Akademiese
Skoal- taakstruktuur Fisiese Positie!
kontek-
~
tuele
eienskappe Veiligheid
Sosiale
taakstruktuur Aanvaarding
Milieu-
~
Prestasiefaktore Fisiese & organisatoriese
taakstruktuur Negatief
Verwesenliking
FIGUUR 2.3: DIE PROSES VAN KLASKLIMAA TSKEPPING
Hierdie raamwerk onderskryf die sienings van Erickson (1982), Moos (1974), Fox (1974), Trickett en Moos (1973) en MacAulay (1990), en illustreer die volgende beskrywing van die proses van klasklimaatskepping:
• Skoolkontekstuele eienskappe en omgewingsfaktore beinvloed die klasklimaat direk of indirek.
• Die verskillende komponente binne die mikro-omgewing beinvloed die klasklimaat direk en indirek deur middel van hulle wisselwerking. In die sosiale taakstruktuur het die onderwyser die meeste invloed en dit is ook hierdie taakstruktuur wat hoofsaaklik vir die skep van 'n bepaalde klasklimaat verantwoordelik is.
• Die siening van Fox (1974: 17) word in die voorstelling gelnkorporeer deurdat daar van die standpunt uitgegaan word dat die belewing van die klasklimaat saamhang met die mate waaraan daar aan die basiese behoeftes van die leerlinge beantwoord word. Hiervolgens is
die klasklimaat of atmosfeer wat in 'n klas ontstaan die gevolg van die mate waaraan daar aan hierdie behoeftes voorsien is.
• Die resultaat van die klasklimaat wat ontstaan na gelang van die beantwoording aan die betrokkenes se behoeftes en verwagtinge kan 6f positief 6f negatief wees.
Daar word ook van die standpunt uitgegaan dat daar waarskynlik spesifieke determinante is wat verantwoordelik is vir 'n spesifieke klasklimaat, maar wat ook van klas tot klas en vak tot vak kan verskil. Omdat hierdie studie spesifiek op die klasklimaat van Liggaamlike Opvoedingklasse fokus, word daar ook eiesoortige aspekte bespreek wat 'n effek op die klasklimaat van die klasse kan uitoefen. Nog 'n faktor wat hierdie studie rig, is dat daar van die standpunt uitgegaan word dat die onderwyser die belangrikste skepper en vestiger van klimaat is, aangesien die klimaat van periode tot periode in die lesverloopgebeure vergestalting moet vind.
Daar word laastens van die standpunt uitgegaan dat 'n positiewe klasklimaat 'n determinant vir leer is. Wanneer die invloed van die verskillende determinante op die klimaat en dus op leer besef word, daarvoor beplan word en in die klasse die nodige aandag geniet, sal dit lei tot 'n klas met 'n positiewe en gesonde klasklimaat waar almal dit aangenaam vind om in te werk en waar opvoedende onderwys tot sy reg sal kom. In hierdie proses is dit die onderwyser wat die hoofbepaler van klasklimaat is. Om hierdie rede gaan daar in meer beonderhede op die onderwyser se rol in die klimaatskeppingsproses gefokus word. Die volgende bespreking handel oor enkele onderwysereienskappe en -handelinge wat klasklimaatskepping positief kan beYnvloed.
2.7 DIE ONDERWYSER AS KLIMAATSKEPPER
Alhoewel 'n verskeidenheid faktore bydra tot die ontstaan van 'n bepaalde klasklimaat is dit die onderwyser wat hierdie faktore moet koordineer ten einde 'n gewenste klasklimaat tot stand te kan bring (Benninga et al, 1981:66). Dit is hoofsaaklik deur die onderwyser se optrede dat houdings, opvattinge en gedragswyses by leerlinge ontlok word. Goldberger (1991:369) se ook op sy beurt dat die klasklimaat in die LO-klas deur 'n aantal wisselwerkende faktore bepaal word, maar dat die LO-onderwyser die dominante rol hierin speel. Hy brei hierop uit en
se
dat in 'n LO-gimnasium vol aktiewe kinders, die onderskeiding tussen doelstellings, onderrig, leer en resultaat verdof. Hierdie elemente vloei ineen om wat Mosston en Ashworth (1990) noem die pedagogiese eenheid te vorm en in die praktyk word dit gebind deur 'n simfonie van aktiwiteite.Die onderwyser se aandeel hierin is egter deurslaggewend: "It is the teacher, then, who is the principle creator of the climate that prevails in the classroom; the pupils' response is largely determined by the teachers' behavior", aldus Hargreaves (1975:88). In hierdie proses is dit dus die onderwyser wat die hoofbepaler van klasklimaat is. Om hierdie rede gaan daar in meer besonderhede op die onderwyser se rol in die klimaatskepping gefokus word. Die volgende bespreking handel oor enkele onderwysereienskappe en -handelinge wat klasklimaatskepping positief kan be'invloed.
Die toenemende aanspreeklikheid van die onderwyser vir die suksesvolle verloop van die onderrigleergebeure in die klaskamer het noodwendig tot navorsing oor onderwysereffektiwiteit gelei. Gevolglik hou navorsing oor klasklimaat direk verband met die vraag na effektiewe onderrig (Fraser, 1986a:1; MacAulay, 1990:240). Alhoewel daar, as gevolg van In verskeidenheid sienings oor die aard en doel van onderwys, geen eenstemmigheid oor die onderrigeffektiwiteit kan bestaan nie, het Steyn (1984:59) drie gemeenskaplike elemente as kriteria vir effektiewe onderwys in verskeie benaderings tot onderrigeffektiwiteit geldentifiseer, naamlik: die persoonlikheidseienskappe van die onderwyser, leerlingsukses en die onderwyseroptrede in die klaskamer. Volgens Porter en Brophy (1988:78) en Good et al.
(1975:7) bly die kwaliteit van die onderwyser en sy onderrigvaardighede die spil waarom effektiewe onderrig draai. Ander navorsers ondersteun ook hierdie siening dat dit hoofsaaklik die onderwyseroptrede in die klaskamer is wat geanaliseer en ontwikkel kan word om effektiewe onderrig tot gevolg te he (Zahorik, 1986:23-24; Steyn, 1984:60; Rosenshine, 1987:36).
Daar word in hierdie studie van die veronderstelling uitgegaan dat die persoonlikheid van die onderwyser en die onderwyseroptrede ook die hoofbepalers van klasklimaat in die LQ-klasse is.
Om hierdie rede gaan daar in meer besonderhede op hierdie twee aspekte gekonsentreer word.
In Effektiewe LO-onderwyser word deur Anderson (1979a:543) gesien as In persoon wat positiewe resultate lewer in drie aspekte, naamlik positiewe leerlinghouding, taakgerigtheid teenoor die vak en leerwins. Anderson (1979a) plaas die positiewe leerlingingesteldheid eerste in die orde van belangrikheid, vanwee die sentrale plek wat die leeringesteldheid inneem in die leerproses, en die vermoe daarvan om die ander domeine te belnvloed. Daughtrey en Lewis (1979: 20) maak die stelling dat om in die huidige skool- en klassituasie suksesvol te wees, moet In onderwyser in staat wees om voortdurend aanpassings te maak ten opsigte van die leerinhoud, onderrigmetodes en die leerder. Kneer (1974:32) voeg hierby dat om effektiwiteit in die onderrigleersituasie te bewerkstellig, die LO-onderwyser veral klem moet le op die affektiewe en sosiale dimensie van die klassituasie: "An atmosphere of trust, warmth, freedom, and enthusiasm is essential for meaningful experience in the teaching-learning atmosphere in secondary school physical education. " Hierdie navorsers beklemtoon dus die belangrikheid van die skepping van
In positiewe klasklimaat as In belangrike kenmerk van 1 n effektiewe LO-onderwyser.
Daar word in hierdie studie van die stand punt uitgegaan dat In effektiewe onderwyser ook In dienooreenkomstige klimaatskepper is, aangesien In gunstige klasklimaat In eienskap van effektiewe onderrig is. Navorsing oor onderwysergedrag wat doeltreffende onderrig en leer tot gevolg kan he, fokus op onderwyserhandelinge soos dit in die alledaagse klaskamersituasies voltrek word (Brophy & Good, 1986:328-329). Daar bestaan verskeie sienings oor die aantal en aard van hierdie onderwyserhandelinge. Uit die literatuur is daar enkele onderwyserkenmerke en -handelinge geselekteer wat bydra tot klasklimaatskepping. In Voorstelling van hierdie kenmerke en onderwyserhandelinge is opgeneem in figuur 2.4.
28