HOOFSTUK 2: DIE TAPISSERIE VAN DEUGDE
2.5 After virtue
2.5.2 Die verval na die Verligtingstydperk
individu in die moderne samelewing – vasgevang is tussen die droom van absolute individuele vryheid en eie morele oordeel, en ʼn burokratiese maatskaplike orde of regering wat poog om deur regulasies totale anargie te voorkom. Op hierdie punt kan ʼn mens vra wat daartoe aanleiding gegee het dat die moderne individu so getransformeer het van haar historiese deugdelike rol in die samelewing, tot die emotivis wat sy nou is.
Dit is hierdie vrae waarby MacIntyre stilstaan in After virtue (2007:35).
bepaal), Kant (moraliteit berus op die rede) en Kierkegaard (moraliteit word nie op drange of rede gebaseer nie, maar suiwer op fundamentele besluitneming) dikwels in ʼn samelewing op ʼn kontrasterende manier tot uiting kom. Dit lei egter, volgens MacIntyre, tot ʼn totale mislukking van filosofiese morele rigtinggewing en uiteindelik net tot ʼn verwarde samelewing.
2.5.2.1 Kritiek op die emotivisme
Volgens MacIntyre kon die moreel-filosofiese rigting waarin die Eeu van Verligting gestuur is, nie anders as om te misluk nie. Die eenvoudige rede hiervoor, voer MacIntyre aan, is die feit dat die menslike lewe van sy doelgedrewenheid of teleologiese aard (soos wat Aristoteles dit beskryf het) ontneem is. In hierdie konteks voer ʼn teïstiese benadering aan dat die mens met ʼn doel of ʼn lewensroeping geskape is, maar weens die vervanging van religie deur die wetenskap het hierdie Goddelike roeping of doel van die mens verdwyn.
Daar moes dus vanuit ʼn morele oogpunt vir die mens iets nuuts geskep word om na te strewe. As voorbeeld hiervan is Bentham se uitgangspunt gepas, naamlik dat die mens se grootste strewe een van plesier en die minimalisering van pyn is en dat die vervulling daarvan tot lewensgeluk sal lei (Magee, 2001:183). Maar die vraag is dan: Wat is geluk?
Het die begrip “geluk” vir elke individu dieselfde implikasie?
John Stuart Mill voer aan dat Bentham se siening van geluk uitgebrei sal moet word (Palmer, 2001:282). Mill maak derhalwe die onderskeid in sy utilitarisme tussen hoër en laer vlakke van geluk. Die vraag bly egter: Watter vorm van geluk moet, en kan, lei tot die regte morele keuses by elke individu? Hoewel die utilitariste soos Mill en Bentham nie antwoorde hierop kon gee nie, bied hulle tog “positiewe” uitkomste , byvoorbeeld die verskaffing van gesondheidsorg en maatskaplike toelaes aan groot groepe mense.
Utilitarisme speel uiteindelik ʼn groot rol in die regverdiging van moraliteit in die agtiende eeu, maar ook in die verval daarvan tot emotivisme, soos later, in die twintigste eeu. Op hierdie punt argumenteer MacIntyre dat “[t]he history of utilitarianism thus links historically the eighteenth century project for justifying morality and the twentieth century’s decline into emotivism” (MacIntyre, 2007:65).
Filosowe, veral uit die analitiese denkrigting, bevraagteken die sin van die emotivistiese benadering juis omdat dit moraliteit op emosies begrond. Die reaksie teen emotivisme
vanuit hierdie hoek is om morele norme te vind wat op rasionele denke begrond is. Hierin kom ʼn herlewing van die Kantiaanse reëlgedrewe moraliteit weer na vore. Die aanname van hierdie benadering is dat reëls rasioneel deurdink en beredeneer is, en dat hierdie reëls dus die gesag het om aan die mens rigting te gee oor wat reg en verkeerd is. Alan Gewirth maak die volgende stelling:
Since the agent regards as necessary goods the freedom and well-being that constitute the generic features of his successful action, he logically must also hold that he has rights to these generic features and he implicitly makes a corresponding rights-claim (Gewirth, 1978:69).
Die mens bepaal dus binne sy rasionele denke en handelinge morele wette waarbinne sekere vryhede en voorregte geniet kan word. Dit gee die mens ook ʼn reg daarop.
2.5.2.2 Regte en begeertes
Die idee om ʼn reg op iets te hê is ʼn nuwe benadering in die ontwikkeling van moraliteit.
Moraliteit kom hier ter sprake omdat “menseregte” ʼn term is wat veral ná die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het as gevolg van wreedaardige marteling en mishandeling van en vergrype teen mense. Menseregte word gebaseer op morele beginsels waarop elke mens geregtig is omdat sy ʼn mens is. Hierdie reg kom elkeen toe ongeag ouderdom, geslag, etniese afkoms, taal, religie of enige ander status, is universeel van toepassing en word deur wette onderskryf. Onder die “regte” wat universeel baie belangrik geag word, tel die reg op lewe, gelykheid van almal, waardigheid, vryheid van diskriminasie, vryheid van slawerny en talle meer. Die feit dat daar na universeel aanvaarbare morele beginsels verwys word, impliseer ook ʼn universele morele “taal”. Die konsep van ʼn reg te hê op iets lok egter wye kritiek uit weens die potensiaal vir uitbuiting, wat trouens op groot skaal deur die emotivis misbruik word. Wat menseregte betref, argumenteer MacIntyre soos volg:
The expression ‘human rights’ is now commoner than either of the eighteenth- century expressions. But whether negative or positive and however named they are supposed to attach equally to all individuals, whatever their sex, race, religion,
talents or deserts, and to provide a ground for a variety of particular moral stances (MacIntyre, 2007:69).
Dit gaan egter oor meer as ʼn blote behoefte of begeerte om iets te hê en dan op grond daarvan moraliteit te probeer verstaan. Dit is interessant om hier te let op hoe twee histories oënskynlik teenstrydige konsepte, naamlik regte en begeertes, in die moderne morele debat uiteindelik aanvullend tot mekaar aangewend word. Voorbeelde hiervan kan wees grondbesit, eiendomsreg, onderrig, finansiële welstand en indiensneming.
Indien dit op byvoorbeeld grondbesit toegepas word, sou dit beteken dat ʼn individu wat in ʼn sekere land gebore is, nie outomaties aanspraak kan maak op die besit van grond nie – al het ʼn mens die begeerte daarvoor, het jy nie die reg daarop nie. Grondbesit is eerder ʼn voorreg wat deur harde werk en finansiële bestuur bekom kan word. In die moderne Suid-Afrikaanse politieke en morele debat word grondbesit egter as ʼn outomatiese reg gesien – natuurlik ook in reaksie op historiese grondonteiening op grond van ras. In die lig hiervan is dit verklaarbaar waarom protesaksies hieroor so gereeld plaasvind. Die probleem is dat emotivisme die gewone persoon maklik oortuig dat sy sekere regte het en daarop moet aandring. Uiteindelik ontwikkel morele chaos spoedig, soos duidelik uit die kwessie van grondbesit blyk.