• Tidak ada hasil yang ditemukan

Keuse van vaardighede

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 84-89)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

43. Evaluering van die JR se beoordelingsvorm

43.1. Keuse van vaardighede

Soos reeds genoem, kan geen vorm vir a] die vaardighede en die ideale on- derlinge verhouding tot mekaar voorsiening maak nie. Dit beteken nie dat die vorm dan geen doe) dien nie. Die vorm help die beoordelaar om geslruktureerd te luislcr en op die belangrikste vaardighede te konsentreer.

Die vraag is: Waller vaardighede is belangrik en watter nie? Die opvoedkun- dige doelstellings wal fokus op die vermoe om logies te argumenteer kan hier as riglyn geneem word, of soos Hollihan dit stel:

"The purpose of academic debate is to teach students argumentative skills..." (1983:174).

Die gevaar is dat te veel onderafdelings tot versplintering kan lei. Dit bring mee dat die oorkoepelende doelstellings of die geheel skade ly. Baie on­

derafdelings impliseer ook nie noodwendig 'n betroubare beoordeling nie (vgl. Kruger, 1960:370; Peterson, 1961a:218). Baie onderafdelings kan verder die gevolg he dat veral die leke- of begiiinerbeoordelaar se aandag so deur die idenlifisering van die verskillende aspekte in beslag geneem word, dat die geheel van die inhoud by horn verbygaan. Op die ander punt van die kon- tinuum, waar geen afsonderlike vaardighede onderskei word nie, is die gevaar dat die onervare beoordelaar slegs enkele vaardighede uit verhouding met die ander kan beklemtoon. Die beoordelaar besluit dus self watter vaar­

dighede ter sake is. 'n Gebalanseerde middeweg skyn die beste te wees deur wel onderafdelings te onderskei, maar nog steeds vir die uniekheid van elke debat en beoordelaar voorsiening te maak.

Die primcre vaardighede omvat die wese van debattering, naamlik analise, bewyse, redenering, aanval en verdediging. Om dit egter geslaagd te kan uit-.

voer kom organisasie en die aanbieding, waaronder taal en lewering resor- teer, ook ter sprake. Hierdie ses vaardighede is myns insiens die belangrikste en stem ook ooreen met die op die beoordelingsvorm van die American Forensic Association.

Die JR se vorm onderskei ook spanwerk en verdeel die aanbieding in

"lewering" en "taalgebruik".

43.1.1. Spanwerk

Spanwerk is 'n aspek wat deur geen bron as 'n afsonderlike vaardigheid be- spreek word nie. Spanwerk is bloot 'n praktiese gevolg van die feit dat twee lede betrokke is, en nie een nie. Argumentsonthalwe sou 'n debat tussen slegs twee debatteerders net so goed die doeistellings van opvoedkundige debat kon verwescnlik sonder dat spanwerk betrokke is. Dit word aanvaar dat die span sal saamwerk, net soos aanvaar word dat die span navorsing sal doen sonder dat 'n afsonderlike punt daarvoor toegeken word.

Spanwerk is in werklikheid 'n integrerende deel van die algeliele organisasie en analise. Die span se betoog word as't ware in twee verdeel en elkeen be- hartig 'n deel daarvan. Om spanwerk uit te sonder kom daarop neer dat veral organisasie twee keer in berekening gebring word. Indien sinlose herhaling voorkom of as die verskillende toesprake nie 'n eenheid vorm nie getuig dit van swak organisasie. Indien lede mekaar sou weerspreek, val die hele betoog plat en sal die span wat analise sowel as redenering betref, gepenaliseer word.

Indien spanwerk wcl tcr sprake is, is dit onlogies om aan elke lid 'n aparte punt daarvoor toe te ken. Spanwerk kan alleenlik na die toespraak van elke tweede lid van elke span beoordeel word. Die eerste spreker kan verwys na die spanmaat en sy bydrae in vooruitsig stel. Dis egter slegs woorde wat eers beoordeel kan word nadat die tweede spreker aan die beurt gekom het. Al- leen dan kan bepaal word of die spanwerk 'n werklikheid geword het. Indien die eerste spreker die bydrae van die ander lid in vooruitsig stel en dit realiseer nie, kan dit enige een wees wat die blaam moet dra: of die eerste debalteerder het verkeerd gcantisipeer of die tweede dcbatleerder het in gebreke gebly. Daar was dus swak organisasie tussen die spanlede. Indien 'n punt vir spanwerk wel toegeken word, kan dit nie 'n individuele punt wees nie, maar 'n gesamentlike punt.

Met hierdie betoog word nie ontken dat spanwerk wel 'n rol speel nie, maar daar word ten koste van belangriker vaardighede te veel klem daarop gele.

Spanwerk behoort onder analise en veral onder organisasie geevalueer tc word en behoort as afsonderlike vaardigheid weggelaat te word.

43.1.2. Lewering en taalgebruik

Hierdie twee aspekte word as die hoe of die kanaal (middel) gesicn waardeur

die inhoud (doel) tot die luisteraars kom, soos voorheen reeds genoem is.

Om die twee aspekle le skei plaas te veel klem op die middel ten koste van die doel. Taalvaardigheid word buitendien ook nie net ondcr aanbieding in berekening gebring nie. Die taal is so nou verweef met ander vaardighede en word onbewustelik ook by alle inhoudelike aspekte in berekening gebring. In- dien 'n debatleerder byvoorbeeld sy argumente of ontleding van begi ippe nie in verstaanbare en duidelike taal kan uitdruk sodat die betekenis goed begryp word nie, sal die debalteerdcr dienooreenkomstig 'n laer punt by die bctrokke vaardigheid kry. Swak en onbeholpe taalgebruik word dus nie net onder taalgebruik geevalueer nie, maar indirek ook onder ontleding, bewyse, redenering en aanval en vcrdediging. Dieselfde geld ook ten opsigte van die lewering. 'n Fout in die "kanaal" benadeel inderdaad die begrip van die in­

houd.

Om lewering en taalgebruik as aparte vaardighede in berekening te bring, is weer eens om dit as't ware te dupliseer. Sodoende word binne 'n debat- situasic te veel klem op die hoe geld, ten koste van die primere vaardighede, of die wat. Beidc lewering en taalgebruik behoort saam as aanbieding geevalueer te word.

Daar is begrip vir die feit dat die JR 'n kultuurorganisasie waarvan bevor- dcring van die Afrikaanse taal cen van die doelstellings is. Binne die opvoed- kundige debat moet die taal egter net sy regmatige plek langs die ander vaar­

dighede inneem en nie oorbeklemtoon word nie. In 'n studie wat Rocver &

Giffin (1960:13) met dertig beoordelaars tydens 'n debatstoernooi in die VSA onderneem het, is getoon dat taalvaardigheid slegs 4,2% van die totale kriteria in beslag geneem het. In die huidige vorm van die JR neem taal 12,5% in beslag, feitlik drie maal meer as wat in bogenoemde studie nodig bevind is. Ook McCroskey & Camp (1966:62) en Buigoon (1975:3) het na empiricse studies tot die slotsom gekom dat die aanbieding as 'n aparte vaar­

digheid van al die vaardighede die minste gewig behoort te dra.

43.2. Puntcverliouding en die wenspan 43.2.1. Piinteverlioudings

Punteverhoudings is reeds hierbo aangeraak en gaan nou vcrdcr bespreek word.

Indien die puntetotaal van die vaardighede die wenner aandui, is die vaar- dighede, maar veral die puntetoekenning aan elke vaardigheid van die uiterste belang. Om 'n konstante punt aan elke vaardigheid toe te ken vir konstruktiewe sowel as rcpliektocsprake blyk 'n onregverdige verdeling te wees wat nie rekening hou met die presiese belang van elke vaardigheid tydens 'n debat nie. Hierteenoor staan die feit dat elke debat uniek is en in teorie en praktyk word verskillende eise gestel aan konstruktiewe en repliek- toesprake, asook aan verskillende sprekers in 'n debat. Die "gewig" wat elke vaardigheid dra moet dus dienooreenkomstig bepaal word. So 'n regverdige of korrekte bepaling is egter haas onmoontlik weens die uniekheid van elke afsonderlike debat en elke proposisie. In 'n proposisie van feite speel bewyse byvoorbeeld 'n veel grotcr rol as in die geval van 'n proposisie van waarde- oordeel. Tog kan gepoog word om so 'n "korrekte" punteverdeling as moontlik te identifiseer.

Met die huidige beoordclingsvorm van die JR kan 'n span goed vaar en selfs 'n debat wen sonder om goed te kan debatteer. As die span baie goed is in lewering, taalgebruik, organisasie, spanpoging en selfs analise (63% van die puntetotaal) en gemiddeld of swak in bewyse, redenering, aanval en verde- diging (37%), kan so 'n span veel bcter vaar as 'n span wat goed is in laas- genoemde drie en gemiddeld in die eersgenoemde aspekte. Die kernvaar- dighedc dra in vergelyking met die res te min gewig. In die genoemde studie van Roever en Giffin (1960:13) is bevind dat bewyse, redenering en aanval en verdediging 54% van die puntetotaal in beslag neem. Williams et al. (1966:20) wat 138 hoerskoolleerlinge in 'n empiriese studie betrek hct, het ook bevind dat argumentering die dominante faktor is in die bepaling van die wenner.

Thompson (1971:111) wat verskeie empiriese bevindinge bestudeer het, het gevind dat almal dit eens is dat argumentering - bewyse phis redenering - die primere faktor is wat in terme van punte die meeste gewig moet dra.

Een probleem van die JR se vorm le daarin dat 'n aspek soos spanpoging dieselfde gewig dra as 'n bclangrike vaardigheid soos bewyse, redenering of aanval en verdediging. Dieselfde geld vir taalgebruik en lewering wat tesame meer gewig dra as byvoorbeeld bewyse of redenering. Dil is 'n onhoudbare punteverdeling. Baird se standpunt wat sewe en dertig jaar gelede gemaak is, word tans nog steeds as geldend beskou:

"...the admonition to judge a debater by his skill in evidence and ar­

gument more than by delivery or language, still holds " (1950:38) (beklemloning - PS).

'n Ander probleem kom na vore as die eerste voorstander se pligte met die punteverdeling vcrgelyk word. Die eerste voorstander is die inleier van die hele debat en moel besondere aandag aan analise gee: die definiering van begrippe, afbakening van die proposisie en identifisering van geskilpunte.

Hierdie vaardigheid tel dieselfde as aanval en verdediging wat in die eerste toespraak van 'n debat haas geen rol speel nie. Die voorstander kan nog glad nie verdedig nie en kan bloot by wyse van antisipasie 'n aanval loods. Hierdie aanval loop altyd die gevaar om 'n skoot in die donker te wees omdat die presiese strategic van die teenstanders nog nie bekend is nie. Volgens die debatsteorie staan die eerste spreker ook onder geen verpligting om aan te val nie (Patterson & Zarefsky, 1983:98 & 229). Watter punt ken die beoor- delaar toe aan 'n vaardigheid wat die debatleerder nie verplig is om te toon nie?

4 3 22. Bepaling van die wen span

Die wenspan kan nie deurgaans volgens die puntetotaal bepaal word nie. Wat gebeur in die geval waar 'n span in al die vaardighede goed vaar, maar die proposisie onregverdig of selfs foutief interpreteer, terwyl die opponente se vaardighede gemiddeld, maar die ontleding en inlerpretasie korrek is? Laas- genoemde span behoorl te wen, maar volgens die puntetotaal kan die eersgenoemde span wen. Dit is 'n dilemma wat enige beoordelingsvorm (waar die puntetotaal die wenner aandui), hoe goed ook al, nie kan oplos nie.

Hierdie probleem sou vergelyk kon word met 'n leerling wat in 'n eksamen 'n baie goeie anlwoord inhandig, maar dit is nie die korrekte antwoord op die vraag wal gestel is nie. Die puntetotaal van die verskillende vaardighede kan dus nie deurgaans die deurslaggewende faktor wees in die bepaling van die wenner nie.

Die beginsel behoort ook te geld as aanval en verdediging geensins voorkom nie. Aanval en verdediging wat reeds van die tweede konstrukliewe toespraak af moet plaasvind, vorm die essensie van die repliektoesprake. Verskillende uitsprake onderstreep die rol van aanval en verdediging:

"Clash is the principal ingredient of great debate... Our ideal judge

should severely penalize either team for failure to clash on the key issues" (Kleinau, 1982a:228).

Vir Wood is die kern van 'n debat:

"...the clash of the ideas and evidence of the speakers on the two sides of the topic" (1972:93) (vgl. ook Thomas, 1979:289, Patterson &

Zarefsky, 1983:222).

Volgens die ,IR se vorm word in beide konstruktiewe en repliekloesprake slegs 12,5% van die tolale punte hieraan toegekcn. Dit sou dus vir 'n span wat glad nie aanval en verdedig nie, maar in al die ander vaardighede baie goed is, moontlik wees om 'n hoe puntetotaal te verkry; en selfs te wen teen 'n span wat wcl botscnde slandpunte aanval, maar minder goed in die sekondere vaardighede is. Weer cens 'n onhoudbarc situasie. Eersgenocmde span sou vergelyk kon word met 'n sportspan wat sy opponente ignorcer en met homself spcel; as so iets moontlik sou wees.

Samevattend: Die kcrnproblcem van die ,IR se vorm is dus dat spanne kan wen wat in werklikheid nie die beste gedebatteer hct nie. Dit is 'n gevolg van te vecl vaardighede en die gevolglike wanbalans in die punleverhoudinge. Die praktyk dat die puntetotaal die wenner bcpaal is ook hiervoor verantwoor- delik. Die baie punte vir beide konstruktiewe en repliektoesprake bemoeilik onnodiglik die taak van die beoordelaar, sonder dat die beoordeling nood- wendig betroubaarder is.

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 84-89)