• Tidak ada hasil yang ditemukan

Samevatting van sin in die lewe

Dalam dokumen Deug en Lewensin (Halaman 123-126)

HOOFSTUK 3: DIE TAPISSERIE VAN LEWENSIN

3.4 Sin in die lewe

3.4.5 Samevatting van sin in die lewe

Madonna se woorde34, te midde van wêreldse sukses en voorspoed tog nog ʼn leemte ervaar word, iets wat skort.

en daardeur ander mense ten goede of ten kwade beïnvloed. Indien daardie beïnvloeding daartoe lei dat die ander mens opgehef word om ʼn beter lewe te kan lei, dra die opheffing by tot die belewing van genoegdoening en tevredenheid vir die opheffer en opgehefte.

Hierdie gevoel en besef van vervulling hang nou saam met die ervaring van lewensin.

Om werklik die goeie te help verwesenlik, of om ander mense se lewe positief te beïnvloed (op welke wyse ook al), vereis dat ʼn mens ander moet verstaan. Jy moet weet waar ander vandaan kom, hoe hulle hulself en die lewe sien, in watter kultuur, taal en gemeenskappe hulle funksioneer, en so meer. Dit is dus geen maklike taak nie, en dit verg helder en doelgerigte denke en nadenke om die goeie in hierdie opsig te realiseer.

Die goeie sluit aan by die waarheid, wat telkens gesoek moet word.

3.4.5.2 Die waarheid as deel van lewensin

Die ware handel oor die intellektuele sy van die mens, oor sy verwerwing van kennis en vaardighede en die toepassing daarvan. Hierdie voortdurende strewe van die mens help om nie net om sekere aspekte van die lewe te verstaan nie, maar ook die lewe self. ʼn Deel van die intellektuele strewe van die mens is om die lewe self te oorpeins. In hierdie proses is dit, volgens Metz (2013:229), belangrik dat ʼn mens, eerstens, kennis oor haarself moet bekom. Hierdie kennis behels kennis oor wie sy is, haar persoonlikheid, rasionaliteit, voorkeure, ensovoorts. Tweedens kan daar dan oorpeinsing oor die wêreld waarin sy haar bevind plaasvind. Dit behels nadenke oor byvoorbeeld ruimte en tyd, energie, oorsaak en gevolg, noodsaaklikhede en dies meer. Hoe meer kennis die individu aangaande al hierdie aangeleenthede bekom, hoe beter sy dit verstaan, hoe meer sal haar denke positief gerig word (aldus Metz) op fundamentele behoeftes en realiteite (die waarheid), soos genieting, waardering en dankbaarheid. Indien dit ontbreek, val sy vas in ʼn valse en/of oppervlakkige verstaan van haarself en die wêreld. Om insig in die waarheid te kry, verg dus ook harde werk en nadenke. Aristoteles sal dit beskryf as phronesis – ʼn soeke na en uitleef van praktiese wysheid.

3.4.5.3 Die mooie as deel van lewensin

Die mooie handel oor die estetiese. Daar is soms ʼn persepsie dat die estetiese net uit kunsstukke of kunsvorme soos die skilderkuns, musiek en beeldhouwerk bestaan. Tog strek die mooie baie verder as dit. Dit is ook te sien in ʼn mooi blom, ʼn sonsondergang, in ʼn mens, in diere en so meer. Dit is belangrik vir ʼn mens se ervaring van lewensin, want lewensin (in verhouding tot die estetiese) word tog nie net ervaar deur mense wat kunsstukke besit of toegang daartoe het nie. Die gewone mens, of die mens wat in uiterste armoede leef, het ook die moontlikheid om lewensin te ervaar deur die mooie van die lewe – in watter eenvoud ook al.

Die estetiese bring dikwels hoop, wat byvoorbeeld belangrik is in ʼn uitsiglose lewe van armoede. Frankl vat hierdie punt soos volg saam:

… kuns en die estetiese dimensie [help] mense om die uitsigloosheid binne die grensloosheid van menslike verbeelding te oorstyg. Estetika hou verband met uitstyg-ervarings. As jy dit kan waardeer, is jy nie meer slagoffer van jou gevangenskap nie al is jy steeds tegnies ʼn gevangene (Louw, 2007:58).

Die estetiese bied dus moontlikhede vir hoop, vervulling en ʼn ervaring van lewensin in omstandighede waarin selfs geregtigheid (die goeie) en materiële voorspoed ontbreek.

Hierdie drie faktore – die goeie, die waarheid en die mooie – sluit baie nou aan by hoe Metz sin in die lewe formuleer. Metz som dit in sy fundamentaliteitsteorie op en wys daarop dat lewensin vir die individu moontlik word indien sy ʼn positiewe rasionele ingesteldheid het ten opsigte van fundamentele objekte en toestande wat insluit, moraliteit, kreatiwiteit, weetgierigheid aangaande die menslike bestaan, en dit ook kan oordra na ander mense (Metz, 2013:239). Bogenoemde teorie is geformuleer te midde van ʼn wye spektrum van denkrigtings oor die sin in die lewe. Die klem op die rasionele, kreatiewe en morele staan egter uit. Dit is ook interessant dat die lewensin nie net ʼn

“eenrigtingervaring” vir die individu is nie, maar dat die individu dit weer kan “teruggee”

aan die samelewing. Metz se fundamentaliteitsteorie vat nie net bogenoemde bespreking saam nie, maar kan as bevestiging daarvan gesien word.

Wat die nihilistiese benadering van lewensin betref, bly dit ʼn knaende vraag of daar sonder meer wegbeweeg kan of moet word van die moontlike singewing deur ʼn goddelike

wese. Is die sin van die lewe nie juis te vinde in ʼn verhouding met ʼn goddelike wese nie?

Om hierdie vraag toe te lig – en spesifiek te kyk na die moontlike waarde van die goddelike wese in die verband (sonder om dit net te verwerp) – word daar op John Cottingham se boek The meaning of life gefokus. Verskeie ander religieuse bronne en skrywers kan natuurlik hier gebruik word, maar uit die magdom van literatuur hieroor is besluit om op Cottingham se werk te fokus omdat dit kontemporêre filosofiese argumente oor die sin van die lewe ondersoek juis vanuit ʼn religieuse perspektief. Dit bied ʼn goeie oorsig oor die argumente in hierdie verband en help daarom om hierdie studie se fokus af te baken.

Dalam dokumen Deug en Lewensin (Halaman 123-126)