• Tidak ada hasil yang ditemukan

Kolonialisme en Postkolonialisme

Hoofstuk 2: Teoretiese fundering

2.1 Inleiding en kontekstualisering

2.1.3 Aspekte van migrasie

2.1.3.6 Kolonialisme en Postkolonialisme

Kolonialisme is die volgende term wat by die bespreking van migrasie ondersoek moet word, aangesien dit ook as uitvloeisel van migrasie beskou kan word. Vir hierdie studie

9Die verhouding tussen ruimte en identiteit word onder hofie 2.3.5 breedvoerig bespreek.

36 is kolonisasie relevant aangesien dit veral in Anderkant die stilte ‟n belangrike rol speel.

Om te bewys dat kolonialisme as uitvloeisel van migrasie voorgehou kan word, moet die verband wat daar bestaan tussen migrasie en kolonialisme eers uitgelig word. Deur die verduideliking van kolonialisme wat Tawardros (2004:331) verskaf, kan die verband tussen migrasie en kolonialisme duideliker na vore kom:

One country‟s domination of another country or people where the dominant assumes political and economic control over the other – usually achieved through aggressive, often military action. Practiced by European states such as Britain, France, Spain and the Netherlands since before the 15th century throughout Africa, Asia and Australia/Oceania. More commonly an attribute of the late 19th century, where the control extended to the eradication of a people‟s cultural identity through assimilation and coercion.

Kolonialisme behels dus die oorname van een land deur ‟n ander Europese land vir eie ekonomiese en politieke gewin. Koloniseerders het dikwels vanuit die standpunt opgetree dat inboorlinge minderwaardig is en daarom nie die hulpbronne wat aan hul beskikbaar is, ten volle kan ontgin en benut nie. Wanneer ‟n land gekoloniseer is, het dit behels dat koloniseerders na die gekoloniseerde land migreer om sodoende ten volle beheer oor te neem van die bepaalde land, sy hulpbronne en inboorlinge. Ponzanesi &

Merolla (2005:2) is egter van mening dat hierdie proses as ‟n vorm van interne beweging beskou moet word ‒ eerder as migrasie ‒ aangesien die hegemoniese verhouding “territoriale voortsetting” verseker, selfs al was die koloniseerders ver van hul lokus verwyderd.

Kolonisasie het egter ook met ‟n verskeidenheid uitdagings vir die gekoloniseerdes en koloniseerders en beide se kultuur gepaard gegaan. Gupta & Ferguson (1992:7) maak ons attent op die volgende problematiek wat deur kolonialisme ontstaan: “Does the colonial encounter create a „new culture‟ in both the colonized and colonizing country, or does it destabilize the notion that nations and cultures are isomorphic?”. Daar kan geargumenteer word dat geen kultuur in isolasie kan bestaan nie. Ons eie Afrikaanse

37 kultuur kan as voorbeeld vir hierdie stelling voorgehou word. Nie net is die Afrikanerkultuur beïnvloed deur die Nederlandse koloniseerders nie, maar ook deur die kultuur van die plaaslike inboorlinge. Selfs die Afrikaanse taal is saamgestel uit elemente van die verskillende tale van onder meer die koloniseerders en die gekoloniseerdes. Die Suid-Afrikaanse konteks word verder geproblematiseer deurdat apartheid ook deel vorm van ons geskiedenis. ‟n Eiesoortige situasie ontstaan waar die voorheen gekoloniseerdes (die wit Afrikaner) nou ook die koloniseerder word deur die onderdrukking van ander rasse. Viljoen (1998:73) beklemtoon die ambivalensie waarin die Afrikaanse taal en die Afrikaanse letterkunde staan: “[…] wit Afrikaansprekendes was in die loop van die geskiedenis beide koloniseerders en gekoloniseerdes […]”.

Afrikaans kan dus terselfdertyd as die taal van die koloniseerder asook die gekoloniseerde beskou word.

Hoewel kolonisasie nie meer ‟n moderne verskynsel is nie, is dit steeds relevant.

Ponzanesi & Merolla (2005:11) sluit hierby aan: “The colonial paradigm of the west going to Africa in search of raw material seems to repeat itself within the new global system of corporate multi-nationals digging for resources at both mineral, intellectual and spiritual levels”. ‟n Moderne voorbeeld van kolonialisme word deur globalisasie aangevuur. Rou materiaal of goedkoop arbeid word deur geïndustrialiseerde/

ontwikkelde lande10 by ontwikkelende11 of onderontwikkelde lande verkry. Die proses kan as moderne kolonisasie beskou word aangesien die ontwikkelende lande ekonomies afhanklik is van die ontwikkelde lande. Hulle word gedwing om die aanbod te aanvaar, aangesien hul nie self oor die infrastruktuur beskik om hul hulpbronne effektief te bestuur nie.

Die migrasie van koloniseerders na die kolonie is egter nie die enigste verband wat bestaan tussen kolonialisme en migrasie nie. Gedwonge migrasie was ook ‟n gevolg van kolonialisme deurdat slawe vanuit Afrika deur die koloniseerders gedwing is om hul

10 ‟n Land met ‟n sterk ekonomie, ‟n hoogs ontwikkelde nywerheidsektor en ‟n groot stedelike bevolking met ‟n hoë lewenstandaard. (Fowler et al., 2006:34)

11 ‟n Land met ‟n swak ekonomie, nie veel nywerheidsontwikkeling nie en ‟n groot landelike bevolking met

‟n lae lewenstandaard. (Fowler et al., 2006:34)

38 land van herkoms te verlaat om fisiese arbeid in ander lande te gaan verrig. Die verband tussen reis en harde arbeid word deur Kaplan (2003:208) uitgelig: “But if theory can be defined as a kind of travelling, travel van be defined as a manifestation of pain or work. Etymologically travel is linked to travail or „labour, toil, suffering, trouble‟. Thus in addition to the more commonplace meaning of taking a journey, travel evokes hard labour and difficulty”. Vir diegene wat onderworpe is aan slawerny roep migrasie dus ‟n sterk konnotasie met verlies en pyn op. Vir beide koloniseerders en gekoloniseerdes bied kolonialisme nou ‟n agtergrond of geskiedenis waarna daar altyd teruggekeer kan word, solank die herinneringe daaraan voortbestaan. Bal (2001:48) sluit hierby aan:

Memory also links time and space. This is especially true of stories set in former colonies: the memory of a past in which people were actually displaced from their homes by colonizers can become a past in which they did not yield. Going back to a time when the space was a different kind of place is a way of countering the effects of the colonizing acts of focalization [...]

In hierdie sin word kolonisasie die geskiedenis of verlede waarna Rushdie (1991:12) verwys: “It may be argued that the past is a country from which we all have emigrated, that its loss is part of our common humanity”. Solank daar teruggereis kan word na die verlede sal daar altyd ‟n onderwerp bestaan waaroor daar geskryf kan word.

Postkolonialisme op sy beurt hou ook verband met migrasie, en alhoewel dit nie as rede vir migrasie beskou kan word nie, kan dit wel dien as platform of vertrekpunt vanwaar daar sin gemaak kan word van die ervarings en gebeure rakende kolonialisme. Voordat hierdie stelling bewys kan word, sal dit sinvol wees om die term Postkolonialisme te ondersoek. Viljoen (1996:63) is van mening dat daar op twee wyses met dié term omgegaan kan word. Die eerste behels dat die “post” dui op “dit wat volg op kolonialisme”. Die tweede wyse behels dat “post” verwys na dit wat kolonialisme ondermyn. Hierdie stelling is geloofwaardig aangesien postkoloniale literatuur reeds gedurende kolonialisme ontstaan het. Hierin bevraagteken skrywers dikwels die gebruike en gebeure tydens kolonialisme. Enersyds het postkoloniale literatuur na

39 afloop van kolonialisme verskyn waarin daar meestal gereflekteer word oor die gebeure en ervarings van kolonialisme. Vandaar die stelling dat postkoloniale literatuur dikwels gebruik is om sin te maak van die gebeure tydens kolonialisme. Wenzel (2008:144) bevestig hierdie stelling: “[…] Postcolonial novels have played a major role in creating symbolic or narrative spaces that enable the colonized to come to terms with their past and attempt to reconstruct a semblance of identity and cultural context”. Postkoloniale literatuur sluit beide skrywe deur die koloniseerders en gekoloniseerdes in. Soos reeds genoem, wys Viljoen (2003:10) daarop dat Leipoldt selfbewus was oor sy rol as

“waarnemer” en “die ander” op dieselfde tyd. Net so wys Wasserman (2001:72) daarop dat ook die gekoloniseerdes dikwels skryf oor die binariteite waarmee hulle tydens kolonialisme gekonfronteer is: “Dat daar in ‟n postkoloniale era vanuit die kant van die voormalige gekoloniseerdes krities gekyk word na die sentrum van waar hierdie binariteite gekonstrueer is, is te verwagte”. Die binariteite waarna hier verwys word sluit in: wit of swart, Westerling of Oosterling, manlik of vroulik, self of ander. Postkoloniale skrywe bevat dikwels ontstellende temas waarin die onmenslike behandeling waaraan die gekoloniseerdes onderwerp was, uitgebeeld word. Wasserman (2001:73) sluit hierby aan: “Die diskoers van ontnugtering sou gesien kon word as een van die maniere waarop ‟n postkoloniale kulturele identiteit gekonstrueer word.” Anderkant die stilte is ‟n uitstekende voorbeeld hiervan waar Hanna se ervarings op ‟n brutale en baie visuele wyse aan die leser beskryf word. Postkoloniale literatuur dien in hierdie sin as ‟n terapeutiese wyse waarop die skrywer die ervarings en verliese wat met kolonialisme gepaard gaan, kan verwerk.