• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hoofstuk 2: Teoretiese fundering

2.2 Gender en migrasie

39 afloop van kolonialisme verskyn waarin daar meestal gereflekteer word oor die gebeure en ervarings van kolonialisme. Vandaar die stelling dat postkoloniale literatuur dikwels gebruik is om sin te maak van die gebeure tydens kolonialisme. Wenzel (2008:144) bevestig hierdie stelling: “[…] Postcolonial novels have played a major role in creating symbolic or narrative spaces that enable the colonized to come to terms with their past and attempt to reconstruct a semblance of identity and cultural context”. Postkoloniale literatuur sluit beide skrywe deur die koloniseerders en gekoloniseerdes in. Soos reeds genoem, wys Viljoen (2003:10) daarop dat Leipoldt selfbewus was oor sy rol as

“waarnemer” en “die ander” op dieselfde tyd. Net so wys Wasserman (2001:72) daarop dat ook die gekoloniseerdes dikwels skryf oor die binariteite waarmee hulle tydens kolonialisme gekonfronteer is: “Dat daar in ‟n postkoloniale era vanuit die kant van die voormalige gekoloniseerdes krities gekyk word na die sentrum van waar hierdie binariteite gekonstrueer is, is te verwagte”. Die binariteite waarna hier verwys word sluit in: wit of swart, Westerling of Oosterling, manlik of vroulik, self of ander. Postkoloniale skrywe bevat dikwels ontstellende temas waarin die onmenslike behandeling waaraan die gekoloniseerdes onderwerp was, uitgebeeld word. Wasserman (2001:73) sluit hierby aan: “Die diskoers van ontnugtering sou gesien kon word as een van die maniere waarop ‟n postkoloniale kulturele identiteit gekonstrueer word.” Anderkant die stilte is ‟n uitstekende voorbeeld hiervan waar Hanna se ervarings op ‟n brutale en baie visuele wyse aan die leser beskryf word. Postkoloniale literatuur dien in hierdie sin as ‟n terapeutiese wyse waarop die skrywer die ervarings en verliese wat met kolonialisme gepaard gaan, kan verwerk.

40 verskille voorkom, sal geïdentifiseer word sodat dit uiteindelik op die gekose tekste toegepas kan word.

“Within each generation the experience of men and women will also be differently shaped by relations.” Die verhoudings waarna Brah (1996:194) hier verwys, verwys na die verhouding wat daar bestaan tussen ‟n individu en die samelewing. Hierdie verhoudings word dikwels bepaal deur gender. Die aanhaling impliseer verder dat hierdie verhoudings van generasie tot generasie verander en dat gender dus veranderlik of beïnvloedbaar is. Gender word dikwels met geslag verwar en die World Health Organization (2012) tref duidelik onderskeid tussen die twee terme: “Sex refers to the biological and physiological characteristics that define men and women. Gender refers to the socially constructed roles, behaviours, activities, and attributes that a given society considers appropriate for men and women”. Judith Butler lê in Bodies that matter (2011) sterk klem daarop dat gender nie soos ‟n uitrusting is wat aan- of uitgetrek akn word nie. Dit word tradisioneel aanvaar dat daar egter ook ‟n derde begrip is wat deel is van die menslike samestelling, naamlik seksualiteit (byvoorbeeld heteroseksueel of homoseksueel12). Valocci (2005:752) wys daarop dat Queer teorie erken dat die terme geslag (biologies), gender en seksualiteit sosiale konstrukte is met gevolge. Biologiese eienskappe van geslag sal selde verskil van een gemeenskap tot ‟n volgende, terwyl eienskappe van gender dikwels van een gemeenskap tot ‟n volgende kan verskil. Dit is byvoorbeeld steeds in verskeie Oosterse lande onaanvaarbaar vir vroue om te rook, terwyl dit geensins ‟n vreemde verskynsel in Westerse lande is nie.

Fearon (1999:16) tref onderskeid tussen rol- en tipe identiteit en hieruit kan afgelei word dat gender as ‟n rolidentiteit geklassifiseer kan word:

Role identities refer to labels applied to people who are expected or obligated to perform some set of actions, behaviour, routines or functions in particular situations. Type identities refer to labels applied to persons who share or are thought to share some characteristic or characteristics, in appearance,

12 Die onderskeid tussen homoseksueel en heteroseksueel beteken egter nie dat dit die enigste faktore is wat in ag geneem moet word wanneer seksualiteit ter sprake kom nie. ‟n Verdere genuanseerde

onderskeid sluit ook biseksualiteit, transgenderisme en transseksualiteit in.

41 behavioural traits, beliefs, attitudes, values, skills (e.g. language), knowledge, opinions, experience, historical commodities (like region or place of birth) and so on.

Genderrolle word geskep deur die invloed van die samelewing asook die media, soos Gauntlett (2008:140) bevestig: “Of course the mass media conspicuously circulates certain kinds of male and female performance as preferable, thereby making the gender categories more „real‟”. Indien gender beïnvloed kan word deur die media en samelewing, beteken dit dat gender ‟n veranderlike is. Gauntlett (2008:135) sluit ook hierby aan deur te argumenteer dat gender ‟n veranderlike is wat kan verskuif gedurende verskillende omstandighede en verskillende tye. Gender word dan net soos enige ander aspek van identiteit ‟n vertoning wat deur herhaling versterk word of soos Gauntlett (2008:139) dis stel: “Gender, then, is what you do at particular times rather than a universal who you are”. Die vraag ontstaan nou of daar wel ‟n verskil bestaan in die wyse waarop verskillende genders migrasie of verplasing ervaar. Daar is egter geen eenstemmigheid indien ‟n antwoord op hierdie vraag verskaf word nie. Daar is diegene wat argumenteer dat mans en vroue dieselfde ervaring van migrasie sal hê as gevolg van die feit dat beide menslike wesens is. Buijs (1993:4) argumenteer op haar beurt téén hierdie opvatting. Sy baseer haar argument op ‟n studie wat gedoen is op Chileense vlugtelinge (beide vroue en mans) wat die Verenigde Nasies se korporatiewe wêreld noodgedwonge moes betree. Terwyl die vroue nou die geleentheid gekry het om hul eie inkomste te verdien en selfs motors te bestuur, het die mans gesukkel om aan te pas, hoofsaaklik as gevolg van die tekort in deelname aan aandelemarkte en politiese aktiwiteite. Sy haal Colson aan wat die stelling maak dat vrouevlugtelinge en ander vroulike migrante meer aanpasbaar voorkom as mans:

Women refugees and other women migrants appear to show greater resilience and adaptability then men, and it has been suggested that this is because they have the responsibility of maintaining household routines which provide them with occupation, and also that they are less conscious of status deprivation associated with the failure to find positions comparable to those they left.

42 Hierdie argument dui daarop dat dit wel insiggewend is om die ervaring van migrasie vanuit ‟n genderperspektief13 te ondersoek aangesien dit blyk dat daar ‟n kombinasie van ooreenstemming en verskil in die genderbelewing van migrasie bestaan. In bepaalde opsigte deel die genders sekere ervaringe en stem hul reaksies ooreen, in ander opsigte is daar verskille. Hierdie verskille hang af van die spesifieke geval en konteks. Die deurslaggewende faktor is dus nie altyd gender nie, maar kan ook ‟n aspek van kulturele identiteit wees. Buiten die verskil in manlike en vroulike aanpasbaarheid, lig Buijs (1993:6) uit dat geweld teen juis vroue ook ‟n verskynsel is wat met migrasie of ballingskap gepaard gaan. Hierdie verskynsel bied nog ‟n moontlike verskil tussen die manlike en vroulike belewing van migrasie. Vroue se weerloosheid veroorsaak dat hul ervaring verskil:

Women‟s vulnerability and ways of protecting themselves in their new environment differ from men‟s experience of and reaction to violence. White men may be subject to racist attacks, they are rarely subject to assaults by women.

Samers (2010:98) identifiseer ‟n definitiewe klemverskuiwing in die benadering tot genderkwessies en migrasie. Hy is van mening dat daar gedurende die 1980‟s en 1990‟s min klem geplaas is op die kwessie van gender tydens ondersoeke oor internasionale migrasie. Vroue het veral min aandag geniet aangesien daar in hierdie tydperk algemeen geglo is dat vroue slegs as afhanklikes migreer. Samers (2010:98) is van mening dat kritiese akademici ‒ in ‟n poging om manlike vooroordeel uit te skakel – die klem so verskuif het dat die manlike migrant nou in dieselfde mate verdwyn: “[…] the pendulum has shifted so far in the opposite direction that the male migrant as study subject disappeared almost to the same degree as the female migrant had previously”.

Samers (2010:98) maak die stelling dat die oplossing vir hierdie tendens is “to treat gender less as ‟n variable and more as ‟n central concept for studying migration”.

13 Sien ook die verhouding tussen gender en migrant onder indeling 2.1.2

43 Sweetman (1998:2) is van mening dat ‟n ondersoek vanuit ‟n genderperspektief nie net insiggewend sal wees nie, maar noodsaaklik: “International and national migration cannot be fully understood until women become visible both in statistics and as major actors in the migration process.” Twee van die tekste (Idil, een meisje en Anderkant die stilte) wat later bespreek sal word, fokus dan juis op die ervaring van die migrasieproses deur die vroulike karakters Idil en Hanna. De reis van de lege flessen fokus op sy beurt op die ervaring van migrasie deur die manlike karakter Bolfazl. Die tekste leen hul dus daartoe om vanuit ‟n genderperspektief ondersoek te word sodat daar bepaal kan word wat die verskil tussen die manlike en vroulike belewing van migrasie is.