenkdiens vir soldate wat tydens die grensoorlog dood is.

Die gedenkdiens van die Raad van Militêre Veterane Organisasies (RMVO) is by die SA Weermag- gedenkmuur by die Voortrekkermonument (VTM) gehou.

Van die oud-Weermaghoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, genl. George Meiring, tot familie van oudsoldate wat oorlede is, het hulde gebring.

Verskeie kranse is deur verteenwoordigers van eenhede van die weermag, politici, familielede, kultuurorganisasies en Voortrekkermonument gelê.

Die gedenkdiens word reeds sedert die oprigting van die gedenkmuur in 2009 gehou en self deur die Covid- 19-inperking is die diens virtueel gehou.

Vliegtuie, helikopters en valskermspringers het die gehoor laat snak na hul asems toe hulle ook vertonings gedoen het.

Volgens Johann du Preez, voorsitter van die SA Weermagvereniging en organiseerder, is dit nodig om makkers wat die hoogste prys betaal het om die land te beveilig, te vereer en te onthou.

Voorsitter van die RMVO, genl.maj. Lawrence Smith, sê dit is die grootste opkoms wat hy in 10 jaar beleef het.

Sers. Marius Havenga, van 31 Bataljon, is op 6 Julie 1981 in Namibië oorlede en drie van sy broers het die diens bygewoon.

Oudsersant Roché Vermaak en sy hond Markus het ook ’n krans gelê vir die honde wat tydens die grensoorlog dood is.

Verder het bevelvoerder Andrew Wood Wright vir die eerste keer vanjaar met die perd Titan hulde gebring aan perde wat in die oorlog dood is. (Foto’s verskaf)

Oudsoldate word herdenk by die VTM

Bykans 800 persone – familie, oudsoldate en vriend het die gedenkdiens vir

soldate wat tydens die grensoorlog dood is, bygewoon.

(14)

Britsies ry wengolf

Die o.9, o.10, o.11, 2de en 1ste-spanne van Laerskool Brits is die ligawenners vir mediumskole. Hulle het verlede week in die kwarteindrondte gespeel en al die spanne is deur na die semi-finale wat hierdie week, Dinsdag in Klerksdorp gehou is.

Laerskool Brits het onlangs hulle seisoen/liga op ‘n hoë noot teen Laerskool Vastrap van Rustenburg afgeskop. Die o.13A seuns wen 4-0; o.13B seuns speel gelykop 0-0; o.13B dogters wen 4-0 en o.11 dogters wen 5-0. Die o.13A’s is voor: Gerhard de Lange, Reghardt Rheeders, Rokang Oletile, Jandré Gouws enSias Fourie. Agter: Dubert du Toit, Divan Bruwer, Jandré Kruger ,Mnr.Johan Kearns, Lucian Greyling, Johan Möller, SJ Janse van Vuuren en Janco Jacobs.

Hokkiestokke klap weer Former

MTB winner introduces more women

to the sport

Former Fedhealth Magalies Monster MTB Classic winner and Cycle2Ride (C2R) Founder, Phillimon Sebona (Centurion) returns to the ATKV Buffelspoort on Saturday, with the goal of introducing more female riders to the sport of mountain biking and the excitement of conquering the monster. C2R is an initiative joined by Curro that aims to promote cycling as a medium for family cohesion, relaxation, fun, and possible career choice for those truly interested in becoming professional athletes.

Hokkie-

bokkie in NW- span

Mignon Janse van Rensburg, ‘n kranige hokkiespeler

van Laerskool Olienpark is vir die

o.12 Noordwes- hokkiespan gekies. Sy en haar spanmaats gaan van

12 tot 16 Julie aan die Northan Regional

Hockey-toernooi in

Tzaneen deelneem.

(15)

Parkies wen NW-grootskole kwart-finale ronde

BRITS POS – BRITS – Vier van Laerskool Olienpark se rugbyspanne, die o.13 A’s, o.13 B’s, o.11 A’s en o.10 A’s (met ‘n los-loodjie), het die Noordwes grootskole kwart-finaleliga, Dinsdag, 31 Mei in Klerksdorp gewen.

In dié kwartfinale wedstryd het die Parkies teen die spanne van Laerskool Vryburg te staan gekom en die tellings was: o.10 (los-loodjie), o.13 A’s wen 44-8, o.13 B’s wen 21-12 en o.11 A’s wen 25-17. Dié spanne dring deur na die semi-finale liga wat 7 Junie in Potchefstroom plaasvind.

o.13A’s – Agter: Marius van der Walt, Connie Eckard, Tiro Makgoane, Zane Ware, Henk Wolmarans, Ruben Grobler, Luan Kotzee, Janho Lombard en Kian Oosthuizen. Middel: Stefan du Preez, Juan du Preez, Janco Snyman, Gert Schutte, Gerhard Engelbrecht, CJ Wylbach, Jacques van der Schyff, Jano Wiehahn en Christiaan Smuts. Voor: Dian Kruger, MC Venter (afrigter), Ruan Maré, Marcelle Werner, Francwa Ueckermann (afrigter) en Zander Minnaar.

O.11A’s – Agter: Henroux van Heerden, Ruben Steyn, Ihan Louw, Wian Pretorius, Reinhardt Schoombie, Zavier van Wyk en Heinrich Croukamp. Middel: Luan Herholdt, Liam van der Berg, Ryno du Rand, Juandré Baker, Theunis Holtshauzen, Bradwyn Fillis en Henning Pitout. Voor: Sampie Breedt, Hanré Roodt, Janco Louw, Francois Oberholzer (afrigter), Lian Faurie, Wian du Plessis en Wian Visser.

O.10A’s – Agter: Hanno Fourie, Anton Steenkamp, Ryan Meyer, Juan-Jacques Janse van Rensburg en Janco Theunissen. Derde ry: Ruan Steyn, Kgosi Mogane, Luan Venter, Wicus du Plessis, Gideon Jacobs, Joshua Lombard en Marvin Ramakutoane. Tweede ry: Ethan van Vuuren, Morné Beukes, Zandré Botha, Fourie Fourie, Theunis Zeelie, Willem Thompson en Henroux van Loggerenberg. Voor:

Khaya Sibiya, Francois Nel, MC Venter (afrigter), Tjaart Janse van Rensburg, Franswa Ueckermann (afrigter), Luandré Baker en Bryan van Rooyen.

Krieket-toernooi ‘n reuse sukses

BRITS POS – BRITS – Die gewilde ses-aan-‘n-kantkrieket-toernooi, aangebied deur Brits Krieketklub, het Saterdag, 28 Mei plaasgevind en was ‘n reusesukses.

Magaliespark Raptors van Brits, is: Henri Boom, Johan Boeberg, Andries Goosen, Jopie Joubert, Jaco Liebenberg, Dylan Bester, Johan Bester en Tristen Ebersohn.

Dié toernooi, wat ‘n jaarlikse instelling is, was ‘n groot hoogtepunt, aangesien dit die eerste keer in twee jaar ná die Covid- 19-pandemie aangebied is.

“Die belangstelling en ondersteuning van die gemeenskap, asook die spelers van die vyf spanne van Pretoria was oorweldigend,” sê Wynand du Bruyn, woordvoerder van Brits Krieketklub.

“Daar het ‘n opwindende atmosfeer geheers en al die wedstryde was in goeie gees gespeel.”Die vyf spanne van Pretoria was: Cricket Vision SA Centurion, Pretoria Polisie, Blesbokke, No Fear Kavaliers en Tip & Rum. Die spanne van Brits was: Club 40’s, Magalies Rapters, Eliminators, Killer Squad en Young Guns.

Brits se Young Guns het al hul

wedstryde gewen en in die finale ronde kragte teen die span van Pretoria Polisie gemeet. Die manne van Polisie kon net 40 lopies aanteken. Die Young Guns was op die aanval en het 46 lopies in hulle vyf boulbeurte geslaan en met ses lopies gewen. As algehele wenners het Brits se Young Guns verseker dat die gesogte ses- aan-‘n-kant-wisseltrofee veilig hier op eie bodem, By Brits Krieketklub bly.

Die bestuur van die klub bedank al die borge, ondersteuners en spelers wat tot die sukses van die dag bygedra het.

Brits Krieketklub is volstoom aan die gang en nooi almal, oud en jonk uit om te kom deel in die klub se doen en late. Vir meer inligting skakel Wynand de Bruyn by 079 753 8637. (Foto’s verskaf)

Die algehele wenners van die ses-aan-‘n kant-kriekettoernooi is die Young Guns van Brits. Nico de Bruyn (Brits klubkaptein), Justin Posthumus-Meyjes, Richard Posthumus-Meyjes, Albertus Roodt, Divan de Villiers, Marco Viviers, Regon Smook, Tiaan Esterhuizen en Wynand de Bruyn

(Brits Krieketklub: ondervoorsitter).

Brits se Killer Squad: AJ Erasmus, JJ Crosswaite, Danie Green, Marius Vorster, Henro Eloff, Tienie Eloff en Nico de Bruyn.

Juan

trek die

Luiperdtrui aan

Juan Lubbe, ‘n matrikulant van Die Hoërskool Wagpos is vir die o.19-Luiperdspan gekies en sal as agtsteman vir dié span uitdraf.

Enjoy copy of your

Brits Pos

every

week!

(16)

PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329

Eaglets crowned as

SACSSA soccer champions

BRITS POS – BRITS – Two soccer teams of Eagles Christian College, the u.15’s and the u.17’s won the local Southern African Christian Schools Sports Association (SACSSA) six-a-side soccer tournament held at Rabboni Christian School recently.

According to the coaches, the Eaglets went in as underdogs, but through sheer determination and discipline they managed to demolish big names like West Rand and Robben Hills.

As winners, these two teams automatically

qualified for the SACSSA national championships that was held in Roodepoort Saturday, 14 May.

48 of the best soccer teams from all the provinces took part in this championship. The u.17-team gave a spectacular performance,

went through to the final round and became the new u.17 SACSSA soccer champions.

The u.15’s played in the finals and ultimately walked away as the second best u.15-team.

*Eagles Christian College is situated in the Industrial area of Brits. The college was founded in 2009 by a group of dedicated teachers who wanted to make a difference to

children in Brits and surrounding areas.

With the school’s vision of “Teaching towards abundant life” they strive to develop learners academically, emotionally and spiritually to the optimum of their talents and abilities.

“Congratulations to our champions! Our Eaglets are soaring higher and higher,” a proud principal, Christo Dednam, said.

U.17’s – M Mpofu (coach), Katlego Nemukula, Tato Seema, Oatile Sebekedi, Lucky Kgobane, Josiah Matsila, Phemelo Mataboge, Zintle Malankomo, Keletso Mokgobu, Thabang Modise, Mpumelelo Tolomo, Njabulo Ngobeni and A Mafarira (coach).

U.15’s - Back: M Mpofu (coach), Ontshiameketse Mametni, Noko Setwaba, Onalena Ratlhogo, Tiisetso Rajuile and Zoe Nyathi. Front: Thabo Moitsheki, Katlego Moekeletsi, Onkabetswe Modibane, Rorisang Mokwana, Pholoso Moreke and A Mafarina (coach).

Duiwe fluks en reg vir seisoen

BRITS POS – BRITS – Die duiwe van Brits Posduifklub het reeds Saterdag, 28 Mei, aan die eerste wedvlug van die seisoen deelgeneem en sommer so met die intrapslag het die geveerdes 300km vanaf

Bethlehem gevlieg.

Duiwe in die jaaroud- en ope-wedvlugte het onderskeidelik teen spoed van 1 202m/min en 1184m/min gevlieg en Frans Alers het albei

wedvlugte van die klub gewen.

“Ons klub is deel van die Platina-unie en twee klubs van Rustenburg neem ook aan

die wedvlugte deel,” sê Kitty Janse van Rensburg, woordvoerder van Brits Posduifklub. “Brits het die seisoen op

‘n hoë noot begin met Brits se duiwe wat albei die wedvlugte gewen het. Ons sien met groot verwagting uit na die res van die seisoen.”

Uitslae soos van die klub ontvang:

Jaaroud-wedvlug: Frans Alers (1, 4, 7, 8, 14, 16, 17, 19, 34 en 37), JB Lofts B (2, 24, 25 en 36), Loutjie Fourie A (3, 15, 26, 27 en 38), John Conradie (5, 9, 10, 23, 35 en 39), Bossie Boshoff (6 en 13), Gerrie Maritz (11, 12 en 18), Loutjie Fourie B (20, 21, 28, 30 en 40), JB Lofts A (22 en 31) en Dries Janse van Rensburg 29, 32 en 33).

Ope-wedvlug: Frans Alers (1, 4, 23, 28, 29, 35 en 36), JB Lofts A (2, 3, 8, 16, 17 en 31), Conradie & GJT (5, 6, 12, 18, 26, 33, 34 en 37), Dries Janse van Rensburg (7 en 25), JB Lofts B (9, 13 en 30), Gerrie Maritz (10, 14, 15, 19, 24, 32 en 40), Loutjie Fourie A (11, 20, 21, 27, 38 en 39) en Loutjie Fourie B (22).

Vir meer inligting oor Brits Posduifklub skakel Kitty Janse van Rensburg by 082 564 0918.

Frans Alers, ‘n

knap duiweboer

van Brits

Posduifklub,

spog hier met

sy twee duiwe

wat verlede

Saterdag, die

jaaroud- en

ope-wedvlug

vanaf

Bethlehem

gewen het.

Referensi

Dokumen terkait

Gewoonlik steur ek my nie veel aan hoe ’n boek lyk nie, maar die foto van ’n aggressiewe hond op die voorblad is meer gepas vir ’n riller as ’n roman wat te doen het met die verhouding

Dit is amper soos om ingetrek te word by ’n peep show maar jy laat jou intrek omdat hierdie innerlike gesprek ook ’n openbare gesprek is en daar ook geen huiwering hoef te wees om te

Let ook op watter dokumente saam met die inskrywingsvorm teen die spesifieke sluitingsdatum ingedien moet word 1 Mentorskapsprogram vir fiksie en nie-fiksie skrywers - Dien manuskrip

As jy nie met hierdie weeklag ophou nie, gaan hulle jou na 'n plek stuur waar jy nooit weer die lig van die son sal sien nie: vêr van hierdie land in 'n gewelfde kerker sal jy leef, en

BRITS POS PAGE 2 5 AUGUST 2022 Leer jou kind om nie ‘n slegte verloorder te wees nie BRITS POS – BRITS - Sportmanskap kom op alle vlakke en in alle sportsoorte voor.. Ja, soms in

Dring dit dan nie tot jou powere of powerfull verstand deur dat jy die rede is waar skraal persone bibberend in die koue wintersmore smagtend en smekend moet vra: ,Mense kan ons nie 'n

Maar hierdie lewe is die enigste plek waar jy kan groei en vir ander van diens kan wees.” HOE KAN MEDITASIE HELP OM MET AANVAARDING TE GROEI EN TUIS TE KOM IN DIE LEWE WAT JY TANS

50% Korting op advertensies vir Mei maand NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Noordwester en sy susterskoerante het besluit om ook ons deel by te dra om weer voete in jou winkel te