wat in die kort-spel (ook vir die leser) met aangrypender raakheid en beknoptheid uitgebeeld kan
word
as wat in diemeer
omstandigbeskrywende
en vertellende prosa moontlikis. Vir die skrywer in alle geval, al
mag hy
nienáby
sy eie ideaal van volmaaktheidkom
nie, is daar geen boeien- der onderneming asom
'n stukkie mense-noodlot met die uiterste spaarsaamheid van middele, inwoord
en weder-woord
alleen, trefíend en afgerond te probeer uitbeeld nie."In ,,Die Klipdolk" het ons 'n ,,verhaal-tema in dromatiese vorm"; die verhaal-tema van botsing en verwydering tus- sen 'n seun en sy vader, en die toenadering tussendie vader en die vriendin van die seun. Die hele verhaal is saamge-
pak
in die eerste ontmoeting tussen die vader en die vrien- din, endiebeste in diestuk is die karakter-teenstellingtussen die lewenswyse vader, met sy skuldgevoel, en die meisie,eensaam
en agterdogtig, en hulle geleidelike toenaderingtot mekaar.
Swak
elemente in die verhaal is die onver- klaarbare vraagwaarom
die vriendin nie geweet het van die versoening tussen vader en seun nie, en die feit dat die seun, sooshy
geskets word, nie die indruk van 'n sterk ofbelangwekkende
karaktermaak
nie.Veel hoër staan ,,Oorlog is Oorlog," waarin die drama-
tiese behandeling van stof uit die Anglo-Boereoorlog vir die eerste keer 'n hoogtepunt van ontroerende tragiek bereik.
Hier geen beroep op volksgevoelens, geen patriotiese kant- kiesery nie. Die kunstenaar het uitgestyg bo die tydsom- standelike tot die algemeen-menslike, en bo die tydelik-
weemoedige
tot die groots-tragiese.Rachel, 'n Vrystaatse meisie, ontdek in die Engelse
offisier, wat gestuur is
om
die plaashuis,waar
sy en 'n siek tante woon, af te brand, 'n Kolonialer met wie sy vroeërop
intiem-vriendskaplike voet verkeer het. Die oorlog het egter tussen hulle gekom. Terwille van die verlede en ter- wille van die siek tante besluit die offisier, 'nman
van edele inbors,om
die huis nie af te brand nie, en vra hy slegs of sy prisonier vir 'n tydjie in die huismag
rus. Indie prisonier ontdek Rachel, wat beloof hetom
diegevangene
nie te help ontsnap nie, 'n Vrystaatse burgeraan
wie sy albyna
die ja-woord gegee het. Die burger kan geen morele verplig- ting sienwaarom
Rachel haar belofte moet hou nie. Oorlogis oorlog.
Hoe
Rachel eers vasstaan,dan
weifel en eindelik 'nmes
naderstoot sodat die prisonier homself kan bevry;hoe die offisier te
gou
terugkeer en in die voorportaal, agter die skerms, deur die desperate burgerdoodgemaak
word;hoe Rachel besef dat die oorlog met sy vernietiging van die edele ook tussen haar en die burger
gekom
het met die onverbiddelikheid van die noodlot en hoe syhom
wegstuur—
dit allesword
afgespeel in enkele bladsye van eenvan
die kragtigste
dramas
wat ons besit.Uit 'n vergelyking
van
hierdie stuk met „In dieWag-
kamer," blyk hoe Grosskopf se kuns geryp het. Die toeval- ligheid, wat in die ouer stuk effens gehinder het, is hier ook aanwesig,
maar
in veel kleiner mate, grotendeels vervang deur die waarskynlikheid. Die karakters is met vasterhand
geteken, en daaris minder vandie melodramatieseaanwesig enmeer
van die tragiese.Dat Grosskopf hoorspele
gaan
skryf het is interessant.Etlike jare gelede het hy
nog
die visuele element in diedrama
beskou as baie belangrik. In 1938 ishy
egter gekies as eenvan
die beoordelaars in verband met 'n hoorspel- prysvraag. ,,Metbeswaarde
gemoed," skryf hy, ,,het ek die beroep aanvaar,omdat
ek nie eens 'n radiostel besit het nie,en van die moontlikhede
van droma
deur-die-gehoor-alleenmaar
min geweet het. Sowas
ek verpligom
vir myself die vereistesvan
die hoorspel, teenoor diévan
die tradisio- nele skouspel, uit te pluis."Hy
het besef dat die hoorspelnoodwendig
sekere beperkings moet hê,„maar
ookweer wyer
moontlikhede as die verhoogdrama. Uit hierdie dink- werk is dieonweerstaanbare versoeking tot selfdoen gebore"—
en so het die stukke ontstaan.In ,,Blinde Liefde"
merk
'nmens nog
nie veelvan
die ,,wyer moontlikhede" wat die radiodrama aanbied nie,behalwe
dat daar 'n geringe toneelverskuiwing plaasvind, en dat daar 'n toneei aangedurf word, wat so intiem is dat ditop
die verhoog sonder twyfel sou misluk. In die hoor- spel, met die atmosfeer van die huiskamer, en die afwesig- heid van 'n groot gehoor in die onmiddellike nabyheid, kan'n groter mate van intimiteit geskepword; enso iets vind ons in die toneel in ,,Blinde Liefde,"
waar
die blinde Hendrik deur middelvan
die tassin die liggaamlike skoonheid van Machteld probeergewaar
en waardeer. Miskien is dié deelte
gewaag
vir die meeste luisteraars—
iets watby
die uit-sending tot mislukking kan lei.
Waartoe
diemedium
van die hoorspel wel uitstekend geblyk het, is die uitbeeldingvan
die gedagtelewe van die blinde.Ander
kritici het algewys
op die melodramatiese trekke, die weeïge in die verhaal, waarin 'n gesonde, lewenslustige meisiebeweeg word om
'n blindebo
'n siende te verkies as huweliksmaat. Assulks is ditdan
ook nie heeltemal bevre- digend nie, al sluit dit op merkwaardigewyse aan by
dietema van
,,Die Peswolk," die verheerliking van die edele, idealistiesemens
bo die meer materialistiese mens.In ,,Die Poskoets in die Rivier" het die skrywer wel deeg-
lik gebruik
gemaak
van diewyer
moontlikhede van die hoorspel: Die gebruik van stemkontras; die verskil tussennaby
en ver voor die mikrofoon, tussen voorgrond en agter- grond, intimiteit en afstand, simpatie en antipatie; en ook die beweeglikheid of veranderlikheid van ,,toneel." Dis 'n stuk watnóg
op die verhoognóg
in die vorm van 'n klank- film aangebied kan word.Die handeling vind plaas in 'n poskoets wat in 'n donker
nag
in 1887 oppad
is van Kimberley se diamantvelde na die pasgestigte Johannesburg. In die ,,ramhok van ongeregtig- heid" is van die skuim van die diamantvelde verteenwoor- dig, 'n vyftal watsaam
met die gemoedelike koetsier die agtergrond vorm. In die voorgrondmaak
ons kennis met'n edeler mens,
Van Wyk,
wat die vertrouegewen
het van diesewende
reisiger, die Bolander, wat voortswerf onder n dwanggevoel,byna
'n obsessie,om
dieman
Clark, die ,,lag-gende
gierigaard" wat sy vrou verlei en tot diedood
ver- waarloos het, te vind, en haardood
te wreek.Waar
n agt- ste persoon later in die donker poskoets stap, en ons in twee kort voorvallegewaar
dat dit Clark is, styg die spanning totbreekpunt.
Ook
vir die Bolander, wat,wanneer
die pos- koets deur die vol rivieraan
die grens worstel, symes
treken die middel
word
van die lewensnoodlotom
Clark te straf.In die rivierontsnap hy en laat vir die onthutste reisigers die lyk van Clark
om
verward oor te roep. Die kalmeVan Wyk
besef dat die Bolander 'n roeping
gehad
het, en stel die saak weer in die regte perspektief, soos Fortinbras aan die end van ,,Hamlet."Besonder
goed
het Grosskopf doarin jeslaagom
die vuile ruheidvan
die agtergrond met realistiese krag uit te beeld, enom
die karakters skerp te teken in hulle kontraste metmekaar
en reaksies op mekaar.Weer merk
ons dat die toeval plekgemaak
het vir die waarskynlikheid—
soek die Bolander nie al jare lankna
Clark nie?—
en die melodra- matiese vir die tragiese. Die obsessie van die Bolander, en sy eie oortuigingvan
hy die middel in HoërHand
isom
Clark te straf,
word
so uitgebeeld dat dit die indrukmaak
van die Griekse noodlotsdwang.Van
die vier stukke in Grosskopf se bundel het tweem.i. bly steek duskant die ,,ideaal van volmaaktheid”;
maar
die ander twee, ,,Oorlog is Oorlog” en „Die Poskoets in die Rivier,” is nie alleen die beste wat in die afgelope jaar gepubliseer is nie,
maar
ook werke van uitstaande gehalte, 'n verryking van ons literatuuren ons geesteslewe, waarvoor ons dr. Grosskopf dankbaar bly.Vir u
volgende Haarsny
. . .Besoek die mees moderne