• Tidak ada hasil yang ditemukan

Repliektoesprake 1. Eerste teenstander

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 119-123)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

HQOFSTUK 3 ANALISE

4. EVALUERING Knelpunte

4.1. DIE AFRIKANERBEROEPSVROU STAAN HAAR PLEK VOL IN DIE OPVOEDINGSGEBEURE (86 U 1)

4.1.2. Repliektoesprake 1. Eerste teenstander

geen spanwerk plaasgevind het nie.

Evaluering: baie swak (1).

4.1.1.4. Tweede teenstander

Die feit dat die tweede teenstander nie na die defmisies verwys nie, beteken dat hy met die van die voorstanders saamstem. Hieruit kan afgelei word dat die eerste voorstander nie werklik bedoel het wat sy ten opsigte van die definisies gese het of dat daar geen spanwerk ten opsigte van analise was nie (3:1-3).

Wat die hoofpunte betref (10:7-9), kom die samelewing en die kerk nooit ter sprake nie. Deurdat die tweede teenstander twee hoofpunte wat in vooruitsig gestel is nie debatteer nie, en verder van die oorblywende hoofpunt afdwaal, deur na die vrou se rol in die huis terug te keer (11:27-36), toon hy duidelik dat die identifisering van geskilpunte onbevredigend is. Dit word ook bewys deurdat die benaming van die hoofpunte myns insiens onvanpas is. 'n Redelike groot gedeelte van albei lede se betoog handel oor die beroepsvrou se skuldgevoelens (5:47-60; 11-12:37-87). Hierdie span sou dus 'n hoofargu- ment kon bou rondom die geskilpunt, naamlik dat die sogenaamde skuldgevoel van die beroepsvrou in haar pad slaan om haar plek in die op- voedingsgebeure vol te staan.

Hoewel die span vyf lerreine gei'dentifiseer het, is uiteindelik net twee gedebatteer, naamlik opvoeding tuis en in onderriginstellings, wat - as dit goed gedoen was - heellemal voldoende sou gewees het. Hier kom egter een van die knelpunte voor, wat ter aanvang genoem is. Om die vrou se rol in die onderriginstellings as 'n geskilpunt te debatteer is relevant, maar die ar- gumente wat aangevoer word is heeltemal irrelevant (10:12-26) (vgl. p. 219).

Die tweede teenstander kan dus nie krediel kry vir hierdie geskilpunt nie.

Evaluering: Swak (3).

4.1.2. Repliektoesprake

argumente wat die eerste teenstander aanvoer. Om byvoorbceld die "rebellie waarin ons land lans verkeer" (13:14) - verwysend na die onrus in Swart woongebiede - as bewys aan te voer dat die Alrikanerberoepsvrou nie haar plek vol staan nie, toon dat sy die feit dat dit oor die Afrikaanse beroepsvrou handel, buite rckcning laat. Die verwysing na Reeva Forman en June Krit- zinger, beidc Engelse beroepsvroue, bevestig bostaande kritiek (14:35-40).

Om die verhouding van vroulike teenoor manlike professore asook die min vroueskoolhoofde aan te haal (14:17-35) ter ondersteuning van haar standpunt, naamlik dal die beroepsvrou in die onderwys nie haar plek vol staan nie, is 'n gevolg daai van dat geen kriteria vir plek vol staan uitgespel is nie. 'n Vrou hoef nie 'n professor of'n skoolhoof te wees om haar plek vol te staan nie; selfs die junior lektrise en gewone onderwyseres kan haar op- voedingstaak ewe goed uitvoer.

Die gebrek aan presiese definiering van opvoedingsgebeure en die terreine waar dit voorkom, word duidelik getoon in die weerspreking en inkon- sekwensie van argumente. Die eerste teenstander noem vyf terreine waar op- voeding voorkom, waaronder ook die arbeidsmark (3:5-7). In die slotsin (15:56-57) se sy egter dat die vrou wel in haar beroep (onderwyseres, arbeidsmark?) sukscsvol mag wees, maar nie in die opvoedingsgebeure nie.

Volgens die begin (3:4-7) kom opvoedingsgebeure feitlik in enige beroep voor, maar nie volgens die slotsin nie.

Verder se sy ook dat die beroepsvroue wat welslae behaal "baie dun gesaai is"

(14:38-39), om net verder by monde van 'n sakeman die teenoorgestclde te se:

"My best men are women" (14:47-49). Die verwysing na Reeva Forman en June Kritzinger, wat onderskeidelik 'n skoonheidsdeskundige en 'n be- sturende direkteur van 'n kettingwinkelgroep is, - beroepe wat tradisionecl nie onder opvoedingsgebeure geklassifiseer sou word nie - toon die verwar- ring wat daar met betrekking tot opvoedingsgebeure bestaan, omdat die begrip nie duidelik gedefinieer is nie.

Hier word duidelik getoon hoe onvoUedige definiering en gebrek aan duidelik omlynde geskilpunte die debalteerder in genoemde slaggate laat beland.

Evaluering: swak (2).

4.1.2.2. Eerste voorstander

Die kernagtige herhaling van 'n sinonieme omskrywing van die proposisie is onnodig en dien geen doel nie (15:1-14). Die beswaar teen die teenstanders se definisie van opvocdingsgebeure is onbevrcdigend; sy dui nie aan vvaarmee sy nie saamstem nie. Die teenstanders het in werklikheid nie 'n eksplisiete definisie gegee nie.

Verder toon die irrelevante argumente dat die gebrekkige analise ook hier sy tol eis. Die irrelevansie van die eerste twee argumente is te wyte aan 'n gebrek aan kriteria. Hoe goed 'n baba fisiek sonder sy ma kan klaarkom, bewys nie noodwendig dat die beroepsvrou haar plek vol staan nie (15:15-23). Die redes waarom die beroepsvrou werk, al is dit om iets vir jou land te beteken, bewys ook nie dat sy haar plek ten opsigte van die opvocdingsgebeure vol staan nie (15:24-28).

Die verwysing na ongetroude beroepsvroue hier en in die konstrukliewe toespraak (15:29-32; 2:64-71), is onbeduidend omdat beroepsvrou nie genoegsaam afgebakcn is nie. Die kwessie of die beroepsvrou haar plek vol staan is eintlik nie ten opsigte van die vrou sonder man en kinders ter sake nie.

Hierdie swakheid, om nie tot die kern van die dispuut deur te dring nie, is die gevolg van onvoldocnde definiering en 'n gcbrek aan die toepassing van die standaardgeskilpunle waarvan die afwesighcid van krileria die vernaamsle is.

Evaluering: baie swak (2).

4.1.2.3. Tweede teenstander

Die aspekle wat in die toespraak genoem word, toon duidelik die gebrek aan grondige analise. Pleegsorg word as 'n nuwc argument te berde gebring wat in replicktoesprake onloelaatbaai is (17:28-37). Afgesien hiervan val pleeg­

sorg totaal en al buite die veld van hierdie debat. Die rede waarom kinders in pleegsorg geplaas word, is seldc as gevolg van 'n beroepsma, maar meestal as gevolg van werklose ouers en ander sosiale omstandighede wat nie in hierdie debat 'n geskilpunt is nie.

'n "Gestimulecrde omgewing" (17:49-52) as voorwaarde vir welslae is ir-

relevant ten opsigte van die debatspunt, tensy die debatteerders kan bewys dat slegs 'n nie-werkende ma hierdie omgewing kan verskaf en die kleuterskole nie die kind kan stimuleer nie. Dan kan tol die slotsom gekom word dat die beroepsvrou nie haar plek vol staan nie. Hierdie argument en die herhaling van die kwessie dat slegs vroue in topposte hulle plek vol staan (17:38-40) is die gevolg van 'n gebrek aan kritcria vir plek vol staan.

Die kwessie van massa-aandag is wel relevant, maar dit moet duideliker aan die proposisie gekoppel word en direk na argumente in die konstruktiewe toesprake verwys.

Evaluering: swak (3).

4.1J2.4. Tweede voorstander

Soos reeds hierbo genoem is 'n herhaalde omskrywing van die proposisie on- nodig. Boonop is die definiering nie konsekwent nie. Opvoedingsgebeure word hier aan die "groei van haar volk en nasie" (18:4-6) gekoppel, terwyl die eerste voorstander dit slegs aan die "fisiese en geestelike vorming sowel as op- voeding van die jeug" (15:6-7) gekoppel het. Hierdie span begryp nie die doel van definisies en hoe om dit in die debat te verreken nie. Deeglike definiering in die eerste toespraak en 'n konsekwente deurvoer daarvan is 'n vereiste. 'n Gevarieerde herhaling daarvan in die toesprake moet vermy word, tensy 'n geskil oor die definisies bestaan.

Die volgende argumente van die tweede voorstander toon dat sy wel op die argumente van die teenstanders reageer. Die verwysing na Antjie Krog (18:13-15), die "baie vroue (is) wat groot opvoeders is" (18:16-21), die uit- werking van dagsorg op kinders (18:32-36), die hoeveelhcid tyd wat ouers en kinders saam spandeer (19:43-46), en die huisvrou wat aan sires ly (19:47-54) bevestig dit. Hierdie argumente is wel ter sake omdat dit as reaksie op die teenstanders gestel is, maar die onvolledige bewyse, swak ar- gumentering en die feit dat dit nie aan werklike geskilpunte gekoppel is nie, elimineer die oortuigingskrag daarvan. (Die vcrskillende argumente sal weer volledig onder bewyse, redenering en aanval en verdediging bespreek word.) Die voorstanders benadeel hulle eie saak deur daarop aanspraak te maak dat die Afrikanerberoepsvrou "haar plek dubbeld en dwars, vier en twintig uur per dag vol staan" (19:62-63). Al is dit by wyse van spreke gestel, is dit 'n on-

realistiese aanspraak wat die span nie in staat is om te bewys nie. Buitendien word 'n sodanige kriterium ook nie in die proposisie geimpliseer nie.

Evalucring: swak (3).

4.2. DEMOKRASIE IS DIE KERN VAN DIE WELVAART EN

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 119-123)