• Tidak ada hasil yang ditemukan

Deskundige uitsprake 1. Inhoud

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 167-171)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

HOOFSTUK 4 BEWYSE

3. KRITERIA VIR BEOORDELING

3.4. Deskundige uitsprake 1. Inhoud

33.2. Aanbieding van statistiek Is die statistiek verstaanbaar?

* Word groot gctalle tot ronde syfers afgcrond? Drie en 'n half mil- joen eerd er as 3 498 787 224.

* Word baie groot of baie klein getalle gedramatiseer deur dit in meer konkrete ekwivalcnte uit tc druk? Die persentasie wat inflasie gcstyg het, kan byvoorbeeld aangedui word in terme van die daling van die waarde van 'n Rand, of hoeveef minder kruideniersware met dieselfde R200 van 'n jaar geledc gekoop kan word.

* Bied statistiek wat in visuelc vorm uitgedruk is 'n konekte en rcg- verdige weergawe van die werklike syfers?

Is die visuele aanbieding, indien gebruik, se sigbaarheid bevredigend?

* Word nie te veel getalle byna gelyktydig genoem nic?

* Neem die debatteerder se spraaktempo dienooreenkomstig af namate baie syfers genoem word of die ingewikkeldheid daarvan toeneem?

Die beoordelaar moet dus samevattend evalueer of die statistiek maklik gevolg en verstaan kan word.

Is genoeg detail aangebied om die statistiek te evalueer?

Hierdic oorkoepeicnde vraag betrek feitlik al die genoemde kriteria. Indien die debatteerder slegs die statistiek noem, sonder enige vermelding van die deskundigheid en betroubaarheid van die bron, die datum van ondersoek, asook enige detail wat vir elke stelling ter sake mag wees, behoort die beoor­

delaar dit as swak of baie swak te evalueer. Veral in die geval waar die debat­

teerder self 'n ondersoek geloods het, moet Uefs te veel as te min detail gegee word om die betroubaarheid van die resultate te waarborg.

3.4. Deskundige uitsprake

verstaanbaar en in die betoog gei'nkorporeer?

Spesifieke kriteria betrek die volgende vrae:

* Is die deskundigheid asook die onpartydigheid van die bron gekwalifiseer?

* Is die gegewe van die primere bron verkry?

* Word genoeg detail gegee om die kwaliteit van die aangehaalde uitspraak te evalueer?

Wat laasgenoemdc kriterium betref wys Ehninger & Brockriede (1970:90) tereg daarop dat die verswyging van inligting tot op 'n punt waar die uitspraak - en so ook alle bewyse - nie deur die opponente en die beoordelaar intcnsicf beoordeel en gekritiseer kan word nie, onmiddellik die kwaliteit daarvan verlaag, hoe relevant en korrek dit ook al mag wees.

By bogenoemde kriteria kan ook nog die volgende gevoeg word:

Is die aangehaalde uitspraak volledig gedokumenteer?

Die debatteerder moet duidelik meld of die inligting in gesproke of geskrewe vorm verkry is. Indien dit in geskrewe vorm verkry is, is die minimum vereis- tes dat die outeur, titel van die boek/tydskrif/verhandeling/pamftet/ ens., asook die datum daarvan gemeld word. Sekere uitsprake is selfs waardeloos sonder die nodige dokumentering. Indien die inligting mondeling verkry is, moet die naam van die deskundige en die datum van die onderhoud gemeld word. Volgens Wood (1972:36) is niondelinge uitsprake wat in onderhoiide gemaak word goed, maar dit kan maklik verdraai en foutief aangehaal word sonder enige moontlike verifiering. Aanhalings in geskrewe vorm word dus as van bcter kwaliteit gereken, omdat dit gcverifieer kan word. Geskrewe uit­

sprake word ook sterker oorweeg alvorcns dit op skrif gestel word, waar niondelinge uitsprake soms onnadenkend gemaak kan word.

Is die deskundige korrek en binne konteks aangehaal?

Sover dit vir die beoordelaar moontlik is, moet hy bepaal of die deskundige volgens die oorspronklikc bedoeiing wcergcgce word. Die beoordelaar moet sensilicf ingestel wees vir 'n gekleurde of verdraaide weergawe om die stand- punt van die debatteerder te pas. Die debatteerders kan byvoorbeeld sekere aspekte oorbeklemtoon of selfs frases weglaat wat horn nie pas nie.

Word daar tussen feite en 'n blole mening onderskei?

Die bcoordelaar moet bepaal of die debatteerder onderskei tussen 'n deskun- dige wat 'n feit stel of bloot 'n interpretasic van feite gee. Die debatteerder moet ook aandui met watter graad van sekerheid die deskundige sy inter- pretasie gestel het. Is dit as 'n hipotese, 'n skatting, 'n tentatiewe teorie, 'n redelik vaste oortuiging of selfs as 'n feit gestel? Debatteerders is geneig om voorwaardelike stellings soms in feite te verander om sterker steun aan hulle standpunte te verleen.

Word die redes vir 'n uitspraak venneld?

Indien 'n deskundige mening gegee word en daarmee saam ook die redes daarvoor of die feite wat die deskundige tot die bepaalde gevolgtrekking gelei het, is die kwaliteit van die bewyse veel beter as wanneer slegs sy mening of gevolgtrekking gegee word.

Gettiig die bron teen sy eie belong?

Dit spreek vanself dan 'n bron wat teen sy eie belang getuig, as bewys veel sterker is as 'n bron wat in eie belang 'n uitspraak Iewer. Triomf se erkenning dat kunsmis duur is dra veel groter gewig as dieselfde uitspraak van die ver- skillende boereverenigings. Hierteenoor sal die boereverenigings se getuie- nis oor die goeie resultate van kunsmis geloofwaardiger wees as dieselfde uit­

spraak van Triomf.

Word aanhalings nil die media korrek hanleer?

Die bcoordelaar moet in sy evaluering van hierdie aanhalings die volgende bepaal:

* Het die debatteerder vasgestel wie die oorspronklike bron is: 'n joernalis, deskundige of Jan Alleman?

Indien dit 'n joernalis is, dra die debatteerder kennis van sy reputasie ten aansien van akkurate, objekliewe beriggewing of sterk persoonlike oortuigings?

Onderskei die debatteerder tussen kommentaar en direkte weergawe?

* Is die debalteerder daarvan bewus dat veral dagblaaie meestal simpatie met sckere groepe of politieke partye het? Is hy dus bewus van die propoganda-elemcnt en bring hy dit in berekening? Inligting is dikwels gekleur as gevolg van die persoonlike simpatie van die uitgewer of belangrikste borg of adverteerdcr. Dit kan ondervang

word deur die aanhaling met dieselfde stof in ander dagblaaie te vergelyk.

3.4.2. Aanbieding van deskundige uitsprake Word aanhalings duidelik onderskei?

'n Gehoor behoort presies te weet wanneer 'n aanhaling begin en eindig.

Veral die einde van 'n aanhaling en die begin van die debatteerder se eie woorde vloei dikwcls inmckaar. Dit is die plig van die debatteerder om 6f deur 'n pouse of deur verandering van stemtoon, of deur dit direk te se, die begin en cinde aan te dui. 'n Aanhaling moet ook nooit te lank wees nie; dan moet liewer 'n parafrase van die deskundige se mening gegee word. In so 'n geval moet die gehoor dienooreenkomstig ingelig word.

Stel die debatteerder die mening volledig en duidelik?

Die volgende geykte uitdrukkings moet vcrmy word aangesien dit niksseg- gend is en as bewyse geen ondersteuning bied nie: betroubare bronne meen, in 'n onlangse boek word die feit gcstel, die meeste deskundiges se, ens. Die volgende voorbeeld kan as illustrasie dien:

Foutief: Ekonome beweer dat dit 'n waagstuk is om geld in nuwe uitgifte van gewone aandele te bele.

Korrek: In 1984 het die komitee vir ekonomiese navorsing aan die Univer- siteit van Stellenbosch in 'n studiestuk Veilige beleggings die bevind- ing gcstel dat van die 300 maatskappye wat aandele tussen 1976 en 1984 te koop aangebied het, slegs 20% in 1984 nog kredietwaardig was. Hier word dus duidelik getoon dat dit 'n risiko is om geld in nuwe uitgifte te bele.

Ten slotle behoort die beoordelaar te bepaal of die debatteerder krities inges- tel is teenoor bewyse en nie alles wat op skrif gestel is as noodwendig korrek en welenskaplik aanvaar nie. Die beoordelaar kan ook volgens die kwantiteit en kwaliteit van bewyse bepaal of die debatteerder wat die onderwerp betref deeglike navorsing gedoen het en wyd belese is.

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 167-171)