• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tweede Teenstander

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 191-195)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

HOOFSTUK 4 BEWYSE

43.13. Tweede voorstander

43.1.4. Tweede Teenstander

Die eerste bewys betrek die uitspraak van 'n deskundige (45:20-23). Hier is onduidelikheid oor die oorsprong van die inligting: Is dit uit 'n geskrewe bron of tydens 'n persoonlike onderhoud verkry? Laasgenoemde kan aanvaar word, aangcsicn die ander deskundige vcrwysings van die span tydens onderhoude verkry is. Dit moes egter duideliker vermeld gewees het. Hierdie bewys verleen sterk steun aan die stelling dat Suid-Afrika wel van die buiteJand afhanklik is. In die ander verwysing na deskundiges (46:44-47) moes "ekonome" veeleer met spesifieke name aangedui gewees het, al is die stelling redelike algemene kennis.

In die res van die betoog word van voorbeelde gebruik gemaak. Die voorbeeld van die gespcsialiseerde proses om platina te verwerk is relevant len opsigle van die hoe onkostes daaraan verbonde (46:34-40). Nog 'n soortgelyke voorbeeld sou die standpunt nog sterkcr gesteun het. Dis egter belangrik om daarop te wys dat die beloog tot op hierdie stadium as bewys moet dien van Suid-Afrika se afhanklikheid van die buiteland (45-47:15-72).

'n Aspek waarin die teenstanders gocd slaag.

Die voorbeeld van die dating in pctrolpryse as gevolg van die verbetcring van die Rand-Dollar-wisselkoers wat weer 'n gevolg van die opheffing van die noodtocstand was (47:98-103), is 'n uitstekende voorbeeld om die stelling te steun dat sekere handelinge nie oormatig is nie omdat die ekonomiesc voordele "so groot" is dat dit die "tydclike verlics aan prestige heeltemal uitkanselleer" (47:86-89). Die voorbeeld is egter nie genoegsaam nie. Nog voorbeelde wal die "groot... ekonomiese voordele" sal bewys is nodig om die stelling bo alle twyfel te regverdig. Die Samonella-voorbeeJd is irrelevant aangesien dit nie dirck aan 'n sogenaamdc oormatige reaksie op die wereldmening gekoppe) is nie. Indien die besmette tee slegs binnelands versprei is, sou die regering dit heel waarskynlik ook bestraal het.

Stellings wat om verdere bewyse vra is die volgende: dat "slegs die

Amerikaners... die tegnologie hel" om Sasolaanlegte te bou (46:66-67); en dat Amerikaanse en Duitse optikatoerusling in die vervaardiging van wapens gebruik word (46:68-69). Die waarheid hiervan word nie betwyfel nie, maar dit sou veel sterker oortuig het as die uitsprake van kundiges op die gebied dit bevestig het. Die inkomstes uit die bestraalde rooibostee moes ook uit 'n bron gestaaf gewees het. Volgens die antwoord op die vraag tydens die kruisverhoor, het die debatteerder wel bewyse gehad. Hy moes dit hier genocm hel. 'n Debatteerder kan selde te veel bewyse noem. Gewoonlik is daar te min bewyse.

Evaluering: bo gemiddeld (6).

432. Repliektoesprake 432.1. Eerste teenstander

Die twee bewyse wal hier voorkom toon 'n goeie kwaliteil; dis relevant, resent en tipies in die geval van die voorbeeld (49:34-42). Prof. Carl Noffke is wel bekend, maar word ook as 'n kenner gei'dentifisecr. Die uitspraak en die voorbeeld vorm saam 'n bewys om te staaf dat Suid-Afrika ten spyte van die invloedrykheid van die media en die gepaardgaande gevolge die noodtocstand afgekondig het; daarom kan Suid-Afrika se reaksie nie as oormatig bestempel word nie.

Bewyse vir die volgende stcllings ontbreek: dat die reaksie op die Weste glad nie oormatig is nie (48:19-23); dat Suid-Afrika gebalanseerd op buitelandse advies reageer (49:24-28); en dat Suid-Afrika reageer om op die lang duur voordeel daaruit te kry (49:29-33). Die kwantiteit is dus nie voldocnde nie.

Evaluering: gemiddeld (5).

43.2.2. Eerste voorstander

Hier word slegs van uitsprake gebruik gemaak. Die eerste en laaste uitspraak, naamlik die van die Staatspresident (50:16-17) en die van dr.

Gerhard de Kock (50-51:46-50) weerspreek as't ware die standpunt van die voorstanders, want bcide uitsprake getuig per definisie allesbehalwe van 'n oormatige reaksie op die sanksiedreigemenle.

Die aanhaling uit Ttie Sunday Star is koirek gedateei, maar die identileit van die skrywer asook die konteks waaruit die aanhaling geneem is, ontbreck (50:18-26). Die belangrikste kritiek is egter teen die irrelevansie daarvan. Die aanhaling ondersteun nie die stelling dat sanksies net by dreigemente bly nie.

Slegs die hoop van Afiika dat die Suid-Afrikaanse ekonomie stabiel sal bly tydens 'n sogenaamde oorgangstadium, word hier verwoord. Die aanhaling het geen ondersteunende waarde vir die stelling wat daarop gegrond is nie.

Die volgende aanhaling is relevant en van 'n bcter kwaliteit (50:27-34), ten spyte daarvan dat David Meades duidcliker vir die gehoor gei'dentifiseer moes word. Die aanhaling ondersteun die stelling dat Suid-Afrika selfversorgend is. Deur die gebruik van hierdie aanhaling, asook die vorige een, toon die voorstander dat sy nie krities genoeg teenoor persberigte ingestel is nie. Die identifisering van die skrywers is nie genoegsaam nie en die gebruik van 'n berig wat telkens na "kenners" verwys (50:32-34) sonder om hulle te idcnlifiscer moet vermy word. Dit verlaag die kwaliteit van die aanhaling aangesien dit gerieflik is om bloot net na "kenners" te verwys.

Wat die aanbieding belref kan daar nie met sekcrheid bepaal word waar die aanhaling cindig nie. Volgens die oorspronklike bron is ook reels 37-45 'n parafrase van Meades se woorde (Meades, 1986:11). Die voorstander kon na die parafrase net die woorde "aldus Meades" ingevoeg het. Dit sou die einde van die uitspraak aangedui het.

Die stelling dat Suid-Afrika wat sy wapenbedryf betref "geheel en al selfversorgend" is (50:37-40), vra om verdere konkrete bewyse. Dit geld veral in die lig van die leenstander se argument dat Suid-Afrika wel buitelandsc toerusting gebruik en dus nie algeheel selfversorgend is nie (46:68-69).

Die volgende stellings vra ook om bewyse: "buitelandse bankiers... stel selde bclang in 'n stabiele orde" (49:6-7); en "die wereld se kommoditeitsmarkte"

sal sonder Suid-Afrika se kommoditeite tot chaos lei (50:42-45).

Evaluering: onder gemiddeld (4).

Die aanhaling uit 77ie Sunday Star is onder die opskrif: South Africa's immense economic grip on a continent; Why Africa just can't afford chaos here, deur John D'Oliveira geskryf, die finansiele redakteur van Bceld (D'Oliveira, 1986:17). Die berig handel oor Afrika se ekonomiese

afhanklikheid van Suid-Afrika en die vrees dat 'n moontlike revolusie Afrika sal benadeel. Dit is inderdaad irrelevant ten opsigte van die gevolgtrekking.

Die aanhaling is ook nie korrek weergegee nie:

"...Whatever the politicians might say in public about sanctions and revolution, the fact is that most hope that South Africa's transition from a white to majority rule will do little to disrupt either the South African economy or an infrastructure which is vital to the region"

(D'Oliveira, 1986:17) (beklemtoning - PS).

Die aanhaling uit Beeld is betroubaar weergegee (vgl. Meades, 1986:11).

Reels 37-45 blyk 'n parafrase van Meades se arlikel te wees.

4323. Tweede teenstander

Die voorbeelde van die probleme van die vervoerdienste (52:48- 57) dien hier as bewyse vir die stelling dat Suid-Afrika redes gehad het om die noodtoestand uit te slel. Hierdie voorbeelde vra egter om verdere bewyse.

Uit die antwoord op die kruisverhoorvraag blyk dit dat die teenstandcrs wel deskundige bewyse gehad het. Hulle moes dit egter hier genoem het.

Hierdie toespraak toon 'n gebrek aan bewyse, veral ten opsigte van die volgende stellings: dat die lewenstandaard sal verlaag en ons gerantsoeneer gaan word as die olie-invoere gestaak gaan word (51:20-24); en dat Amerika genoeg platina opgebou het "om hulle vir vyf jaar te hou" (52:33-35). In repliektoesprake moet nuwe bewyse vir vorige argumente aangevoer word.

Evaluering: swak (3).

43.2.4. Tweede voorstander

In hierdie toespraak word eerstens drie voorbeelde aangetref. Die Luanda- voorbeeld (53:27-33) is 'n uitstekende voorbeeld van 'n reaksie na aanleiding van 'n buitelandse mening. Aangesien dit elf jaar gelede was, is dit nodig om met verdere bewyse uit dagblaaie of regeringsdokumente aan te loon wat die pleidooie of belofles van die twee here was en dat die terugtrekking direk as gevolg daarvan geskied het. Hierdie voorbeelde is egtcr nie genoegsaam of resent genoeg om die stelling, dat (wecspalt "baie duidelik" in regerings- optrede te sien is, te maak nie. Die stelling vra om veel meer resente voor-

bcelde.

Die twee voorbeelde, naamlik die wettiging van Swart vakbonde en die nuwe grondwetlike bedeling (53:33-38), wat ter ondersteuning van die onbesonnc hervormings aangebied word, oorluig nie heeltemal nie as gevolg van die gcbrekkige redenasie (vgl. p. 242).

Die aanhaling van mnr. Piet Liebenberg word nie duidelik aan die debatspunt gekoppel nie. Oortuigende bewysc ontbreek wat sal slaaf dat die

"oordeclsfoute" die gevolg was van 'n oormatige rcaksie op die wereldmening, Die uitspraak is soos dit aangehaal is ook vatbaar vir verskillende interpretasies: of Swart vakbonde moes nooit gewettig gcwees het nie of Swartes moes politieke regte gekry het. Dis nie seker of die uitspraak in mondelinge of geskrewe vorm gekry is nie, asook presies waar mnr.

Liebenberg se woordc eindignie.

Evaluering: onder gemiddeld (4).

4.4. EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE UEUR DIE

Dalam dokumen BEOORDELING VAN OPVOEDKUNDIGE DEBATTERING (Halaman 191-195)