Omdat hierdie kenmerke so 'n belangrike rol in klimaatskepping speel, sal daar in meer besonderhede hierop ingegaan word. "Elke onderwyser-opvoeder is in die eerste instansie mens met 'n eie besondere persoonlikheid. In die tweede instansie is hy onderwyser, leermeester, opvoeder" (Landman et al., 1978:35). Alhoewel elke mens 'n eie persoonlikheid bet en moet he, is daar tog bepaalde persoonlikheidskenmerke wat vir die onderwyser vanwee die aard van sy taak en opdrag onontbeerlik is.
2. 7 .2.1 Persoonlikheid
Die persoonlikheid van die onderwyser is deurslaggewend omdat dit sy totale menswees be"invloed (Litterest & Eyo, 1993:275). Hy moet homself ken. Sy spesifieke vermoens moet hy tot voordeel van die kind aanwend om op 'n realistiese wyse 'n leerklimaat te skep waar die kind psigologiese veiligheid beleef. As persoon moet hy dus vertroue skep en sensitief wees vir die behoeftes en vermoens van sy leerlinge. Hy moet in homself, die leerling en sy taak glo.
Geesdrif en entoesiasme is een van die onontbeerlike karaktereienskappe van 'n goeie
onderwyser. Die goeie onderwyser moet kan inspireer. Hy moet hom kan inleef in dit waarmee
hy besig is. Die onderwyser moet geloofwaardig wees. Hy moet die siel van die kind ken, en die kind moet sy onderwyser ken en kan vertrou. "Only an authentic person can evoke a good response in it's care of the other person" (Battle & Shannon, 1974: 11). Die onderwyser as beelddraer van volwassenheid moet wees wat hy voorgee om te wees (Le Roux, 1978:27). Die onderwyser moet nederig wees, maar nie minderwaardig nie.
Verskeie studies het die persoonseiensk:appe van effektiewe of goeie onderwysers ontleed, soos ervaar is deur die leerlinge. Die navorsing van Weinsten (1983) stel dit dat leerlinge onderwysers verkies wat warm, vriendelik, ondersteunend en kommunikasievaardig is, terwyl bulle terselfdertyd ordelik, hoogsgemotiveer en in beheer van die klas moet wees. Volgens 'n ondersoek van Hurt et al. (1978: 130) verkies leerlinge 'n onderwyser wat die volgende kemmerke toon:
Redelik bekwaam; eerlik; vriendelik; matig ekstroverties; emosioneel beheersd; matig fisiek aantreklik; kan gesag met gesonde oordeel toepas en aangenaam om in buiteskoolse verband mee te kommunikeer.
Johnson (1979:151-152) het leerlinge tussen die ouderdomme van 5 en 18 oor bulle onderwysers uitgevra. Die leerlinge het die volgende lys gemaak van hulle opvatting van wat 'n "goeie onderwyser" is:
• Hou van leerlinge en behandel bulle met respek: "Hy ken my naam en hy laat my belangrik voel";
• het 'n sin vir humor en 'n aangename persoonlikheid;
• probeer om met leerlinge te kommunikeer (op hulle vlak);
• bied effektiewe hulp en steun aan waar nodig en
• handhaaf 'n versorgde voorkoms.
Vol gens Seiler et al. (1984: 108) is die kwaliteite waaroor effektiewe LO-onderwysers beskik:
openhartigheid, vertrouenswaardigheid, leerlinge onvoorwaardelik te kan aanvaar, betrokke, dramaties, ontspanne, indrukwekkend, vriendelik , in staat om orde en beheer in die LO-klas te handhaaf en die vermoe om harmonieuse klasverhoudinge daar te stel en terselftertyd die individu belangrik te laat voel. Kane (1974) het in sy ondersoek LO-onderwysers gevra om 24 persoonlike karaktereienskappe van 'n effektiewe LO-onderwyser in rangorde te plaas. Die eienskappe wat die onderwysers die hoogste gerang het, was die vermoe om respek en vertroue van leerlinge te win; die vermoe om effektief te kan kommunikeer en tot leerlinge deur te dring;
die vermoe om vertroue in te boesem; om 'n vakkundige te wees; om 'n hoe standaard van eerlikheid en integriteit te handhaaf asook hardwerkendheid. Walker (1971: 37) onderskryf ook hierdie kwaliteite en se verder dat die LO-onderwyser die dominante persoonlikheid in die onderrigleersituasie is en dat die klasklimaat in 'n groot mate bepaal word deur die onderwyser se vermoe om die leerlinge te begryp, die vermoe om die reaksies van die individu en die groep te kan interpreteer, en die vermoe tot suksesvolle interaksie met die groep sowel as met die individuele leerling. Hy moet verantwoordelikheid vir sukses aanvaar, en indien lede van die groep faa!, moet die onderwyser 'n manier vind om hulle voor sulke uitdagings te plaas of te motiveer dat alma! maksimale insette !ewer om die gestelde taak te bemeester (Walker, 1971:37).
32
Ryans (1967:78-82) het van 'n omvangryke identifikasiesisteem gebruik gemaak om kenmerke te bepaal waaroor 'n effektiewe klasonderwyser in die meer akademies-gerigte vakke behoort te beskik. Sowat 500 insidente is aangeteken en daaruit is 'n lys van die 25 mees tipiese persoons- en gedragskenmerke van 'n effektiewe onderwyser geldentifiseer. Volgens die resultate uit die ondersoek verkry, kan die volgende kenmerke van 'n efffektiewe onderwyser getipeer word:
TABEL 2.1: SPESIFIEKE GEDRAGSKENMERKE WAAROOR 'N EFFEKTIEWE ONDERWYSER BESKIK (PRETORIUS, 1989:46)
1. Blymoedig, entoesiasties.
3. Positief en opgewek t.o.v leerlingmoontlikhede.
5. Ontspanne en 'n goeie bumorsin.
7. Regverdig, onpartydig en objektief in die bantering van leerlinge.
9. Toon begrip en simpatie.
11. Bebulpsaam met persoonlike en opvoedkundige probleme.
13. Aanvaar leerlinge se pogings sonder voorbeboud.
15. Moedig leerlinge aan om bulle beste te lewer.
17. Aanpasbaar in klaskamerak:tiwiteite na gelang van die situasie.
19. Maak gebruik van stimulerende en oorspronk:like onderrigtegnieke en media.
21. Gee duidelike en doelgerigte opdragte en bevele.
23. Pas dissipline op 'n beskaafde en aanvaarbare wyse toe.
25. Antisipeer potensiele probleme en probeer dit te vermy of op te los.
2. Betrek leerlinge in klasaktiwiteite.
4. Goeie selfkontrole en word nie maklik van stryk gebring nie.
6. Herken en erken sy eie foute.
8. Geduldig.
10. Vriendelik en toegenee teenoor leerlinge.
12. Gee erkenning en moedig goeie werk aan.
14. Sensitief teenoor ander se optrede in sosiale situasies.
16. Goed beplande en georganiseerde klasak:twiteite.
18. Maak voorsiening vir persoonlike beboeftes.
20. Maak van duidelike demonstrasies gebruik.
22. Gee leerlinge die geleentbeid om eie probleme op te los en prestasies te
evalueer.
24. Beskikbaar en gewillig om bulp te verleen.
In onlangse studies kon onder andere Breytenbach (1987:6) en Theunissen (1983: 17) die effektiwiteit van 'n bele aantal van bostaande kenmerke wat Ryans (1967) geldentifiseer het, bevestig. Theunissen voeg o.a. die volgende by:
• Roepingsbewustheid en toewyding • Mensekennis en menslikheid
• Ervaring waaruit rypheid kom • Regverdigheidsin
Daar kan met reg gevra word of bogenoemde ge'identifiseerde kenmerke noodwendig 'n bydrae tot klasklimaatskepping lewer? Aangesien effektiwiteit as uitgangspunt in die identifikasie gegeld het, impliseer dit ook produktiwiteit en genoegdoening wat weer die essensie van 'n positiewe klimaat verteenwoordig. Uit die verskeie navorsers se bevindinge is dit duidelik dat daar ooreenstemming is ten opsigte van sekere wenslike persoonskenmerke vir 'n effektiewe onderwyser. Hoewel elke mens 'n eie persoonlikheid het, kan uit bogenoemde studies wei afgelei word dat bogenoemde gei'dentifiseerde karaktertrekke 'n effektiewe onderwyser kenmerk.
Hierdie kenmerke is ook persoonskenmerke wat sal bydra tot 'n positiewe belewing van die onderwyser wat gevolglik bydraend is vir die skep van 'n positiewe klasklimaat.
2. 7 .2.2 Gesondheid
Die LO-onderwyser behoort 'n toonbeeld van fiksheid en gesondheid te wees, nie slegs om In goeie voorbeeld te stel nie, maar ook omdat die praktiese werk goeie gesondheid en fiksheid vereis. LO stel uit die aard van sy inhoud emosioneel en fisiek eise aan die onderwyser en leerling. LO-onderwysers wat nie aan die gesondheids- en fiksheidstandaarde beantwoord nie, kan nie aan die uitdagings wat die vak stel, voldoen nie.
2.7.2.3 Voorkoms
As gevolg van die informele karakter van die vak, gebeur dit soms dat LO-onderwysers nie goeie smaak openbaar ten opsigte van kleredragkodes nie. Indien In LO-onderwyser altyd 'n sweetpak dra, doen hy gewoonlik in die oe van kollegas en leerlinge afbreek aan die professionaliteit van die vak.
2. 7 .2.4 Rolmodel
Suksesvolle LO-onderwysers stel In voorbeeld van 'n gesonde gebalanseerde lewenswyse.
Liggamlike Opvoeding is die een vak in die skoolkurrikulum wat eienskappe van gesondheid, fiksheid en geluk personifeer. Die onderwyser moet hierin In rolmodel wees.
2. 7 .2.5 Kreatiwiteit
Kreatiewe onderwysers is innoverend. Hierdie onderwyser wyk dikwels af van die tradisionele, eksperimenteer gedurig en motiveer leerlinge op ongewone opwindende wyses. Aangesien die LO-sillabus (vera! die van die dogters) so oop of wyd geskryf is, hang die sukses van die LO- program baie af van 'n LO-onderwyser(es) se kreatiwiteit.
2. 7 .2.6 Gemeenskapsin
Effektiewe LO-onderwysers is gewoonlik lief vir kinders en mense in die algemeen. Indien onderwysers nie hou van die leerlinge, of kollegas waarmee hulle saamwerk nie, is dit onmoontlik om In gunstige interpersoonlike of emosionele klimaat te skep. In die verloop van onderrig is daar talle probleme wat opduik, en indien In onderwyser nie aansluiting kan vind met die leerlinge nie, sal die onderrigleersituasie as onaangenaam ervaar word deur albei partye. In Kenmerk van 'n effektiewe LO-onderwyser is 'n goed ontwikkelde gemeenskapsin.
2. 7 .2. 7 Entoesiasme
'n Tekort aan entoesiasme is In probleem vir heelwat LO-onderwysers. LO-onderwysers raak verveeld met die roetine-aspekte van die vak. Effektiewe LO-onderwysers handhaaf entoesiasme deur kreatief te handel ten opsigte van leerinhoude en materiaal.
2.7.2.8 Humor
Humor is nie net effektief in die klasonderrig nie, maar ook om meer van die self te leer. Die navorsing van Ziegler et al. (1985:346) het aangetoon dat daar 'n betekenisvolle verhouding tussen humor en klasklimaat is. Sy se dat die korrekte aanwending van humor kommunikasie bevorder en 'n gevoel van welwillendheid skep. Ziegler et al. (1985:346) se hieroor dat die klasklimaat daargestel word deur die verhouding tussen leiers en volgers, dus hoe hulle aansluiting by mekaar vind. 'n Gunstig georganiseerde klasklimaat bestaan uit 'n balans tussen die bereiking van organisatoriese doelstelllings en persoonlike werksbevrediging. Die effektiewe gebruik van humor help om die balans te stabiliseer. Ziegler et al. (1985:347) se verder dat die essensie van humor le in menslike goedhartigheid. Humor maak sosiale verhouding buigbaar deur perspektief te gee en bring onuitgesproke houdings of gevoelens in perspektief. Humor kan negatiewe emosies neutraliseer. In Persoon wat humorloos is, is leweloos en nie dit is nie aangenaam om in sy teenwoordigheid nie. In In studie van Mogavero (1979:43-44) is gevind dat in klaskamers waar humor dikwels gebruik is, onderwysers die leerlinge voorsien het met voldoende Ieiding en terugvoer oor hut klastake. Hierdie tipe klasklimaat is ook gekenmerk deur respek deur die onderwyser vir die leerlinge. In In studie gedoen deur Ziv (1979:22) word gerapporteer dat onderwysers wat In goeie humors in het, In positiewe gesindheid toon jeens die leerlinge en in staat is om In positiewe klimaat te skep. Leerlinge het gevoel dat hierdie onderwysers werklik in hulle belangstel, en hulle kommentaar was: "we like people who like us".
Soos reeds vroeer genoem, moet dit beklemtoon word dat hoewel hierdie klassifikasie van kenmerke op die LO-onderwyser gerig is, die meerderheid daarvan van toepassing is op aile effektiewe onderwysers. Vervolgens gaan enkele mensgerigte onderrigvaardighede wat kan bydra tot 'n positiewe klasklimaat, bespreek word.