EMPIRIESE ONDERSOEK: INTERPRETASIE VAN DATA
4.5 BESPREKING VAN DIE DATA WAT INGESAMEL IS MET DIE MO-
LO
Die vrae van die MO-LO is gerig op die menings en opvattings van LO-onderwysers oor sekere vakspesifieke sowel as vakdidaktiese aspekte rondom die LO-klas wat klimaatskepping in LO- klasse kan belnvloed. Net soos in die geval van die ML-LO is enkele aspekte geldentifiseer en die bespreking sal daarvolgens handel, ongeag waar die vrae in die vraelys voorkom. Die eerste aspek waarna gekyk gaan word, is die opleiding van die LO-onderwysers. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat 'n goed opgeleide onderwyser in staat sal wees om LO op skool effektief te onderrig en ook om 'n positiewe klasklimaat te vestig. Vervolgens gaan gekyk word na die LO-onderwysers se menings oor hul opleiding aan tersiere opleidinginstansies.
4.5.1 Menings van onderwysers oor hul opleid.ing aan tersiere instansies
Die onderwysers se menings is gevra oor hul opleiding aan tersiere instansies en ook in spesifieke sillabusafdelings. Die LO-onderwysers se repons oor hul opleiding in die verskillende sillabusafdelings was soos volg:
TABEL 4.19: LO-ONDERWYSERS SE MENINGS OOR BULLE OPLEIDING IN SPESIFIEKE SILLABUSAFDELINGS
Goed· opgelei
Sillabuskomponent Mans ·.·.· . . . . . Dames
Fiksheidsgerigte komponente 91% 90%
Wateraktiwiteite 82% 100%
Sportgerigte vaardighede 73% 82%
Gimnastiek 64% 85%
Spele 64% 90%
Teoretiese aspekte 55% 54%
Dans
NVT
83%Uit bostaande inligting kan duidelik gesien word dat die LO-onderwysers van mening is dat bulle goed of bevredigend opgelei is ten opsigte van die verskeie komponente, behalwe ten opsigte van die teoretiese aspekte wat in die LO-skoolsillabus ingesluit is. Dit moet egter vermeld word dat gedurende die opleiding van LO-onderwysers aan tersiere inrigtings, heelwat tyd wei afgestaan
122
word aan die teoretiese agtergrond of onderbou van die vak. Hierdie inligting word oor die totale opleidingstydperk versprei wat moontlik daartoe kan bydra dat die onderwysers wat reeds in die praktyk staan, na 'n tydperk nie meer so op hoogte van al die teoretiese komponente is nie, en dikwels nie die tersaaklike handboeke hieroor bewaar het nie. Die LO-sillabus is nie in die vorm van 'n handboek nie en daar word net na die verskillende teoretiese aspekte verwys. Dit is die LO-onderwyser se verantwoordelikheid om die toepaslike bronne hieroor op te spoor en te gebruik. Die ideaal sou wees dat daar in LO ook 'n volledige handboek vir die LO-onderwysers beskikbaar gestel word wat meer uitgebreide kennis oor die verskillende eenhede bevat soos dit die geval is in Australie (Board of education, 1992). Hierdie saak geniet tans meer aandag op hoer vlak.
Die onderwysers (mans en dames gesamentlik) se menings is ook gevra oor hul bevoegdheid rakende sekere organisatoriese en administratiewe pligte en die respons hierop was oorweldigend positief
Uit Tabel 4.19 spreek dit duidelik dat die LO-onderwysers van mening is dat hulle opleiding aan tersiere inrigtings goed was en dat hulle voldoende toegerus is vir hul taak. Die vraag is ook aan hulle gestel of hulle meen dat die opleiding in LO gelykstaande is aan opleiding in ander vakke en die respons hierop was oorweldigend positief. (Kyk Tabel 4.20.)
TABEL 4.20: ORGANISATORIESE EN ADMINISTRATIEWE BEVOEGDHEDE VAN DIE LO-ONDERWYSERS
Pligte Goed opgelei
Beplanning van leseenhede 100%
Aanbieding van lesse 100%
Toepassing van didaktiese komponente 100%
Administrasie in vak 87%
Organisasie in LO-klasse 91%
Evalueringstegnieke 86%
4.5.2 Siening van die self (in vergelyking met kollegas)
Daar is ook vrae gevra om die selfbeeld en persepsie van die onderwysers in vergelyking met die ander onderwysers te toets. Daar is soos volg hierop gerespondeer:
123
TABEL 4.21: LO-ONDERWYSERS SE SIENING VAN HULSELF IN VERGELYKING MET HUL KOLLEGAS
Stelling
Verhouding met medepersoneel 9% 5% 86%
Inpas by werksprogram 0 19% 81%
Hantering van kritiek 0 32% 68%
Kan standpunt inneem 0 10% 90%
Aanknoping met ouers 0 20% 80%
Bydrae tot gemeenskap 0 19% 81%
Ambassadeur vir die skool 0 10%% 90%
Kundige op vakgebied 0 19% 81%
Die LO-onderwysers se persepsies van hulself is dus positief en hulle voel dat hulle gunstig vergelyk met hulle ander kollegas. Hierdie bevindinge is 'n teenstelling met die van ander navorsers (Miller, 1981a:104; Aronson, 1986:29) wat rapporteer dat die nie-akademiese aard van die vak die status van die LO-onderwyser nadelig beinvloed. Dit wil dus voorkom asof die groep LO-onderwysers wat in hierdie ondersoekgroep betrek is, 'n positiewe belewing van hul vakkennis, en ook hulle status ten opsigte van ander kollegas in die skool postief beleef het. Die aanname word gemaak dat hierdie positiewe belewing ook kan bydra tot die werkstevredenheid wat die onderwyser ervaar. Hierdie werkstevredenheid slaan waarskynlik deur na die aanbieding van die LO-klasse, wat weer kan veronderstel dat hierdie komponente die LO-onderwyser se klimaatskeppingsvermoe verbeter.
Op die vraag of hulle graag na 'n verloop van tyd 'n ander vak wou onderrig het 57 % van die onderwysers te kenne gegee dat hulle nie 'n ander vak wil onderrig nie, terwyl 43 % wei 'n ander vak sou wou onderrig. Die onderwysers wat in hierdie steekproef betrek is, se ouderdom wissel tussen 22 en 52. Die grootste verspreiding was tussen 27 en 35 en hulle verteenwoordig dus 'n relatief jong groep onderwysers. Bevindinge uit die literatuur toon dat LO-onderwysers se onderrigtydperk in LO nie baie lank is nie as gevolg van verskeie faktore, byvoorbeeld bevorderingsmoontlikhede en fisieke eise wat die vak stel.
4.5.3 Menings oor die sillabus
Op die vraag of die onderwysers voorkeur gee aan sekere· afdelings in die sillabus bo sommige van die ander, het 81 % van die onderwysers te kenne gegee dat hulle wei voorkeur verleen aan sekere spesifieke afdelings. Die voorkeure van die LO-onderwysers is soos volg:
124
TABEL 4.22: SILLABUSVOORKEURE VAN DIE LO-ONDERWYSERS
.... .
...
Voork~ure van die onderwysers (m•) ...
···vool"Retire··Va1J•·ate'·(md~8eresse
. . ··.···. · ..
Sport en spele 66% Dans 42%
Gimnastiek 20% Gimnastiek 33%
Fisieke fiksheid 7% Spele 17%
Wateraktiwiteite 7% Wateraktiwiteite 8%
Die meerderheid manlike LO-onderwysers verkies sport en spele gevolg deur 'n voorkeur vir die aanbieding van gimnastiek. Die dames verleen voorkeur aan die dansafdeling wat deur die gimnastiekafdeling gevolg word. Beide die mans en dames plaas wateraktiwiteite laag op die voorkeurlys. As hierdie respons vergelyk word met die voorkeure van die leerlinge (kyk bladsye 114 - 115) word gesien dat die leerlinge baie hou van wateraktiwiteite hoewel die onderwysers om een of ander rede dit laaste op die voorkeurlys plaas.
Die onderwysers se mening is ook gevra oor die wenslikheid van evaluering in die LO-klasse.
87 % van die onderwysers was van mening dat evaluering noodsaaklik tot uiters noodsaaklik is.
Die leerlinge se respons op die vraag na die wenslikheid van evaluering in die LO-klas was dat hulle gekant is teen evaluering in die LO-klasse. 54 % van die leerlinge was van mening dat daar slegs soms of nooit in die LO-klasse geevalueer moet word. Onderwysers behoort dus daarop te let dat hulle die belangrikheid en nut van evaluering in LO-klasse vir leerlinge moet uitlig.
4.5.4 Menings oor enkele organisatoriese aspekte in die LO-klas
Daar is ook enkele vrae gevra aan die onderwysers oor organisatoriese reelings in die klas. Ten eerste is gevra hoe hulle leerlinge wat nie aan die LO-klas deelneem nie hanteer.
Respons van die LO-onderwysers (mans):
• 50 % van die onderwysers vereis 'n doktersbrief (soos bepaal deur die vakbeleid);
• 6 % van die onderwysers laat die uitsitter die saal skoonmaak;
• 19 % van die onderwysers betrek die uitsitters deur middel van hulpverlening en in spele- lesse as skeidsregters of puntehouers ( 19 %) ;
• 6.3 % van die onderwysers ignoreer die uitsitters en laat hulle op 'n hankie sit en vir die deelnemers kyk.
125
Respons van die LO-onderwyseresse (dames):
• 39 % van die onderwyseresse verskoon uitsitters slegs op grond van 'n doktersbrief (soos bepaal deur die vakbeleid);
• 23 % van die onderwyseresse laat uitsitters die saal of kleedkamers skoonmaak;
• 8 % van die onderwyseresse laat leer tinge wat LO-klere vergeet bet 'n algemene stel klere teen wat vir die geleentheid in die klas gehou word;
• 15 % van die onderwyseresse laat leerlinge LO doen in bulle skoolklere indien bulle die LO-klere vergeet bet;
• 8 % van die LO-onderwyseresse straf leerlinge indien bulle meer as twee maal hul LO-klere vergeet bet.
Die vraag is ook aan die onderwyser gestel oor hoe dikwels bulle vir differensiasie in die LO- klasse beplan. 14 % van die onderwysers se dat bulle altyd beplan vir differensiasie, 67 % beplan gereeld en 19 % soms. Op die vraag op watter wyse daar gedifferensieer word. is gevind dat dit wei gebeur ten opsigte van aktiwiteite, apparate en die oefentyd.
Dit wit voorkom of daar redelike ooreenstemming is in die wyse waarop die LO-onderwysers die leerlinge wat nie aan die klasse deelneem nie, hanteer. Dit is ook duidelik dat die meerderheid LO-onderwysers wei beplan vir differensiasie in hul LO-klasse.
4.5.5 Vrae oor die tipe beheer en dissipline in die LO-klasse
In antwoord op die vraag oor watter tipe of mate van beheer in die LO-klasse uitgeoefen word, bet die onderwysers soos volg gerespondeer (kyk Tabel 4.23).
TABEL 4.23: BEHEERTOEPASSING IN DIE LO-KLASSE
Standerd Streng Gedissiplineerd Inform eel
Standerd 6 64% 23% 14%
Standerd 7 50% 45% 5%
Standerd 8 45% 45% 10%
Standerd 9 30% 50% 20%
Standerd 10 25% 25% 50%
Uit bostaande kan duidelik gesien word dat die dissiplinetoepassing verskil volgens die standerds.
Aanvanklik is die dissipline baie streng en hoe ouer die leerlinge word, hoe minder klem word daar op streng dissipline geplaas. Onderwysers bet ook gerapporteer dat die dissiplinetoepassing ten opsigte van verskillende sillabusinhoude verskil. In situasies waar leerlinge beseer kan word
126
soos in formele apparaat-gimnastiek en ook wateraktiwiteite, is die dissiplinetoepassing baie strenger as in die geval van spele of dans.
Daar is aan die onderwyser gevra hoe daar tug toegepas word in die LO-klas. Die LO- onderwysers (mans) straf die seuns deur bulle addisionele fisieke aktiwiteite te laat doen soos opsitte en opstote, lyfstraf, detensie en om bulle na die hoof te stuur. Die LO-onderwyseresse straf die meisies deur addisionele opdragte soos om die saal of kleedkamers op te ruim, addisionele fisieke aktiwiteite, detensie, persoonlike onderhoude met leerlinge na klas/skool en as
'n laaste uitweg word bulle na die hoof gestuur.
Die onderwysers se menings is ook gevra oor die dra van LO-klere deur die leerlinge. Die meerderheid LO-onderwysers is van mening dat leerlinge gepaste LO-klere moet dra (Mans:
89 %, dames: 100 %). Daar is ook aan die LO-onderwysers gevra wat hul mening is dat hulleself in gepaste klere LO moet onderrig. 59 % van die onderwysers is van mening dat die LO-onderwyser altyd gepas geklee moet wees en 27.3 % is van mening dat die LO-onderwysers gereeld gepas geklee moet wees vir die aanbieding van LO. Aansluitend hierby, is die meeste leerlinge van mening dat die LO-onderwysers in gepaste LO-drag geklee behoort te wees tydens die aanbieding van LO-klasse (vergelyk 4.4. 7).
Uit bogenoemde kan afgelei word dat die LO-onderwyser die beheer en dissiplinetoepassing aanpas by die ontwikkelingsvlak van die leerlinge. Hoewel die literatuur daarteen waarsku om nie fisieke aktititeite as strafmaatreel te gebruik nie, wil dit tog voorkom of LO-onderwysers dit as strafkeuse uitoefen. Wat die dra van LO-klere deur hulself en deur die leerlinge betref, is LO- onderwysers beslis ten gunste daarvan.
4.5.6 Spesifieke klimaatskeppende onderwyserhandelinge
Uit die literatuur is daar enkele handelinge of aktiwiteite geYdentifiseer wat onderwysers kan aanwend om 'n positiewe klasklimaat te skep. Vervolgens gaan die respons van die onderwysers op hierdie onderwyserhandelinge bespreek word.
• Oor die gebruik van musiek in die LO-klas bet 27 % van die onderwysers geantwoord dat bulle nooit van musiek gebruik maak nie; 46 % se dat bulle gereeld van musiek gebruik maak in die aanbieding van bulle klasse en 27 % se dat bulle nooit daarvan gebruik maak nie.
• 'n Vraag is gevra oor hoe dikwels die leerlinge toegelaat word om bulle pogings te vertoon.
27 % van die onderwysers het geantwoord dat bulle soms geleentheid daarvoor inruim, 54 % maak gereeld daarvoor voorsiening en 18 % van die onderwysers se dat bulle altyd daarvoor voorsieing maak. Die onderwysers wat gese bet dat bulle nooit of soms tyd daarvoor inruim, bet die volgende redes daarvoor aangevoer:
127
Mans:
57 % van die LO-onderwysers het gevoel dat die periodes te kort is daarvoor. 29 % is van mening dat die leerlinge nie voor mekaar wil optree nie (groepsdruk) en 14 % skryf dit toe aan 'n tekort aan apparate.
Dames:
50 % van die LO-onderwyseresse is van mening dat die groot klasse verhoed dat leerlingpogings vertoon kan word. 25 % van die onderwysers is van mening dat die leerlinge se verskillende persoonlikhede in ag geneem moet word, en dat almal nie voor ander leerlinge kan optree nie.
25 % van die LO-onderwyseresse is van mening dat 'n tekort aan apparate negatief inwerk op die aantal kere wat leerlinge hul pogings kan vertoon.
• 'n Vraag is ook gevra of die aktiwiteite so gekies word dat daar voldoende geleentheid is vir leerlinge om sukses te behaal in die uitvoering van die aktiwiteite. Die respons hierop was soos volg:
Standerd Seide Gewoonlik Altyd
Standerd 6 0 50% 50 %
Standerd 7 0 59% 41 %
Standerd 8 5% 50% 45 %
Standerd 9 0 50% 50 %
Groot klasse en 'n tekort aan apparate is weer hier aangevoer as redes waarom leerlinge nie altyd sukses kan behaal nie. Groot klasse en 'n tekort aan apparate veroorsaak dat leerlinge nie altyd voldoende tyd op 'n apparaat kan deurbring ten einde die aktiwiteit te bemeester nie. In die ondersoek van Stroot et al. (1995:353) is ook gevind dat LO-onderwysers fasiliteite en apparate identifiser as die twee faktore wat leersukses van leerlinge beYnvloed.
• Die onderwysers is gevra oor hoe dikwels hulle leerlinge bekend stel aan literatuur oor LO en sport. Die respons hierop was soos volg: 14.3 % - nooit; 23.8 % - selde en 61.9 % - gereeld. Die hoofbronne waaraan die seuns bekendgestel word, is video's (57 %), tydskrifte (42 %) en die dogters aan sporttydskrifte (44 %), video's (44 %) en boeke (11 %).
• 'n Vraag is gestel oor hoe dikwels die LO-onderwysers interessante vakverwante of sportgebeure in die LO-klasse behandel. 77.3 % van die onderwysers se dat hulle dit dikwels doen, 13.6 % soms en 9.1 % van die onderwysers nooit.
• Daar is aan die onderwysers gevra om te se in watter mate hulle op hoogte is van die leerlinge se nuutste modes. 77.3 % van die onderwysers se dat hulle ten voile bewus is van
128
die nuutste modes, 13.6 % is in geringe mate daarvan bewus en 9.1 % is geensins bewus van die nuutste modes nie.
• Die vraag is gevra of die LO-onderwyser 'n vertroueling is vir leerlinge en of leerlinge hul kom spreek oor persoonlike sake. In respons hierop bet 67 % van die LO-onderwysers geantwoord dat leerlinge bulle gereeld kom spreek oor bulle persoonlike sake, en 33 % se dat leerlinge bulle soms kom spreek.
Uit bogenoemde bevindinge is dit dus duidelik dat die LO-onderwysers voorsiening maak vir toepaslike moeilikheidvlakke van die aktiwiteite en die geleentheid vir die vertoon van leerlingpogings. Die LO-onderwysers bet ook te kenne gegee dat bulle op hoogte is van die nuutste modes en leerlinge se belangstelling in LO en sport verder prikkel deur bulle aan addisionele bronne oor LO en sport bekend te stel. 67 % van die onderwysers was van mening dat bulle die leerlinge se vertroueling is. Hierdie vraag is ook aan die leerlinge gevra en 60 % bet hierop geantwoord dat bulle die LO-onderwyser altyd in bulle vertroue kan neem. Dit was opmerklik dat die LO-onderwyser nie musiek gebruik in die LO-klas nie. Literatuurbevindinge hieroor dui egter daarop dat die gebruik van musiek bydra tot positiewe klasklimaatskepping.
4.5.7 Doel van LO-klasse
4.5.7.1
4.5.7.2
•
Die vraag is aan die onderwysers gevra waar die klem in bulle LO-klasse geplaas word. Die rangorde wat deur die hierdie groep
genot (55 %) , vaardigheidsaspek (28 %) , kenniskomponent (6 %).
LO-onderwysers aangedui is, was sosialisering ( 11 %) en die
Op die vraag "Wat wil u graag bereik in die LO-klasse?" was die respons van die LO- onderwysers soos volg:
50 % van die LO-onderwysers (mans) bet geantwoord dat bulle wil he die leerlinge moet die LO-klasse geniet, 10 % bet geantwoord dat bulle daarop ingestel is om deur middel van die LO-klasse leerlinge se seltbeeld te verbeter, 10 % van die onderwysers bet op die ontwikkeling en instandhouding van sosiale verhoudinge in die LO-klasse gefokus. 15 % van die onderwysers wil die leerlinge fisiek besig hou in die LO- klasse terwyl 5 % van die onderwysers die leerlinge se vaardigeheidsvlakke wil verbeter. 10 % van die LO-onderwysers wil leerlinge se kennis oor die voordele van fisieke aktiwiteite vir die gesondheid van die liggaam, by leerlinge vestig.
• Die LO-onderwyseresse wil die volgende bereik in bulle LO-klasse: 43 % van die onderwyseresse le klem op die genotsaspek van deelname aan LO; 21 % le klem op die gesondheidsvoordele van deelname aan sport en fisieke aktiwiteite, 21 % wil leerlinge se kreatiwiteit stimuleer in die LO-klasse en 14 % rapporteer dat bulle deur middel van LO leerlinge se seltbeeld wil verbeter.
129
Die LO-onderwysers wat aan die onderhawige studie deelgeneem het se hoofklem was dus daarop geplaaas dat die leerlinge die LO-klasse moet geniet. Hierdie resultaat is ook al in verskeie ander studies gevind (Greenlock et al., 1990:696; Peterson, 1988:12; Placek, 1983:53). Placeck maak die opmerking dat dit wil voorkom asof die meerderheid LO-onderwysers se hoofdoelstellings
"busy, happy and good" is. Greenlock et al. (1990:696) maak die stelling dat leerlinge se ingesteldheid teenoor fisieke aktiwiteite en sport reeds vroeg in die kinderjare gevestig moet word en dat die LO-onderwyser hierin 'n bepalende rol speel. Daarom is dit belangrik dat leerlinge LO-klasse moet geniet sodat 'n positiewe ingesteldheid gevestig kan word. Walling en Duda (1995: 153) is van mening dat die leerlinge se mening oor die doel van LO in ag geneem behoort te word. Lesinhoude en onderrigmetodes behoort ook hiervolgens aangepas te word. Hulle brei hieroor uit en se ook dat die LO-onderwyser gehoor moet gee aan die leerlinge se siening van die doelstellings van LO, byvoorbeeld of leerlinge 'n behoefte het aan kennis, genot, vaardigheidsontwikkelings, rekreasie ensovoorts en dan die klasdoelwitte daarvolgens aan te pas.
4.5.8 Opsommende gevolgtrekkings oor die respons op die MO-LO
Die LO-onderwysers wat in hierdie steekproef betrek is, het 'n goeie seltbeeld en voel positief teenoor LO. Hierdie LO-onderwysers is van mening dat bulle goed opgelei is vir bulle taak en dat bulle die pligte en verantwoordelikheid wat die vak aan bulle stel, goed kan behartig. Hierdie ondersoekgroep onderwysers is ook van mening dat bulle gunstig vergelyk met bulle kollegas en dat die status van LO in die skool gunstig is. Die onderwysers het bevestig dat bulle sekere sillabusvoorkeure het. Die meerderheid onderwysers het bulle ten gunste van evaluering in die LO-klasse uitgespreek. Die onderwysers is ook van mening dat die tekort aan fasiliteite en groot klasse soms bevredigende resultate kan belemmer. Die LO-onderwysers is beslis oor die dra van LO-klere. Hoewel LO-onderwysers bekwaam voel om bulle vak te onderrig, het die onderwysers in die ondersoekgroep tog te kenne gegee dat bulle sekere klimaatskeppede vaardighede wat uit die literatuur geldentifiseer is nie toepas nie.