• Tidak ada hasil yang ditemukan

Proposisies van beleid

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 97-100)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

HQOFSTUK 3 ANALISE

1. PROPOSISIES

1.4. Proposisies van beleid

Enige adviscrendc stelling met betrekking lot 'n sekere plan van aksie is 'n proposisie van bclcid (vgl. Sheckels,1984:9). Dit kan ook geparafraseer word as: so-en-so 'n plan van aksie is die beste middel om 'n sekere doel te bereik.

By implikasie word 'n vergelyking tussen 'n bestaande en 'n voorgestclde beleid gevra.

Voorbeelde van di6 kategorie is die volgende:

Die groepsgebiedewel behoort afgeskaf te word; Eenvonnige skooldrag behoort vir alle skole ingestel te. word; Genadedood moet (behoort) gewettig (te) word (JR-proposisie in 1974); Die Swartman in Blanke stadsgebiede sal (behoort) prakties bysy eie tidsland (te) skakel (JR-proposisie in 1975); Die regering be- hoort horn los te maak van die neerle van beleid vir deelname aan sport (JR- proposisie in 1977). Die proposisie kan ongedetailleerd gestel word: Hulp aan buurstate behoort ingekoit te word of die detail kan uitgcspel word: Voedsel- hulp aan Zimbabwe en Botswana behoort met die helfte ingekoit te word.

Die term behoort in plaas van moet dui op die raadgewende kwaliteit van die proposisie. Die voorstanders hoef dus nic aan te voer of te bewys dat die voorgestclde beleid beslis uilgevocr sal word nie, maar bloot dat dit die beste oplossing van 'n bepaakle problcem is. Die geskilpunl sentreer hier nie om die kwessie of dil wevklik tot uitvoeiing gcbring sal word nie. Die teenstandcrs mag dus nie 'n sodanigc argument teen die voorstanders inbring nie, aldus Jensen (1981:49-50). Keefc ct al. (1982:365) stel dit ook baie duidelik:

"Since Ihe affirmative is only required lo 5how that its plan ought to

be adopted and not that it necessarily will be adopted, should-would arguments are not legitimate in academic debate".

'n Proposisie van bcleid betrek uiteraard ook feite en waardeoordele. Indicn 'n beleid ondersteun word, is dit omdat dil op sigself waardevol is en 'n positiewe doel kan beieik. 'n Sekere doelwit nioet dus eers as positief of wenslik geidcntifiseer word voor die span kan aanvoer dat daar gehandel moet word om die doelwit te bereik. Hagood (1975:106) beskou 'n beleidsproposisie selfs as 'n spesialc soort proposisie van waardeoordeel.

Die betoog van die deballecrders in 'n proposisie van beleid moet antwoord op die vraag: Wat behoort gedoen te word? Die voorstanders voer aan dat 'n sekere beleid aangeneem en gcimplimenteer of afgeskaf behoort te word, terwyl die leenstanders dit verwerp en aanvoer dat of die status quo gehandhaaf moet word of 'n alternatiewe beleid as die van die voorstanders gei'mplimenteer behoort te word.

Samevatting

Die vcrskil tussen die kalegorice kom duidelik na vore in die woorde van Pat­

terson & Zarefsky waar hulle die aard van elkeen kernagtig saamvat:

"Claims of fact are descriptive; claims of meaning are interpretive;

claims of value are judgemental; and claims of policy are advisory"

(1983:19).

Dieselfde ondcrwerp kan deur die verandering van bewoording volgens die verskillcnde kalegorice gestel word:

Feit: Gasuitstraling van motorenjins is die grootste bydraende faklor tot Suid-Afrika se lugbesoedcling.

Interpretasie: Uitlaatgasse van motors is lugbesoedcling op sy ergste.

Waardeoordeel: Die nadele van motoruitlaatgasse weeg nie op teen die voordele wat die gebruik van motors inhou nie.

Beleid: Wetgewing behoort aanvaar te word wat motorvervaardigers verplig om motoruitlaatgasse met 10% te verminder.

Elke kategorie stel dus 'n uniekc vraag waarop die debalteerders 'n unieke antwoord moet bied. Die beoordelaar moet in sy evaluering bepaal of elke

span se betoog die gevraagde antwoord bied.

1.5. Tocpassing

Die vyf debatte wat in hierdie studic ter sprake koin is, op een uitsondering na, almal fciteproposisics. (Sedert 1980, behalwe die een uitsondcring, was al die JR se proposisics feitcproposisics.) Die basiesc verpligting ten opsigte van feiteproposisies bly diesclfde, behalwe dal die onderwerpc verskil. Die proposisie: Demokrasie is die kem van die welvaaii en vooruitgang van die Westerse beskawing, word ter illustrasie voorgehou om aan le dui wat die beoordelaar van die debattecrders kan verwag.

Die beoordelaar kan van elke span 'n antwoord verwag op die vraag: Is dit waar dat demokrasie die kern van die welvaart en vooruitgang van die Wes­

terse beskawing is? Die voorstanders se antwoord (span se betoog) moet met fcite staaf dat dit so is en die tcenstanders dat dit nie so is nie. Dit gaan in hierdie proposisie nie in die eerste plek om die waarde van demokrasie nie, hetsy goed of sleg, maar 'n kousale argument word betrek: Is demokrasie die keinoorsaak van welvaart en vooruitgang? Indicn die debattecrders groten- deels huUe betoog aan die positiewe of negatiewe waarde van 'n demokrasie wy, soos dit in enkele debatte wel die geval was, dan beantwoord hulle nie aan die vereistes soos gestel deur die bepaaldc proposisie nie. Hulle reageer dan op 'n ander proposisie wat moontlik kon lui: Demokrasie is beter/voordeliger as outokrasie. Dit sou cgter nie verkcerd wees as die voorstanders, nadat hulle bewys hct dat demokrasie waarskynlik die kernoor- saak van welvaart en vooruitgang is, die positiewe waarde daarvan uitwys nie.

Solank dit net nie die kern van die debal uitmaak nie.

Welvaart en vooruitgang word ook nie gedebatteer nie. Die proposisie vra nie of welvaart en vooruitgang bestaan of 'n positiewe waarde het nie, maar of die bestaande welvaart en vooruitgang 'n kcrngevolg is van 'n demokratiese regeringstclsel? Die tcenstanders kan dus met bewyse aanvoer dat 'n ander faktor of faktorc die keinoorsaak van genoemde fenomene is.

Dit is nie nodig dat elke span tydens die debal uiteensil hoc die kategorie van die proposisie bepaal is nie. Uit elkeen se argumente kan die beoordelaar bepaal of die spanne wect waaroor dit gaan en of die betoog die regie antwoord bied op die vraag wat in die proposisie geimplisccr word. Die evaluering van hierdie aspek geskied deur die loop van die helc debal.

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 97-100)