• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hipotesetoetsing 1. Definiering

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 50-53)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

2. BEOORDELINGSPARADIGMAS

2.1. Merietetoetsing

2.1.1. Hipotesetoetsing 1. Definiering

Volgens hierdie paradigma word die debat gesien as 'n figuurlike analogue van die wetenskaplike metode waar 'n hipotese gestel en aan die hand van em- piriese feite getoets word (vgl. Zarefsky & Henderson, 1983:180). Die debatsproposisie word as 'n hipotese beskou waarvan die waarskynlike waar­

heid getoets moet word. Die debatteerders funksioneer as advokate vir die waarheid of onwaarheid van die gegewe hipotese/proposisie. Die debat is wel nie 'n laboratorium nie, maar dil beoog om dieselfde funksie te vervul as em- piriese navorsing.

Hipotesetoetsing sentreer rondom die vraag of daar genoeg redes aangevoer kan word om die hipotetiese proposisie as waar of onwaar te verklaar. Die beoordelaar se taak kom neer op 'n ja- of nee beslissing: ja, die jeug se op- voeding met betrekking tot die ekonomie is voldoende; of nee, die jeug se op- voeding met betrekking tot die ekonomie is nie voldoende nie. Hierdie be­

slissing word egter eers gemaak nadat beide kante se argumente aangehoor, en deur beide krities getoets is. Die beoordelaar neem nie deel aan die ar-

gumenlering nie, maar as inlelligente luisteraar volg hy die argumente en neem 'n bcslissing slegs op grond van die argumente wat in die betrokke debat geopper is. (Laasgenocmde vereiste geld vir alle paradigmas.) Volgens Zarefsky (1979:430) word hierdie paradigma toegepas deur eers die data wat die debatteerders verskaf te evalueer en daarna word hierdie data gebruik om die waarskynlike waarheid van die proposisie te toets. Die beslissing val in die guns van die span wat kwantitatief en kwalitatief die beste redes verskaf het om hulle kant van die saak as die waarskynlikste aan te neem.

Zarefsky (1979:428) le klem op die verskil tussen waarheid binne 'n retoriese konteks en wetenskaplike waarheid. Retoriese waarheid is slegs 'n waarskyn- likheid omdat dit konteksgebonde is en verkry word deur die konsensus van die luistcraars. Dit is die instemming van 'n gchoor/beoordelaars wat aan 'n proposisie die status van "kennis-wat-waar-is" verleen. Hierteenoor staan ab­

solute waarheid wat ewig en onveranderlik is en aan 'n wetenskaplike feit gelykgestel kan word. Waarskynlike waarheid impliscer in hierdie paradigma dat die beoordelaar binne die bepaalde situasie en op grond van die gegewc data tot sy beskikking goeie rede het om die proposisie as waar te aanvaar of as onwaar te verwerp. Die waarskynlike waarheid sal dus van debat tot debat verskil, afhangende van die data wat die debatteerders tot die beoordelaar se beskikking stel om die waarheid van die proposisie te toets. In die paradigma word die aanname gemaak dat die span wat die stcrkste argumente vir hulle standpunt aangebied het, beter as die opponente gedebatteer het.

Die presiese bewoording van die proposisie by hipotesetoetsing is van die uiterste belang, want dit bepaal die denkbeeldige grenslyn tussen voorstander- en teenstandergebied, met ander woorde die grens tussen waarskynlike waarheid of onwaarheid. Dit word duidelik gei'llustreer deur net die slotwoord in die volgende proposisie te wysig: Die Afrikanerjeug se op- voeding met betrekking tot die ekonomie is benard/onvoldoende/gemid- deld/voldoende/onverbeterlik. Telkens veskuif die grens. Dit sal vir die voorstanders byvoorbeeld makliker wees om voldoende opvoeding eerder as onverbeterlike opvoeding as waarskynlik waar te bewys.

Die teenstanders se taak in hipotesetoetsing is om die proposisie vcrkeerd of as onwaar te bewys. Hulle hoef nie, soos in die geval van die beleidsparadigma, 'n alternatiewe beleid/hipotese in die plek daarvan te stel nie. Indien hierdie paradigma op debatte van beleid toegepas word, is 'n plan van aksie nie 'n vereiste nie. Daar word op die beginsels en prinsipes van die

beleid gefokus. Die geskilpunt sentreer om die vraag of die basiese beginsels van die beleid waarskynlik waar of onwaar is, en nie of een beleid (voorstanders s'n) beter as 'n alteruatiewe beleid (teenstanders s'n) is nie.

2.1.1.2. Evaluering

'n Moontlike nadeel van hierdie benadering is die voordeel wat enige span bo 'n ander kan geniet indien die proposisie nie sodanig bewoord is dat beide spanne 'n gelyke kans het om sinvolle argumente te voer nie. Indien dit nie die geval is nie, soos byvoorbeeld in die proposisie: Die Afrikanerjeug se op- voeding met betrekking tot die ekonomie is onverbeterlik; kan die voorstanders se vaai digheid, hoe goed ook al, nie kompenseer vir die feit dat daar minder bewyse is om die proposisie as waar te bewys, teenoor die oorwig van bewyse wat tot die teenstanders se beskikking is nie. Die beoordelaar moet hom eers daarvan vergewis of die proposisie aan beide spanne feitlik gelyke kanse bied alvorens hierdie paradigma toegepas kan word.

'n Verdere probleem kan na vore kom as die proposisie baie algemeen en wyd geformuleer is. Dit bemoeilik die toepassing van hipotesetoetsing, want die vereiste vir 'n hipotese om toetsbaar te wees is die duidelike en spesifieke formulering daarvan, aldus De Wet et al. (1981:32 & 77). Die proposisie: Die jeug is geskiedenisbewiis is veel moeiliker toetsbaar binne hierdie paradigma

as die proposisie: Afrikaanssprekende hoerskoolleerlinge woon volksfeeste gereeld by. Laasgenoemde proposisie is wel meer toetsbaar, maar veel minder debatteerbaar oindat die waarheid of onwaarheid van die proposisie maklik deur empiriese navorsing vasgestel en bewys kan word. Die debatteerbaar- heid en die toetsbaarheid van 'n proposisie moet met mekaar versoen word alvorens die hipotesetoetsing toegepas kan word.

Die hipoteseparadigma is ook minder geskik vir proposisies van beleid. By beleidsdebattering is nie net 'n beleid ter sprake nie, maar ook feite en waar- debepalings en die komplekse aard van beleidsdebattering maak hipotesetoetsing vir die oningewyde beoordelaar moeilik toepasbaar. Hol- lihan (1983a:175-178) het met reg ook die volgende besware: Aangesien die teenstanders geen alternatiewe beleid hoef voor te staan nie en daar geen beperking van strategic is nie, kan hulle verlei word om so veel as moontlik, en selfs oppervlakkige, argumente aan te voer. Die voorstanders kan in so 'n geval, dikwels weens gebrek aan tyd, nie almal met welslae weerle nie. Die argumente wat wel weerle word kan deur die teenstanders net laat vaar en

met nuwes vervang word aangesien hulle oogmerk bloot is om die proposlsie as onwaar te bewys. Hierdie benadering stei, weens die aard daarvan, minder eise aan die teenstanders as aan die voorstanders. Ongelyke eise aan voor- en teenstanders is dus moontlik binne hipotesetoetsing.

Hierdie paradigma is wel beter toepasbaar op 'n proposisie van feite, mits die bewoording nie te wyd gestel is nie en dit aan beide spanne gelyke geleent- heid tot sinvolle argumente bied. Zarefsky & Henderson (1983:180) meen dat "argumentation is to statements of value and policy as scientific method is to statements of empirical fact". Hipotesetoetsing vind in 'n debat oor 'n proposisie van feite feitlik 'n letterlike analogie, in die sin dat beide om feite gaan. Die enigste verskil le in die empiriese aard van die feite en die metode van toetsing. Soos reeds gestel sal die" span dan wen wat kwantitatief en kwalitatief die oorwig van bewyse gelewer het dat die proposisie 'n waarskyn- like feit is (waar), of waarskynlik nie 'n feit is nie (onwaar).

2.1.2. Sisteemanalise of beleidsmetafoor

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 50-53)