Hoofstuk 2: Teoretiese fundering
2.3 Migrasie en grense
2.3.2 Simboliese sone
2.3.2.1 Liggaam as grens
Vir die doel van hierdie ondersoek moet daar bepaal word of die liggaam enigsins as ‟n grens beskou kan word en indien wel, in watter opsig die liggaam as ‟n grens dien wat óf die subjek beperk, óf deur die subjek oorgesteek kan word. Marginalisering ten opsigte van vroue en selfs etniese groepe, vind dikwels juis op grond van gender plaas of selfs as gevolg van stereotipering. Grosz (1994:xiv) is van mening dat vroue geobjektiveer en gemarginaliseer word hoofsaaklik as gevolg van die minagting en inperking wat met die vroulike liggaam geassosieer word: “Women have been objectified and alienated as social subjects partly through denigration and containment of the female body.”
Die kwessie van die liggaam as ‟n grens sluit ook by die oorkoepelende tema van migrasie aan, aangesien individue dikwels soos migrante of buitestanders in hul eie liggame kan voel. Grosz (1994:5) lig uit dat die liggaam soms as‟t ware ‟n tronk is waarin die siel en gees vasgekeer word: “The body is a betrayal of and a prison for the soul, reason or mind”. Hierdie stelling sluit aan by dié van Sobchack (1999:47): “[…] the body can be seen as home, as house, and as prison”, wat impliseer dat die liggaam op verskeie maniere deur individue ervaar kan word. In die eerste geval kan dit gesien word as ‟n tuiste waar ons in gemak leef en wat ons toegang bied tot die wêreld daar buite. In die tweede geval kan die liggaam ‟n huis wees wat ons verfraai en ten toon stel vir beide die self en ander. Laastens kan die liggaam as ‟n tronk beskou word wat ons inhibeer en ons toegang tot die wêreld daar buite bemoeilik. Die liggaam kan in hierdie verband as ‟n beperking of selfs ‟n struikelblok gesien word15. Kaplan (2003:211) is egter van mening dat hierdie tendens in die moderne era hoofsaaklik deur die media en tegnologie uitgeskakel kan word: “In this structuring fantasy, the body may be imprisoned or constrained, but through print media or communication technologies ideas can move where bodies cannot or achieve mobility in ways that are denied to bodies.”
15 Verskeie oorsake kan daartoe lei dat die liggaam as ‟n beperking, struikelblok of tronk beskou kan word. Hierdie oorsake sluit onder meer ouderdom, liggaamlike skending en gebreke in.
47 Verskeie teorieë oor die liggaam sluit hierby aan of brei selfs daarop uit. Waskul &
Vannin (2006:5-12) identifiseer vyf tipes liggame: Eerstens die spieël-liggaam (“Looking glass body”) wat refleksiwiteit as verpersoonliking van die liggaam behels. Hierdie kykglas-liggaam is nie ‟n direkte refleksie van ander se oordeel nie, maar eerder ‟n verbeelde refleksie wat gebaseer word op leidrade wat van ander ontvang word. Die tweede liggaam wat geïdentifiseer word, is die dramatiese liggaam, wat van die standpunt uitgaan dat die liggaam ‟n opvoering of vertoning is: “[…] people do not merely have a body – people actively do a body […] Although sometimes intentional and manipulated – but often times not – the body is always performed, staged, and presented: the theatre of the body are the raw materials by which the drama of our everyday embodied life are produced”. (Waskul & Vannin, 2006:6-8) Derdens is daar die fenomenologiese liggaam wat behels dat die liggaam gesien word as ‟n provinsie of gebied wat betekenis dra: “These bodies of meaning are both literal and metaphorical:
meaning is comprised in embodied action and the body is interpreted by frameworks of meaning”. Die vierde liggaam wat Waskul & Vannin identifiseer, is die sosio-semiotiese liggaam, waar die liggaam beskou word as ‟n bewys van kultuur. Hierdie sosio- semiotiese liggaam word gebaseer op die stelling van Foucault soos aangehaal deur Waskul en Vannin (2006:7), waar hy homself uitlaat oor enige merke wat op die liggaam gemaak word as gevolg van kulturele gebruike of oortuigings: “[…] such cutting is a practice by which power/knowledge leaves traces on the surface and depths of our bodies; technologies of the self, in his words, that operate on the political anatomy of the body”. Die laaste liggaam wat geïdentifiseer word, is die liggaam as narratief (die liggaam as ‟n storie of vertelling): “By telling what happened to us once upon a time, we make sense of who we are today”. (Waskul & Vannin, 2006:12). Hierdie liggaam is gebaseer in die stories wat ons vir onsself vertel oor onsself en ons eie liggame, asook die stories wat ons vertel oor die liggame van ander.
Grosz (1995:33) differensieer op haar beurt tussen twee benaderings tot die liggaam.
Alhoewel hierdie twee benaderings opsigself minimalisties voorkom in vergelyking met ander teorieë rakende die liggaam, neem dit geensins weg van die kompleksiteit wat met die liggaam as simboliese sone gepaard gaan nie. Die eerste benadering stel die
48 liggaam voor as ‟n oppervlak waarop sosiale reg, moraliteit en waardes gegraveer is.
Die tweede verwys grootliks na die liggaam se interne of psigiese inskripsie. Terwyl die eerste die sosiale of publieke liggaam analiseer, neem die tweede die verbeelde anatomie as objek om te analiseer. Die tweede benadering verwys na die werklike of geleefde liggaam en is geïnspireer deur sielkundige benaderings en die fenomenologie.
Verder hou die liggaam ook direk verband met die vorming van identiteit en soos vroeër genoem, is identiteit ook ‟n sosiale konstruksie. Grosz (1994) maak die volgende relevante stelling in hierdie verband:
[…] the body, or rather, bodies, cannot be adequately understood as ahistorical, precultural, or natural objects in any simple way; they are not only inscribed, marked, engraved, by social pressures external to them but are the products, the direct effects, of the very social constitution of nature itself. It is not simply that the body is represented in a variety of ways according to historical, social and cultural exigencies while it remains basically the same; these factors actively produce the body as a body of determinate type.
Fortier (2000:171) maak ons egter ook daarop attent dat alhoewel die liggaam as‟t ware
‟n sosiale produk is, dit ook dikwels juis die vlak skep waarop die sosiale en individuele in verband gebring word:
The reliance of practices of identity on bodily codings of culture thus begs the question of how the body becomes a site of connection between the social and the individual. Corporeal feminism is useful because it brings forth the tension between multiple interpretations of bodies and universal definitions of selfhood (collective and individual), and the difficulties that arise in attempts to stitch both poles together „not in a dialectic manner of supersession, but rather, as irreducible different‟.
49 Die rol van die liggaam en die mate waarin dit as ‟n grens beskou kan word, verskil in die onderskeie romans. Die liggaam as grens word byvoorbeeld in De reis van de lege flessen aangetref as ‟n beperking as direkte gevolg van die karakter se voorkoms.
Graumann (soos aangehaal deur Taljard, 2002:63) se stelling dat individue geïdentifiseer word aan die hand van hul liggaamlike voorkoms en hul naam, kom hier ter sprake. Nie net speel geslag ‟n deurslaggewende rol nie, maar ook ras. Hierdie aspek dra daartoe by dat ‟n migrant selfs nog moeiliker omstandighede ervaar juis as gevolg van sy velkleur. Dit kan moontlik bydra tot ‟n meer traumatiese ervaring van die migrasieproses, soos White (1995:3) dan ook uitlig:
This is probably most significant in terms of ethnic identities, where many migrants may not have held a particularly strong view of their own ethnicity, prior to movement, but where they are confronted by an alternative ethnic awareness that labels them and confines them to a stereotyped „otherness‟ from which there appears little chance of escape, although a number of differently contained responses are possible.
In Idil, een meisje ervaar die hoofkarakter op haar beurt haar liggaam as ‟n grens of beperking, hoofsaaklik op grond van gender en kulturele oortuigings en gebruike.
Anderkant die stilte se hoofkarakter ervaar haar liggaam as ‟n grens of beperking as gevolg van ‟n kombinasie van fisiese voorkoms, gender en sosiale oortuigings. In al drie hierdie gevalle kan die liggaam as sodanig ook aansluit by die teorie rondom liminaliteit aangesien die liggaam nie slegs as ‟n beperking of grens ervaar word nie, maar as‟t ware ook dikwels as ‟n drempel: “The body can be regarded as a kind of hinge or threshold; it is placed between a psychic of lived interiority and a more socio-political exteriority that produces interiority through the inscription of the body‟s outer surface”.
(Grosz, 1995:33) Dit behels dat die liggaam ‟n oorgangsruimte tussen ‟n persoon se psige en die sosiale uiterlike is. Die liggaam is die werklike tussenruimte waarin daar geleef word tussen die sosiale beeld wat uitgeleef word en die psige.
50